Return to Video

BBC News - Malala Yousafzai se volledige toespraak.

  • 0:11 - 0:13
    Dankie.
  • 0:15 - 0:17
    Ons begin in die naam van Allah, wat genade en deernis is.
  • 0:20 - 0:27
    In die naam van die Weldoener, die Genadige.
  • 0:29 - 0:33
    Eerwaardige VN Sekretaris-Generaal, Mnr Ban Ki-moon,
  • 0:35 - 0:39
    Hooggeagte President van die Algemene Vergadering, Vuk Jeremic,
  • 0:41 - 0:45
    Eerwaardige VN-Verteenwoordiger van Wêreldwye Onderwys, Mnr Gordon Brown,
  • 0:47 - 0:55
    Hooggeagte ouere en my liewe broers en susters. Mag die vrede met jul wees. Dankie.
  • 0:57 - 1:04
    Dit is vandag vir my 'n eer om na 'n lang tyd te kan praat.
  • 1:06 - 1:12
    Om saam met sulke vername mense hier te wees is 'n wonderlike oomblik in my lewe.
  • 1:12 - 1:20
    En dis ook vir my 'n eer om vandag 'n sjaal van Benazir Bhutto Shaheed te dra.
  • 1:23 - 1:26
    Ek weet nie waar om met my toespraak te begin nie.
  • 1:28 - 1:31
    Ek weet nie wat mense verwag ek moet sê nie.
  • 1:33 - 1:34
    Maar in die eerste plek,
  • 1:35 - 1:40
    baie dankie aan God in wie se oë almal gelyk is
  • 1:42 - 1:49
    en dankie aan elke mens wat vir my spoedige beterskap en nuwe lewe gebid het,
  • 1:52 - 1:56
    Ek kan nie glo hoe baie liefde mense aan my getoon het nie.
  • 1:59 - 2:04
    Ek het van regoor die wêreld duisende goeie wense-kaartjies en geskenke ontvang.
  • 2:05 - 2:07
    Baie dankie aan julle almal.
  • 2:08 - 2:14
    Dankie aan die kinders wie se onskuldige woorde my aangemoedig het.
  • 2:15 - 2:20
    Dankie aan my ouere wie se gebede my krag gegee het.
  • 2:22 - 2:26
    Ek wil die verpleegsters, dokters
  • 2:26 - 2:29
    en personeel van die hospitale in Pakistan,
  • 2:29 - 2:33
    die VK en die VAE-regering bedank
  • 2:34 - 2:38
    wat my gehelp het om gesond te word en my krag te herwin.
  • 2:39 - 2:47
    Ek ondersteun Mnr Ban Ki-moon, die Sekretaris-Generaal, in sy Wêreldwye Opvoeding Eerste Inisiatief, ten volle.
  • 2:48 - 2:50
    en die werk van die VK Spesiale Verteenwoordiger
  • 2:50 - 2:52
    Mnr Gordon Brown
  • 2:53 - 2:56
    en die hooggeagte President-Generaal van die Algemene Vergadering Vuk Jeremic.
  • 2:58 - 3:02
    Ek bedank hulle almal vir die leierskap wat hul aanhoudend bied.
  • 3:03 - 3:07
    Hulle hou aan om ons te inspireer en tot aksie aan te spoor.
  • 3:10 - 3:12
    Liewe broers en susters,
  • 3:13 - 3:16
    Onthou een ding:
  • 3:18 - 3:21
    Malala-dag is nie mý dag nie.
  • 3:23 - 3:27
    Vandag is die dag van elke vrou
  • 3:28 - 3:36
    elke seun en elke meisie wie vir hul regte opgestaan het.
  • 3:39 - 3:42
    Daar is honderde menseregte-aktiviste
  • 3:43 - 3:47
    en maatskaplike werkers, wat nie net vir hul regte opstaan nie,
  • 3:49 - 3:56
    maar wat ook sukkel om hul doelwitte van vrede, opvoeding en gelykheid te bereik.
  • 3:58 - 4:04
    Duisende mense is al vermoor deur terroriste en miljoene is gewond.
  • 4:04 - 4:06
    Ek is net een van hulle.
  • 4:09 - 4:11
    So hier staan ek
  • 4:12 - 4:16
    Hier staan een meisie tussen vele ander.
  • 4:17 - 4:25
    Ek praat, nie vir myself nie, maar vir dié wie se stemme nie gehoor word nie.
  • 4:27 - 4:30
    Vir dié wie vir hul regte geveg het.
  • 4:33 - 4:35
    Vir hul reg om in vrede te lewe.
  • 4:37 - 4:41
    Vir hul reg om met menswaardigheid behandel te word.
  • 4:42 - 4:46
    Vir hul reg tot gelyke geleenthede.
  • 4:46 - 4:49
    Vir hul reg tot onderwys.
  • 4:51 - 4:56
    Liewe Vriende, op die 9de Oktober 2012,
  • 4:57 - 5:02
    het die Taliban my in die linkerkant van my voorkop geskiet.
  • 5:03 - 5:05
    Hulle het my vriende ook geskiet.
  • 5:06 - 5:11
    Hulle het gedink dat hul koeëls ons sou stilmaak.
  • 5:13 - 5:14
    Maar hulle het misluk.
  • 5:17 - 5:20
    En uit daardie stilte het duisende stemme na vore gekom.
  • 5:22 - 5:27
    Die terroriste het gedink hulle kan my doelwitte verander en my ambisies keer.
  • 5:28 - 5:31
    Maar in my lewe het niks verander nie, behalwe dit:
  • 5:32 - 5:36
    swakheid, vrees, en hopeloosheid is dood
  • 5:37 - 5:58
    krag, mag en dapperheid is gebore. [Applous]
  • 5:58 - 5:59
    Ek is dieselfde Malala.
  • 6:01 - 6:05
    My ambisies is dieselfde, dit waarvoor ek hoop is dieselfde
  • 6:06 - 6:08
    en my drome is dieselfde.
  • 6:09 - 6:11
    Liewe susters en broers,
  • 6:14 - 6:15
    Ek is nie teen iemand nie.
  • 6:17 - 6:23
    Ek is nie hier om te praat oor my wraak teenoor die Taliban, of enige ander terroriste groep nie.
  • 6:25 - 6:41
    Ek is hier om vir elke kind se reg tot onderwys op te staan.
  • 6:41 - 6:47
    Ek wil onderwys vir al die seuns en dogters van die Taliban en al die terroriste en ekstremiste hê.
  • 6:48 - 6:51
    Ek haat nie eers die lid van die Taliban wat my geskiet het nie.
  • 6:51 - 6:56
    Selfs al het ek 'n geweer in my hand en hy staan reg voor my.
  • 6:57 - 6:59
    Ek sou hom nie skiet nie.
  • 7:00 - 7:05
    Dit is die deernis wat ek by Mohammed, die Profeet van Genade,
  • 7:05 - 7:08
    en Jesus Christus en Buddha geleer het.
  • 7:09 - 7:14
    Dit is die nalatenskap van verandering wat ek by Martin Luther King geërf het,
  • 7:14 - 7:27
    by Nelson Mandela en Muhammad Ali Jinnah. Dit is [Applous]
  • 7:27 - 7:35
    Dit is die filosofie van geweldloosheid wat ek by Ghandi, Bacha Khan en Moeder Teresa geleer het.
  • 7:36 - 7:52
    En dit is die vergifnis wat ek by my ma en pa geleer het. En [Applous]
  • 7:52 - 7:59
    Dit is wat my siel vir my sê: wees vreedsaam en lief vir almal.
  • 8:01 - 8:03
    Liewe susters en broers,
  • 8:05 - 8:11
    Ons besef die belangrikheid van die lig wanneer ons die donkerte aanskou.
  • 8:13 - 8:18
    Ons besef die belangrikheid van ons stem wanneer ons stilgemaak word.
  • 8:19 - 8:24
    Op dieselfde manier het ons toe ons in Swat, in die noorde van Pakistan was
  • 8:25 - 8:30
    die belangrikheid van penne en boeke besef, toe ons die gewere gesien het.
  • 8:31 - 8:37
    Die wyse gesegde : "Die pen is magtiger as die swaard", is waar.
  • 8:38 - 8:45
    Die ekstremiste was en is bang vir boeke en penne.
  • 8:45 - 8:51
    Die mag van onderwys, die mag van onderwys maak hulle bang.
  • 8:52 - 8:54
    Hulle is bang vir vroue.
  • 8:55 - 8:58
    Die mag van vroue se stemme maak hulle bang.
  • 8:58 - 9:06
    En dit is hoekom hulle 14 onskuldige studente tydens die onlangse aanval in Quetta doodgemaak het.
  • 9:07 - 9:13
    En dit is hoekom hulle onderwyseresse en polio-werkers in Khyber Pakhtunkhwa doodgemaak het.
  • 9:14 - 9:17
    Dit is hoekom hulle skole elke dag bombardeer.
  • 9:17 - 9:26
    Want hulle was en is bang vir verandering, vir die gelykheid wat ons in ons gemeenskap wil meebring.
  • 9:28 - 9:35
    En ek onthou daar was 'n seun in ons skool, wie deur 'n joernalis gevra is:
  • 9:36 - 9:39
    "Hoekom is die Taliban teen onderwys?"
  • 9:40 - 9:42
    Hy het eenvoudig geantwoord,
  • 9:43 - 9:46
    deur na sy boek te wys en te sê:
  • 9:47 - 9:51
    "'n Lid van die Taliban weet nie wat binne-in hierdie boek staan nie.
  • 9:52 - 9:58
    Hulle dink dat God 'n klein, konserwatiewe wese is
  • 9:58 - 10:01
    wat meisies hel toe sou stuur net omdat hulle skool toe gaan.
  • 10:02 - 10:22
    Die terroriste misbruik die naam van Islam en die Pashtun-gemeenskap vir hul eie persoonlike gewin. [Applous]
  • 10:22 - 10:25
    Pakistan is 'n vredeliewende, demokratiese land.
  • 10:26 - 10:30
    Die mense van Pashtun wil geleerdheid vir hulle dogters en seuns hê.
  • 10:30 - 10:35
    En Islam is 'n geloof van vrede, menslikheid en broederskap.
  • 10:35 - 10:42
    Islam sê dat dit nie net elke kind se reg is om geleerdheid te kry nie, maar liewer hul plig en verantwoordelikheid is.
  • 10:43 - 10:45
    Eerwaardige Sekretaris-Generaal,
  • 10:46 - 10:49
    Vrede is nodig vir onderwys om plaas te vind.
  • 10:50 - 10:54
    In baie dele van die wêreld, veral in Pakistan en Afghanistan,
  • 10:55 - 11:00
    word kinders deur terrorisme, oorloë en konflik gekeer om skool toe te gaan.
  • 11:01 - 11:04
    Ons is regtig moeg vir hierdie oorloë.
  • 11:05 - 11:10
    Vrouens en kinders ly op baie maniere
  • 11:10 - 11:13
    in baie dele van die wêreld.
  • 11:14 - 11:21
    In Indië is onskuldige en arm kinders die slagoffers van kinderarbeid.
  • 11:23 - 11:26
    Baie skole in Nigerië is vernietig.
  • 11:27 - 11:33
    Mense in Afghanistan word al vir dekades deur die struikelblok van ekstremisme geaffekteer.
  • 11:35 - 11:42
    Jong meisies moet huishoudelike kinderarbeid verrig en word gedwing om op 'n jong ouderdom te trou.
  • 11:44 - 11:53
    Armoede, oningeligtheid, onreg, rassisme en die ontneming van basiese regte
  • 11:53 - 11:56
    is die hoofprobleme wat beide mans en vroue in die gesig staar.
  • 11:57 - 12:04
    Liewe vriende, vandag fokus ek op vroueregte en opvoeding vir meisies
  • 12:05 - 12:08
    want hulle kry die swaarste.
  • 12:08 - 12:15
    Daar was 'n tyd toe vroue aktiviste mans gevra het om op te staan vir hul regte.
  • 12:15 - 12:32
    Maar hierdie keer gaan ons dit self doen. [Applous]
  • 12:33 - 12:37
    Ek sê nie dat mans moet ophou om vir vroueregte te baklei nie.
  • 12:37 - 12:44
    Ek fokus liewer op vroue om onafhanklik te wees en vir hulself te veg.
  • 12:45 - 12:50
    So liewe susters en broers, nou is die tyd om op te staan.
  • 12:51 - 13:02
    So vandag doen ek 'n beroep op die wêreldleiers om hul strategiese beleide ten gunste van vrede en voorspoed te verander.
  • 13:03 - 13:11
    Ons doen 'n beroep op wêreldleiers dat al die vredesooreenkomste vroue- en kinderregte moet beskerm.
  • 13:12 - 13:28
    'n Ooreenkoms wat teen die regte van vroue gaan, is onaanvaarbaar.
  • 13:28 - 13:35
    Ons doen 'n beroep op regerings om vrye en verpligte onderwys te voorsien
  • 13:35 - 13:44
    regoor die wêreld, vir elke kind. [Applous]
  • 13:45 - 13:51
    Ons doen 'n beroep op alle regerings om teen terrorisme en geweld te veg,
  • 13:51 - 13:55
    om kinders teen wreedheid en leed te beskerm.
  • 13:56 - 14:02
    Ons doen 'n beroep op die ontwikkelde lande om die uitbreiding van onderwysgeleenthede te ondersteun
  • 14:02 - 14:05
    vir meisies in die ontwikkelende wêreld.
  • 14:06 - 14:10
    Ons doen 'n beroep op gemeenskappe om verdraagsaam te wees,
  • 14:12 - 14:20
    om bevooroordeling wat op kaste, oortuiging, sekte, kleur, geloof of geslag gebaseer is, te verwerp.
  • 14:21 - 14:27
    Om die vryheid en gelykheid van vroue te verseker, sodat hulle kan floreer.
  • 14:28 - 14:33
    Ons kan nie almal suksesvol wees, as die helfte van ons teruggehou word nie.
  • 14:36 - 14:41
    Ons doen 'n beroep op ons susters regoor die wêreld om dapper te wees,
  • 14:41 - 14:48
    om die krag binne hulself aan te gryp en hul volle potensiaal te bereik.
  • 14:49 - 15:00
    Liewe broers en susters, ons wil skole en onderwys vir elke kind se blink toekoms hê.
  • 15:02 - 15:09
    Ons wil aanhou met ons reis tot ons ons bestemming van vrede en onderwys bereik het.
  • 15:10 - 15:12
    Niemand kan ons keer nie.
  • 15:13 - 15:20
    Ons sal opstaan vir ons regte en ons sal verandering met ons stemme bring.
  • 15:22 - 15:28
    Ons glo in die mag en krag van ons woorde.
  • 15:29 - 15:32
    Ons woorde kan 'n hele wêreld verander,
  • 15:33 - 15:41
    want ons almal staan saam vir die onderwyssaak.
  • 15:42 - 15:51
    En as ons ons doelwit wil bereik, laat ons onsself met die wapen van kennis bemagtig
  • 15:52 - 15:58
    en laat ons onsself deur eenheid en saamwees beskerm.
  • 16:00 - 16:02
    Liewe broers en susters,
  • 16:03 - 16:09
    Ons moet nie vergeet dat miljoene mense onder armoede,
  • 16:09 - 16:12
    onreg en oningeligtheid ly nie.
  • 16:14 - 16:19
    Ons moet nie vergeet dat miljoene kinders nie skool toe gaan nie.
  • 16:21 - 16:29
    Ons moet nie vergeet dat ons susters en broers vir 'n vredevolle blink toekoms wag nie.
  • 16:30 - 16:32
    So laat ons veg,
  • 16:32 - 16:39
    so laat ons 'n wêreldwye stryd teen ongeletterdheid, armoede en terrorisme voer.
  • 16:40 - 16:45
    Laat ons ons boeke en penne optel.
  • 16:46 - 16:49
    Hulle is ons matigste wapens.
  • 16:50 - 17:00
    Een kind, een onderwyser, een boek, een pen kan die wêreld verander.
  • 17:01 - 17:05
    Opvoeding is die enigste oplossing.
  • 17:05 - 17:07
    Opvoeding Eerste.
  • 17:07 - 17:14
    Dankie. [Applous]
Title:
BBC News - Malala Yousafzai se volledige toespraak.
Description:

Die Pakistanse skoolmeisie Malala Yousafzai het die Verenigde Nasies toegespreek, as deel van haar veldtog vir vrye en verpligte onderwys vir elke kind.

Sy het haar sestiende verjaarsdag gevier deur Vrydag die toespraak by die VN-hoofkwartiere in New York te lewer.

Gewapende Taliban-lede het Malala verlede Oktober op haar skoolbus, na aanleiding van haar veldtog vir die regte van meisies, geskiet.

"Ek is hier om op te staan vir die reg tot onderwys vir elke kind", het sy gesê.

more » « less
Video Language:
English
Team:
Captions Requested
Duration:
17:27

Afrikaans subtitles

Revisions Compare revisions