1 00:00:11,000 --> 00:00:13,000 Dankie. 2 00:00:15,000 --> 00:00:17,000 Ons begin in die naam van Allah, wat genade en deernis is. 3 00:00:20,000 --> 00:00:27,000 In die naam van die Weldoener, die Genadige. 4 00:00:29,000 --> 00:00:33,000 Eerwaardige VN Sekretaris-Generaal, Mnr Ban Ki-moon, 5 00:00:35,000 --> 00:00:39,000 Hooggeagte President van die Algemene Vergadering, Vuk Jeremic, 6 00:00:41,000 --> 00:00:45,000 Eerwaardige VN-Verteenwoordiger van Wêreldwye Onderwys, Mnr Gordon Brown, 7 00:00:47,000 --> 00:00:55,000 Hooggeagte ouere en my liewe broers en susters. Mag die vrede met jul wees. Dankie. 8 00:00:57,000 --> 00:01:04,000 Dit is vandag vir my 'n eer om na 'n lang tyd te kan praat. 9 00:01:06,000 --> 00:01:12,000 Om saam met sulke vername mense hier te wees is 'n wonderlike oomblik in my lewe. 10 00:01:12,000 --> 00:01:20,000 En dis ook vir my 'n eer om vandag 'n sjaal van Benazir Bhutto Shaheed te dra. 11 00:01:23,000 --> 00:01:26,000 Ek weet nie waar om met my toespraak te begin nie. 12 00:01:28,000 --> 00:01:31,000 Ek weet nie wat mense verwag ek moet sê nie. 13 00:01:33,000 --> 00:01:34,000 Maar in die eerste plek, 14 00:01:35,000 --> 00:01:40,000 baie dankie aan God in wie se oë almal gelyk is 15 00:01:42,000 --> 00:01:49,000 en dankie aan elke mens wat vir my spoedige beterskap en nuwe lewe gebid het, 16 00:01:52,000 --> 00:01:56,000 Ek kan nie glo hoe baie liefde mense aan my getoon het nie. 17 00:01:59,000 --> 00:02:04,000 Ek het van regoor die wêreld duisende goeie wense-kaartjies en geskenke ontvang. 18 00:02:05,000 --> 00:02:07,000 Baie dankie aan julle almal. 19 00:02:08,000 --> 00:02:14,000 Dankie aan die kinders wie se onskuldige woorde my aangemoedig het. 20 00:02:15,000 --> 00:02:20,000 Dankie aan my ouere wie se gebede my krag gegee het. 21 00:02:22,000 --> 00:02:26,000 Ek wil die verpleegsters, dokters 22 00:02:26,000 --> 00:02:29,000 en personeel van die hospitale in Pakistan, 23 00:02:29,000 --> 00:02:33,000 die VK en die VAE-regering bedank 24 00:02:34,000 --> 00:02:38,000 wat my gehelp het om gesond te word en my krag te herwin. 25 00:02:39,000 --> 00:02:47,000 Ek ondersteun Mnr Ban Ki-moon, die Sekretaris-Generaal, in sy Wêreldwye Opvoeding Eerste Inisiatief, ten volle. 26 00:02:48,000 --> 00:02:50,000 en die werk van die VK Spesiale Verteenwoordiger 27 00:02:50,000 --> 00:02:52,000 Mnr Gordon Brown 28 00:02:53,000 --> 00:02:56,000 en die hooggeagte President-Generaal van die Algemene Vergadering Vuk Jeremic. 29 00:02:58,000 --> 00:03:02,000 Ek bedank hulle almal vir die leierskap wat hul aanhoudend bied. 30 00:03:03,000 --> 00:03:07,000 Hulle hou aan om ons te inspireer en tot aksie aan te spoor. 31 00:03:10,000 --> 00:03:12,000 Liewe broers en susters, 32 00:03:13,000 --> 00:03:16,000 Onthou een ding: 33 00:03:18,000 --> 00:03:21,000 Malala-dag is nie mý dag nie. 34 00:03:23,000 --> 00:03:27,000 Vandag is die dag van elke vrou 35 00:03:28,000 --> 00:03:36,000 elke seun en elke meisie wie vir hul regte opgestaan het. 36 00:03:39,000 --> 00:03:42,000 Daar is honderde menseregte-aktiviste 37 00:03:43,000 --> 00:03:47,000 en maatskaplike werkers, wat nie net vir hul regte opstaan nie, 38 00:03:49,000 --> 00:03:56,000 maar wat ook sukkel om hul doelwitte van vrede, opvoeding en gelykheid te bereik. 39 00:03:58,000 --> 00:04:04,000 Duisende mense is al vermoor deur terroriste en miljoene is gewond. 40 00:04:04,000 --> 00:04:06,000 Ek is net een van hulle. 41 00:04:09,000 --> 00:04:11,000 So hier staan ek 42 00:04:12,000 --> 00:04:16,000 Hier staan een meisie tussen vele ander. 43 00:04:17,000 --> 00:04:25,000 Ek praat, nie vir myself nie, maar vir dié wie se stemme nie gehoor word nie. 44 00:04:27,000 --> 00:04:30,000 Vir dié wie vir hul regte geveg het. 45 00:04:33,000 --> 00:04:35,000 Vir hul reg om in vrede te lewe. 46 00:04:37,000 --> 00:04:41,000 Vir hul reg om met menswaardigheid behandel te word. 47 00:04:42,000 --> 00:04:46,000 Vir hul reg tot gelyke geleenthede. 48 00:04:46,000 --> 00:04:49,000 Vir hul reg tot onderwys. 49 00:04:51,000 --> 00:04:56,000 Liewe Vriende, op die 9de Oktober 2012, 50 00:04:57,000 --> 00:05:02,000 het die Taliban my in die linkerkant van my voorkop geskiet. 51 00:05:03,000 --> 00:05:05,000 Hulle het my vriende ook geskiet. 52 00:05:06,000 --> 00:05:11,000 Hulle het gedink dat hul koeëls ons sou stilmaak. 53 00:05:13,000 --> 00:05:14,000 Maar hulle het misluk. 54 00:05:17,000 --> 00:05:20,000 En uit daardie stilte het duisende stemme na vore gekom. 55 00:05:22,000 --> 00:05:27,000 Die terroriste het gedink hulle kan my doelwitte verander en my ambisies keer. 56 00:05:28,000 --> 00:05:31,000 Maar in my lewe het niks verander nie, behalwe dit: 57 00:05:32,000 --> 00:05:36,000 swakheid, vrees, en hopeloosheid is dood 58 00:05:37,000 --> 00:05:58,000 krag, mag en dapperheid is gebore. [Applous] 59 00:05:58,000 --> 00:05:59,000 Ek is dieselfde Malala. 60 00:06:01,000 --> 00:06:05,000 My ambisies is dieselfde, dit waarvoor ek hoop is dieselfde 61 00:06:06,000 --> 00:06:08,000 en my drome is dieselfde. 62 00:06:09,000 --> 00:06:11,000 Liewe susters en broers, 63 00:06:14,000 --> 00:06:15,000 Ek is nie teen iemand nie. 64 00:06:17,000 --> 00:06:23,000 Ek is nie hier om te praat oor my wraak teenoor die Taliban, of enige ander terroriste groep nie. 65 00:06:25,000 --> 00:06:41,000 Ek is hier om vir elke kind se reg tot onderwys op te staan. 66 00:06:41,000 --> 00:06:47,000 Ek wil onderwys vir al die seuns en dogters van die Taliban en al die terroriste en ekstremiste hê. 67 00:06:48,000 --> 00:06:51,000 Ek haat nie eers die lid van die Taliban wat my geskiet het nie. 68 00:06:51,000 --> 00:06:56,000 Selfs al het ek 'n geweer in my hand en hy staan reg voor my. 69 00:06:57,000 --> 00:06:59,000 Ek sou hom nie skiet nie. 70 00:07:00,000 --> 00:07:05,000 Dit is die deernis wat ek by Mohammed, die Profeet van Genade, 71 00:07:05,000 --> 00:07:08,000 en Jesus Christus en Buddha geleer het. 72 00:07:09,000 --> 00:07:14,000 Dit is die nalatenskap van verandering wat ek by Martin Luther King geërf het, 73 00:07:14,000 --> 00:07:27,000 by Nelson Mandela en Muhammad Ali Jinnah. Dit is [Applous] 74 00:07:27,000 --> 00:07:35,000 Dit is die filosofie van geweldloosheid wat ek by Ghandi, Bacha Khan en Moeder Teresa geleer het. 75 00:07:36,000 --> 00:07:52,000 En dit is die vergifnis wat ek by my ma en pa geleer het. En [Applous] 76 00:07:52,000 --> 00:07:59,000 Dit is wat my siel vir my sê: wees vreedsaam en lief vir almal. 77 00:08:01,000 --> 00:08:03,000 Liewe susters en broers, 78 00:08:05,000 --> 00:08:11,000 Ons besef die belangrikheid van die lig wanneer ons die donkerte aanskou. 79 00:08:13,000 --> 00:08:18,000 Ons besef die belangrikheid van ons stem wanneer ons stilgemaak word. 80 00:08:19,000 --> 00:08:24,000 Op dieselfde manier het ons toe ons in Swat, in die noorde van Pakistan was 81 00:08:25,000 --> 00:08:30,000 die belangrikheid van penne en boeke besef, toe ons die gewere gesien het. 82 00:08:31,000 --> 00:08:37,000 Die wyse gesegde : "Die pen is magtiger as die swaard", is waar. 83 00:08:38,000 --> 00:08:45,000 Die ekstremiste was en is bang vir boeke en penne. 84 00:08:45,000 --> 00:08:51,000 Die mag van onderwys, die mag van onderwys maak hulle bang. 85 00:08:52,000 --> 00:08:54,000 Hulle is bang vir vroue. 86 00:08:55,000 --> 00:08:58,000 Die mag van vroue se stemme maak hulle bang. 87 00:08:58,000 --> 00:09:06,000 En dit is hoekom hulle 14 onskuldige studente tydens die onlangse aanval in Quetta doodgemaak het. 88 00:09:07,000 --> 00:09:13,000 En dit is hoekom hulle onderwyseresse en polio-werkers in Khyber Pakhtunkhwa doodgemaak het. 89 00:09:14,000 --> 00:09:17,000 Dit is hoekom hulle skole elke dag bombardeer. 90 00:09:17,000 --> 00:09:26,000 Want hulle was en is bang vir verandering, vir die gelykheid wat ons in ons gemeenskap wil meebring. 91 00:09:28,000 --> 00:09:35,000 En ek onthou daar was 'n seun in ons skool, wie deur 'n joernalis gevra is: 92 00:09:36,000 --> 00:09:39,000 "Hoekom is die Taliban teen onderwys?" 93 00:09:40,000 --> 00:09:42,000 Hy het eenvoudig geantwoord, 94 00:09:43,000 --> 00:09:46,000 deur na sy boek te wys en te sê: 95 00:09:47,000 --> 00:09:51,000 "'n Lid van die Taliban weet nie wat binne-in hierdie boek staan nie. 96 00:09:52,000 --> 00:09:58,000 Hulle dink dat God 'n klein, konserwatiewe wese is 97 00:09:58,000 --> 00:10:01,000 wat meisies hel toe sou stuur net omdat hulle skool toe gaan. 98 00:10:02,000 --> 00:10:22,000 Die terroriste misbruik die naam van Islam en die Pashtun-gemeenskap vir hul eie persoonlike gewin. [Applous] 99 00:10:22,000 --> 00:10:25,000 Pakistan is 'n vredeliewende, demokratiese land. 100 00:10:26,000 --> 00:10:30,000 Die mense van Pashtun wil geleerdheid vir hulle dogters en seuns hê. 101 00:10:30,000 --> 00:10:35,000 En Islam is 'n geloof van vrede, menslikheid en broederskap. 102 00:10:35,000 --> 00:10:42,000 Islam sê dat dit nie net elke kind se reg is om geleerdheid te kry nie, maar liewer hul plig en verantwoordelikheid is. 103 00:10:43,000 --> 00:10:45,000 Eerwaardige Sekretaris-Generaal, 104 00:10:46,000 --> 00:10:49,000 Vrede is nodig vir onderwys om plaas te vind. 105 00:10:50,000 --> 00:10:54,000 In baie dele van die wêreld, veral in Pakistan en Afghanistan, 106 00:10:55,000 --> 00:11:00,000 word kinders deur terrorisme, oorloë en konflik gekeer om skool toe te gaan. 107 00:11:01,000 --> 00:11:04,000 Ons is regtig moeg vir hierdie oorloë. 108 00:11:05,000 --> 00:11:10,000 Vrouens en kinders ly op baie maniere 109 00:11:10,000 --> 00:11:13,000 in baie dele van die wêreld. 110 00:11:14,000 --> 00:11:21,000 In Indië is onskuldige en arm kinders die slagoffers van kinderarbeid. 111 00:11:23,000 --> 00:11:26,000 Baie skole in Nigerië is vernietig. 112 00:11:27,000 --> 00:11:33,000 Mense in Afghanistan word al vir dekades deur die struikelblok van ekstremisme geaffekteer. 113 00:11:35,000 --> 00:11:42,000 Jong meisies moet huishoudelike kinderarbeid verrig en word gedwing om op 'n jong ouderdom te trou. 114 00:11:44,000 --> 00:11:53,000 Armoede, oningeligtheid, onreg, rassisme en die ontneming van basiese regte 115 00:11:53,000 --> 00:11:56,000 is die hoofprobleme wat beide mans en vroue in die gesig staar. 116 00:11:57,000 --> 00:12:04,000 Liewe vriende, vandag fokus ek op vroueregte en opvoeding vir meisies 117 00:12:05,000 --> 00:12:08,000 want hulle kry die swaarste. 118 00:12:08,000 --> 00:12:15,000 Daar was 'n tyd toe vroue aktiviste mans gevra het om op te staan vir hul regte. 119 00:12:15,000 --> 00:12:32,000 Maar hierdie keer gaan ons dit self doen. [Applous] 120 00:12:33,000 --> 00:12:37,000 Ek sê nie dat mans moet ophou om vir vroueregte te baklei nie. 121 00:12:37,000 --> 00:12:44,000 Ek fokus liewer op vroue om onafhanklik te wees en vir hulself te veg. 122 00:12:45,000 --> 00:12:50,000 So liewe susters en broers, nou is die tyd om op te staan. 123 00:12:51,000 --> 00:13:02,000 So vandag doen ek 'n beroep op die wêreldleiers om hul strategiese beleide ten gunste van vrede en voorspoed te verander. 124 00:13:03,000 --> 00:13:11,000 Ons doen 'n beroep op wêreldleiers dat al die vredesooreenkomste vroue- en kinderregte moet beskerm. 125 00:13:12,000 --> 00:13:28,000 'n Ooreenkoms wat teen die regte van vroue gaan, is onaanvaarbaar. 126 00:13:28,000 --> 00:13:35,000 Ons doen 'n beroep op regerings om vrye en verpligte onderwys te voorsien 127 00:13:35,000 --> 00:13:44,000 regoor die wêreld, vir elke kind. [Applous] 128 00:13:45,000 --> 00:13:51,000 Ons doen 'n beroep op alle regerings om teen terrorisme en geweld te veg, 129 00:13:51,000 --> 00:13:55,000 om kinders teen wreedheid en leed te beskerm. 130 00:13:56,000 --> 00:14:02,000 Ons doen 'n beroep op die ontwikkelde lande om die uitbreiding van onderwysgeleenthede te ondersteun 131 00:14:02,000 --> 00:14:05,000 vir meisies in die ontwikkelende wêreld. 132 00:14:06,000 --> 00:14:10,000 Ons doen 'n beroep op gemeenskappe om verdraagsaam te wees, 133 00:14:12,000 --> 00:14:20,000 om bevooroordeling wat op kaste, oortuiging, sekte, kleur, geloof of geslag gebaseer is, te verwerp. 134 00:14:21,000 --> 00:14:27,000 Om die vryheid en gelykheid van vroue te verseker, sodat hulle kan floreer. 135 00:14:28,000 --> 00:14:33,000 Ons kan nie almal suksesvol wees, as die helfte van ons teruggehou word nie. 136 00:14:36,000 --> 00:14:41,000 Ons doen 'n beroep op ons susters regoor die wêreld om dapper te wees, 137 00:14:41,000 --> 00:14:48,000 om die krag binne hulself aan te gryp en hul volle potensiaal te bereik. 138 00:14:49,000 --> 00:15:00,000 Liewe broers en susters, ons wil skole en onderwys vir elke kind se blink toekoms hê. 139 00:15:02,000 --> 00:15:09,000 Ons wil aanhou met ons reis tot ons ons bestemming van vrede en onderwys bereik het. 140 00:15:10,000 --> 00:15:12,000 Niemand kan ons keer nie. 141 00:15:13,000 --> 00:15:20,000 Ons sal opstaan vir ons regte en ons sal verandering met ons stemme bring. 142 00:15:22,000 --> 00:15:28,000 Ons glo in die mag en krag van ons woorde. 143 00:15:29,000 --> 00:15:32,000 Ons woorde kan 'n hele wêreld verander, 144 00:15:33,000 --> 00:15:41,000 want ons almal staan saam vir die onderwyssaak. 145 00:15:42,000 --> 00:15:51,000 En as ons ons doelwit wil bereik, laat ons onsself met die wapen van kennis bemagtig 146 00:15:52,000 --> 00:15:58,000 en laat ons onsself deur eenheid en saamwees beskerm. 147 00:16:00,000 --> 00:16:02,000 Liewe broers en susters, 148 00:16:03,000 --> 00:16:09,000 Ons moet nie vergeet dat miljoene mense onder armoede, 149 00:16:09,000 --> 00:16:12,000 onreg en oningeligtheid ly nie. 150 00:16:14,000 --> 00:16:19,000 Ons moet nie vergeet dat miljoene kinders nie skool toe gaan nie. 151 00:16:21,000 --> 00:16:29,000 Ons moet nie vergeet dat ons susters en broers vir 'n vredevolle blink toekoms wag nie. 152 00:16:30,000 --> 00:16:32,000 So laat ons veg, 153 00:16:32,000 --> 00:16:39,000 so laat ons 'n wêreldwye stryd teen ongeletterdheid, armoede en terrorisme voer. 154 00:16:40,000 --> 00:16:45,000 Laat ons ons boeke en penne optel. 155 00:16:46,000 --> 00:16:49,000 Hulle is ons matigste wapens. 156 00:16:50,000 --> 00:17:00,000 Een kind, een onderwyser, een boek, een pen kan die wêreld verander. 157 00:17:01,000 --> 00:17:05,000 Opvoeding is die enigste oplossing. 158 00:17:05,000 --> 00:17:07,000 Opvoeding Eerste. 159 00:17:07,000 --> 00:17:14,000 Dankie. [Applous]