WEBVTT 00:00:11.000 --> 00:00:13.000 Dankie. 00:00:15.000 --> 00:00:17.000 Ons begin in die naam van Allah, wat genade en deernis is. 00:00:20.000 --> 00:00:27.000 In die naam van die Weldoener, die Genadige. 00:00:29.000 --> 00:00:33.000 Eerwaardige VN Sekretaris-Generaal, Mnr Ban Ki-moon, 00:00:35.000 --> 00:00:39.000 Hooggeagte President van die Algemene Vergadering, Vuk Jeremic, 00:00:41.000 --> 00:00:45.000 Eerwaardige VN-Verteenwoordiger van Wêreldwye Onderwys, Mnr Gordon Brown, 00:00:47.000 --> 00:00:55.000 Hooggeagte ouere en my liewe broers en susters. Mag die vrede met jul wees. Dankie. 00:00:57.000 --> 00:01:04.000 Dit is vandag vir my 'n eer om na 'n lang tyd te kan praat. 00:01:06.000 --> 00:01:12.000 Om saam met sulke vername mense hier te wees is 'n wonderlike oomblik in my lewe. 00:01:12.000 --> 00:01:20.000 En dis ook vir my 'n eer om vandag 'n sjaal van Benazir Bhutto Shaheed te dra. 00:01:23.000 --> 00:01:26.000 Ek weet nie waar om met my toespraak te begin nie. 00:01:28.000 --> 00:01:31.000 Ek weet nie wat mense verwag ek moet sê nie. 00:01:33.000 --> 00:01:34.000 Maar in die eerste plek, 00:01:35.000 --> 00:01:40.000 baie dankie aan God in wie se oë almal gelyk is 00:01:42.000 --> 00:01:49.000 en dankie aan elke mens wat vir my spoedige beterskap en nuwe lewe gebid het, 00:01:52.000 --> 00:01:56.000 Ek kan nie glo hoe baie liefde mense aan my getoon het nie. 00:01:59.000 --> 00:02:04.000 Ek het van regoor die wêreld duisende goeie wense-kaartjies en geskenke ontvang. 00:02:05.000 --> 00:02:07.000 Baie dankie aan julle almal. 00:02:08.000 --> 00:02:14.000 Dankie aan die kinders wie se onskuldige woorde my aangemoedig het. 00:02:15.000 --> 00:02:20.000 Dankie aan my ouere wie se gebede my krag gegee het. 00:02:22.000 --> 00:02:26.000 Ek wil die verpleegsters, dokters 00:02:26.000 --> 00:02:29.000 en personeel van die hospitale in Pakistan, 00:02:29.000 --> 00:02:33.000 die VK en die VAE-regering bedank 00:02:34.000 --> 00:02:38.000 wat my gehelp het om gesond te word en my krag te herwin. 00:02:39.000 --> 00:02:47.000 Ek ondersteun Mnr Ban Ki-moon, die Sekretaris-Generaal, in sy Wêreldwye Opvoeding Eerste Inisiatief, ten volle. 00:02:48.000 --> 00:02:50.000 en die werk van die VK Spesiale Verteenwoordiger 00:02:50.000 --> 00:02:52.000 Mnr Gordon Brown 00:02:53.000 --> 00:02:56.000 en die hooggeagte President-Generaal van die Algemene Vergadering Vuk Jeremic. 00:02:58.000 --> 00:03:02.000 Ek bedank hulle almal vir die leierskap wat hul aanhoudend bied. 00:03:03.000 --> 00:03:07.000 Hulle hou aan om ons te inspireer en tot aksie aan te spoor. 00:03:10.000 --> 00:03:12.000 Liewe broers en susters, 00:03:13.000 --> 00:03:16.000 Onthou een ding: 00:03:18.000 --> 00:03:21.000 Malala-dag is nie mý dag nie. 00:03:23.000 --> 00:03:27.000 Vandag is die dag van elke vrou 00:03:28.000 --> 00:03:36.000 elke seun en elke meisie wie vir hul regte opgestaan het. 00:03:39.000 --> 00:03:42.000 Daar is honderde menseregte-aktiviste 00:03:43.000 --> 00:03:47.000 en maatskaplike werkers, wat nie net vir hul regte opstaan nie, 00:03:49.000 --> 00:03:56.000 maar wat ook sukkel om hul doelwitte van vrede, opvoeding en gelykheid te bereik. 00:03:58.000 --> 00:04:04.000 Duisende mense is al vermoor deur terroriste en miljoene is gewond. 00:04:04.000 --> 00:04:06.000 Ek is net een van hulle. 00:04:09.000 --> 00:04:11.000 So hier staan ek 00:04:12.000 --> 00:04:16.000 Hier staan een meisie tussen vele ander. 00:04:17.000 --> 00:04:25.000 Ek praat, nie vir myself nie, maar vir dié wie se stemme nie gehoor word nie. 00:04:27.000 --> 00:04:30.000 Vir dié wie vir hul regte geveg het. 00:04:33.000 --> 00:04:35.000 Vir hul reg om in vrede te lewe. 00:04:37.000 --> 00:04:41.000 Vir hul reg om met menswaardigheid behandel te word. 00:04:42.000 --> 00:04:46.000 Vir hul reg tot gelyke geleenthede. 00:04:46.000 --> 00:04:49.000 Vir hul reg tot onderwys. 00:04:51.000 --> 00:04:56.000 Liewe Vriende, op die 9de Oktober 2012, 00:04:57.000 --> 00:05:02.000 het die Taliban my in die linkerkant van my voorkop geskiet. 00:05:03.000 --> 00:05:05.000 Hulle het my vriende ook geskiet. 00:05:06.000 --> 00:05:11.000 Hulle het gedink dat hul koeëls ons sou stilmaak. 00:05:13.000 --> 00:05:14.000 Maar hulle het misluk. 00:05:17.000 --> 00:05:20.000 En uit daardie stilte het duisende stemme na vore gekom. 00:05:22.000 --> 00:05:27.000 Die terroriste het gedink hulle kan my doelwitte verander en my ambisies keer. 00:05:28.000 --> 00:05:31.000 Maar in my lewe het niks verander nie, behalwe dit: 00:05:32.000 --> 00:05:36.000 swakheid, vrees, en hopeloosheid is dood 00:05:37.000 --> 00:05:58.000 krag, mag en dapperheid is gebore. [Applous] 00:05:58.000 --> 00:05:59.000 Ek is dieselfde Malala. 00:06:01.000 --> 00:06:05.000 My ambisies is dieselfde, dit waarvoor ek hoop is dieselfde 00:06:06.000 --> 00:06:08.000 en my drome is dieselfde. 00:06:09.000 --> 00:06:11.000 Liewe susters en broers, 00:06:14.000 --> 00:06:15.000 Ek is nie teen iemand nie. 00:06:17.000 --> 00:06:23.000 Ek is nie hier om te praat oor my wraak teenoor die Taliban, of enige ander terroriste groep nie. 00:06:25.000 --> 00:06:41.000 Ek is hier om vir elke kind se reg tot onderwys op te staan. 00:06:41.000 --> 00:06:47.000 Ek wil onderwys vir al die seuns en dogters van die Taliban en al die terroriste en ekstremiste hê. 00:06:48.000 --> 00:06:51.000 Ek haat nie eers die lid van die Taliban wat my geskiet het nie. 00:06:51.000 --> 00:06:56.000 Selfs al het ek 'n geweer in my hand en hy staan reg voor my. 00:06:57.000 --> 00:06:59.000 Ek sou hom nie skiet nie. 00:07:00.000 --> 00:07:05.000 Dit is die deernis wat ek by Mohammed, die Profeet van Genade, 00:07:05.000 --> 00:07:08.000 en Jesus Christus en Buddha geleer het. 00:07:09.000 --> 00:07:14.000 Dit is die nalatenskap van verandering wat ek by Martin Luther King geërf het, 00:07:14.000 --> 00:07:27.000 by Nelson Mandela en Muhammad Ali Jinnah. Dit is [Applous] 00:07:27.000 --> 00:07:35.000 Dit is die filosofie van geweldloosheid wat ek by Ghandi, Bacha Khan en Moeder Teresa geleer het. 00:07:36.000 --> 00:07:52.000 En dit is die vergifnis wat ek by my ma en pa geleer het. En [Applous] 00:07:52.000 --> 00:07:59.000 Dit is wat my siel vir my sê: wees vreedsaam en lief vir almal. 00:08:01.000 --> 00:08:03.000 Liewe susters en broers, 00:08:05.000 --> 00:08:11.000 Ons besef die belangrikheid van die lig wanneer ons die donkerte aanskou. 00:08:13.000 --> 00:08:18.000 Ons besef die belangrikheid van ons stem wanneer ons stilgemaak word. 00:08:19.000 --> 00:08:24.000 Op dieselfde manier het ons toe ons in Swat, in die noorde van Pakistan was 00:08:25.000 --> 00:08:30.000 die belangrikheid van penne en boeke besef, toe ons die gewere gesien het. 00:08:31.000 --> 00:08:37.000 Die wyse gesegde : "Die pen is magtiger as die swaard", is waar. 00:08:38.000 --> 00:08:45.000 Die ekstremiste was en is bang vir boeke en penne. 00:08:45.000 --> 00:08:51.000 Die mag van onderwys, die mag van onderwys maak hulle bang. 00:08:52.000 --> 00:08:54.000 Hulle is bang vir vroue. 00:08:55.000 --> 00:08:58.000 Die mag van vroue se stemme maak hulle bang. 00:08:58.000 --> 00:09:06.000 En dit is hoekom hulle 14 onskuldige studente tydens die onlangse aanval in Quetta doodgemaak het. 00:09:07.000 --> 00:09:13.000 En dit is hoekom hulle onderwyseresse en polio-werkers in Khyber Pakhtunkhwa doodgemaak het. 00:09:14.000 --> 00:09:17.000 Dit is hoekom hulle skole elke dag bombardeer. 00:09:17.000 --> 00:09:26.000 Want hulle was en is bang vir verandering, vir die gelykheid wat ons in ons gemeenskap wil meebring. 00:09:28.000 --> 00:09:35.000 En ek onthou daar was 'n seun in ons skool, wie deur 'n joernalis gevra is: 00:09:36.000 --> 00:09:39.000 "Hoekom is die Taliban teen onderwys?" 00:09:40.000 --> 00:09:42.000 Hy het eenvoudig geantwoord, 00:09:43.000 --> 00:09:46.000 deur na sy boek te wys en te sê: 00:09:47.000 --> 00:09:51.000 "'n Lid van die Taliban weet nie wat binne-in hierdie boek staan nie. 00:09:52.000 --> 00:09:58.000 Hulle dink dat God 'n klein, konserwatiewe wese is 00:09:58.000 --> 00:10:01.000 wat meisies hel toe sou stuur net omdat hulle skool toe gaan. 00:10:02.000 --> 00:10:22.000 Die terroriste misbruik die naam van Islam en die Pashtun-gemeenskap vir hul eie persoonlike gewin. [Applous] 00:10:22.000 --> 00:10:25.000 Pakistan is 'n vredeliewende, demokratiese land. 00:10:26.000 --> 00:10:30.000 Die mense van Pashtun wil geleerdheid vir hulle dogters en seuns hê. 00:10:30.000 --> 00:10:35.000 En Islam is 'n geloof van vrede, menslikheid en broederskap. 00:10:35.000 --> 00:10:42.000 Islam sê dat dit nie net elke kind se reg is om geleerdheid te kry nie, maar liewer hul plig en verantwoordelikheid is. 00:10:43.000 --> 00:10:45.000 Eerwaardige Sekretaris-Generaal, 00:10:46.000 --> 00:10:49.000 Vrede is nodig vir onderwys om plaas te vind. 00:10:50.000 --> 00:10:54.000 In baie dele van die wêreld, veral in Pakistan en Afghanistan, 00:10:55.000 --> 00:11:00.000 word kinders deur terrorisme, oorloë en konflik gekeer om skool toe te gaan. 00:11:01.000 --> 00:11:04.000 Ons is regtig moeg vir hierdie oorloë. 00:11:05.000 --> 00:11:10.000 Vrouens en kinders ly op baie maniere 00:11:10.000 --> 00:11:13.000 in baie dele van die wêreld. 00:11:14.000 --> 00:11:21.000 In Indië is onskuldige en arm kinders die slagoffers van kinderarbeid. 00:11:23.000 --> 00:11:26.000 Baie skole in Nigerië is vernietig. 00:11:27.000 --> 00:11:33.000 Mense in Afghanistan word al vir dekades deur die struikelblok van ekstremisme geaffekteer. 00:11:35.000 --> 00:11:42.000 Jong meisies moet huishoudelike kinderarbeid verrig en word gedwing om op 'n jong ouderdom te trou. 00:11:44.000 --> 00:11:53.000 Armoede, oningeligtheid, onreg, rassisme en die ontneming van basiese regte 00:11:53.000 --> 00:11:56.000 is die hoofprobleme wat beide mans en vroue in die gesig staar. 00:11:57.000 --> 00:12:04.000 Liewe vriende, vandag fokus ek op vroueregte en opvoeding vir meisies 00:12:05.000 --> 00:12:08.000 want hulle kry die swaarste. 00:12:08.000 --> 00:12:15.000 Daar was 'n tyd toe vroue aktiviste mans gevra het om op te staan vir hul regte. 00:12:15.000 --> 00:12:32.000 Maar hierdie keer gaan ons dit self doen. [Applous] 00:12:33.000 --> 00:12:37.000 Ek sê nie dat mans moet ophou om vir vroueregte te baklei nie. 00:12:37.000 --> 00:12:44.000 Ek fokus liewer op vroue om onafhanklik te wees en vir hulself te veg. 00:12:45.000 --> 00:12:50.000 So liewe susters en broers, nou is die tyd om op te staan. 00:12:51.000 --> 00:13:02.000 So vandag doen ek 'n beroep op die wêreldleiers om hul strategiese beleide ten gunste van vrede en voorspoed te verander. 00:13:03.000 --> 00:13:11.000 Ons doen 'n beroep op wêreldleiers dat al die vredesooreenkomste vroue- en kinderregte moet beskerm. 00:13:12.000 --> 00:13:28.000 'n Ooreenkoms wat teen die regte van vroue gaan, is onaanvaarbaar. 00:13:28.000 --> 00:13:35.000 Ons doen 'n beroep op regerings om vrye en verpligte onderwys te voorsien 00:13:35.000 --> 00:13:44.000 regoor die wêreld, vir elke kind. [Applous] 00:13:45.000 --> 00:13:51.000 Ons doen 'n beroep op alle regerings om teen terrorisme en geweld te veg, 00:13:51.000 --> 00:13:55.000 om kinders teen wreedheid en leed te beskerm. 00:13:56.000 --> 00:14:02.000 Ons doen 'n beroep op die ontwikkelde lande om die uitbreiding van onderwysgeleenthede te ondersteun 00:14:02.000 --> 00:14:05.000 vir meisies in die ontwikkelende wêreld. 00:14:06.000 --> 00:14:10.000 Ons doen 'n beroep op gemeenskappe om verdraagsaam te wees, 00:14:12.000 --> 00:14:20.000 om bevooroordeling wat op kaste, oortuiging, sekte, kleur, geloof of geslag gebaseer is, te verwerp. 00:14:21.000 --> 00:14:27.000 Om die vryheid en gelykheid van vroue te verseker, sodat hulle kan floreer. 00:14:28.000 --> 00:14:33.000 Ons kan nie almal suksesvol wees, as die helfte van ons teruggehou word nie. 00:14:36.000 --> 00:14:41.000 Ons doen 'n beroep op ons susters regoor die wêreld om dapper te wees, 00:14:41.000 --> 00:14:48.000 om die krag binne hulself aan te gryp en hul volle potensiaal te bereik. 00:14:49.000 --> 00:15:00.000 Liewe broers en susters, ons wil skole en onderwys vir elke kind se blink toekoms hê. 00:15:02.000 --> 00:15:09.000 Ons wil aanhou met ons reis tot ons ons bestemming van vrede en onderwys bereik het. 00:15:10.000 --> 00:15:12.000 Niemand kan ons keer nie. 00:15:13.000 --> 00:15:20.000 Ons sal opstaan vir ons regte en ons sal verandering met ons stemme bring. 00:15:22.000 --> 00:15:28.000 Ons glo in die mag en krag van ons woorde. 00:15:29.000 --> 00:15:32.000 Ons woorde kan 'n hele wêreld verander, 00:15:33.000 --> 00:15:41.000 want ons almal staan saam vir die onderwyssaak. 00:15:42.000 --> 00:15:51.000 En as ons ons doelwit wil bereik, laat ons onsself met die wapen van kennis bemagtig 00:15:52.000 --> 00:15:58.000 en laat ons onsself deur eenheid en saamwees beskerm. 00:16:00.000 --> 00:16:02.000 Liewe broers en susters, 00:16:03.000 --> 00:16:09.000 Ons moet nie vergeet dat miljoene mense onder armoede, 00:16:09.000 --> 00:16:12.000 onreg en oningeligtheid ly nie. 00:16:14.000 --> 00:16:19.000 Ons moet nie vergeet dat miljoene kinders nie skool toe gaan nie. 00:16:21.000 --> 00:16:29.000 Ons moet nie vergeet dat ons susters en broers vir 'n vredevolle blink toekoms wag nie. 00:16:30.000 --> 00:16:32.000 So laat ons veg, 00:16:32.000 --> 00:16:39.000 so laat ons 'n wêreldwye stryd teen ongeletterdheid, armoede en terrorisme voer. 00:16:40.000 --> 00:16:45.000 Laat ons ons boeke en penne optel. 00:16:46.000 --> 00:16:49.000 Hulle is ons matigste wapens. 00:16:50.000 --> 00:17:00.000 Een kind, een onderwyser, een boek, een pen kan die wêreld verander. 00:17:01.000 --> 00:17:05.000 Opvoeding is die enigste oplossing. 00:17:05.000 --> 00:17:07.000 Opvoeding Eerste. 00:17:07.000 --> 00:17:14.000 Dankie. [Applous]