Return to Video

’n Pa-dogter band, een foto op ’n slag

  • 0:01 - 0:02
    Fotografie is my passie
  • 0:02 - 0:05
    vandat ek ’n kamera kon optel,
  • 0:05 - 0:08
    maar vandag wil ek
  • 0:08 - 0:10
    my 15 kosbaarste foto's met julle deel,
  • 0:10 - 0:12
    waarvan ek niks geneem het nie.
  • 0:12 - 0:15
    Daar was geen kunsregisseurs,
    geen stiliste,
  • 0:15 - 0:19
    geen kanse vir oorskiet nie,
    geen ag is geslaan op beligting nie.
  • 0:19 - 0:24
    Om die waarheid te sê,
    die meeste is deur toeriste geneem.
  • 0:24 - 0:26
    My storie begin
  • 0:26 - 0:28
    toe ek in New York was
    om ’n toespraak te gee,
  • 0:28 - 0:32
    en my vrou dié foto van my met ons dogter
    op haar eerste verjaarsdag geneem het.
  • 0:32 - 0:35
    Ons is op die hoek van 57ste en 5de.
  • 0:35 - 0:38
    Ons was toevallig terug in New York
    presies ’n jaar later,
  • 0:38 - 0:42
    so ons besluit toe
    om dieselfde foto te neem.
  • 0:42 - 0:44
    Julle kan sien waarop hierdie afstuur.
  • 0:44 - 0:46
    Naby my dogter se derde verjaarsdag,
    sê my vrou:
  • 0:46 - 0:49
    "Hoekom vat jy nie vir Sabina
    terug New York toe nie,
  • 0:49 - 0:52
    dan maak julle dit ’n pa-dogter uitstappie
    en sit die ritueel voort."
  • 0:52 - 0:56
    Dis toe dat ons toeriste
    begin vra het om die foto te neem.
  • 0:56 - 0:59
    Dis opvallend hoe universeel
    die gebaar is
  • 0:59 - 1:02
    om jou kamera vir ’n vreemdeling te gee.
  • 1:02 - 1:07
    Niemand het ooit geweier of, gelukkig,
    met ons kamera die hasepad gekies nie.
  • 1:07 - 1:10
    Toé het ons geen idee gehad
    hoeveel die reis ons lewens sou verander nie.
  • 1:10 - 1:12
    Dit het werklik heilig geraak vir ons.
  • 1:12 - 1:15
    Hierdie een is net weke na 9/11 geneem,
  • 1:15 - 1:20
    en ek moes probeer verduidelik
    wat op daardie dag gebeur het
  • 1:20 - 1:22
    op maniere wat ’n 5-jarige kon verstaan.
  • 1:22 - 1:25
    Hierdie foto's is dus
    meer as plaasvervangers
  • 1:25 - 1:28
    vir ’n enkele oomblik
    of spesifieke besoek.
  • 1:28 - 1:31
    Met hulle kan ons ook tyd vries
  • 1:31 - 1:35
    vir een week in Oktober
  • 1:35 - 1:37
    en terugkyk op ons tye
  • 1:37 - 1:39
    en hoe ons verander van jaar tot jaar,
  • 1:39 - 1:42
    nie net fisies nie, maar in elke opsig.
  • 1:42 - 1:45
    Want, alhoewel ons dieselfde foto neem,
  • 1:45 - 1:48
    verander ons perspektiewe,
  • 1:48 - 1:50
    en sy bereik nuwe mylpale,
  • 1:50 - 1:53
    en ek sien die lewe deur haar oë,
  • 1:53 - 1:58
    en hoe sy op alles reageer en daarna kyk.
  • 1:58 - 2:00
    Dié gefokusde tyd wat ons saam spandeer
  • 2:00 - 2:06
    is iets wat ons koester
    en die hele jaar voor wag.
  • 2:06 - 2:09
    Onlangs, op een besoek, stap ons,
  • 2:09 - 2:11
    en sy steek in haar vier spore vas
  • 2:11 - 2:15
    en wys na die rooi sonskerm
    van die popwinkel
  • 2:15 - 2:17
    waaroor sy mal was as kind
  • 2:17 - 2:19
    op ons vroeër besoeke.
  • 2:19 - 2:22
    En sy beskryf aan my haar gevoel
  • 2:22 - 2:25
    as 5-jarige op presies dieselfde plek.
  • 2:25 - 2:28
    Sy kon onthou hoe haar hart
    uit haar bors wou bars
  • 2:28 - 2:31
    toe sy die plek die eerste keer gesien het
  • 2:31 - 2:34
    nege jaar tevore.
  • 2:34 - 2:36
    En wat sy nou na kyk in New York
  • 2:36 - 2:38
    is universiteite,
  • 2:38 - 2:41
    want sy's vasbeslote
    om daar te gaan studeer.
  • 2:41 - 2:43
    En dit het my getref:
  • 2:43 - 2:48
    Een van die belangrikste dinge
    wat ons maak, is herinneringe.
  • 2:48 - 2:50
    Ek wil dus die idee deel
  • 2:50 - 2:56
    om aktief en opsetlik
    herinneringe te skep.
  • 2:56 - 2:57
    Ek weet nie van julle nie,
  • 2:57 - 3:00
    maar buiten hierdie 15,
    is ek in min familie foto's.
  • 3:00 - 3:02
    Ek's altyd die een wat hulle neem.
  • 3:02 - 3:04
    Ek wil dus almal vandag aanmoedig:
  • 3:04 - 3:07
    kom in die foto in
  • 3:07 - 3:10
    en moenie huiwer om iemand te vra nie:
  • 3:10 - 3:11
    "Sal jy dalk ons foto neem?"
  • 3:11 - 3:17
    Dankie. (Applous)
Title:
’n Pa-dogter band, een foto op ’n slag
Speaker:
Steven Addis
Description:

Lank gelede het Steven Addis op ’n straathoek in New York gestaan met sy eenjarige dogter in sy arms; sy vrou het ’n foto van hulle geneem. Die afbeelding het ’n vader-dogter ritueel inspireer, waartydens Addis en sy dogter vir dieselfde foto poseer, op dieselfde straathoek, elke jaar. Addis deel 15 kosbare foto's uit die reeks en verken hoekom hierdie klein, herhaalde ritueel van soveel betekenis is.

more » « less
Video Language:
English
Team:
closed TED
Project:
TEDTalks
Duration:
03:38

Afrikaans subtitles

Revisions Compare revisions