Return to Video

Agt geheime van sukses

  • 0:00 - 0:03
    Hierdie is eintlik ’n twee-uur aanbieding vir hoërskool leerders,
  • 0:03 - 0:04
    kortgeknip na drie minute.
  • 0:04 - 0:07
    En dit het alles eendag op ’n vliegtuig begin, oppad na TED toe,
  • 0:07 - 0:08
    sewe jaar gelede.
  • 0:08 - 0:09
    En in die sitplek langs my
  • 0:09 - 0:13
    was ’n hoërskool leerder, ’n tiener,
  • 0:13 - 0:15
    en sy was van ’n baie arm gesin.
  • 0:15 - 0:18
    En sy wou iets van haar lewe maak,
  • 0:18 - 0:19
    en sy't my ’n eenvoudige vragie gevra.
  • 0:19 - 0:21
    Sy't gevra: "Wat lei tot sukses?"
  • 0:21 - 0:23
    En ek het rêrig sleg gevoel,
  • 0:23 - 0:25
    want ek kon nie vir haar ’n goeie antwoord gee nie.
  • 0:25 - 0:28
    So ek klim van die vliegtuig af, en ek kom na TED toe.
  • 0:28 - 0:31
    En ek dink, jissie, ek's in ’n kamer vól suksesvolle mense!
  • 0:31 - 0:34
    So hoekom vra ek hulle nie uit oor hulle sukses en
  • 0:34 - 0:36
    dra dit dan oor aan kinders nie?
  • 0:36 - 0:40
    So hier is ons, sewe jaar en 500 onderhoude later
  • 0:40 - 0:43
    en ek gaan vir julle vertel wat rêrig tot sukses lei
  • 0:43 - 0:45
    en hoe TED-sters se koppe werk.
  • 0:45 - 0:47
    En die eerste ding is passie.
  • 0:47 - 0:50
    Freeman Thomas sê: "My passie dryf my."
  • 0:50 - 0:53
    TED-sters doen dit vir die liefde; nie vir geld nie.
  • 0:53 - 0:56
    Carol Coletta sê: "Ek sou iemand betaal om te kan doen wat ek doen."
  • 0:56 - 0:58
    En die interessante ding is:
  • 0:58 - 1:00
    as jy dit doen vir die liefde, kom die geld in elk geval.
  • 1:00 - 1:04
    Werk! Het Rupert Murdoch vir my gesê, "Dis alles harde werk.
  • 1:04 - 1:06
    Niks kom maklik nie. Maar ek het baie pret."
  • 1:06 - 1:10
    Het hy gesê pret? Rupert? Ja!
  • 1:10 - 1:14
    TED-sters geniet hulle werk. En hulle werk hard.
  • 1:14 - 1:17
    Ek't gemeen, hulle's nie "workaholics" nie. Hulle's "workafrolics".
  • 1:18 - 1:24
    Goed! Alex Garden sê: "Om suksesvol te wees, klim in die ding in
  • 1:24 - 1:25
    en raak bedrywig daarmee."
  • 1:25 - 1:28
    Daar's geen toorkuns nie; dis oefen, oefen, oefen.
  • 1:28 - 1:31
    En dis fokus. Norman Jewison sê vir my:
  • 1:31 - 1:34
    "Ek dink dit het alles te doen met jouself op een ding fokus."
  • 1:34 - 1:38
    En druk! David Gallo sê: "Druk jouself.
  • 1:38 - 1:40
    Fisies, verstandelik, jy moet druk, druk, druk."
  • 1:40 - 1:43
    Jy moet druk deur bedeesdheid en selftwyfel.
  • 1:43 - 1:46
    Goldie Hawn sê: "Ek het altyd getwyfel aan myself.
  • 1:46 - 1:48
    Ek was nie good genoeg of slim genoeg nie.
  • 1:48 - 1:50
    Ek het nie gedink ek sou dit maak nie."
  • 1:50 - 1:52
    Nou dis nie altyd maklik om jouself te druk nie,
  • 1:52 - 1:57
    en dis hoekom ma's gemaak is. (Gelag)
  • 1:57 - 2:00
    Frank Gehry -- Frank Gehry het vir my gesê:
  • 2:00 - 2:01
    "My ma het my gedruk."
  • 2:02 - 2:07
    Dien! Sherwin Nuland sê: "Dit was ’n voorreg om as ’n dokter te dien."
  • 2:07 - 2:10
    Nou baie kinders sê vir my hulle wil miljoenêrs wees.
  • 2:10 - 2:11
    En die eerste ding wat ek vir hulle sê is:
  • 2:11 - 2:13
    "OK, wel jy kan nie jouself dien nie;
  • 2:13 - 2:15
    jy moet ander met iets van waarde bedien.
  • 2:15 - 2:18
    Want dis hoe mense rêrig ryk raak."
  • 2:19 - 2:23
    Idees! TED-ster Bill Gates sê: "Ek het ’n idee gehad:
  • 2:23 - 2:26
    om die eerste mikrorekenaarsagtewaremaatskappy te stig."
  • 2:26 - 2:28
    Ek sou sê dit was ’n redelike goeie idee.
  • 2:28 - 2:31
    En daar's geen kreatiewe toorkuns om op idees te kom nie --
  • 2:31 - 2:33
    dis net ’n paar eenvoudige dinge.
  • 2:33 - 2:35
    En ek gee baie getuienis.
  • 2:35 - 2:37
    Hou aan! Joe Kraus sê:
  • 2:37 - 2:40
    "Aanhou is die nommer een rede vir ons sukses."
  • 2:40 - 2:44
    Jy moet deur mislukkings aanhou. Jy moet deur stront (crap) aanhou!
  • 2:44 - 2:47
    Wat natuurlik beteken "Kritiek, Verwerping, Poepholle en Druk. (C-R-A-P)"
  • 2:47 - 2:49
    (Gelag)
  • 2:50 - 2:54
    So, die groot -- die antwoord op die vraag is eenvoudig:
  • 2:54 - 2:57
    Betaal $4000 en kom TED toe.
  • 2:57 - 3:00
    Of as dit nie werk nie, doen die agt dinge -- en glo my,
  • 3:00 - 3:04
    hierdie is die groot agt dinge wat lei tot sukses.
  • 3:04 - 3:06
    Dankie TED-sters vir al julle onderhoude!
Title:
Agt geheime van sukses
Speaker:
Richard St. John
Description:

Hoekom is mense suksesvol? Is dit omdat hulle slim is? Of is hulle net gelukkig? Nie een nie. Ontleder Richard St. John pers jare se onderhoude saam in ’n onmisbare 3-minute aanbieding oor die ware geheime van sukses.

more » « less
Video Language:
English
Team:
closed TED
Project:
TEDTalks
Duration:
03:13
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for 8 secrets of success
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for 8 secrets of success
Ingrid Lezar added a translation

Afrikaans subtitles

Revisions Compare revisions