Return to Video

Agt geheime van sukses

  • 0:00 - 0:04
    Hierdie is eintlik ’n twee-uur
    aanbieding vir hoërskoolleerders,
  • 0:04 - 0:05
    kortgeknip na drie minute.
  • 0:05 - 0:07
    Dit begin op ’n vliegtuig,
    op pad TED toe,
  • 0:07 - 0:09
    sewe jaar gelede.
  • 0:09 - 0:14
    In die sitplek langs my
    was ’n hoërskoolleerder, ’n tiener,
  • 0:14 - 0:16
    van ’n baie arm gesin.
  • 0:16 - 0:18
    Sy wou iets van haar lewe maak.
  • 0:18 - 0:21
    Sy't my ’n eenvoudige vraag gevra:
  • 0:21 - 0:23
    "Wat lei tot sukses?"
  • 0:23 - 0:24
    Ek't rêrig sleg gevoel,
  • 0:24 - 0:26
    want ek kon haar nie
    ’n goeie antwoord gee nie.
  • 0:26 - 0:29
    So ek klim van die vliegtuig af,
    en ek kom TED toe.
  • 0:29 - 0:32
    Ek dink toe, jissie, ek's in ’n kamer
    vól suksesvolle mense!
  • 0:32 - 0:35
    So hoekom vra ek hulle
    nie uit oor hulle sukses en
  • 0:35 - 0:37
    dra dit dan oor aan kinders nie?
  • 0:37 - 0:41
    So hier is ons, sewe jaar
    en 500 onderhoude later
  • 0:41 - 0:44
    en ek gaan vir julle vertel
    wat rêrig tot sukses lei
  • 0:44 - 0:46
    en hoe TEDsters se koppe werk.
  • 0:46 - 0:48
    Die eerste ding is passie.
  • 0:48 - 0:51
    Freeman Thomas sê: "My passie dryf my."
  • 0:51 - 0:54
    TEDsters doen dit vir
    die liefde; nie vir geld nie.
  • 0:54 - 0:57
    Carol Coletta sê: "Ek sou iemand betaal
    om te mag doen wat ek doen."
  • 0:57 - 0:58
    Interessant:
  • 0:58 - 1:01
    as jy dit doen vir die liefde,
    kom die geld in elk geval.
  • 1:01 - 1:04
    "Werk!" sê Rupert Murdoch vir my.
    "Dis alles harde werk.
  • 1:04 - 1:07
    Niks kom maklik nie.
    Maar ek't baie pret."
  • 1:07 - 1:11
    Het hy gesê pret? Rupert? Ja!
  • 1:11 - 1:12
    (Gelag)
  • 1:12 - 1:15
    TEDsters geniet hulle werk.
    En hulle werk hard.
  • 1:15 - 1:18
    Hulle's nie "workaholics" nie.
    Hulle's "workafrolics".
  • 1:18 - 1:19
    (Gelag)
  • 1:19 - 1:20
    Goed!
  • 1:20 - 1:21
    (Applous)
  • 1:21 - 1:24
    Alex Garden sê: "Om suksesvol
    te wees, klim in die ding in
  • 1:24 - 1:26
    en raak goed, raak kundig daarin."
  • 1:26 - 1:29
    Daar's geen toorkuns nie;
    dis oefen, oefen, oefen.
  • 1:29 - 1:30
    En dis fokus.
  • 1:30 - 1:31
    Norman Jewison sê vir my:
  • 1:31 - 1:35
    "Dit het alles te doen met
    jouself op een ding fokus."
  • 1:35 - 1:37
    En druk!
  • 1:37 - 1:38
    David Gallo sê: "Druk jouself.
  • 1:38 - 1:41
    Fisies, verstandelik,
    jy moet druk, druk, druk."
  • 1:41 - 1:44
    Jy moet druk deur
    bedeesdheid en selftwyfel.
  • 1:44 - 1:46
    Goldie Hawn sê:
    "Ek't altyd getwyfel aan myself.
  • 1:46 - 1:48
    Ek was nie good genoeg
    of slim genoeg nie.
  • 1:48 - 1:51
    Ek't nie gedink ek sou dit maak nie."
  • 1:51 - 1:53
    Dis nie altyd maklik
    om jouself te druk nie,
  • 1:53 - 1:55
    en dis hoekom ma's gemaak is.
  • 1:55 - 1:56
    (Gelag)
  • 1:56 - 1:57
    (Applous)
  • 1:57 - 2:00
    Frank Gehry sê:
  • 2:00 - 2:02
    "My ma het my gedruk."
  • 2:02 - 2:03
    (Gelag)
  • 2:03 - 2:05
    Dien!
  • 2:05 - 2:08
    Sherwin Nuland sê: "Dit was ’n voorreg
    om as ’n dokter te dien."
  • 2:08 - 2:10
    Baie kinders wil miljoenêrs wees.
  • 2:10 - 2:12
    Die eerste ding wat ek sê is:
  • 2:12 - 2:14
    "OK, jy kan nie jouself dien nie;
  • 2:14 - 2:16
    jy moet ander iets van waarde bied.
  • 2:16 - 2:19
    Want dis hoe mense rêrig ryk raak."
  • 2:19 - 2:20
    Idees!
  • 2:20 - 2:23
    TEDster Bill Gates sê:
    "Ek't ’n idee gehad:
  • 2:23 - 2:26
    om die eerste mikrorekenaar-
    sagtewaremaatskappy te stig."
  • 2:26 - 2:28
    Ek sou sê dit was ’n redelike goeie idee.
  • 2:28 - 2:31
    En daar's geen toorkuns
    agter kreatiewe idees nie --
  • 2:31 - 2:34
    dis net ’n paar eenvoudige dinge.
  • 2:34 - 2:35
    En ek gee baie getuienis.
  • 2:35 - 2:37
    Hou aan!
  • 2:37 - 2:38
    Joe Kraus sê:
  • 2:38 - 2:41
    "Aanhou is die nommer een
    rede vir ons sukses."
  • 2:41 - 2:44
    Jy moet deur mislukkings aanhou.
    Jy moet deur stront (crap) aanhou:
  • 2:44 - 2:48
    "Kritiek, Verwerping, Poepholle en Druk.
    (C-R-A-P)"
  • 2:48 - 2:49
    (Gelag)
  • 2:51 - 2:55
    So, die antwoord op
    die vraag is eenvoudig:
  • 2:55 - 2:57
    Betaal $4000 en kom TED toe.
  • 2:57 - 2:58
    (Gelag)
  • 2:58 - 3:01
    Of, as dit nie werk nie,
    doen die agt dinge -- en glo my,
  • 3:01 - 3:04
    hierdie is die groot agt dinge
    wat lei tot sukses.
  • 3:04 - 3:07
    Dankie TEDsters vir al julle onderhoude!
  • 3:07 - 3:09
    (Applous)
Title:
Agt geheime van sukses
Speaker:
Richard St. John
Description:

Hoekom is mense suksesvol? Is dit omdat hulle slim is? Of is hulle net gelukkig? Nie een nie. Ontleder Richard St. John pers jare se onderhoude saam in ’n onmisbare 3-minute aanbieding oor die ware geheime van sukses.

more » « less
Video Language:
English
Team:
closed TED
Project:
TEDTalks
Duration:
03:13
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for 8 secrets of success
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for 8 secrets of success
Ingrid Lezar added a translation

Afrikaans subtitles

Revisions Compare revisions