Return to Video

Heelgetal aftrek somme

  • 0:01 - 0:05
    Ons is gevra om aftrek somme te doen en ons het 68-42.
  • 0:05 - 0:09
    En wat ek wil doen, is om jou te wys hoe ek heirdie som sou doen
  • 0:09 - 0:13
    En dan praat ons bietjie oor hoekom dit nou eintlik werk.
  • 0:13 - 0:18
    So as ek nou 68-42, is een manier, heelwaarskynlik die mees algemene manier
  • 0:18 - 0:21
    is om die nommer waarvan jy aftrek, bo te skryf,
  • 0:21 - 0:25
    en die nommer wat jy daarvan aftrek onder dit skryf.
  • 0:25 - 0:27
    So ons het 68-42.
  • 0:27 - 0:30
    Bou is dit belangrik dat jy seker maak,
  • 0:30 - 0:34
    jy skryf die getalle mooi onder mekaar neer, so die 2 is onder die 8
  • 0:34 - 0:37
    hulle is alby in die ene se plek, en die 4 is onder die 6,
  • 0:37 - 0:41
    en hulle is altwee in die tiene se plek. Hopelik word dit later in
  • 0:41 - 0:44
    hierdie video duidelik hoekom dit 'n goeie ding is om te doen.
  • 0:44 - 0:46
    Ok. so kom ons gaan na die ene se plek toe,
  • 0:46 - 0:52
    Dan sien ons 'n 8 en ons wil 'n 2 van hom aftrek, so 8-2 is 6.
  • 0:52 - 0:54
    Kom ek skryf dit hierso
  • 0:54 - 0:55
    aan hierdie kant.
  • 0:55 - 0:57
    8-2 is 6.
  • 0:57 - 1:02
    Ok, 8-2=6.
  • 1:02 - 1:06
    En nou gaan ons na die tiene se plaek toe. Daar het ons 6-4.
  • 1:06 - 1:09
    En oor hulle in die tiene se plek is, weet ons dis eintlik 60-40.
  • 1:09 - 1:16
    Maar 6-4 is 2, 6-4=2.
  • 1:16 - 1:19
    En omdat hulle in die tiene se plek is, sê ons eintlik 60-40
  • 1:19 - 1:20
    is gelyk aan 20.
  • 1:20 - 1:22
    Ek sal dit nou nou bietjie meer opklaar.
  • 1:22 - 1:23
    so wat het ons hier gedoen?
  • 1:23 - 1:27
    68-42=26
  • 1:27 - 1:28
    en jy kan sommer self toets of jy reg is
  • 1:28 - 1:31
    jy kan 26 plus 42 uitwerk en sien of jy 68 kry
  • 1:31 - 1:36
    of jy kan 26 aftrek van 68 en sien of jy 42 kry.
  • 1:36 - 1:39
    So ek wil aanmoedig om dit bietjie te oefen na hierdie video.
  • 1:39 - 1:45
    Toets of 42+26=68
  • 1:45 - 1:47
    gelyk is aan 68
  • 1:47 - 1:51
    En toets ook waaraan 68-26 gelyk is
  • 1:51 - 1:53
    en jy behoort te siendis gelyk aan 42
  • 1:53 - 1:56
    So jy kan sommer self kyk of jy reg is.
  • 1:56 - 1:59
    Nou, die laaste ding wat ek in hierdie video wil doen is
  • 1:59 - 2:02
    om in meer diepte te verduidelik hoekom dit so werk.
  • 2:02 - 2:05
    In my kop, sien ek 68
  • 2:05 - 2:07
    en hoef dit nie so te doen nie
  • 2:07 - 2:10
    maar dis 'n goeie manier om seker te maak jy verstaan baie mooi wat hier aangaan
  • 2:10 - 2:15
    68 is dieselfde as 60 plus 8 of 60 en 8
  • 2:15 - 2:18
    En ons wil nou 42 daarvan aftrek
  • 2:18 - 2:21
    maar 42 is dieselfde ding as 40 plus 2
  • 2:21 - 2:26
    so ons trek 40 af en ons trek 2 af.
  • 2:26 - 2:29
    As ons 42 aftrek, trek ons 40 en 2 af.
  • 2:29 - 2:32
    So jy kan die som amper sien as twee verskillende somme
  • 2:32 - 2:35
    by die ene se plaek het jy 8-2
  • 2:35 - 2:38
    En dis mos wat ons hier gedoen het en dis 6
  • 2:38 - 2:44
    en by die tiene se plek het jy 60-40, en dis 20
  • 2:44 - 2:47
    so jy eindig met 'n 20 en 6
  • 2:47 - 2:53
    en jy weet mos 26 is presies dieselfde as 26
Title:
Heelgetal aftrek somme
Description:

Heelgetal aftrek somme

more » « less
Video Language:
English
Duration:
02:54
Marco van Staden added a translation

Afrikaans subtitles

Revisions