Return to Video

Versmoor skole kreatiwiteit?

  • 0:00 - 0:04
    Goeie môre. Hoe gaan dit?
  • 0:04 - 0:05
    (Gelag)
  • 0:05 - 0:07
    Dis fantasties sover, of hoe?
  • 0:07 - 0:11
    Die hele ding het my stomgeslaan.
  • 0:11 - 0:12
    Eintlik is ek op pad.
  • 0:12 - 0:15
    (Gelag)
  • 0:15 - 0:19
    Daar was drie temas sover,
  • 0:19 - 0:23
    deur die konferensie, wat relevant is
    vir waaroor ek wil praat.
  • 0:25 - 0:29
    Een is die ongelooflike bewyse
    van menslike kreatiwiteit
  • 0:29 - 0:32
    in al die aanbiedings
  • 0:32 - 0:35
    en in al die mense hier.
  • 0:35 - 0:38
    Net die blote verskeidenheid
    en omvang daarvan.
  • 0:38 - 0:39
    Tweedens is ons op ’n plek
  • 0:39 - 0:41
    waar ons geen idee het
    wat gaan gebeur nie,
  • 0:41 - 0:43
    ten opsigte van die toekoms.
  • 0:43 - 0:45
    Geen idee hoe dinge dalk kan verloop nie.
  • 0:45 - 0:48
    Ek't ’n belang by opvoedkunde.
  • 0:48 - 0:51
    Eintlik het ons almal
    ’n belang by opvoedkunde.
  • 0:51 - 0:53
    Het julle nie?
  • 0:53 - 0:54
    Ek vind dit baie interessant.
  • 0:54 - 0:56
    As jy by ’n ete is,
  • 0:56 - 0:59
    en jy sê jy werk in opvoedkunde --
  • 0:59 - 1:03
    eintlik, om die waarheid te sê,
    is jy nie gereeld by etes nie.
  • 1:03 - 1:04
    (Gelag)
  • 1:04 - 1:06
    As jy in opvoedkunde werk,
    word jy nie genooi nie.
  • 1:06 - 1:09
    (Gelag)
  • 1:09 - 1:14
    En jy word nooit teruggenooi nie, snaaks genoeg.
    Dis vir my vreemd.
  • 1:14 - 1:16
    Maar as jy is, en jy sê vir iemand,
  • 1:16 - 1:18
    hulle sê mos: "Wat doen jy vir ’n lewe?"
  • 1:18 - 1:20
    en jy sê jy werk in opvoedkunde,
  • 1:20 - 1:24
    kan jy sien hoe hulle verbleek.
  • 1:24 - 1:27
    Hulle's soos: "Aggenee, hoekom ek?"
  • 1:27 - 1:28
    (Gelag)
  • 1:28 - 1:29
    "My een aand uit hierdie hele week."
  • 1:29 - 1:30
    (Gelag)
  • 1:30 - 1:31
    Maar as jy iemand vra oor hulle opvoeding,
    druk hulle jou in 'n hoek vas.
  • 1:33 - 1:34
    Want dis een van daai dinge
    wat mense na aan die hart lê, is ek reg?
  • 1:37 - 1:40
    Soos geloof, en geld en ander dinge.
  • 1:40 - 1:44
    Ek't ’n groot belang by opvoedkunde
    en ek dink ons almal het.
  • 1:44 - 1:46
    Ons't 'n groot persoonlike belang daarby,
  • 1:46 - 1:49
    deels omdat dit opvoeding is
    wat ons in hierdie toekoms moet in neem --
  • 1:49 - 1:52
    die onbegryplike toekoms.
  • 1:52 - 1:55
    Dink net,
    kinders wat dié jaar skool begin
  • 1:55 - 1:58
    tree af in 2065.
  • 1:58 - 2:01
    Niemand het ’n idee --
  • 2:01 - 2:04
    t.s.v. al die kennis
    wat die laaste vier dae hier vertoon is --
  • 2:04 - 2:06
    hoe die wêreld gaan lyk
    oor vyf jaar nie.
  • 2:06 - 2:08
    En tog is ons veronderstel
    om hulle daarvoor op te voed.
  • 2:08 - 2:11
    So die onvoorspelbaarheid
    is ongelooflik.
  • 2:13 - 2:15
    En die derde deel hiervan is dat
  • 2:15 - 2:20
    ons almal nietemin saamgestem het oor die
  • 2:20 - 2:23
    werklik buitengewone kapasiteite
    wat kinders het --
  • 2:23 - 2:25
    hulle kapasiteite vir innovasie.
  • 2:25 - 2:26
    Sirena gisteraand was ongelooflik.
  • 2:26 - 2:28
    Net om te sien wat sy kan doen.
  • 2:28 - 2:33
    En sy's uitsonderlik, maar ek dink nie
  • 2:33 - 2:36
    sy's uitsonderlik
    in die geheel van kindwees nie.
  • 2:36 - 2:39
    Sy's ’n persoon met ongelooflike toewyding
  • 2:39 - 2:41
    wat ’n talent gevind het.
  • 2:41 - 2:43
    Ek voer aan dat alle kinders
    geweldige talente het.
  • 2:43 - 2:45
    En ons vermors dit, nogal meedoënloos.
  • 2:45 - 2:48
    So ek wil praat oor opvoedkunde
  • 2:48 - 2:51
    en ek wil praat oor kreatiwiteit.
  • 2:51 - 2:54
    Kreatiwiteit is nou so belangrik
    soos geletterheid in opvoeding
  • 2:54 - 2:58
    en ons moet dit dieselfde status toeken.
  • 2:58 - 3:03
    (Applous) Dankie.
  • 3:03 - 3:04
    (Applous)
  • 3:04 - 3:06
    Dit was dit, terloops.
  • 3:06 - 3:07
    Baie dankie.
  • 3:09 - 3:11
    (Gelag)
  • 3:11 - 3:12
    So, nog 15 minute.
  • 3:12 - 3:14
    (Gelag)
  • 3:14 - 3:15
    Wel, ek is gebore... nee.
  • 3:15 - 3:17
    (Gelag)
  • 3:17 - 3:21
    Ek't onlangs ’n goeie storie gehoor --
    ek vertel dit graag --
  • 3:21 - 3:25
    van ’n klein dogtertjie in 'n tekenklas.
  • 3:25 - 3:27
    Sy was ses, agter in die klas,
    aan't teken,
  • 3:27 - 3:29
    en die juffrou het gesê
    dié kind het omtrent nooit aandag gegee nie,
  • 3:29 - 3:33
    maar in dié tekenklas het sy.
  • 3:33 - 3:35
    Die juffrou was gefassineerd.
  • 3:35 - 3:36
    Sy't haar gaan vra:
    "Wat teken jy?"
  • 3:38 - 3:41
    Die kind sê toe:
    "Ek teken ’n prentjie van God."
  • 3:41 - 3:44
    Die juffrou sê:
    "Maar niemand weet hoe God lyk nie."
  • 3:44 - 3:51
    En die dogtertjie sê toe:
    "Hulle sal nou-nou."
  • 3:51 - 3:52
    (Gelag)
  • 3:52 - 3:57
    Toe my seun vier was in Engeland --
  • 3:57 - 3:58
    eintlik was eerlikwaar oral vier.
  • 3:58 - 4:00
    (Gelag)
  • 4:00 - 4:06
    Strenggesproke, waarookal hy gegaan het,
    was hy vier daai jaar.
  • 4:06 - 4:08
    Hy was in die Kersspel.
    Onthou julle die storie?
  • 4:08 - 4:11
    (Gelag)
  • 4:11 - 4:12
    Dit was ’n grote.
  • 4:12 - 4:14
    Mel Gibson het die opvolg gedoen.
  • 4:14 - 4:16
    (Gelag)
  • 4:16 - 4:17
    "Kersspel II."
  • 4:17 - 4:19
    James was Josef;
    ons was in ons noppies.
  • 4:22 - 4:24
    Een van die hoofrolle!
  • 4:24 - 4:26
    Ons't agente met T-hempde gehad:
  • 4:26 - 4:29
    "James Robinson IS Josef!" (Gelag)
  • 4:29 - 4:31
    Hy moes niks sê nie,
    maar julle weet mos,
  • 4:31 - 4:34
    wanneer die drie wyse manne inkom?
  • 4:34 - 4:36
    Hulle bring geskenke:
    goud, wierook [frankincense] en mirre.
  • 4:36 - 4:38
    Dit het rêrig gebeur.
  • 4:38 - 4:40
    Ek dink hulle't net uit beurt uit gegaan,
  • 4:40 - 4:42
    want ons't die seuntjie later gevra:
  • 4:42 - 4:44
    "Was jy OK daarmee?" En hy't gesê:
    "Ja. Was dit dan verkeerd?"
  • 4:44 - 4:46
    Hulle't net geruil, dis al.
  • 4:46 - 4:47
    Die drie seuns kom in --
  • 4:47 - 4:49
    vierjariges met vatdoeke om hulle koppe --
  • 4:49 - 4:52
    en hulle sit die bokse neer,
  • 4:52 - 4:54
    en die eerste een sê:
    "Ek bring vir U goud."
  • 4:54 - 4:57
    Die tweede een sê:
    "Ek bring vir U mirre."
  • 4:57 - 5:08
    En die derde een sê:
    "Frank sent this." (Gelag)
  • 5:08 - 5:11
    (Gelag)
  • 5:11 - 5:13
    Dit alles om te sê:
    kinders sal ’n kans vat.
  • 5:13 - 5:16
    As hulle nie weet nie, sal hulle probeer.
  • 5:16 - 5:19
    Is ek reg? Hulle's nie bang
    om verkeerd te wees nie.
  • 5:19 - 5:24
    Ek bedoel nie dat verkeerd wees
    en kreatief wees dieselfde is nie.
  • 5:24 - 5:25
    Maar as jy nie bereid is
    om verkeerd te wees nie,
  • 5:28 - 5:31
    sal jy nooit iets oorspronklik uitdink nie.
  • 5:31 - 5:34
    As jy nie bereid is om verkeerd te wees nie. En teen die tyd wat hulle grootmense is,
  • 5:34 - 5:36
    het meeste kinders daai kapasiteit verloor.
  • 5:36 - 5:39
    Hulle het bang geword om verkeerd te wees.
  • 5:39 - 5:41
    En ons bestuur ons maatskappye so, terloops.
  • 5:41 - 5:44
    Ons stigmatiseer foute. En nou bedryf ons
  • 5:44 - 5:47
    nasionale opvoedingstelsels waar
  • 5:47 - 5:50
    foute die ergste ding is wat ’n mens kan maak.
  • 5:50 - 5:53
    En die gevolg is dat ons mense uit hulle kreatiewe
  • 5:53 - 5:56
    kapasiteite uit opvoed. Picasso het dit gesê.
  • 5:56 - 5:59
    Hy't gesê dat alle kinders gebore kunstenaars is.
  • 5:59 - 6:03
    Die probleem is om een te bly soos ons grootword. Ek glo dit vas:
  • 6:03 - 6:05
    ons groei nie in kreatiwiteit in nie,
  • 6:05 - 6:08
    ons groei uit dit uit. Of eerder, ons word uit dit uit opgevoed.
  • 6:08 - 6:10
    So hoekom is dit so?
  • 6:10 - 6:14
    Ek het tot vyf jaar gelede op Stratford-op-Avon gewoon.
  • 6:14 - 6:16
    Ons het van Stratford na Los Angeles getrek.
  • 6:16 - 6:20
    So julle kan julle indink wat ’n seepgladde oorgang dit was.
  • 6:20 - 6:22
    (Gelag) Eintlik,
  • 6:22 - 6:24
    het ons in ’n plek genaamd Snitterfield gewoon,
  • 6:24 - 6:26
    net buite Stratford, en dit is waar
  • 6:26 - 6:31
    Shakespeare se pa gebore is. Is julle getref deur ’n nuwe gedagte? Ek is.
  • 6:31 - 6:33
    ’n Mens dink nie aan Shakespeare as iemand met ’n pa nie, dink mens?
  • 6:33 - 6:35
    Dink mens? Want ’n mens dink nie aan
  • 6:35 - 6:37
    Shakespeare as ’n kind nie, of hoe?
  • 6:37 - 6:40
    Shakespeare op sewe? Ek't nooit daaraan gedink nie. Ek bedoel, hy was
  • 6:40 - 6:42
    sewe op een of ander stadium. Hy was in
  • 6:42 - 6:51
    iemand se Engelse klas, ne? Hoe irriterend moet dit nie wees nie?
  • 6:51 - 7:05
    (Gelag) "Moet harder probeer." Word bed toe gestuur deur sy pa, jy weet,
  • 7:05 - 7:08
    aan Shakespeare: "Gaan slaap, nou,"
  • 7:08 - 7:10
    aan William Shakespeare: "en sit neer die potlood.
  • 7:10 - 7:18
    En hou op om so te praat. Dit verwar almal."
  • 7:18 - 7:23
    (Gelag)
  • 7:23 - 7:26
    In elk geval, ons't getrek van Statford na Los Angeles,
  • 7:26 - 7:30
    en ek wil net iets sê oor die oorgang, eintlik.
  • 7:30 - 7:33
    My seun wou nie kom nie.
  • 7:33 - 7:36
    Ek het twee kinders. Hy's nou 21; my dogter is 16.
  • 7:36 - 7:38
    Hy wou nie Los Angeles toe kom nie. Hy was mal daaroor,
  • 7:38 - 7:43
    maar hy't ’n meisie in Engeland gehad. Die liefde van sy lewe, Sarah.
  • 7:43 - 7:45
    Hy't haar al ’n maand geken.
  • 7:45 - 7:48
    Maar sien, hulle't al hulle vierde herdenking gevier,
  • 7:48 - 7:52
    want dis ’n lang tyd as jy 16 is.
  • 7:52 - 7:54
    In elk geval, hy was rêrig ontsteld op die vliegtuig,
  • 7:54 - 7:56
    en hy't gesê: "Ek sal nooit weer ’n meisie soos Sarah kry nie."
  • 7:56 - 7:58
    Ons was nogals opgemaak daaroor, om die waarheid te sê,
  • 7:58 - 8:10
    want sy was die hoofrede hoekom ons landuit is.
  • 8:10 - 8:13
    (Gelag)
  • 8:13 - 8:16
    Maar iets tref jou wanneer jy Amerika toe trek
  • 8:16 - 8:18
    en wanneer jy om die wêreld reis:
  • 8:18 - 8:22
    Elke opvoedingstelsel op aarde het dieselfde hierargie van vakke.
  • 8:22 - 8:24
    Elke een. Maak nie saak waar jy gaan nie.
  • 8:24 - 8:26
    ’n Mens sou dink dis anders, maar dit is nie.
  • 8:26 - 8:29
    Heel bo is wiskunde en tale,
  • 8:29 - 8:31
    dan die wysbegeerte, en heel onder is die kunste.
  • 8:31 - 8:33
    Orals op aarde.
  • 8:33 - 8:36
    En in min of meer elke stelsel
  • 8:36 - 8:38
    is daar ook ’n hierargie binne die kunste.
  • 8:38 - 8:40
    Kuns en musiek kry gewoonlik ’n hoër status in skole
  • 8:40 - 8:43
    as drama en dans. Daar is nie ’n opvoedingstelsel op die planeet
  • 8:43 - 8:45
    wat dans elke dag vir kinders leer
  • 8:45 - 8:48
    soos ons vir hulle wiskunde leer nie. Hoekom?
  • 8:48 - 8:50
    Hoekom nie? Ek dink dis nogal belangrik.
  • 8:50 - 8:53
    Ek dink wiskunde is belangrik, maar dans is ook.
  • 8:53 - 8:56
    Kinders dans heeltyd as hulle mag, ons almal doen dit.
  • 8:56 - 8:59
    Ons het almal liggame, of hoe? Het ek ’n vergadering misgeloop?
  • 8:59 - 9:03
    (Gelag) Inderwaarheid, wat gebeur is,
  • 9:03 - 9:05
    soos kinders grootword, begin ons hulle geleidelik
  • 9:05 - 9:08
    van die middellyf af boontoe opvoed. En dan fokus ons op hulle koppe.
  • 9:08 - 9:10
    En effens na een kant toe.
  • 9:10 - 9:14
    As jy opvoeding sou besoek, as 'n ruimtewese,
  • 9:14 - 9:17
    en sê: "Waarvoor is dit, openbare opvoeding?"
  • 9:17 - 9:19
    dink ek jy sou tot die gevolgtrekking moes kom -- as jy kyk na die uitset,
  • 9:19 - 9:21
    wie behaal werklik sukses hierdeur,
  • 9:21 - 9:23
    wie doen alles wat hulle moet,
  • 9:23 - 9:26
    wie kry al die "brownie points", wie is die wenners --
  • 9:26 - 9:29
    dink ek jy sou tot die gevolgtrekking moes kom dat die hele doel van openbare opvoeding
  • 9:29 - 9:30
    regoor die wêreld
  • 9:30 - 9:34
    is om universiteitsprofessors te lewer. Of hoe?
  • 9:34 - 9:36
    Hulle is die mense wat bo uitkom.
  • 9:37 - 9:40
    En ek was een, so vat so. (Gelag)
  • 9:40 - 9:44
    En ek hou van universiteitsprofessors, maar julle weet,
  • 9:44 - 9:48
    ons moet hulle nie as die hoogtepunt van alle menslike prestasie voorhou nie.
  • 9:48 - 9:50
    Hulle is net ’n vorm van lewe,
  • 9:50 - 9:52
    nog ’n vorm van lewe. Maar hulle's nogal vreemd,
  • 9:52 - 9:54
    en ek sê dit uit toegeneentheid vir hulle.
  • 9:54 - 9:57
    Daar's iets vreemd omtrent professors in my ervaring --
  • 9:57 - 10:00
    nie almal van hulle nie, maar tipies -- lewe hulle in hul koppe.
  • 10:00 - 10:02
    Hulle lewe daar bo, en effens na een kant toe.
  • 10:02 - 10:06
    Hulle's ontliggaam, julle weet, op ’n soortvan letterlike manier.
  • 10:06 - 10:08
    Hulle kyk na hul liggame
  • 10:08 - 10:17
    as ’n vervoermiddel vir hul koppe, of hoe?
  • 10:17 - 10:24
    (Gelag) Dis ’n manier om hul koppe by vergaderings te kry.
  • 10:24 - 10:27
    As julle ware bewys soek van buiteliggaamlike ervarings,
  • 10:27 - 10:30
    terloops, besoek ’n residensiële konferensie
  • 10:30 - 10:32
    van senior akademici,
  • 10:32 - 10:35
    en maak ’n draai by die sokkie op die laaste aand.
  • 10:35 - 10:39
    (Gelag) En daar sal julle dit sien -- volwasse mans en vroue
  • 10:39 - 10:43
    wat ritmeloos wriemel, terwyl hulle wag
  • 10:43 - 10:47
    vir dit om klaar te maak sodat hulle tuis ’n artikel daaroor kan gaan skryf.
  • 10:47 - 10:53
    Nou, ons opvoedingstelsel berus op die idee van akademiese vaardigheid.
  • 10:53 - 10:56
    En daar's ’n rede daarvoor.
  • 10:56 - 10:58
    Die hele stelsel is uitgedink -- regoor die wêreld, was daar, in werklikheid,
  • 10:58 - 11:00
    geen openbare opvoedingstelsels voor die 19de eeu nie.
  • 11:00 - 11:03
    Hulle het almal tot wording gekom
  • 11:03 - 11:04
    om in die behoeftes van industrialisme te voorsien.
  • 11:04 - 11:07
    So die hierargie is gewortel in twee idees.
  • 11:07 - 11:11
    Een, dat die mees nuttige vakke vir werk
  • 11:11 - 11:13
    heel bo is. So op skool is jy waarskynlik goedgunstiglik van
  • 11:13 - 11:15
    goed waarvan jy gehou het weggestuur,
  • 11:15 - 11:17
    op grond daarvan dat jy nooit
  • 11:17 - 11:20
    ’n werk daardeur sou kry nie. Is dit reg?
  • 11:20 - 11:22
    Moenie musiek neem nie, jy gaan nie ’n musikant word nie;
  • 11:22 - 11:24
    moenie kuns neem nie, jy gaan nie ’n kunstenaar word nie.
  • 11:25 - 11:29
    Goedgunstige advies -- nou, uiters verkeerd. Die hele wêreld
  • 11:29 - 11:30
    is verswelg in ’n rewolusie.
  • 11:30 - 11:33
    En die tweede is akademiese vaardigheid, wat werklik ons idee
  • 11:33 - 11:34
    van intelligensie oorskadu,
  • 11:34 - 11:37
    omdat die universiteite die stelsel na hul eie beeld ontwerp het.
  • 11:37 - 11:39
    As ’n mens daaroor dink, die hele stelsel
  • 11:39 - 11:41
    van openbare opvoeding regoor die wêreld is ’n uitgerekte proses
  • 11:41 - 11:43
    van universiteitstoelating.
  • 11:43 - 11:46
    En die gevolg is dat baie hoogs talentvolle,
  • 11:46 - 11:48
    briljante, kreatiewe mense dink dat hulle nie is nie,
  • 11:48 - 11:50
    omdat die ding waarin hulle goed was op skool
  • 11:50 - 11:54
    nie waardeer is nie, of selfs gestigmatiseer is.
  • 11:54 - 11:56
    En ek dink nie ons kan bekostig om so voort te gaan nie.
  • 11:56 - 11:58
    In die volgende 30 jaar, volgens UNESCO,
  • 11:58 - 12:01
    gaan meer mense wêreldwyd deur
  • 12:01 - 12:03
    opvoeding gradueer as sedert die begin van geskiedenis.
  • 12:03 - 12:05
    Meer mense, en dis die kombinasie
  • 12:05 - 12:07
    van al die dinge waaroor ons gepraat het --
  • 12:07 - 12:10
    tegnologie en hoe dit werk getransformeer het, en demografie
  • 12:10 - 12:12
    en die massiewe bevolkingsontploffing.
  • 12:12 - 12:15
    Skielik is grade niks werd nie. Nie waar nie?
  • 12:15 - 12:19
    Toe ek ’n student was, as jy ’n graad gehad het, het jy ’n werk gehad.
  • 12:19 - 12:22
    As jy nie ’n werk gehad het nie wou jy nie een hê nie.
  • 12:22 - 12:25
    En ek wou nie een hê nie, om die waarheid te sê. (Gelag)
  • 12:25 - 12:30
    Maar deesdae is kinders met grade gereeld
  • 12:30 - 12:31
    oppad huis toe om verder te gaan TV speletjies speel,
  • 12:31 - 12:34
    omdat jy ’n MA nodig het waar die vorige posisie ’n BA vereis het,
  • 12:34 - 12:37
    en jy nou ’n PhD benodig vir die ander.
  • 12:37 - 12:39
    Dis ’n proses van akademiese inflasie.
  • 12:39 - 12:41
    En dit dui daarop dat die hele struktuur van opvoeding
  • 12:41 - 12:43
    besig is om onder ons voete te skuif. Ons moet drasties ons
  • 12:43 - 12:44
    siening van intelligensie hersien.
  • 12:44 - 12:46
    Ons weet drie dinge omtrent intelligensie.
  • 12:46 - 12:49
    Een, dis divers. Ons dink oor die wêreld op al die maniere
  • 12:49 - 12:51
    wat ons dit ervaar. Ons dink visueel,
  • 12:51 - 12:54
    ons dink in klank, ons dink kineties.
  • 12:54 - 12:57
    Ons dink in abstrakte terme, ons dink in beweging.
  • 12:57 - 12:59
    Tweedens, intelligensie is dinamies.
  • 12:59 - 13:02
    As ’n mens kyk na die interaksies van ’n menslike brein, soos ons gister
  • 13:02 - 13:05
    tydens heelwat aanbiedings gehoor het,
  • 13:05 - 13:07
    is intelligensie wonderlik interaktief.
  • 13:07 - 13:10
    Die brein is nie opgedeel in kompartemente nie.
  • 13:10 - 13:13
    Inderwaarheid, is kreatiwiteit -- wat ek definieer as die proses
  • 13:13 - 13:15
    van oorspronklike idees met waarde hê --
  • 13:15 - 13:18
    gewoonlik iets wat gebeur deur die interaksie
  • 13:18 - 13:21
    van verskillende dissiplinêre maniere van dinge sien.
  • 13:21 - 13:23
    Die brein is doelbewus -- terloops,
  • 13:23 - 13:26
    daar is ’n senuweebundel wat die twee helftes van die brein verbind,
  • 13:26 - 13:28
    genaamd die corpus callosum. Dis dikker by vrouens.
  • 13:28 - 13:30
    Om aan te sluit by Helen gister, dink ek
  • 13:30 - 13:34
    dis waarskynlik hoekom vrouens beter is met "multi-tasking".
  • 13:34 - 13:36
    Want julle is mos, ne?
  • 13:36 - 13:39
    Daar's baie navorsing, maar ek weet dit uit persoonlike ervaring.
  • 13:39 - 13:41
    As my vrou besig is om te kook by die huis --
  • 13:41 - 13:45
    wat nie baie is nie, dankie tog. (Gelag)
  • 13:45 - 13:48
    Maar julle weet, sy's besig -- nee, sy's goed met sommige dinge --
  • 13:48 - 13:50
    maar as sy kook, julle weet,
  • 13:50 - 13:52
    hanteer sy foonoproepe,
  • 13:52 - 13:55
    praat sy met die kinders, verf sy die plafon.
  • 13:55 - 13:58
    Sy doen 'n oophart-operasie hier.
  • 13:58 - 14:01
    As ek kook, is die deur toe, die kinders is uit,
  • 14:01 - 14:04
    die foon is van die mikkie af, as sy inkom raak ek geïrriteerd.
  • 14:04 - 14:17
    Ek sê: "Terry, asseblief, ek probeer ’n eier bak hier. Gee my ’n kans." (Gelag)
  • 14:17 - 14:19
    Eintlik ken julle daai ou filosofiese ding,
  • 14:19 - 14:22
    as ’n boom in die bos val en niemand hoor dit nie,
  • 14:22 - 14:25
    het dit gebeur? Onthou julle daai ou sê-ding?
  • 14:25 - 14:28
    Ek het onlangs ’n goeie T-hemp gesien wat gesê het: "As ’n man homself uitspreek
  • 14:28 - 14:31
    in ’n bos, en geen vrou hoor hom nie,
  • 14:31 - 14:40
    is hy steeds verkeerd?" (Gelag)
  • 14:40 - 14:42
    En die derde ding omtrent intelligensie is,
  • 14:43 - 14:45
    dis spesifiek. Ek is besig met ’n nuwe boek op die oomblik,
  • 14:45 - 14:47
    met die naam "Epiphany," wat gebaseer is op ’n reeks
  • 14:47 - 14:49
    onderhoude met mense oor hoe hulle hul talent
  • 14:49 - 14:51
    ontdek het. Ek vind hoe mense daar uitgekom het fassinerend.
  • 14:51 - 14:54
    Dit is aangespoor deur ’n gesprek wat ek gehad het
  • 14:54 - 14:56
    met ’n wonderlike vrou wat meeste mense miskien
  • 14:56 - 14:58
    nog nooit van gehoor het nie, haar naam is Gillian Lynne,
  • 14:58 - 15:00
    al van haar gehoor? Sommige het. Sy's ’n choreograaf
  • 15:00 - 15:02
    en almal ken haar werk.
  • 15:02 - 15:04
    Sy het "Cats," en "Phantom of the Opera" gedoen.
  • 15:04 - 15:08
    Sy's wonderlik. Ek was van te vore op die raad van die Koninklike Ballet, in Engeland,
  • 15:08 - 15:10
    soos julle kan sien.
  • 15:10 - 15:12
    In elk geval, Gillian en ek het eendag saam geëet en ek sê toe:
  • 15:12 - 15:14
    "Gillian, hoe het jy ’n danser geword?" En sy sê toe
  • 15:14 - 15:16
    dit was interessant, toe sy op skool was,
  • 15:16 - 15:19
    was sy rêrig hopeloos. En die skool, in die 30's,
  • 15:19 - 15:21
    skryf toe vir haar ouers en sê: "Ons dink
  • 15:21 - 15:23
    Gillian het ’n leerprobleem." Sy kon nie konsentreer nie,
  • 15:23 - 15:25
    sy het gevroetel. Ek dink deesdae sou hulle sê
  • 15:25 - 15:29
    sy't aandagafleibaarheid. Sou julle nie ook nie? Maar hierdie was die 1930's,
  • 15:29 - 15:32
    en aandagafleibaarheid was nog nie toe al uitgedink nie.
  • 15:32 - 15:35
    Dit was nie ’n beskikbare kwaal nie. (Gelag)
  • 15:35 - 15:39
    Mense was nie bewus hulle kon daaraan ly nie.
  • 15:39 - 15:43
    In elk geval, sy gaan sien toe hierdie spesialis. So, hierdie eikepaneel kamer,
  • 15:43 - 15:46
    en sy's daar saam met haar ma,
  • 15:46 - 15:49
    en sy's ingelei en sy't op ’n stoel op die punt gesit,
  • 15:49 - 15:51
    en op haar hande gesit vir 20 minute terwyl
  • 15:51 - 15:53
    hierdie man met haar ma gepraat het oor al
  • 15:53 - 15:57
    die probleme wat Gillian by die skool het. En na dit --
  • 15:57 - 15:59
    want sien sy het ander ontwrig,
  • 15:59 - 16:01
    haar huiswerk was altyd laat, ensovoorts,
  • 16:01 - 16:04
    klein kind van agt -- op die ou end, gaan sit die dokter
  • 16:04 - 16:06
    langs Gillian en sê: "Gillian,
  • 16:06 - 16:08
    ek't nou geluister na al die dinge wat jou ma
  • 16:08 - 16:10
    my vertel het, en ek moet nou privaat met haar gesels."
  • 16:10 - 16:13
    Hy sê toe: "Wag hier, ons is nou terug, ons sal nie lank wees nie."
  • 16:13 - 16:15
    en hulle't haar daar gelos.
  • 16:15 - 16:17
    Maar soos hulle uitgegaan het, het hy die radio wat op sy
  • 16:17 - 16:19
    lessenaar was aangesit. En toe hulle
  • 16:19 - 16:21
    uit die kamer is, sê hy vir haar ma,
  • 16:21 - 16:24
    "Hou haar net dop." En die oomblik toe hulle uit die kamer is,
  • 16:24 - 16:28
    sê sy, was sy op haar voete, besig om saam met die musiek te beweeg.
  • 16:28 - 16:30
    En hulle't vir ’n paar minute gekyk
  • 16:30 - 16:33
    en hy't na haar ma gedraai en gesê:
  • 16:33 - 16:37
    "Mev. Lynne, Gillian is nie siek nie, sy's 'n danser.
  • 16:37 - 16:39
    Neem haar na 'n dansskool."
  • 16:39 - 16:41
    Ek sê toe: "Wat het gebeur?"
  • 16:41 - 16:44
    En sy sê: "Sy het. Ek kannie vir jou sê hoe wonderlik dit was nie.
  • 16:44 - 16:46
    Ons't in hierdie kamer ingeloop en dit was vol
  • 16:46 - 16:49
    mense soos ek. Mense wat nie kon stilsit nie.
  • 16:49 - 16:52
    Mense wat moes beweeg om te dink." Wat moes beweeg om te dink.
  • 16:52 - 16:54
    Hulle het ballet gedoen, tap gedoen, jazz gedoen,
  • 16:54 - 16:56
    hulle het moderne en kontemporêre dans gedoen.
  • 16:56 - 16:59
    Sy het eindelik vir die Koninklike Ballet oudisie gedoen,
  • 16:59 - 17:01
    sy het ’n solois geword, sy het ’n wonderlike loopbaan gehad
  • 17:01 - 17:03
    by die Koninklike Ballet. Op die ou end het sy gegradueer
  • 17:03 - 17:05
    van die Koninklike Balletskool en
  • 17:05 - 17:08
    haar eie geselskap gestig -- die Gillian Lynne Dance Company --
  • 17:08 - 17:11
    en Andrew Lloyd Weber ontmoet. Sy was al vir van die mees
  • 17:11 - 17:13
    suksesvolle musikale teater produksies in die
  • 17:13 - 17:18
    geskiedenis verantwoordelik, sy't al aan miljoene plesier gegee,
  • 17:18 - 17:21
    en sy's ’n multi-millionêr. Iemand anders
  • 17:21 - 17:25
    sou haar dalk op medikasie gesit het en vir haar gesê het
  • 17:25 - 17:27
    om te kalmeer.
  • 17:27 - 17:30
    Nou, ek dink ... (Applous) Waarop dit neerkom is dit:
  • 17:30 - 17:32
    Al Gore het die ander aand gepraat
  • 17:32 - 17:35
    oor ekologie en die rewolusie wat ontketen is deur Rachel Carson.
  • 17:35 - 17:39
    Ek glo ons enigste hoop vir die toekoms
  • 17:39 - 17:42
    is om ’n nuwe idee van menslike ekologie aan te neem,
  • 17:42 - 17:46
    een waarin ons begin om ons konsep
  • 17:46 - 17:48
    van die rykdom van menslike kapasiteit te hersien.
  • 17:48 - 17:52
    Ons opvoedingstelsel het ons breine gemyn op die manier
  • 17:52 - 17:54
    wat ons die aarde stroopmyn: vir ’n spesifieke kommoditeit.
  • 17:54 - 17:57
    En vir die toekoms, sal dit ons nie dien nie.
  • 17:57 - 18:00
    Ons moet die fundamentele beginsels waarmee
  • 18:00 - 18:02
    ons ons kinders opvoed heroorweeg. Daar was
  • 18:02 - 18:06
    ’n wonderlike aanhaling van Jonas Salk, wat gesê het: "As al die insekte
  • 18:06 - 18:09
    van die aarde af sou verdwyn,
  • 18:09 - 18:12
    sou alle lewe op aarde binne 50 jaar uitsterf.
  • 18:12 - 18:15
    As al die mense van die aarde af sou verdwyn,
  • 18:15 - 18:19
    sou alle vorms van lewe binne 50 jaar floreer."
  • 18:19 - 18:21
    En hy's reg.
  • 18:21 - 18:24
    Wat TED vier is die skat van die menselike verbeeldingsin.
  • 18:24 - 18:28
    Ons moet nou versigtig wees dat ons dit met wysheid
  • 18:28 - 18:31
    gebruik, en dat ons van die senarios vermy
  • 18:31 - 18:34
    senarios waaroor ons gepraat het. En die enigste manier
  • 18:35 - 18:38
    wat ons dit kan doen is deur ons kreatiewe kapasiteite
  • 18:38 - 18:40
    te sien vir die rykdom wat hulle is, en ons kinders
  • 18:40 - 18:43
    te sien vir die hoop wat hulle is. En ons opdrag
  • 18:43 - 18:46
    is om hul hele wese op te voed, sodat hulle hierdie toekoms kan ingaan.
  • 18:46 - 18:49
    Terloops -- ons sal dalk nie hierdie toekoms sien nie,
  • 18:49 - 18:52
    maar hulle sal. En ons plig is om hulle
  • 18:52 - 18:54
    te help om iets daarvan te maak. Baie dankie.
Title:
Versmoor skole kreatiwiteit?
Speaker:
Ken Robinson
Description:

Sir Ken Robinson lewer ’n vermaaklike en uiters roerende betoog vir die skep van ’n opvoedkunde stelsel wat kreatiwiteit koester (eerder as om dit te ondermyn).

more » « less
Video Language:
English
Team:
closed TED
Project:
TEDTalks
Duration:
19:00

Afrikaans subtitles

Revisions Compare revisions