Welkom by die video oor eenvoudige aftrek somme Kom ons begin eers met 'n bietjie hersiening van optel somme. As ek sê 4 plus 3. Wat beteken dit? Waaraan is dit gelyk? Wel, daar is 'n paar maniere waarna ons na die sommetjie kan kyk. Ek kan sê ek het 4 van iets. Kom ons sê ek het 4 sirkels of laat ek dink Ek het vier suurlemoene vir ontbyt. Ok, 1,2,3,4 suurlemoene vir ontbyt En kom ons sê ek het nog 3 suurlemoene vir middag ete 1, 2, 3, so jy kan die sommetjie van 4 + 3 sien as hoeveel suurlemoene het ek die hele dag geëet? Ek tel 3 by 4. So hoeveel het ek in totaal gehad? Maklik, dis 1, 2, ,3 ,4, 5, 6, 7. Ek het 'n totaal van 7 suurlemoene opgevreet! Die ander manier wat ons kan kyk na hierdie som is om 'n getalle lyn te trek. En ek sal hom sommer in geel trek. -- Oops dis nie heeltemal breed genoeg nie. Daarshy. Ek maak die lyn geel want ons praat mos van suurlemoene. Ok, kom ons sê dis ons getalle lyn. En laat ek begin my 'n nommer -- kom sit al die nommers in. 0, 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7. So, nou kan jy dink aan ons sommetjie as, om op die getalle lyn te wees en ons begin by 4. En ons maak 'n kolletjie op die 4 en nou tel ons 3 by die 4. So ons gaan hoër met die getalle lyn met 3. Ok, hier gaan ons 1, 2, 3 en dan eindig jy by 7. So jy kan sê as ek by 4 begin en kry 3 meer, dan kry ek 7. Of as ek 3 hoër gaan van 4 af, kry ek 7. Nou wat is aftrek nou eintlik? Want hierdie video gaan mos eintlik oor aftrek. So ek moet nie jou tyd mors en heeltyd oor optel praat nie né. Ok, kom ons doen die aftrek som van 4 minus 3. Waaraan is dit gelyk?