WEBVTT 00:00:01.178 --> 00:00:02.740 Hoeveel word jy betaal? 00:00:03.155 --> 00:00:05.203 Moenie hardop antwoord nie. 00:00:05.666 --> 00:00:07.537 Maar sit ’n syfer in jou kop. 00:00:08.017 --> 00:00:12.820 Nou, hoeveel dink jy word die persoon langs jou betaal? 00:00:13.176 --> 00:00:15.375 Weereens, moenie hardop antwoord nie. NOTE Paragraph 00:00:15.375 --> 00:00:16.461 (Gelag) NOTE Paragraph 00:00:17.144 --> 00:00:19.532 By die werk, hoeveel dink jy 00:00:19.532 --> 00:00:23.054 word die persoon in die afskorting of by die lessenaar langs jou betaal? 00:00:23.584 --> 00:00:24.643 Weet jy? 00:00:24.977 --> 00:00:26.492 Behoort jy te weet? NOTE Paragraph 00:00:26.961 --> 00:00:30.978 Let op, dis selfs effens ongemaklik vir my om jou hierdie vrae te vra. 00:00:30.978 --> 00:00:34.422 Maar erken dit -- jy wil so half weet. 00:00:34.993 --> 00:00:38.638 Die meeste van ons is ongemaklik met die idee om ons salaris uit te saai. 00:00:38.638 --> 00:00:40.721 Ons moenie ons bure vertel nie 00:00:40.721 --> 00:00:43.747 en ons moet beslis nie ons bure by die kantoor vertel nie. 00:00:43.931 --> 00:00:47.505 Ons neem aan die rede is dat as almal weet wat almal anders betaal word, 00:00:47.505 --> 00:00:49.309 sal die duiwel los wees. 00:00:49.309 --> 00:00:51.414 Daar sal stryery en bakleiery wees, 00:00:51.414 --> 00:00:53.591 ’n paar mense sal dalk selfs bedank. 00:00:53.591 --> 00:00:57.460 Maar sê nou geheimhouding is eintlik die rede vir al daai getwis? 00:00:57.460 --> 00:01:00.132 En wat sal gebeur as ons daardie geheimhouding wegvat? 00:01:00.599 --> 00:01:04.620 Wat as openheid eintlik die sin van regverdigheid en samewerking 00:01:04.620 --> 00:01:05.866 in ’n maatskapy versterk? 00:01:05.866 --> 00:01:09.446 Wat sou gebeur as ons totale salaris-deursigtigheid gehad het? NOTE Paragraph 00:01:10.254 --> 00:01:11.611 Oor die laaste paar jaar 00:01:11.611 --> 00:01:14.492 het ek dié korporatiewe en ondernemingsleiers bestudeer 00:01:14.492 --> 00:01:18.221 wat die konvensionele wysheid oor hoe om ’n maatskapy te bestuur, bevraagteken. 00:01:18.221 --> 00:01:21.107 En die vraag oor betaling kom aanhoudend ter sprake. 00:01:21.107 --> 00:01:23.855 En die antwoorde verras aanhoudend. NOTE Paragraph 00:01:24.448 --> 00:01:26.259 Dit blyk dat salaris-deursigtigheid -- 00:01:26.259 --> 00:01:28.449 om salarisse openlik in ’n maatskapy te deel -- 00:01:28.449 --> 00:01:31.086 ’n beter werkplek vir beide die werknemer 00:01:31.086 --> 00:01:32.813 en vir die organisasie maak. 00:01:33.342 --> 00:01:36.491 As mense nie weet hoe hul salaris met hul gelykes s’n vergelyk nie 00:01:36.491 --> 00:01:38.331 is hulle meer geneig om onderbetaal 00:01:38.331 --> 00:01:40.340 en dalk selfs teen gediskrimineer te voel. 00:01:40.726 --> 00:01:43.261 Wil jy by ’n plek werk wat toelaat 00:01:43.261 --> 00:01:46.049 dat jy onderbetaal en teen gediskrimineer voel? 00:01:46.697 --> 00:01:49.387 Maar om salarisse geheim te hou doen presies dit, 00:01:49.387 --> 00:01:52.114 en dis ’n praktyk so oud soos wat dit algemeen is, 00:01:52.674 --> 00:01:54.886 ten spyte daarvan dat in die VSA 00:01:54.886 --> 00:01:58.780 die wet ’n werknemer se reg om sy salaris te bespreek, beskerm. NOTE Paragraph 00:01:59.417 --> 00:02:02.015 In een beroemde voorbeeld van dekades gelede 00:02:02.015 --> 00:02:04.155 het die bestuur van die tydskrif Vanity Fair 00:02:04.155 --> 00:02:06.233 sowaar ’n memo rondgestuur met die titel: 00:02:06.233 --> 00:02:09.432 "Belet op bespreking onder werknemers van salaris ontvang." 00:02:09.432 --> 00:02:12.984 BELET op bespreking onder werknemers van salaris ontvang. 00:02:13.482 --> 00:02:15.659 Almal het wel nie daai memo aanvaar nie. 00:02:15.659 --> 00:02:17.699 New York literêre figure Dorothy Parker, 00:02:17.699 --> 00:02:19.525 Robert Benchley en Robert Sherwood, 00:02:19.525 --> 00:02:21.990 almal skrywers in die Algonquin Round Table, 00:02:21.990 --> 00:02:23.805 het vir deursigtigheid opgestaan 00:02:23.805 --> 00:02:25.601 en is die dag daarna werk toe 00:02:25.601 --> 00:02:28.979 met hulle salarisse op bordjies geskryf en om hulle nekke gehang. NOTE Paragraph 00:02:28.983 --> 00:02:30.321 (Gelag) NOTE Paragraph 00:02:30.716 --> 00:02:32.331 Verbeel jou jy kom by die werk 00:02:32.331 --> 00:02:36.215 met jou salaris sommer op jou bors geskryf vir almal om te sien. NOTE Paragraph 00:02:37.223 --> 00:02:40.883 Maar hoekom wil ’n maatskapy salarisbesprekings ontmoedig? 00:02:40.883 --> 00:02:44.739 Hoekom stem party daarmee saam terwyl ander daarteen wil opstaan? 00:02:45.906 --> 00:02:48.970 Dit blyk dat buiten die aangenome redes 00:02:48.974 --> 00:02:52.277 salaris-geheimhouding eintlik ’n manier is om baie geld te spaar. 00:02:52.281 --> 00:02:54.252 Sien, om salarisse geheim te hou 00:02:54.252 --> 00:02:57.197 lei tot wat ekonome "inligting-asimmetrie" noem. 00:02:57.197 --> 00:02:59.552 In só ’n onderhandelingsituasie 00:02:59.552 --> 00:03:02.504 het een party hope meer inligting as die ander een. 00:03:02.887 --> 00:03:06.447 En in besprekings oor aanstellings, bevorderings of jaarlikse vehogings 00:03:06.447 --> 00:03:10.359 kan ’n werkgewer dié geheimhouding gebruik om baie geld te spaar. 00:03:10.359 --> 00:03:13.556 Dink net hoeveel beter jy vir ’n verhoging sou kon onderhandel 00:03:13.556 --> 00:03:15.433 as jy geweet het wat almal verdien. NOTE Paragraph 00:03:17.612 --> 00:03:20.053 Ekonome waarsku dat inligting-asimmetrie 00:03:20.053 --> 00:03:21.658 markte kan laat skeefloop. 00:03:21.658 --> 00:03:24.274 Iemand los ’n salarisstrokie op die fotostaatmasjien, 00:03:24.274 --> 00:03:26.376 en skielik skree almal op mekaar. 00:03:26.866 --> 00:03:28.956 Hulle waarsku selfs 00:03:28.956 --> 00:03:33.643 dat inligting-asimmetrie tot ’n totale markmislukking kan lei. 00:03:34.095 --> 00:03:36.103 En ek dink ons is amper daar. 00:03:36.103 --> 00:03:37.263 Dis hoekom: 00:03:37.263 --> 00:03:42.364 Eerstens het meeste werknemers geen idee hoe hul salaris vergelyk nie. 00:03:42.834 --> 00:03:46.724 In ’n 2015-opname van 70 000 werknemers 00:03:46.724 --> 00:03:50.219 het twee derdes van almal wat die marktarief betaal word 00:03:50.219 --> 00:03:52.525 gesê hulle voel onderbetaal. 00:03:53.036 --> 00:03:55.909 En uit almal wat gevoel het hulle word onderbetaal, 00:03:55.909 --> 00:03:58.952 het 60% gesê hulle beplan om te bedank, 00:03:58.952 --> 00:04:01.798 ongeag of hulle onderbetaal, oorbetaal 00:04:01.798 --> 00:04:03.767 of presies die marktarief betaal word. 00:04:04.200 --> 00:04:06.660 Wat sou jy in hierdie opname gesê het? 00:04:06.664 --> 00:04:07.960 Word jy onderbetaal? 00:04:07.964 --> 00:04:10.303 Wel, wag -- hoe weet jy eers? 00:04:10.303 --> 00:04:12.466 Want jy mag nie daaroor praat nie. NOTE Paragraph 00:04:12.911 --> 00:04:16.600 Volgende, inligting-asimmetrie, salaris-geheimhouding, 00:04:16.600 --> 00:04:19.453 maak dit makliker om die diskriminasie te ignoreer 00:04:19.453 --> 00:04:22.044 wat reeds vandag in die mark teenwoordig is. 00:04:22.217 --> 00:04:25.944 In ’n 2011-verslag van die Institute for Women's Policy Research 00:04:25.944 --> 00:04:27.451 was die salarisgaping 00:04:27.451 --> 00:04:30.451 tussen mans en vroue 23%. 00:04:30.451 --> 00:04:33.190 Dit is waar daardie 77 sent op die dollar vandaan kom. 00:04:33.641 --> 00:04:35.078 Maar in die Federale Regering, 00:04:35.078 --> 00:04:37.205 waar salarisse op sekere vlakke vasgestel is 00:04:37.205 --> 00:04:39.019 en almal weet wat dié vlakke is, 00:04:39.019 --> 00:04:41.394 krimp die salarisgaping tussen geslagte na 11%, 00:04:41.394 --> 00:04:44.164 en dit vóór gekontrolleer is vir enige van die faktore 00:04:44.164 --> 00:04:46.881 waaroor ekonome stry om te kontrolleer of nie. NOTE Paragraph 00:04:47.264 --> 00:04:49.986 As ons die salarisgaping tussen die geslagte wil oorbrug, 00:04:49.986 --> 00:04:52.448 moet ons dalk begin om die loonlys oop te maak. 00:04:52.974 --> 00:04:56.060 As dit is hoe totale markmislukking lyk, 00:04:56.060 --> 00:04:59.658 dan bly openheid die enigste manier om regverdigheid te verseker. NOTE Paragraph 00:05:00.274 --> 00:05:02.775 Ek besef dat om mense te laat weet wat jy verdien 00:05:02.779 --> 00:05:04.439 dalk ongemaklik mag voel, 00:05:04.439 --> 00:05:06.014 maar is dit nie minder ongemaklik 00:05:06.014 --> 00:05:09.052 as om altyd te wonder of jy teen gediskrimineer word nie of 00:05:09.052 --> 00:05:13.004 of jou vrou of jou dogter of jou suster onregverdig betaal word nie? 00:05:13.503 --> 00:05:17.313 Openheid bly die beste manier om regverdigheid te verseker 00:05:17.317 --> 00:05:19.530 en salaris-deursigtigheid doen dit. NOTE Paragraph 00:05:19.991 --> 00:05:22.701 Dis hoekom korporatiewe en ondernemingsleiers 00:05:22.701 --> 00:05:25.518 al vir jare met dié aspek van salarisse eksperimenteer. 00:05:25.518 --> 00:05:26.945 Soos Dane Atkinson. 00:05:26.945 --> 00:05:29.182 Dane is 'n reeks-entrepreneur 00:05:29.182 --> 00:05:32.474 wat baie maatskapye met geheime salarisse begin het, 00:05:32.474 --> 00:05:35.795 en hy't dit selfs gebruik om twee mense met dieselfde kwalifikasies 00:05:35.795 --> 00:05:37.525 dramaties verskillend te betaal, 00:05:37.525 --> 00:05:40.094 afhangend van hoe goed hulle kon onderhandel. 00:05:40.094 --> 00:05:43.422 En Dane het die twiste gesien wat as gevolg hiervan ontstaan het. 00:05:43.728 --> 00:05:46.229 So toe hy sy nuutste maatskapy, SumAll, gestig het, 00:05:46.229 --> 00:05:49.519 het hy hom van die begin af aan salaris-deursigtigheid gewy. 00:05:49.821 --> 00:05:51.749 En die resultate is merkwaardig. 00:05:52.424 --> 00:05:54.030 En in studie op studie, 00:05:54.030 --> 00:05:55.940 as mense weet hoe hulle betaal word 00:05:55.940 --> 00:05:57.889 en hoe dit met hul gelykes vergelyk, 00:05:57.889 --> 00:06:00.630 is hulle meer geneig om hard te werk om beter te presteer, 00:06:00.630 --> 00:06:03.859 meer geneig om betrokke te wees en minder geneig om te bedank. NOTE Paragraph 00:06:03.859 --> 00:06:05.495 Dis hoekom Dane nie alleen is nie. 00:06:05.495 --> 00:06:07.995 Van nuwe tegnologie-maatskapye soos Buffer, 00:06:07.995 --> 00:06:11.245 tot die tienduisende werknemers by Whole Foods, 00:06:11.245 --> 00:06:14.532 waar nie net jou salaris beskikbaar is vir almal om te sien nie, 00:06:14.532 --> 00:06:17.476 maar die prestasiedata vir die winkel en vir jou departement 00:06:17.480 --> 00:06:19.479 op die maatskapy se intranet beskikbaar is, 00:06:19.479 --> 00:06:20.945 vir almal om te sien. NOTE Paragraph 00:06:21.985 --> 00:06:24.441 Nou, salaris-deursigtigheid neem baie vorme. 00:06:24.441 --> 00:06:26.053 Een grootte pas nie vir almal nie. 00:06:26.053 --> 00:06:28.563 Party maak hul salarisse bekend vir almal om te sien. 00:06:28.563 --> 00:06:30.934 Party hou dit binne die maatskapy. 00:06:30.938 --> 00:06:33.563 Party maak die formule om salarisse uit te werk bekend. 00:06:33.563 --> 00:06:35.315 Ander maak die salarisvlakke bekend 00:06:35.315 --> 00:06:37.107 en heg almal aan hulle vlak. 00:06:37.107 --> 00:06:39.180 So jy hoef nie bordjies te maak 00:06:39.180 --> 00:06:41.768 vir al jou werknemers om in die kantoor te dra nie. 00:06:41.768 --> 00:06:44.682 En jy hoef nie die enigste een te wees wat ’n bordjie dra 00:06:44.696 --> 00:06:46.584 wat jy by die huis gemaak het nie. 00:06:46.584 --> 00:06:49.908 Maar almal kan groter stappe na deursigtigheid neem. 00:06:50.233 --> 00:06:52.225 Vir dié van julle wat die gesag het 00:06:52.225 --> 00:06:54.119 om vooruit te beweeg na deursigtigheid: 00:06:54.119 --> 00:06:55.938 dis tyd om vooruit te beweeg. 00:06:55.943 --> 00:06:58.431 En vir dié van julle wat nie die gesag het nie: 00:06:58.435 --> 00:07:00.684 dis tyd om op te kom vir jou reg daartoe. NOTE Paragraph 00:07:01.263 --> 00:07:03.298 So hoeveel word jy betaal? 00:07:04.186 --> 00:07:06.813 En hoe vergelyk dit met die mense saam met wie jy werk? 00:07:07.190 --> 00:07:08.676 Jy behoort te weet. 00:07:09.312 --> 00:07:10.587 En hulle ook. NOTE Paragraph 00:07:11.936 --> 00:07:13.214 Dankie. NOTE Paragraph 00:07:13.214 --> 00:07:16.306 (Applous)