1 00:00:01,178 --> 00:00:02,740 Hoeveel word jy betaal? 2 00:00:03,155 --> 00:00:05,203 Moenie hardop antwoord nie. 3 00:00:05,666 --> 00:00:07,537 Maar sit ’n syfer in jou kop. 4 00:00:08,017 --> 00:00:12,820 Nou, hoeveel dink jy word die persoon langs jou betaal? 5 00:00:13,176 --> 00:00:15,375 Weereens, moenie hardop antwoord nie. 6 00:00:15,375 --> 00:00:16,461 (Gelag) 7 00:00:17,144 --> 00:00:19,532 By die werk, hoeveel dink jy 8 00:00:19,532 --> 00:00:23,054 word die persoon in die afskorting of by die lessenaar langs jou betaal? 9 00:00:23,584 --> 00:00:24,643 Weet jy? 10 00:00:24,977 --> 00:00:26,492 Behoort jy te weet? 11 00:00:26,961 --> 00:00:30,978 Let op, dis selfs effens ongemaklik vir my om jou hierdie vrae te vra. 12 00:00:30,978 --> 00:00:34,422 Maar erken dit -- jy wil so half weet. 13 00:00:34,993 --> 00:00:38,638 Die meeste van ons is ongemaklik met die idee om ons salaris uit te saai. 14 00:00:38,638 --> 00:00:40,721 Ons moenie ons bure vertel nie 15 00:00:40,721 --> 00:00:43,747 en ons moet beslis nie ons bure by die kantoor vertel nie. 16 00:00:43,931 --> 00:00:47,505 Ons neem aan die rede is dat as almal weet wat almal anders betaal word, 17 00:00:47,505 --> 00:00:49,309 sal die duiwel los wees. 18 00:00:49,309 --> 00:00:51,414 Daar sal stryery en bakleiery wees, 19 00:00:51,414 --> 00:00:53,591 ’n paar mense sal dalk selfs bedank. 20 00:00:53,591 --> 00:00:57,460 Maar sê nou geheimhouding is eintlik die rede vir al daai getwis? 21 00:00:57,460 --> 00:01:00,132 En wat sal gebeur as ons daardie geheimhouding wegvat? 22 00:01:00,599 --> 00:01:04,620 Wat as openheid eintlik die sin van regverdigheid en samewerking 23 00:01:04,620 --> 00:01:05,866 in ’n maatskapy versterk? 24 00:01:05,866 --> 00:01:09,446 Wat sou gebeur as ons totale salaris-deursigtigheid gehad het? 25 00:01:10,254 --> 00:01:11,611 Oor die laaste paar jaar 26 00:01:11,611 --> 00:01:14,492 het ek dié korporatiewe en ondernemingsleiers bestudeer 27 00:01:14,492 --> 00:01:18,221 wat die konvensionele wysheid oor hoe om ’n maatskapy te bestuur, bevraagteken. 28 00:01:18,221 --> 00:01:21,107 En die vraag oor betaling kom aanhoudend ter sprake. 29 00:01:21,107 --> 00:01:23,855 En die antwoorde verras aanhoudend. 30 00:01:24,448 --> 00:01:26,259 Dit blyk dat salaris-deursigtigheid -- 31 00:01:26,259 --> 00:01:28,449 om salarisse openlik in ’n maatskapy te deel -- 32 00:01:28,449 --> 00:01:31,086 ’n beter werkplek vir beide die werknemer 33 00:01:31,086 --> 00:01:32,813 en vir die organisasie maak. 34 00:01:33,342 --> 00:01:36,491 As mense nie weet hoe hul salaris met hul gelykes s’n vergelyk nie 35 00:01:36,491 --> 00:01:38,331 is hulle meer geneig om onderbetaal 36 00:01:38,331 --> 00:01:40,340 en dalk selfs teen gediskrimineer te voel. 37 00:01:40,726 --> 00:01:43,261 Wil jy by ’n plek werk wat toelaat 38 00:01:43,261 --> 00:01:46,049 dat jy onderbetaal en teen gediskrimineer voel? 39 00:01:46,697 --> 00:01:49,387 Maar om salarisse geheim te hou doen presies dit, 40 00:01:49,387 --> 00:01:52,114 en dis ’n praktyk so oud soos wat dit algemeen is, 41 00:01:52,674 --> 00:01:54,886 ten spyte daarvan dat in die VSA 42 00:01:54,886 --> 00:01:58,780 die wet ’n werknemer se reg om sy salaris te bespreek, beskerm. 43 00:01:59,417 --> 00:02:02,015 In een beroemde voorbeeld van dekades gelede 44 00:02:02,015 --> 00:02:04,155 het die bestuur van die tydskrif Vanity Fair 45 00:02:04,155 --> 00:02:06,233 sowaar ’n memo rondgestuur met die titel: 46 00:02:06,233 --> 00:02:09,432 "Belet op bespreking onder werknemers van salaris ontvang." 47 00:02:09,432 --> 00:02:12,984 BELET op bespreking onder werknemers van salaris ontvang. 48 00:02:13,482 --> 00:02:15,659 Almal het wel nie daai memo aanvaar nie. 49 00:02:15,659 --> 00:02:17,699 New York literêre figure Dorothy Parker, 50 00:02:17,699 --> 00:02:19,525 Robert Benchley en Robert Sherwood, 51 00:02:19,525 --> 00:02:21,990 almal skrywers in die Algonquin Round Table, 52 00:02:21,990 --> 00:02:23,805 het vir deursigtigheid opgestaan 53 00:02:23,805 --> 00:02:25,601 en is die dag daarna werk toe 54 00:02:25,601 --> 00:02:28,979 met hulle salarisse op bordjies geskryf en om hulle nekke gehang. 55 00:02:28,983 --> 00:02:30,321 (Gelag) 56 00:02:30,716 --> 00:02:32,331 Verbeel jou jy kom by die werk 57 00:02:32,331 --> 00:02:36,215 met jou salaris sommer op jou bors geskryf vir almal om te sien. 58 00:02:37,223 --> 00:02:40,883 Maar hoekom wil ’n maatskapy salarisbesprekings ontmoedig? 59 00:02:40,883 --> 00:02:44,739 Hoekom stem party daarmee saam terwyl ander daarteen wil opstaan? 60 00:02:45,906 --> 00:02:48,970 Dit blyk dat buiten die aangenome redes 61 00:02:48,974 --> 00:02:52,277 salaris-geheimhouding eintlik ’n manier is om baie geld te spaar. 62 00:02:52,281 --> 00:02:54,252 Sien, om salarisse geheim te hou 63 00:02:54,252 --> 00:02:57,197 lei tot wat ekonome "inligting-asimmetrie" noem. 64 00:02:57,197 --> 00:02:59,552 In só ’n onderhandelingsituasie 65 00:02:59,552 --> 00:03:02,504 het een party hope meer inligting as die ander een. 66 00:03:02,887 --> 00:03:06,447 En in besprekings oor aanstellings, bevorderings of jaarlikse vehogings 67 00:03:06,447 --> 00:03:10,359 kan ’n werkgewer dié geheimhouding gebruik om baie geld te spaar. 68 00:03:10,359 --> 00:03:13,556 Dink net hoeveel beter jy vir ’n verhoging sou kon onderhandel 69 00:03:13,556 --> 00:03:15,433 as jy geweet het wat almal verdien. 70 00:03:17,612 --> 00:03:20,053 Ekonome waarsku dat inligting-asimmetrie 71 00:03:20,053 --> 00:03:21,658 markte kan laat skeefloop. 72 00:03:21,658 --> 00:03:24,274 Iemand los ’n salarisstrokie op die fotostaatmasjien, 73 00:03:24,274 --> 00:03:26,376 en skielik skree almal op mekaar. 74 00:03:26,866 --> 00:03:28,956 Hulle waarsku selfs 75 00:03:28,956 --> 00:03:33,643 dat inligting-asimmetrie tot ’n totale markmislukking kan lei. 76 00:03:34,095 --> 00:03:36,103 En ek dink ons is amper daar. 77 00:03:36,103 --> 00:03:37,263 Dis hoekom: 78 00:03:37,263 --> 00:03:42,364 Eerstens het meeste werknemers geen idee hoe hul salaris vergelyk nie. 79 00:03:42,834 --> 00:03:46,724 In ’n 2015-opname van 70 000 werknemers 80 00:03:46,724 --> 00:03:50,219 het twee derdes van almal wat die marktarief betaal word 81 00:03:50,219 --> 00:03:52,525 gesê hulle voel onderbetaal. 82 00:03:53,036 --> 00:03:55,909 En uit almal wat gevoel het hulle word onderbetaal, 83 00:03:55,909 --> 00:03:58,952 het 60% gesê hulle beplan om te bedank, 84 00:03:58,952 --> 00:04:01,798 ongeag of hulle onderbetaal, oorbetaal 85 00:04:01,798 --> 00:04:03,767 of presies die marktarief betaal word. 86 00:04:04,200 --> 00:04:06,660 Wat sou jy in hierdie opname gesê het? 87 00:04:06,664 --> 00:04:07,960 Word jy onderbetaal? 88 00:04:07,964 --> 00:04:10,303 Wel, wag -- hoe weet jy eers? 89 00:04:10,303 --> 00:04:12,466 Want jy mag nie daaroor praat nie. 90 00:04:12,911 --> 00:04:16,600 Volgende, inligting-asimmetrie, salaris-geheimhouding, 91 00:04:16,600 --> 00:04:19,453 maak dit makliker om die diskriminasie te ignoreer 92 00:04:19,453 --> 00:04:22,044 wat reeds vandag in die mark teenwoordig is. 93 00:04:22,217 --> 00:04:25,944 In ’n 2011-verslag van die Institute for Women's Policy Research 94 00:04:25,944 --> 00:04:27,451 was die salarisgaping 95 00:04:27,451 --> 00:04:30,451 tussen mans en vroue 23%. 96 00:04:30,451 --> 00:04:33,190 Dit is waar daardie 77 sent op die dollar vandaan kom. 97 00:04:33,641 --> 00:04:35,078 Maar in die Federale Regering, 98 00:04:35,078 --> 00:04:37,205 waar salarisse op sekere vlakke vasgestel is 99 00:04:37,205 --> 00:04:39,019 en almal weet wat dié vlakke is, 100 00:04:39,019 --> 00:04:41,394 krimp die salarisgaping tussen geslagte na 11%, 101 00:04:41,394 --> 00:04:44,164 en dit vóór gekontrolleer is vir enige van die faktore 102 00:04:44,164 --> 00:04:46,881 waaroor ekonome stry om te kontrolleer of nie. 103 00:04:47,264 --> 00:04:49,986 As ons die salarisgaping tussen die geslagte wil oorbrug, 104 00:04:49,986 --> 00:04:52,448 moet ons dalk begin om die loonlys oop te maak. 105 00:04:52,974 --> 00:04:56,060 As dit is hoe totale markmislukking lyk, 106 00:04:56,060 --> 00:04:59,658 dan bly openheid die enigste manier om regverdigheid te verseker. 107 00:05:00,274 --> 00:05:02,775 Ek besef dat om mense te laat weet wat jy verdien 108 00:05:02,779 --> 00:05:04,439 dalk ongemaklik mag voel, 109 00:05:04,439 --> 00:05:06,014 maar is dit nie minder ongemaklik 110 00:05:06,014 --> 00:05:09,052 as om altyd te wonder of jy teen gediskrimineer word nie of 111 00:05:09,052 --> 00:05:13,004 of jou vrou of jou dogter of jou suster onregverdig betaal word nie? 112 00:05:13,503 --> 00:05:17,313 Openheid bly die beste manier om regverdigheid te verseker 113 00:05:17,317 --> 00:05:19,530 en salaris-deursigtigheid doen dit. 114 00:05:19,991 --> 00:05:22,701 Dis hoekom korporatiewe en ondernemingsleiers 115 00:05:22,701 --> 00:05:25,518 al vir jare met dié aspek van salarisse eksperimenteer. 116 00:05:25,518 --> 00:05:26,945 Soos Dane Atkinson. 117 00:05:26,945 --> 00:05:29,182 Dane is 'n reeks-entrepreneur 118 00:05:29,182 --> 00:05:32,474 wat baie maatskapye met geheime salarisse begin het, 119 00:05:32,474 --> 00:05:35,795 en hy't dit selfs gebruik om twee mense met dieselfde kwalifikasies 120 00:05:35,795 --> 00:05:37,525 dramaties verskillend te betaal, 121 00:05:37,525 --> 00:05:40,094 afhangend van hoe goed hulle kon onderhandel. 122 00:05:40,094 --> 00:05:43,422 En Dane het die twiste gesien wat as gevolg hiervan ontstaan het. 123 00:05:43,728 --> 00:05:46,229 So toe hy sy nuutste maatskapy, SumAll, gestig het, 124 00:05:46,229 --> 00:05:49,519 het hy hom van die begin af aan salaris-deursigtigheid gewy. 125 00:05:49,821 --> 00:05:51,749 En die resultate is merkwaardig. 126 00:05:52,424 --> 00:05:54,030 En in studie op studie, 127 00:05:54,030 --> 00:05:55,940 as mense weet hoe hulle betaal word 128 00:05:55,940 --> 00:05:57,889 en hoe dit met hul gelykes vergelyk, 129 00:05:57,889 --> 00:06:00,630 is hulle meer geneig om hard te werk om beter te presteer, 130 00:06:00,630 --> 00:06:03,859 meer geneig om betrokke te wees en minder geneig om te bedank. 131 00:06:03,859 --> 00:06:05,495 Dis hoekom Dane nie alleen is nie. 132 00:06:05,495 --> 00:06:07,995 Van nuwe tegnologie-maatskapye soos Buffer, 133 00:06:07,995 --> 00:06:11,245 tot die tienduisende werknemers by Whole Foods, 134 00:06:11,245 --> 00:06:14,532 waar nie net jou salaris beskikbaar is vir almal om te sien nie, 135 00:06:14,532 --> 00:06:17,476 maar die prestasiedata vir die winkel en vir jou departement 136 00:06:17,480 --> 00:06:19,479 op die maatskapy se intranet beskikbaar is, 137 00:06:19,479 --> 00:06:20,945 vir almal om te sien. 138 00:06:21,985 --> 00:06:24,441 Nou, salaris-deursigtigheid neem baie vorme. 139 00:06:24,441 --> 00:06:26,053 Een grootte pas nie vir almal nie. 140 00:06:26,053 --> 00:06:28,563 Party maak hul salarisse bekend vir almal om te sien. 141 00:06:28,563 --> 00:06:30,934 Party hou dit binne die maatskapy. 142 00:06:30,938 --> 00:06:33,563 Party maak die formule om salarisse uit te werk bekend. 143 00:06:33,563 --> 00:06:35,315 Ander maak die salarisvlakke bekend 144 00:06:35,315 --> 00:06:37,107 en heg almal aan hulle vlak. 145 00:06:37,107 --> 00:06:39,180 So jy hoef nie bordjies te maak 146 00:06:39,180 --> 00:06:41,768 vir al jou werknemers om in die kantoor te dra nie. 147 00:06:41,768 --> 00:06:44,682 En jy hoef nie die enigste een te wees wat ’n bordjie dra 148 00:06:44,696 --> 00:06:46,584 wat jy by die huis gemaak het nie. 149 00:06:46,584 --> 00:06:49,908 Maar almal kan groter stappe na deursigtigheid neem. 150 00:06:50,233 --> 00:06:52,225 Vir dié van julle wat die gesag het 151 00:06:52,225 --> 00:06:54,119 om vooruit te beweeg na deursigtigheid: 152 00:06:54,119 --> 00:06:55,938 dis tyd om vooruit te beweeg. 153 00:06:55,943 --> 00:06:58,431 En vir dié van julle wat nie die gesag het nie: 154 00:06:58,435 --> 00:07:00,684 dis tyd om op te kom vir jou reg daartoe. 155 00:07:01,263 --> 00:07:03,298 So hoeveel word jy betaal? 156 00:07:04,186 --> 00:07:06,813 En hoe vergelyk dit met die mense saam met wie jy werk? 157 00:07:07,190 --> 00:07:08,676 Jy behoort te weet. 158 00:07:09,312 --> 00:07:10,587 En hulle ook. 159 00:07:11,936 --> 00:07:13,214 Dankie. 160 00:07:13,214 --> 00:07:16,306 (Applous)