0:00:01.178,0:00:02.740 Hoeveel word jy betaal? 0:00:03.155,0:00:05.203 Moenie hardop antwoord nie. 0:00:05.666,0:00:07.537 Maar sit ’n syfer in jou kop. 0:00:08.017,0:00:12.820 Nou, hoeveel dink jy word [br]die persoon langs jou betaal? 0:00:13.176,0:00:15.375 Weereens, moenie hardop antwoord nie. 0:00:15.375,0:00:16.461 (Gelag) 0:00:17.144,0:00:19.532 By die werk, hoeveel dink jy 0:00:19.532,0:00:23.054 word die persoon in die afskorting of[br]by die lessenaar langs jou betaal? 0:00:23.584,0:00:24.643 Weet jy? 0:00:24.977,0:00:26.492 Behoort jy te weet? 0:00:26.961,0:00:30.978 Let op, dis selfs effens ongemaklik vir my[br]om jou hierdie vrae te vra. 0:00:30.978,0:00:34.422 Maar erken dit -- jy wil so half weet. 0:00:34.993,0:00:38.638 Die meeste van ons is ongemaklik [br]met die idee om ons salaris uit te saai. 0:00:38.638,0:00:40.721 Ons moenie ons bure vertel nie 0:00:40.721,0:00:43.747 en ons moet beslis nie ons bure[br]by die kantoor vertel nie. 0:00:43.931,0:00:47.505 Ons neem aan die rede is dat as almal weet[br]wat almal anders betaal word, 0:00:47.505,0:00:49.309 sal die duiwel los wees. 0:00:49.309,0:00:51.414 Daar sal stryery en bakleiery wees, 0:00:51.414,0:00:53.591 ’n paar mense sal dalk selfs bedank. 0:00:53.591,0:00:57.460 Maar sê nou geheimhouding is [br]eintlik die rede vir al daai getwis? 0:00:57.460,0:01:00.132 En wat sal gebeur as ons[br]daardie geheimhouding wegvat? 0:01:00.599,0:01:04.620 Wat as openheid eintlik die sin van[br]regverdigheid en samewerking 0:01:04.620,0:01:05.866 in ’n maatskapy versterk? 0:01:05.866,0:01:09.446 Wat sou gebeur as ons totale[br]salaris-deursigtigheid gehad het? 0:01:10.254,0:01:11.611 Oor die laaste paar jaar 0:01:11.611,0:01:14.492 het ek dié korporatiewe en[br]ondernemingsleiers bestudeer 0:01:14.492,0:01:18.221 wat die konvensionele wysheid oor hoe om[br]’n maatskapy te bestuur, bevraagteken. 0:01:18.221,0:01:21.107 En die vraag oor betaling[br]kom aanhoudend ter sprake. 0:01:21.107,0:01:23.855 En die antwoorde verras aanhoudend. 0:01:24.448,0:01:26.259 Dit blyk dat salaris-deursigtigheid -- 0:01:26.259,0:01:28.449 om salarisse openlik[br]in ’n maatskapy te deel -- 0:01:28.449,0:01:31.086 ’n beter werkplek[br]vir beide die werknemer 0:01:31.086,0:01:32.813 en vir die organisasie maak. 0:01:33.342,0:01:36.491 As mense nie weet hoe hul salaris[br]met hul gelykes s’n vergelyk nie 0:01:36.491,0:01:38.331 is hulle meer geneig om onderbetaal 0:01:38.331,0:01:40.340 en dalk selfs teen gediskrimineer te voel. 0:01:40.726,0:01:43.261 Wil jy by ’n plek werk wat toelaat 0:01:43.261,0:01:46.049 dat jy onderbetaal[br]en teen gediskrimineer voel? 0:01:46.697,0:01:49.387 Maar om salarisse geheim[br]te hou doen presies dit, 0:01:49.387,0:01:52.114 en dis ’n praktyk so oud[br]soos wat dit algemeen is, 0:01:52.674,0:01:54.886 ten spyte daarvan[br]dat in die VSA 0:01:54.886,0:01:58.780 die wet ’n werknemer se reg[br]om sy salaris te bespreek, beskerm. 0:01:59.417,0:02:02.015 In een beroemde[br]voorbeeld van dekades gelede 0:02:02.015,0:02:04.155 het die bestuur van[br]die tydskrif Vanity Fair 0:02:04.155,0:02:06.233 sowaar ’n memo rondgestuur met die titel: 0:02:06.233,0:02:09.432 "Belet op bespreking onder werknemers[br]van salaris ontvang." 0:02:09.432,0:02:12.984 BELET op bespreking onder werknemers[br]van salaris ontvang. 0:02:13.482,0:02:15.659 Almal het wel nie[br]daai memo aanvaar nie. 0:02:15.659,0:02:17.699 New York literêre figure Dorothy Parker, 0:02:17.699,0:02:19.525 Robert Benchley en Robert Sherwood, 0:02:19.525,0:02:21.990 almal skrywers in die[br]Algonquin Round Table, 0:02:21.990,0:02:23.805 het vir deursigtigheid opgestaan 0:02:23.805,0:02:25.601 en is die dag daarna werk toe 0:02:25.601,0:02:28.979 met hulle salarisse op bordjies geskryf[br]en om hulle nekke gehang. 0:02:28.983,0:02:30.321 (Gelag) 0:02:30.716,0:02:32.331 Verbeel jou jy kom by die werk 0:02:32.331,0:02:36.215 met jou salaris sommer op jou[br]bors geskryf vir almal om te sien. 0:02:37.223,0:02:40.883 Maar hoekom wil ’n maatskapy[br]salarisbesprekings ontmoedig? 0:02:40.883,0:02:44.739 Hoekom stem party daarmee saam[br]terwyl ander daarteen wil opstaan? 0:02:45.906,0:02:48.970 Dit blyk dat buiten die aangenome redes 0:02:48.974,0:02:52.277 salaris-geheimhouding eintlik[br]’n manier is om baie geld te spaar. 0:02:52.281,0:02:54.252 Sien, om salarisse geheim te hou 0:02:54.252,0:02:57.197 lei tot wat ekonome[br]"inligting-asimmetrie" noem. 0:02:57.197,0:02:59.552 In só ’n onderhandelingsituasie 0:02:59.552,0:03:02.504 het een party hope meer[br]inligting as die ander een. 0:03:02.887,0:03:06.447 En in besprekings oor aanstellings,[br]bevorderings of jaarlikse vehogings 0:03:06.447,0:03:10.359 kan ’n werkgewer dié geheimhouding[br]gebruik om baie geld te spaar. 0:03:10.359,0:03:13.556 Dink net hoeveel beter jy[br]vir ’n verhoging sou kon onderhandel 0:03:13.556,0:03:15.433 as jy geweet het wat almal verdien. 0:03:17.612,0:03:20.053 Ekonome waarsku dat inligting-asimmetrie 0:03:20.053,0:03:21.658 markte kan laat skeefloop. 0:03:21.658,0:03:24.274 Iemand los ’n salarisstrokie[br]op die fotostaatmasjien, 0:03:24.274,0:03:26.376 en skielik skree almal op mekaar. 0:03:26.866,0:03:28.956 Hulle waarsku selfs 0:03:28.956,0:03:33.643 dat inligting-asimmetrie tot[br]’n totale markmislukking kan lei. 0:03:34.095,0:03:36.103 En ek dink ons is amper daar. 0:03:36.103,0:03:37.263 Dis hoekom: 0:03:37.263,0:03:42.364 Eerstens het meeste werknemers [br]geen idee hoe hul salaris vergelyk nie. 0:03:42.834,0:03:46.724 In ’n 2015-opname van 70 000 werknemers 0:03:46.724,0:03:50.219 het twee derdes van almal[br]wat die marktarief betaal word 0:03:50.219,0:03:52.525 gesê hulle voel onderbetaal. 0:03:53.036,0:03:55.909 En uit almal wat gevoel het[br]hulle word onderbetaal, 0:03:55.909,0:03:58.952 het 60% gesê hulle[br]beplan om te bedank, 0:03:58.952,0:04:01.798 ongeag of hulle onderbetaal, oorbetaal 0:04:01.798,0:04:03.767 of presies die marktarief betaal word. 0:04:04.200,0:04:06.660 Wat sou jy in hierdie opname gesê het? 0:04:06.664,0:04:07.960 Word jy onderbetaal? 0:04:07.964,0:04:10.303 Wel, wag -- hoe weet jy eers? 0:04:10.303,0:04:12.466 Want jy mag nie daaroor praat nie. 0:04:12.911,0:04:16.600 Volgende, inligting-asimmetrie,[br]salaris-geheimhouding, 0:04:16.600,0:04:19.453 maak dit makliker om[br]die diskriminasie te ignoreer 0:04:19.453,0:04:22.044 wat reeds vandag[br]in die mark teenwoordig is. 0:04:22.217,0:04:25.944 In ’n 2011-verslag van die[br]Institute for Women's Policy Research 0:04:25.944,0:04:27.451 was die salarisgaping[br] 0:04:27.451,0:04:30.451 tussen mans en vroue 23%. 0:04:30.451,0:04:33.190 Dit is waar daardie 77 sent[br]op die dollar vandaan kom. 0:04:33.641,0:04:35.078 Maar in die Federale Regering, 0:04:35.078,0:04:37.205 waar salarisse op sekere[br]vlakke vasgestel is 0:04:37.205,0:04:39.019 en almal weet wat dié vlakke is, 0:04:39.019,0:04:41.394 krimp die salarisgaping[br]tussen geslagte na 11%, 0:04:41.394,0:04:44.164 en dit vóór gekontrolleer is[br]vir enige van die faktore 0:04:44.164,0:04:46.881 waaroor ekonome stry[br]om te kontrolleer of nie. 0:04:47.264,0:04:49.986 As ons die salarisgaping[br]tussen die geslagte wil oorbrug, 0:04:49.986,0:04:52.448 moet ons dalk begin[br]om die loonlys oop te maak. 0:04:52.974,0:04:56.060 As dit is hoe totale markmislukking lyk, 0:04:56.060,0:04:59.658 dan bly openheid die enigste manier[br]om regverdigheid te verseker. 0:05:00.274,0:05:02.775 Ek besef dat om mense[br]te laat weet wat jy verdien 0:05:02.779,0:05:04.439 dalk ongemaklik mag voel, 0:05:04.439,0:05:06.014 maar is dit nie minder ongemaklik 0:05:06.014,0:05:09.052 as om altyd te wonder of jy[br]teen gediskrimineer word nie of 0:05:09.052,0:05:13.004 of jou vrou of jou dogter of jou suster[br]onregverdig betaal word nie? 0:05:13.503,0:05:17.313 Openheid bly die beste manier[br]om regverdigheid te verseker 0:05:17.317,0:05:19.530 en salaris-deursigtigheid doen dit. 0:05:19.991,0:05:22.701 Dis hoekom korporatiewe [br]en ondernemingsleiers 0:05:22.701,0:05:25.518 al vir jare met dié aspek[br]van salarisse eksperimenteer. 0:05:25.518,0:05:26.945 Soos Dane Atkinson. 0:05:26.945,0:05:29.182 Dane is 'n reeks-entrepreneur 0:05:29.182,0:05:32.474 wat baie maatskapye[br]met geheime salarisse begin het, 0:05:32.474,0:05:35.795 en hy't dit selfs gebruik om[br]twee mense met dieselfde kwalifikasies 0:05:35.795,0:05:37.525 dramaties verskillend te betaal, 0:05:37.525,0:05:40.094 afhangend van hoe goed[br]hulle kon onderhandel. 0:05:40.094,0:05:43.422 En Dane het die twiste gesien[br]wat as gevolg hiervan ontstaan het. 0:05:43.728,0:05:46.229 So toe hy sy nuutste maatskapy,[br]SumAll, gestig het, 0:05:46.229,0:05:49.519 het hy hom van die begin af[br]aan salaris-deursigtigheid gewy. 0:05:49.821,0:05:51.749 En die resultate is merkwaardig. 0:05:52.424,0:05:54.030 En in studie op studie, 0:05:54.030,0:05:55.940 as mense weet hoe hulle betaal word 0:05:55.940,0:05:57.889 en hoe dit met hul gelykes vergelyk, 0:05:57.889,0:06:00.630 is hulle meer geneig om hard[br]te werk om beter te presteer, 0:06:00.630,0:06:03.859 meer geneig om betrokke te wees[br]en minder geneig om te bedank. 0:06:03.859,0:06:05.495 Dis hoekom Dane nie alleen is nie. 0:06:05.495,0:06:07.995 Van nuwe tegnologie-maatskapye soos Buffer, 0:06:07.995,0:06:11.245 tot die tienduisende[br]werknemers by Whole Foods, 0:06:11.245,0:06:14.532 waar nie net jou salaris beskikbaar[br]is vir almal om te sien nie, 0:06:14.532,0:06:17.476 maar die prestasiedata vir die[br]winkel en vir jou departement 0:06:17.480,0:06:19.479 op die maatskapy[br]se intranet beskikbaar is, 0:06:19.479,0:06:20.945 vir almal om te sien. 0:06:21.985,0:06:24.441 Nou, salaris-deursigtigheid[br]neem baie vorme. 0:06:24.441,0:06:26.053 Een grootte pas nie vir almal nie. 0:06:26.053,0:06:28.563 Party maak hul salarisse[br]bekend vir almal om te sien. 0:06:28.563,0:06:30.934 Party hou dit binne die maatskapy. 0:06:30.938,0:06:33.563 Party maak die formule om[br]salarisse uit te werk bekend. 0:06:33.563,0:06:35.315 Ander maak die salarisvlakke bekend 0:06:35.315,0:06:37.107 en heg almal aan hulle vlak. 0:06:37.107,0:06:39.180 So jy hoef nie bordjies te maak 0:06:39.180,0:06:41.768 vir al jou werknemers[br]om in die kantoor te dra nie. 0:06:41.768,0:06:44.682 En jy hoef nie die enigste een[br]te wees wat ’n bordjie dra 0:06:44.696,0:06:46.584 wat jy by die huis gemaak het nie. 0:06:46.584,0:06:49.908 Maar almal kan groter stappe[br]na deursigtigheid neem. 0:06:50.233,0:06:52.225 Vir dié van julle wat die gesag het 0:06:52.225,0:06:54.119 om vooruit te beweeg na deursigtigheid: 0:06:54.119,0:06:55.938 dis tyd om vooruit te beweeg. 0:06:55.943,0:06:58.431 En vir dié van julle wat[br]nie die gesag het nie: 0:06:58.435,0:07:00.684 dis tyd om op te kom vir jou reg daartoe. 0:07:01.263,0:07:03.298 So hoeveel word jy betaal? 0:07:04.186,0:07:06.813 En hoe vergelyk dit met die[br]mense saam met wie jy werk? 0:07:07.190,0:07:08.676 Jy behoort te weet. 0:07:09.312,0:07:10.587 En hulle ook. 0:07:11.936,0:07:13.214 Dankie. 0:07:13.214,0:07:16.306 (Applous)