Hoeveel word jy betaal?
Moenie hardop antwoord nie.
Maar sit ’n syfer in jou kop.
Nou, hoeveel dink jy word
die persoon langs jou betaal?
Weereens, moenie hardop antwoord nie.
(Gelag)
By die werk, hoeveel dink jy
word die persoon in die afskorting of
by die lessenaar langs jou betaal?
Weet jy?
Behoort jy te weet?
Let op, dis selfs effens ongemaklik vir my
om jou hierdie vrae te vra.
Maar erken dit -- jy wil so half weet.
Die meeste van ons is ongemaklik
met die idee om ons salaris uit te saai.
Ons moenie ons bure vertel nie
en ons moet beslis nie ons bure
by die kantoor vertel nie.
Ons neem aan die rede is dat as almal weet
wat almal anders betaal word,
sal die duiwel los wees.
Daar sal stryery en bakleiery wees,
’n paar mense sal dalk selfs bedank.
Maar sê nou geheimhouding is
eintlik die rede vir al daai getwis?
En wat sal gebeur as ons
daardie geheimhouding wegvat?
Wat as openheid eintlik die sin van
regverdigheid en samewerking
in ’n maatskapy versterk?
Wat sou gebeur as ons totale
salaris-deursigtigheid gehad het?
Oor die laaste paar jaar
het ek dié korporatiewe en
ondernemingsleiers bestudeer
wat die konvensionele wysheid oor hoe om
’n maatskapy te bestuur, bevraagteken.
En die vraag oor betaling
kom aanhoudend ter sprake.
En die antwoorde verras aanhoudend.
Dit blyk dat salaris-deursigtigheid --
om salarisse openlik
in ’n maatskapy te deel --
’n beter werkplek
vir beide die werknemer
en vir die organisasie maak.
As mense nie weet hoe hul salaris
met hul gelykes s’n vergelyk nie
is hulle meer geneig om onderbetaal
en dalk selfs teen gediskrimineer te voel.
Wil jy by ’n plek werk wat toelaat
dat jy onderbetaal
en teen gediskrimineer voel?
Maar om salarisse geheim
te hou doen presies dit,
en dis ’n praktyk so oud
soos wat dit algemeen is,
ten spyte daarvan
dat in die VSA
die wet ’n werknemer se reg
om sy salaris te bespreek, beskerm.
In een beroemde
voorbeeld van dekades gelede
het die bestuur van
die tydskrif Vanity Fair
sowaar ’n memo rondgestuur met die titel:
"Belet op bespreking onder werknemers
van salaris ontvang."
BELET op bespreking onder werknemers
van salaris ontvang.
Almal het wel nie
daai memo aanvaar nie.
New York literêre figure Dorothy Parker,
Robert Benchley en Robert Sherwood,
almal skrywers in die
Algonquin Round Table,
het vir deursigtigheid opgestaan
en is die dag daarna werk toe
met hulle salarisse op bordjies geskryf
en om hulle nekke gehang.
(Gelag)
Verbeel jou jy kom by die werk
met jou salaris sommer op jou
bors geskryf vir almal om te sien.
Maar hoekom wil ’n maatskapy
salarisbesprekings ontmoedig?
Hoekom stem party daarmee saam
terwyl ander daarteen wil opstaan?
Dit blyk dat buiten die aangenome redes
salaris-geheimhouding eintlik
’n manier is om baie geld te spaar.
Sien, om salarisse geheim te hou
lei tot wat ekonome
"inligting-asimmetrie" noem.
In só ’n onderhandelingsituasie
het een party hope meer
inligting as die ander een.
En in besprekings oor aanstellings,
bevorderings of jaarlikse vehogings
kan ’n werkgewer dié geheimhouding
gebruik om baie geld te spaar.
Dink net hoeveel beter jy
vir ’n verhoging sou kon onderhandel
as jy geweet het wat almal verdien.
Ekonome waarsku dat inligting-asimmetrie
markte kan laat skeefloop.
Iemand los ’n salarisstrokie
op die fotostaatmasjien,
en skielik skree almal op mekaar.
Hulle waarsku selfs
dat inligting-asimmetrie tot
’n totale markmislukking kan lei.
En ek dink ons is amper daar.
Dis hoekom:
Eerstens het meeste werknemers
geen idee hoe hul salaris vergelyk nie.
In ’n 2015-opname van 70 000 werknemers
het twee derdes van almal
wat die marktarief betaal word
gesê hulle voel onderbetaal.
En uit almal wat gevoel het
hulle word onderbetaal,
het 60% gesê hulle
beplan om te bedank,
ongeag of hulle onderbetaal, oorbetaal
of presies die marktarief betaal word.
Wat sou jy in hierdie opname gesê het?
Word jy onderbetaal?
Wel, wag -- hoe weet jy eers?
Want jy mag nie daaroor praat nie.
Volgende, inligting-asimmetrie,
salaris-geheimhouding,
maak dit makliker om
die diskriminasie te ignoreer
wat reeds vandag
in die mark teenwoordig is.
In ’n 2011-verslag van die
Institute for Women's Policy Research
was die salarisgaping
tussen mans en vroue 23%.
Dit is waar daardie 77 sent
op die dollar vandaan kom.
Maar in die Federale Regering,
waar salarisse op sekere
vlakke vasgestel is
en almal weet wat dié vlakke is,
krimp die salarisgaping
tussen geslagte na 11%,
en dit vóór gekontrolleer is
vir enige van die faktore
waaroor ekonome stry
om te kontrolleer of nie.
As ons die salarisgaping
tussen die geslagte wil oorbrug,
moet ons dalk begin
om die loonlys oop te maak.
As dit is hoe totale markmislukking lyk,
dan bly openheid die enigste manier
om regverdigheid te verseker.
Ek besef dat om mense
te laat weet wat jy verdien
dalk ongemaklik mag voel,
maar is dit nie minder ongemaklik
as om altyd te wonder of jy
teen gediskrimineer word nie of
of jou vrou of jou dogter of jou suster
onregverdig betaal word nie?
Openheid bly die beste manier
om regverdigheid te verseker
en salaris-deursigtigheid doen dit.
Dis hoekom korporatiewe
en ondernemingsleiers
al vir jare met dié aspek
van salarisse eksperimenteer.
Soos Dane Atkinson.
Dane is 'n reeks-entrepreneur
wat baie maatskapye
met geheime salarisse begin het,
en hy't dit selfs gebruik om
twee mense met dieselfde kwalifikasies
dramaties verskillend te betaal,
afhangend van hoe goed
hulle kon onderhandel.
En Dane het die twiste gesien
wat as gevolg hiervan ontstaan het.
So toe hy sy nuutste maatskapy,
SumAll, gestig het,
het hy hom van die begin af
aan salaris-deursigtigheid gewy.
En die resultate is merkwaardig.
En in studie op studie,
as mense weet hoe hulle betaal word
en hoe dit met hul gelykes vergelyk,
is hulle meer geneig om hard
te werk om beter te presteer,
meer geneig om betrokke te wees
en minder geneig om te bedank.
Dis hoekom Dane nie alleen is nie.
Van nuwe tegnologie-maatskapye soos Buffer,
tot die tienduisende
werknemers by Whole Foods,
waar nie net jou salaris beskikbaar
is vir almal om te sien nie,
maar die prestasiedata vir die
winkel en vir jou departement
op die maatskapy
se intranet beskikbaar is,
vir almal om te sien.
Nou, salaris-deursigtigheid
neem baie vorme.
Een grootte pas nie vir almal nie.
Party maak hul salarisse
bekend vir almal om te sien.
Party hou dit binne die maatskapy.
Party maak die formule om
salarisse uit te werk bekend.
Ander maak die salarisvlakke bekend
en heg almal aan hulle vlak.
So jy hoef nie bordjies te maak
vir al jou werknemers
om in die kantoor te dra nie.
En jy hoef nie die enigste een
te wees wat ’n bordjie dra
wat jy by die huis gemaak het nie.
Maar almal kan groter stappe
na deursigtigheid neem.
Vir dié van julle wat die gesag het
om vooruit te beweeg na deursigtigheid:
dis tyd om vooruit te beweeg.
En vir dié van julle wat
nie die gesag het nie:
dis tyd om op te kom vir jou reg daartoe.
So hoeveel word jy betaal?
En hoe vergelyk dit met die
mense saam met wie jy werk?
Jy behoort te weet.
En hulle ook.
Dankie.
(Applous)