WEBVTT 00:00:00.000 --> 00:00:04.000 Goeie môre. Hoe gaan dit? 00:00:04.000 --> 00:00:05.000 (Gelag) 00:00:05.000 --> 00:00:07.000 Dis fantasties sover, of hoe? 00:00:07.000 --> 00:00:11.000 Die hele ding het my stomgeslaan. 00:00:11.000 --> 00:00:12.000 Eintlik is ek op pad. 00:00:12.000 --> 00:00:15.000 (Gelag) NOTE Paragraph 00:00:15.000 --> 00:00:19.000 Daar was drie temas sover, 00:00:19.000 --> 00:00:23.000 deur die konferensie, wat relevant is vir waaroor ek wil praat. 00:00:25.000 --> 00:00:29.000 Een is die ongelooflike bewyse van menslike kreatiwiteit 00:00:29.000 --> 00:00:32.000 in al die aanbiedings 00:00:32.000 --> 00:00:35.000 en in al die mense hier. 00:00:35.000 --> 00:00:38.000 Net die blote verskeidenheid en omvang daarvan. NOTE Paragraph 00:00:38.000 --> 00:00:39.000 Tweedens is ons op ’n plek 00:00:39.000 --> 00:00:41.000 waar ons geen idee het wat gaan gebeur nie, 00:00:41.000 --> 00:00:43.000 ten opsigte van die toekoms. 00:00:43.000 --> 00:00:45.000 Geen idee hoe dinge dalk kan verloop nie. NOTE Paragraph 00:00:45.000 --> 00:00:48.000 Ek't ’n belang by opvoedkunde. 00:00:48.000 --> 00:00:51.000 Eintlik het ons almal ’n belang by opvoedkunde. 00:00:51.000 --> 00:00:52.666 Het julle nie? 00:00:52.666 --> 00:00:54.333 Ek vind dit baie interessant. 00:00:54.333 --> 00:00:56.000 As jy by ’n ete is, 00:00:56.000 --> 00:00:59.000 en jy sê jy werk in opvoedkunde -- 00:00:59.000 --> 00:01:03.000 eintlik, om die waarheid te sê, is jy nie gereeld by etes nie. 00:01:03.000 --> 00:01:04.000 (Gelag) 00:01:04.000 --> 00:01:06.000 As jy in opvoedkunde werk, word jy nie genooi nie. 00:01:06.000 --> 00:01:09.000 (Gelag) 00:01:09.000 --> 00:01:14.000 En jy word nooit teruggenooi nie, snaaks genoeg. Dis vir my vreemd. 00:01:14.000 --> 00:01:16.000 Maar as jy is, en jy sê vir iemand, 00:01:16.000 --> 00:01:18.000 hulle sê mos: "Wat doen jy vir ’n lewe?" 00:01:18.000 --> 00:01:20.000 en jy sê jy werk in opvoedkunde, 00:01:20.000 --> 00:01:24.000 kan jy sien hoe hulle verbleek. 00:01:24.000 --> 00:01:27.000 Hulle's soos: "Aggenee, hoekom ek?" 00:01:27.000 --> 00:01:28.000 (Gelag) 00:01:28.000 --> 00:01:29.111 "My een aand uit hierdie hele week." 00:01:29.111 --> 00:01:30.222 (Gelag) NOTE Paragraph 00:01:30.222 --> 00:01:31.333 Maar as jy iemand vra oor hulle opvoeding, druk hulle jou in ’n hoek vas. 00:01:32.666 --> 00:01:34.000 Want dis een van daai dinge wat mense na aan die hart lê, is ek reg? 00:01:37.000 --> 00:01:40.000 Soos geloof, en geld en ander dinge. 00:01:40.000 --> 00:01:44.000 Ek't ’n groot belang by opvoedkunde en ek dink ons almal het. 00:01:44.000 --> 00:01:46.000 Ons't ’n groot persoonlike belang daarby, 00:01:46.000 --> 00:01:49.000 deels omdat dit opvoeding is wat ons in hierdie toekoms moet in neem -- 00:01:49.000 --> 00:01:52.000 die onbegryplike toekoms. 00:01:52.000 --> 00:01:55.000 Dink net, kinders wat dié jaar skool begin 00:01:55.000 --> 00:01:58.000 tree af in 2065. 00:01:58.000 --> 00:02:01.000 Niemand het ’n idee -- 00:02:01.000 --> 00:02:04.000 t.s.v. al die kennis wat die laaste vier dae hier vertoon is -- 00:02:04.000 --> 00:02:06.000 hoe die wêreld gaan lyk oor vyf jaar nie. 00:02:06.000 --> 00:02:08.000 En tog is ons veronderstel om hulle daarvoor op te voed. 00:02:08.000 --> 00:02:11.000 So die onvoorspelbaarheid is ongelooflik. NOTE Paragraph 00:02:13.000 --> 00:02:15.000 En die derde deel hiervan is dat 00:02:15.000 --> 00:02:20.000 ons almal nietemin saamgestem het oor die 00:02:20.000 --> 00:02:23.000 werklik buitengewone kapasiteite wat kinders het -- 00:02:23.000 --> 00:02:24.666 hulle kapasiteite vir innovasie. 00:02:24.666 --> 00:02:26.333 Sirena gisteraand was ongelooflik. 00:02:26.333 --> 00:02:28.000 Net om te sien wat sy kan doen. 00:02:28.000 --> 00:02:33.000 En sy's uitsonderlik, maar ek dink nie 00:02:33.000 --> 00:02:36.000 sy's uitsonderlik in die geheel van kindwees nie. 00:02:36.000 --> 00:02:39.000 Sy's ’n persoon met ongelooflike toewyding 00:02:39.000 --> 00:02:41.000 wat ’n talent gevind het. 00:02:41.000 --> 00:02:43.000 Ek voer aan dat alle kinders geweldige talente het. 00:02:43.000 --> 00:02:45.000 En ons vermors dit, nogal meedoënloos. NOTE Paragraph 00:02:45.000 --> 00:02:48.000 So ek wil praat oor opvoedkunde 00:02:48.000 --> 00:02:51.000 en ek wil praat oor kreatiwiteit. 00:02:51.000 --> 00:02:54.000 Kreatiwiteit is nou so belangrik soos geletterheid in opvoeding 00:02:54.000 --> 00:02:58.000 en ons moet dit dieselfde status toeken. NOTE Paragraph 00:02:58.000 --> 00:03:03.000 (Applous) Dankie. 00:03:03.000 --> 00:03:04.000 (Applous) NOTE Paragraph 00:03:04.000 --> 00:03:06.000 Dit was dit, terloops. 00:03:06.000 --> 00:03:07.333 Baie dankie. 00:03:08.666 --> 00:03:11.444 (Gelag) NOTE Paragraph 00:03:11.444 --> 00:03:12.444 So, nog 15 minute. 00:03:12.444 --> 00:03:14.222 (Gelag) NOTE Paragraph 00:03:14.222 --> 00:03:15.222 Wel, ek is gebore... nee. 00:03:15.222 --> 00:03:17.000 (Gelag) NOTE Paragraph 00:03:17.000 --> 00:03:21.000 Ek't onlangs ’n goeie storie gehoor -- ek vertel dit graag -- 00:03:21.000 --> 00:03:25.000 van ’n klein dogtertjie in ’n tekenklas. 00:03:25.000 --> 00:03:27.000 Sy was ses, agter in die klas, aan't teken, 00:03:27.000 --> 00:03:29.000 en die juffrou het gesê dié kind het omtrent nooit aandag gegee nie, 00:03:29.000 --> 00:03:33.000 maar in dié tekenklas het sy. 00:03:33.000 --> 00:03:34.666 Die juffrou was gefassineerd. 00:03:34.666 --> 00:03:36.333 Sy't haar gaan vra: "Wat teken jy?" 00:03:38.000 --> 00:03:41.000 Die kind sê toe: "Ek teken ’n prentjie van God." 00:03:41.000 --> 00:03:44.000 Die juffrou sê: "Maar niemand weet hoe God lyk nie." 00:03:44.000 --> 00:03:51.000 En die dogtertjie sê toe: "Hulle sal nou-nou." 00:03:51.000 --> 00:03:52.000 (Gelag) NOTE Paragraph 00:03:52.000 --> 00:03:57.000 Toe my seun vier was in Engeland -- 00:03:57.000 --> 00:03:58.000 eintlik was eerlikwaar oral vier. 00:03:58.000 --> 00:04:00.000 (Gelag) 00:04:00.000 --> 00:04:06.000 Strenggesproke, waarookal hy gegaan het, was hy vier daai jaar. 00:04:06.000 --> 00:04:08.000 Hy was in die Kersspel. Onthou julle die storie? 00:04:08.000 --> 00:04:11.000 (Gelag) 00:04:11.000 --> 00:04:12.000 Dit was ’n grote. 00:04:12.000 --> 00:04:14.000 Mel Gibson het die opvolg gedoen. 00:04:14.000 --> 00:04:16.000 (Gelag) 00:04:16.000 --> 00:04:17.000 "Kersspel II." 00:04:17.000 --> 00:04:19.000 James was Josef; ons was in ons noppies. 00:04:22.000 --> 00:04:24.000 Een van die hoofrolle! 00:04:24.000 --> 00:04:26.000 Ons't agente met T-hempde gehad: 00:04:26.000 --> 00:04:29.000 "James Robinson IS Josef!" (Gelag) 00:04:29.000 --> 00:04:31.000 Hy moes niks sê nie, maar julle weet mos, 00:04:31.000 --> 00:04:34.000 wanneer die drie wyse manne inkom? 00:04:34.000 --> 00:04:36.000 Hulle bring geskenke: goud, wierook [frankincense] en mirre. 00:04:36.000 --> 00:04:38.000 Dit het rêrig gebeur. 00:04:38.000 --> 00:04:40.000 Ek dink hulle't net uit beurt uit gegaan, 00:04:40.000 --> 00:04:42.000 want ons't die seuntjie later gevra: 00:04:42.000 --> 00:04:44.000 "Was jy OK daarmee?" En hy't gesê: "Ja. Was dit dan verkeerd?" 00:04:44.000 --> 00:04:46.000 Hulle't net geruil, dis al. 00:04:46.000 --> 00:04:47.000 Die drie seuns kom in -- 00:04:47.000 --> 00:04:49.000 vierjariges met vatdoeke om hulle koppe -- 00:04:49.000 --> 00:04:52.000 en hulle sit die bokse neer, 00:04:52.000 --> 00:04:54.000 en die eerste een sê: "Ek bring vir U goud." 00:04:54.000 --> 00:04:57.000 Die tweede een sê: "Ek bring vir U mirre." 00:04:57.000 --> 00:05:08.000 En die derde een sê: "Frank sent this." (Gelag) 00:05:08.000 --> 00:05:11.000 (Gelag) NOTE Paragraph 00:05:11.000 --> 00:05:13.000 Dit alles om te sê: kinders sal ’n kans vat. 00:05:13.000 --> 00:05:16.000 As hulle nie weet nie, sal hulle probeer. 00:05:16.000 --> 00:05:19.000 Is ek reg? Hulle's nie bang om verkeerd te wees nie. 00:05:19.000 --> 00:05:24.000 Ek bedoel nie dat verkeerd wees en kreatief wees dieselfde is nie. 00:05:24.000 --> 00:05:25.000 Maar as jy nie bereid is om verkeerd te wees nie, 00:05:28.000 --> 00:05:31.000 sal jy nooit iets oorspronklik uitdink nie -- 00:05:31.000 --> 00:05:34.000 as jy nie verkeerd kan wees nie. 00:05:34.000 --> 00:05:36.000 Teen die tyd wat hulle groot is, het meeste kinders daai kapasiteit verloor. 00:05:36.000 --> 00:05:39.000 Hulle het bang geword om verkeerd te wees. 00:05:39.000 --> 00:05:41.000 En ons bestuur ons maatskappye so. 00:05:41.000 --> 00:05:44.000 Ons stigmatiseer foute. 00:05:44.000 --> 00:05:47.000 En nou bedryf ons nasionale opvoedingstelsels 00:05:47.000 --> 00:05:50.000 waar foute die ergste ding is wat ’n mens kan maak. 00:05:50.000 --> 00:05:53.000 En die gevolg is dat 00:05:53.000 --> 00:05:56.000 ons mense uit hulle kreatiewe kapasiteite uit opvoed. 00:05:56.000 --> 00:05:59.000 Picasso het gesê dat alle kinders gebore kunstenaars is. 00:05:59.000 --> 00:06:03.000 Die probleem is om een te bly soos ons grootword. 00:06:03.000 --> 00:06:05.000 Ek glo vas: ons groei nie in kreatiwiteit in nie, 00:06:05.000 --> 00:06:06.000 ons groei uit dit uit. 00:06:06.000 --> 00:06:08.000 Of ons word uit dit uit opgevoed. 00:06:08.000 --> 00:06:10.000 So hoekom is dit so? NOTE Paragraph 00:06:10.000 --> 00:06:14.000 Ek't tot vyf jaar gelede op Stratford-op-Avon gewoon. 00:06:14.000 --> 00:06:16.000 Ons't van Stratford na Los Angeles getrek. 00:06:16.000 --> 00:06:20.000 So julle kan julle indink wat ’n seepgladde oorgang dit was. 00:06:20.000 --> 00:06:22.000 (Gelag) 00:06:22.000 --> 00:06:24.000 Eintlik het ons in Snitterfield gewoon, 00:06:24.000 --> 00:06:26.000 net buite Stratford, 00:06:26.000 --> 00:06:28.000 en dis waar Shakespeare se pa gebore is. 00:06:28.000 --> 00:06:31.000 Is julle getref deur ’n nuwe gedagte? Ek is. 00:06:31.000 --> 00:06:33.000 ’n Mens dink nie aan Shakespeare as iemand met ’n pa nie. 00:06:33.000 --> 00:06:35.000 Want ’n mens dink nie aan Shakespeare as ’n kind nie. 00:06:35.000 --> 00:06:37.000 Shakespeare op sewe? 00:06:37.000 --> 00:06:40.000 Ek't nooit daaraan gedink nie. 00:06:40.000 --> 00:06:42.000 Hy was tog op ’n kol sewe. 00:06:42.000 --> 00:06:48.000 In iemand se Engelse klas. 00:06:48.000 --> 00:06:49.000 (Gelag) 00:06:49.000 --> 00:06:54.333 Hoe irriterend moet dit nie wees nie? 00:06:54.333 --> 00:06:59.666 (Gelag) 00:06:59.666 --> 00:07:02.000 "Moet harder probeer." 00:07:02.000 --> 00:07:03.000 (Gelag) 00:07:03.000 --> 00:07:05.000 Word bed toe gestuur deur sy pa, "Klim in die bed, nou! 00:07:08.000 --> 00:07:11.333 "Een sit neer daai potlood." 00:07:11.333 --> 00:07:14.666 (Gelag) 00:07:14.666 --> 00:07:15.666 "En hou op om so te praat." 00:07:15.666 --> 00:07:16.666 (Gelag) 00:07:16.666 --> 00:07:18.000 "Dit verwar almal." 00:07:18.000 --> 00:07:23.000 (Gelag) NOTE Paragraph 00:07:23.000 --> 00:07:26.000 In elk geval, ons't getrek van Statford na Los Angeles, 00:07:26.000 --> 00:07:30.000 en ek wil net iets sê oor die oorgang. 00:07:30.000 --> 00:07:33.000 My seun wou nie kom nie. 00:07:33.000 --> 00:07:36.000 Ek't twee kinders. Hy's nou 21; my dogter is 16. 00:07:36.000 --> 00:07:38.000 Hy wou nie Los Angeles toe kom nie. 00:07:38.000 --> 00:07:40.000 Hy was mal daaroor, maar hy't ’n meisie in Engeland gehad. 00:07:40.000 --> 00:07:43.000 Die liefde van sy lewe, Sarah. 00:07:43.000 --> 00:07:44.666 Hy't haar al ’n maand geken. 00:07:44.666 --> 00:07:46.333 (Gelag) 00:07:46.333 --> 00:07:48.000 Maar hulle't al vier herdenkings gevier, 00:07:48.000 --> 00:07:52.000 want dis ’n lang tyd as jy 16 is. 00:07:52.000 --> 00:07:54.000 Hy was rêrig ontsteld op die vliegtuig, 00:07:54.000 --> 00:07:56.000 hy't gesê: "Ek sal nooit weer ’n meisie soos Sarah kry nie." 00:07:56.000 --> 00:08:00.666 Ons was nogals opgemaak daaroor, om die waarheid te sê -- 00:08:00.666 --> 00:08:05.333 (Gelag) 00:08:05.333 --> 00:08:10.000 Sy was die hoofrede hoekom ons landuit is. 00:08:10.000 --> 00:08:13.000 (Gelag) NOTE Paragraph 00:08:13.000 --> 00:08:16.000 Maar iets tref jou wanneer jy Amerika toe trek 00:08:16.000 --> 00:08:18.000 en wanneer jy om die wêreld reis: 00:08:18.000 --> 00:08:22.000 Elke opvoedingstelsel op aarde het dieselfde hiërargie van vakke. 00:08:22.000 --> 00:08:24.000 Elke een. Maak nie saak waar jy gaan nie. 00:08:24.000 --> 00:08:26.000 ’n Mens sou dink dis anders, maar nee. 00:08:26.000 --> 00:08:29.000 Heel bo is wiskunde en tale, 00:08:29.000 --> 00:08:31.000 dan die wysbegeerte, en heel onder is die kunste. 00:08:31.000 --> 00:08:33.000 Orals op aarde. 00:08:33.000 --> 00:08:36.000 En in min of meer elke stelsel is daar ook ’n hiërargie binne die kunste 00:08:38.000 --> 00:08:40.000 Kuns en musiek kry gewoonlik ’n hoër status in skole 00:08:40.000 --> 00:08:41.000 as drama en dans. 00:08:41.000 --> 00:08:43.000 Daar is nie ’n opvoedingstelsel 00:08:43.000 --> 00:08:45.000 wat dans elke dag vir kinders leer 00:08:45.000 --> 00:08:48.000 soos ons vir hulle wiskunde leer nie. Hoekom? 00:08:48.000 --> 00:08:50.000 Hoekom nie? Ek dink dis nogal belangrik. 00:08:50.000 --> 00:08:53.000 Ek dink wiskunde is belangrik, maar dans is ook. 00:08:53.000 --> 00:08:56.000 Kinders dans heeltyd as hulle mag, ons almal doen dit. 00:08:56.000 --> 00:08:59.000 Ons het almal liggame, of hoe? Het ek ’n vergadering misgeloop? 00:08:59.000 --> 00:09:00.000 (Gelag) 00:09:00.000 --> 00:09:03.000 Inderwaarheid, wat gebeur is, soos kinders grootword 00:09:05.000 --> 00:09:06.000 begin ons hulle geleidelik van die middellyf af boontoe opvoed. 00:09:06.000 --> 00:09:08.000 En dan fokus ons op hulle koppe. 00:09:08.000 --> 00:09:10.000 En effens na een kant toe. NOTE Paragraph 00:09:10.000 --> 00:09:14.000 As jy opvoeding sou besoek, as ’n ruimtewese, 00:09:14.000 --> 00:09:17.000 en sê: "Waarvoor is openbare opvoeding?" 00:09:17.000 --> 00:09:19.000 dink ek jy sou tot die gevolgtrekking moes kom -- as jy kyk na die uitset, 00:09:19.000 --> 00:09:21.000 wie behaal werklik sukses hierdeur, 00:09:21.000 --> 00:09:23.000 wie doen alles wat hulle moet, 00:09:23.000 --> 00:09:26.000 wie kry al die "brownie points", wie is die wenners -- 00:09:26.000 --> 00:09:29.000 sou jy tot die gevolgtrekking moes kom dat die hele doel van openbare opvoeding 00:09:29.000 --> 00:09:30.666 regoor die wêreld 00:09:32.333 --> 00:09:33.555 is om universiteitsprofessors te lewer. 00:09:33.555 --> 00:09:34.777 Of hoe? 00:09:34.777 --> 00:09:36.000 Hulle is die mense wat bo uitkom. 00:09:37.000 --> 00:09:38.000 En ek was een, so vat so. 00:09:38.000 --> 00:09:40.000 (Gelag) 00:09:40.000 --> 00:09:44.000 En ek hou van universiteitsprofessors, maar julle weet, 00:09:44.000 --> 00:09:45.000 ons moet hulle nie as die hoogtepunt 00:09:45.000 --> 00:09:48.000 van alle menslike prestasie voorhou nie. 00:09:48.000 --> 00:09:50.000 Hulle's net ’n vorm van lewe, 00:09:50.000 --> 00:09:51.333 nog ’n vorm van lewe. 00:09:51.333 --> 00:09:52.666 Maar hulle's nogal vreemd, en ek sê dit uit toegeneentheid vir hulle. 00:09:54.000 --> 00:09:57.000 Daar's iets vreemd omtrent professors in my ervaring -- 00:09:57.000 --> 00:10:00.000 nie almal van hulle nie, maar tipies, lewe hulle in hul koppe. 00:10:00.000 --> 00:10:02.000 Hulle lewe daar bo, en effens na een kant toe. 00:10:02.000 --> 00:10:06.000 Hulle's ontliggaam, julle weet, op ’n soortvan letterlike manier. 00:10:06.000 --> 00:10:08.000 Hulle kyk na hul liggame as ’n vervoermiddel vir hul koppe. 00:10:08.000 --> 00:10:14.000 (Gelag) 00:10:14.000 --> 00:10:17.000 Of hoe? 00:10:17.000 --> 00:10:21.000 Dis ’n manier om hul koppe by vergaderings te kry. 00:10:21.000 --> 00:10:24.000 (Gelag) 00:10:24.000 --> 00:10:27.000 As julle ware bewys soek van buiteliggaamlike ervarings, 00:10:27.000 --> 00:10:30.000 besoek ’n residensiële konferensie van senior akademici, 00:10:32.000 --> 00:10:33.000 en maak ’n draai by die sokkie op die laaste aand. 00:10:33.000 --> 00:10:35.000 (Gelag) 00:10:35.000 --> 00:10:36.000 En daar sal julle dit sien. 00:10:36.000 --> 00:10:39.000 Volwasse mans en vroue wat ritmeloos wriemel. 00:10:40.000 --> 00:10:43.000 (Gelag) 00:10:43.000 --> 00:10:44.000 Terwyl hulle wag vir dit om klaar te maak, sodat hulle tuis ’n artikel daaroor kan gaan skryf. 00:10:44.000 --> 00:10:47.000 (Gelag) NOTE Paragraph 00:10:47.000 --> 00:10:53.000 Ons opvoedingstelsel berus op die idee van akademiese vaardigheid. 00:10:53.000 --> 00:10:56.000 En daar's ’n rede daarvoor. 00:10:56.000 --> 00:10:58.000 Regoor die wêreld was daar geen openbare opvoedingstelsels 00:10:58.000 --> 00:11:00.000 voor die 19de eeu nie. 00:11:00.000 --> 00:11:03.000 Hulle't almal tot wording gekom om in die behoeftes van industrialisme te voorsien. 00:11:04.000 --> 00:11:07.000 So die hierargie is gewortel in twee idees. 00:11:07.000 --> 00:11:11.000 Een, dat die mees nuttige vakke vir werk heel bo is. 00:11:11.000 --> 00:11:13.000 So op skool is jy waarskynlik goedgunstiglik van 00:11:13.000 --> 00:11:15.000 goed waarvan jy gehou het weggestuur, 00:11:15.000 --> 00:11:17.000 op grond daarvan dat jy nooit ’n werk daardeur sou kry nie. Nie waar nie? 00:11:20.000 --> 00:11:22.000 Moenie musiek neem nie, jy gaan nie ’n musikant word nie; 00:11:22.000 --> 00:11:24.000 moenie kuns neem nie, jy gaan nie ’n kunstenaar word nie. 00:11:25.000 --> 00:11:29.000 Goedgunstige advies -- nou, uiters verkeerd. 00:11:29.000 --> 00:11:30.000 Die hele wêreld is verswelg in ’n rewolusie. 00:11:30.000 --> 00:11:33.000 En die tweede is akademiese vaardigheid, 00:11:33.000 --> 00:11:34.000 wat werklik ons idee van intelligensie oorskadu, 00:11:34.000 --> 00:11:37.000 omdat die universiteite die stelsel na hul eie beeld ontwerp het. 00:11:37.000 --> 00:11:39.000 As ’n mens daaroor dink, die hele stelsel regoor die wêreld 00:11:39.000 --> 00:11:41.000 is ’n uitgerekte proses van universiteitstoelating. 00:11:43.000 --> 00:11:46.000 En die gevolg is dat baie uiters talentvolle, 00:11:46.000 --> 00:11:48.000 briljante, kreatiewe mense dink dat hulle nie is nie, 00:11:48.000 --> 00:11:50.000 omdat die ding waarin hulle goed was op skool 00:11:50.000 --> 00:11:54.000 nie waardeer is nie, of selfs gestigmatiseer is. 00:11:54.000 --> 00:11:56.000 En ek dink nie ons kan bekostig om so voort te gaan nie. NOTE Paragraph 00:11:56.000 --> 00:11:58.000 In die volgende 30 jaar, volgens UNESCO, 00:11:58.000 --> 00:12:01.000 gaan meer mense wêreldwyd deur opvoeding gradueer 00:12:01.000 --> 00:12:03.000 as sedert die begin van geskiedenis. 00:12:03.000 --> 00:12:05.000 En dis die kombinasie van alles waaroor ons gepraat het -- 00:12:07.000 --> 00:12:10.000 tegnologie en hoe dit werk getransformeer het, 00:12:10.000 --> 00:12:12.000 en demografie en die massiewe bevolkingsontploffing. 00:12:12.000 --> 00:12:13.000 Skielik is grade niks werd nie. 00:12:13.000 --> 00:12:15.000 Nie waar nie? 00:12:15.000 --> 00:12:19.000 Toe ek ’n student was, het jy met ’n graad ’n werk gehad. 00:12:19.000 --> 00:12:22.000 As jy nie ’n werk gehad het nie, wou jy nie een hê nie. 00:12:22.000 --> 00:12:25.000 En ek wou nie een hê nie, om die waarheid te sê. (Gelag) 00:12:25.000 --> 00:12:30.000 Maar deesdae is kinders met grade 00:12:30.000 --> 00:12:31.000 gereeld oppad huis toe om verder te gaan TV speletjies speel, 00:12:31.000 --> 00:12:34.000 omdat jy ’n MA nodig het waar die vorige posisie ’n BA vereis het, 00:12:34.000 --> 00:12:37.000 en jy nou ’n PhD benodig vir die ander. 00:12:37.000 --> 00:12:39.000 Dis ’n proses van akademiese inflasie. 00:12:39.000 --> 00:12:41.000 En dit dui daarop dat die hele struktuur van opvoeding 00:12:41.000 --> 00:12:43.000 besig is om onder ons voete te skuif. 00:12:43.000 --> 00:12:44.000 Ons moet drasties ons siening van intelligensie hersien. NOTE Paragraph 00:12:44.000 --> 00:12:46.000 Ons weet drie dinge omtrent intelligensie. 00:12:46.000 --> 00:12:47.000 Een, dis divers. 00:12:47.000 --> 00:12:49.000 Ons dink oor die wêreld op al die maniere wat ons dit ervaar. 00:12:51.000 --> 00:12:54.000 Ons dink visueel, ons dink in klank, ons dink kineties. 00:12:54.000 --> 00:12:57.000 Ons dink in abstrakte terme, ons dink in beweging. 00:12:57.000 --> 00:12:59.000 Tweedens, intelligensie is dinamies. 00:12:59.000 --> 00:13:02.000 As ’n mens kyk na die interaksies van ’n menslike brein, 00:13:02.000 --> 00:13:05.000 soos ons gister tydens heelwat aanbiedings gehoor het, 00:13:05.000 --> 00:13:07.000 is intelligensie wonderlik interaktief. 00:13:07.000 --> 00:13:10.000 Die brein is nie opgedeel in kompartemente nie. 00:13:10.000 --> 00:13:13.000 Inderwaarheid, is kreatiwiteit -- 00:13:13.000 --> 00:13:15.000 wat ek definieer as die proses van oorspronklike idees met waarde hê -- 00:13:15.000 --> 00:13:18.000 gewoonlik iets wat gebeur deur die interaksie 00:13:18.000 --> 00:13:21.000 van verskillende maniere van dinge sien. NOTE Paragraph 00:13:23.000 --> 00:13:26.000 Daar's ’n senuweebundel wat die twee helftes van die brein verbind, 00:13:26.000 --> 00:13:27.333 genaamd die corpus callosum. 00:13:27.333 --> 00:13:28.666 Dis dikker by vroue. 00:13:28.666 --> 00:13:30.000 Om aan te sluit by Helen gister: 00:13:30.000 --> 00:13:34.000 Dis waarskynlik hoekom vroue beter is met "multi-tasking". 00:13:34.000 --> 00:13:36.000 Want julle is mos, nè? 00:13:36.000 --> 00:13:39.000 Daar's baie navorsing, maar ek ervaar dit persoonlik. 00:13:39.000 --> 00:13:41.000 As my vrou besig is om te kook -- nie gereeld nie, dankie tog. 00:13:41.000 --> 00:13:45.000 (Gelag) 00:13:45.000 --> 00:13:48.000 Nee, sy's goed met sommige dinge -- maar as sy kook, 00:13:50.000 --> 00:13:52.000 hanteer sy foonoproepe, 00:13:52.000 --> 00:13:55.000 praat sy met die kinders, verf sy die plafon. 00:13:55.000 --> 00:13:58.000 Sy doen ’n oophart-operasie hier. 00:13:58.000 --> 00:14:01.000 As ek kook, is die deur toe, die kinders is uit, 00:14:01.000 --> 00:14:04.000 die foon is van die mikkie af, as sy inkom raak ek geïrriteerd. 00:14:04.000 --> 00:14:14.000 Ek sê: "Terry, asseblief, ek probeer ’n eier bak hier." 00:14:14.000 --> 00:14:15.000 (Gelag) 00:14:15.000 --> 00:14:16.333 "Gee my tog ’n kans." 00:14:16.333 --> 00:14:17.666 (Gelag) 00:14:17.666 --> 00:14:19.000 Eintlik ken julle daai ou filosofiese ding, 00:14:19.000 --> 00:14:22.000 as ’n boom in die bos val en niemand hoor dit nie, het dit gebeur? 00:14:22.000 --> 00:14:25.000 Onthou julle daai ou sê-ding? 00:14:25.000 --> 00:14:28.000 Ek't onlangs ’n goeie T-hemp gesien: 00:14:28.000 --> 00:14:31.000 "As ’n man homself uitspreek in ’n bos, en geen vrou hoor hom nie, 00:14:31.000 --> 00:14:37.000 is hy steeds verkeerd?" 00:14:37.000 --> 00:14:40.000 (Gelag) NOTE Paragraph 00:14:40.000 --> 00:14:42.000 En die derde ding omtrent intelligensie is, 00:14:43.000 --> 00:14:45.000 dis spesifiek. 00:14:45.000 --> 00:14:47.000 Ek's skryf aan ’n nuwe boek op die oomblik -- "Epiphany" -- 00:14:47.000 --> 00:14:48.333 wat gebaseer is op ’n reeks onderhoude met mense 00:14:48.333 --> 00:14:49.666 oor hoe hulle hul talent ontdek het. 00:14:49.666 --> 00:14:51.000 Dis fassinerend hoe mense daar uitgekom het. 00:14:51.000 --> 00:14:54.000 Dis aangespoor deur ’n gesprek met ’n wonderlike vrou, 00:14:56.000 --> 00:14:58.000 wat meeste mense miskien nog nooit van gehoor het nie, Gillian Lynne. 00:14:58.000 --> 00:15:00.000 Al gehoor? Sommige het. 00:15:00.000 --> 00:15:02.000 Sy's ’n choreograaf en almal ken haar werk. 00:15:02.000 --> 00:15:04.000 Sy't "Cats" en "Phantom of the Opera" gedoen. 00:15:04.000 --> 00:15:05.000 Sy's wonderlik. 00:15:05.000 --> 00:15:08.000 Ek was van te vore raadslid van die Koninklike Ballet, 00:15:08.000 --> 00:15:10.000 soos julle kan sien. 00:15:10.000 --> 00:15:12.000 Elk geval, ons't eendag saam geëet en ek sê toe: 00:15:12.000 --> 00:15:14.000 "Gillian, hoe't jy ’n danser geword?" 00:15:14.000 --> 00:15:15.666 Dit was interessant. 00:15:15.666 --> 00:15:17.333 Toe sy op skool was, was sy rêrig hopeloos. 00:15:17.333 --> 00:15:19.000 En die skool, in die 30's, skryf toe vir haar ouers: 00:15:19.000 --> 00:15:21.000 "Ons dink Gillian het ’n leerprobleem." 00:15:21.000 --> 00:15:23.000 Sy kon nie konsentreer nie, sy't gevroetel. 00:15:23.000 --> 00:15:25.000 Ek dink deesdae sou hulle sê sy't AGHS. 00:15:25.000 --> 00:15:29.000 Maar dit was die 1930's, en aandagafleibaarheid was nog nie uitgedink nie. 00:15:32.000 --> 00:15:33.000 Dit was nie ’n beskikbare kwaal nie. 00:15:33.000 --> 00:15:35.000 (Gelag) 00:15:35.000 --> 00:15:36.000 Mense was nie bewus hulle kon daaraan ly nie. 00:15:36.000 --> 00:15:39.000 (Gelag) NOTE Paragraph 00:15:39.000 --> 00:15:43.000 In elk geval, sy gaan sien toe ’n spesialis. 00:15:43.000 --> 00:15:46.000 So sy's in ’n eikepaneel kamer met haar ma 00:15:46.000 --> 00:15:49.000 en sy't op ’n stoel se punt gaan sit, 00:15:49.000 --> 00:15:51.000 op haar hande vir 20 minute terwyl hierdie man met haar ma gepraat het 00:15:53.000 --> 00:15:57.000 oor al die probleme wat Gillian by die skool het. 00:15:57.000 --> 00:15:59.000 Want sy't ander ontwrig; haar huiswerk was altyd laat; ens. -- 00:15:59.000 --> 00:16:01.000 kleine kind van agt. 00:16:01.000 --> 00:16:04.000 Op die ou end, gaan sit die dokter langs Gillian en sê: 00:16:04.000 --> 00:16:06.000 "Gillian, ek't nou geluister na al die dinge wat jou ma my vertel het, 00:16:06.000 --> 00:16:08.000 nou moet ek privaat met haar gesels. 00:16:10.000 --> 00:16:13.000 "Wag hier, ons is nou-nou terug." 00:16:13.000 --> 00:16:15.000 En hulle't haar daar gelos. 00:16:15.000 --> 00:16:17.000 Maar soos hulle uitgegaan het, 00:16:17.000 --> 00:16:19.000 het hy die radio op sy lessenaar aangesit. 00:16:19.000 --> 00:16:21.000 En toe hulle uit is, sê hy vir haar ma: "Hou haar net dop." 00:16:21.000 --> 00:16:24.000 En die oomblik toe hulle uit is, 00:16:24.000 --> 00:16:28.000 was sy op haar voete, besig om saam met die musiek te beweeg. 00:16:28.000 --> 00:16:30.000 En hulle't vir ’n paar minute gekyk en hy't na haar ma gedraai en gesê: 00:16:33.000 --> 00:16:37.000 "Mev. Lynne, Gillian is nie siek nie; sy's ’n danser. 00:16:37.000 --> 00:16:39.000 "Neem haar na ’n dansskool toe." NOTE Paragraph 00:16:39.000 --> 00:16:41.000 Ek sê toe: "Wat het gebeur?" 00:16:41.000 --> 00:16:44.000 En sy sê: "Sy het. Ek kannie vir jou sê hoe wonderlik dit was nie. 00:16:44.000 --> 00:16:46.000 "Ons't in hierdie kamer ingeloop en dit was vol mense soos ek. 00:16:46.000 --> 00:16:49.000 "Mense wat nie kon stilsit nie. 00:16:49.000 --> 00:16:52.000 "Mense wat moes beweeg om te dink." Wat moes beweeg om te dink. 00:16:52.000 --> 00:16:54.000 Hulle't ballet gedoen, en tap, jazz en moderne en kontemporêre dans. 00:16:56.000 --> 00:16:59.000 Sy't eindelik vir die Koninklike Ballet oudisie gedoen; 00:16:59.000 --> 00:17:01.000 sy't ’n solois geword; sy't ’n wonderlike loopbaan daar gehad. 00:17:01.000 --> 00:17:03.000 Op die ou end het sy gegradueer van die Koninklike Balletskool, 00:17:05.000 --> 00:17:08.000 die Gillian Lynne Dance Company gestig, 00:17:08.000 --> 00:17:11.000 en Andrew Lloyd Weber ontmoet. 00:17:11.000 --> 00:17:13.000 Sy was al verantwoordelik 00:17:13.000 --> 00:17:15.000 vir van die mees suksesvolle musikale teater produksies ooit, 00:17:15.000 --> 00:17:18.000 sy't al aan miljoene plesier gegee, en sy's ’n multi-millionêr. 00:17:18.000 --> 00:17:21.000 Iemand anders het haar dalk op medikasie gesit en vir haar gesê om te kalmeer. 00:17:25.000 --> 00:17:27.000 (Applous) NOTE Paragraph 00:17:27.000 --> 00:17:30.000 Waarop dit neerkom is dit: 00:17:30.000 --> 00:17:32.000 Al Gore het die ander aand gepraat 00:17:32.000 --> 00:17:35.000 oor ekologie en die rewolusie wat ontketen is deur Rachel Carson. 00:17:35.000 --> 00:17:39.000 Ek glo ons enigste hoop vir die toekoms 00:17:39.000 --> 00:17:42.000 is om ’n nuwe idee van menslike ekologie aan te neem, 00:17:42.000 --> 00:17:46.000 een waarin ons begin om ons konsep 00:17:46.000 --> 00:17:48.000 van die rykdom van menslike kapasiteit te hersien. 00:17:48.000 --> 00:17:52.000 Ons opvoedingstelsel het ons breine gemyn 00:17:52.000 --> 00:17:54.000 op die manier wat ons die aarde stroopmyn: vir ’n spesifieke kommoditeit. 00:17:54.000 --> 00:17:57.000 En vir die toekoms, sal dit ons nie dien nie. 00:17:57.000 --> 00:18:00.000 Ons moet die fundamentele beginsels 00:18:00.000 --> 00:18:02.000 waarmee ons ons kinders opvoed, heroorweeg. 00:18:02.000 --> 00:18:06.000 Jonas Salk het gesê: 00:18:06.000 --> 00:18:09.000 "As al die insekte van die aarde af sou verdwyn, 00:18:09.000 --> 00:18:12.000 sou alle lewe op aarde binne 50 jaar uitsterf. 00:18:12.000 --> 00:18:15.000 "As al die mense van die aarde af sou verdwyn, 00:18:15.000 --> 00:18:19.000 sou alle vorms van lewe binne 50 jaar floreer." 00:18:19.000 --> 00:18:21.000 En hy's reg. NOTE Paragraph 00:18:21.000 --> 00:18:24.000 Wat TED vier is die skat van die menselike verbeeldingsin. 00:18:24.000 --> 00:18:25.000 Ons moet nou versigtig wees 00:18:25.000 --> 00:18:28.000 dat ons dit met wysheid gebruik 00:18:28.000 --> 00:18:31.000 en dat ons van die senarios vermy waaroor ons gepraat het. 00:18:35.000 --> 00:18:38.000 En die enigste manier is om ons kreatiewe kapasiteite te sien 00:18:38.000 --> 00:18:40.000 vir die rykdom wat hulle is 00:18:40.000 --> 00:18:43.000 en ons kinders te sien vir die hoop wat hulle is. 00:18:43.000 --> 00:18:44.000 En ons opdrag is om hulle hele wese op te voed, 00:18:44.000 --> 00:18:46.000 sodat hulle hierdie toekoms kan ingaan. 00:18:46.000 --> 00:18:49.000 Terloops -- ons sal dalk nie hierdie toekoms sien nie, 00:18:49.000 --> 00:18:52.000 maar hulle sal. 00:18:52.000 --> 00:18:54.000 En ons plig is om hulle te help om iets daarvan te maak. 99:59:59.999 --> 99:59:59.999 Baie dankie. 99:59:59.999 --> 99:59:59.999 (Applous)