0:00:00.000,0:00:04.000 Goeie môre. Hoe gaan dit? 0:00:04.000,0:00:05.000 (Gelag) 0:00:05.000,0:00:07.000 Dis fantasties sover, of hoe? 0:00:07.000,0:00:11.000 Die hele ding het my stomgeslaan. 0:00:11.000,0:00:12.000 Eintlik is ek op pad. 0:00:12.000,0:00:15.000 (Gelag) 0:00:15.000,0:00:19.000 Daar was drie temas sover, 0:00:19.000,0:00:23.000 deur die konferensie, wat relevant is[br]vir waaroor ek wil praat. 0:00:25.000,0:00:29.000 Een is die ongelooflike bewyse [br]van menslike kreatiwiteit 0:00:29.000,0:00:32.000 in al die aanbiedings 0:00:32.000,0:00:35.000 en in al die mense hier. 0:00:35.000,0:00:38.000 Net die blote verskeidenheid [br]en omvang daarvan. 0:00:38.000,0:00:39.000 Tweedens is ons op ’n plek 0:00:39.000,0:00:41.000 waar ons geen idee het [br]wat gaan gebeur nie, 0:00:41.000,0:00:43.000 ten opsigte van die toekoms. 0:00:43.000,0:00:45.000 Geen idee hoe dinge dalk kan verloop nie. 0:00:45.000,0:00:48.000 Ek't ’n belang by opvoedkunde. 0:00:48.000,0:00:51.000 Eintlik het ons almal [br]’n belang by opvoedkunde. 0:00:51.000,0:00:52.666 Het julle nie? 0:00:52.666,0:00:54.333 Ek vind dit baie interessant. 0:00:54.333,0:00:56.000 As jy by ’n ete is, 0:00:56.000,0:00:59.000 en jy sê jy werk in opvoedkunde -- 0:00:59.000,0:01:03.000 eintlik, om die waarheid te sê, [br]is jy nie gereeld by etes nie. 0:01:03.000,0:01:04.000 (Gelag) 0:01:04.000,0:01:06.000 As jy in opvoedkunde werk,[br]word jy nie genooi nie. 0:01:06.000,0:01:09.000 (Gelag) 0:01:09.000,0:01:14.000 En jy word nooit teruggenooi nie, snaaks genoeg. [br]Dis vir my vreemd. 0:01:14.000,0:01:16.000 Maar as jy is, en jy sê vir iemand, 0:01:16.000,0:01:18.000 hulle sê mos: "Wat doen jy vir ’n lewe?" 0:01:18.000,0:01:20.000 en jy sê jy werk in opvoedkunde, 0:01:20.000,0:01:24.000 kan jy sien hoe hulle verbleek. 0:01:24.000,0:01:27.000 Hulle's soos: "Aggenee, hoekom ek?" 0:01:27.000,0:01:28.000 (Gelag) 0:01:28.000,0:01:29.111 "My een aand uit hierdie hele week." 0:01:29.111,0:01:30.222 (Gelag) 0:01:30.222,0:01:31.333 Maar as jy iemand vra oor hulle opvoeding,[br]druk hulle jou in ’n hoek vas. 0:01:32.666,0:01:34.000 Want dis een van daai dinge[br]wat mense na aan die hart lê, is ek reg? 0:01:37.000,0:01:40.000 Soos geloof, en geld en ander dinge. 0:01:40.000,0:01:44.000 Ek't ’n groot belang by opvoedkunde [br]en ek dink ons almal het. 0:01:44.000,0:01:46.000 Ons't ’n groot persoonlike belang daarby, 0:01:46.000,0:01:49.000 deels omdat dit opvoeding is [br]wat ons in hierdie toekoms moet in neem -- 0:01:49.000,0:01:52.000 die onbegryplike toekoms. 0:01:52.000,0:01:55.000 Dink net, [br]kinders wat dié jaar skool begin 0:01:55.000,0:01:58.000 tree af in 2065. 0:01:58.000,0:02:01.000 Niemand het ’n idee -- 0:02:01.000,0:02:04.000 t.s.v. al die kennis [br]wat die laaste vier dae hier vertoon is -- 0:02:04.000,0:02:06.000 hoe die wêreld gaan lyk[br]oor vyf jaar nie. 0:02:06.000,0:02:08.000 En tog is ons veronderstel[br]om hulle daarvoor op te voed. 0:02:08.000,0:02:11.000 So die onvoorspelbaarheid[br]is ongelooflik. 0:02:13.000,0:02:15.000 En die derde deel hiervan is dat 0:02:15.000,0:02:20.000 ons almal nietemin saamgestem het oor die 0:02:20.000,0:02:23.000 werklik buitengewone kapasiteite [br]wat kinders het -- 0:02:23.000,0:02:24.666 hulle kapasiteite vir innovasie. 0:02:24.666,0:02:26.333 Sirena gisteraand was ongelooflik. 0:02:26.333,0:02:28.000 Net om te sien wat sy kan doen. 0:02:28.000,0:02:33.000 En sy's uitsonderlik, maar ek dink nie 0:02:33.000,0:02:36.000 sy's uitsonderlik [br]in die geheel van kindwees nie. 0:02:36.000,0:02:39.000 Sy's ’n persoon met ongelooflike toewyding 0:02:39.000,0:02:41.000 wat ’n talent gevind het. 0:02:41.000,0:02:43.000 Ek voer aan dat alle kinders [br]geweldige talente het. 0:02:43.000,0:02:45.000 En ons vermors dit, nogal meedoënloos. 0:02:45.000,0:02:48.000 So ek wil praat oor opvoedkunde 0:02:48.000,0:02:51.000 en ek wil praat oor kreatiwiteit. 0:02:51.000,0:02:54.000 Kreatiwiteit is nou so belangrik [br]soos geletterheid in opvoeding 0:02:54.000,0:02:58.000 en ons moet dit dieselfde status toeken. 0:02:58.000,0:03:03.000 (Applous) Dankie. 0:03:03.000,0:03:04.000 (Applous) 0:03:04.000,0:03:06.000 Dit was dit, terloops. 0:03:06.000,0:03:07.333 Baie dankie. 0:03:08.666,0:03:11.444 (Gelag) 0:03:11.444,0:03:12.444 So, nog 15 minute. 0:03:12.444,0:03:14.222 (Gelag) 0:03:14.222,0:03:15.222 Wel, ek is gebore... nee. 0:03:15.222,0:03:17.000 (Gelag) 0:03:17.000,0:03:21.000 Ek't onlangs ’n goeie storie gehoor --[br]ek vertel dit graag -- 0:03:21.000,0:03:25.000 van ’n klein dogtertjie in ’n tekenklas. 0:03:25.000,0:03:27.000 Sy was ses, agter in die klas, [br]aan't teken, 0:03:27.000,0:03:29.000 en die juffrou het gesê [br]dié kind het omtrent nooit aandag gegee nie, 0:03:29.000,0:03:33.000 maar in dié tekenklas het sy. 0:03:33.000,0:03:34.666 Die juffrou was gefassineerd. 0:03:34.666,0:03:36.333 Sy't haar gaan vra:[br]"Wat teken jy?" 0:03:38.000,0:03:41.000 Die kind sê toe: [br]"Ek teken ’n prentjie van God." 0:03:41.000,0:03:44.000 Die juffrou sê: [br]"Maar niemand weet hoe God lyk nie." 0:03:44.000,0:03:51.000 En die dogtertjie sê toe: [br]"Hulle sal nou-nou." 0:03:51.000,0:03:52.000 (Gelag) 0:03:52.000,0:03:57.000 Toe my seun vier was in Engeland -- 0:03:57.000,0:03:58.000 eintlik was eerlikwaar oral vier. 0:03:58.000,0:04:00.000 (Gelag) 0:04:00.000,0:04:06.000 Strenggesproke, waarookal hy gegaan het, [br]was hy vier daai jaar. 0:04:06.000,0:04:08.000 Hy was in die Kersspel.[br]Onthou julle die storie? 0:04:08.000,0:04:11.000 (Gelag) 0:04:11.000,0:04:12.000 Dit was ’n grote. 0:04:12.000,0:04:14.000 Mel Gibson het die opvolg gedoen. 0:04:14.000,0:04:16.000 (Gelag) 0:04:16.000,0:04:17.000 "Kersspel II." 0:04:17.000,0:04:19.000 James was Josef;[br]ons was in ons noppies. 0:04:22.000,0:04:24.000 Een van die hoofrolle! 0:04:24.000,0:04:26.000 Ons't agente met T-hempde gehad: 0:04:26.000,0:04:29.000 "James Robinson IS Josef!" (Gelag) 0:04:29.000,0:04:31.000 Hy moes niks sê nie, [br]maar julle weet mos, 0:04:31.000,0:04:34.000 wanneer die drie wyse manne inkom? 0:04:34.000,0:04:36.000 Hulle bring geskenke: [br]goud, wierook [frankincense] en mirre. 0:04:36.000,0:04:38.000 Dit het rêrig gebeur. 0:04:38.000,0:04:40.000 Ek dink hulle't net uit beurt uit gegaan, 0:04:40.000,0:04:42.000 want ons't die seuntjie later gevra: 0:04:42.000,0:04:44.000 "Was jy OK daarmee?" En hy't gesê: [br]"Ja. Was dit dan verkeerd?" 0:04:44.000,0:04:46.000 Hulle't net geruil, dis al. 0:04:46.000,0:04:47.000 Die drie seuns kom in -- 0:04:47.000,0:04:49.000 vierjariges met vatdoeke om hulle koppe -- 0:04:49.000,0:04:52.000 en hulle sit die bokse neer, 0:04:52.000,0:04:54.000 en die eerste een sê: [br]"Ek bring vir U goud." 0:04:54.000,0:04:57.000 Die tweede een sê: [br]"Ek bring vir U mirre." 0:04:57.000,0:05:08.000 En die derde een sê: [br]"Frank sent this." (Gelag) 0:05:08.000,0:05:11.000 (Gelag) 0:05:11.000,0:05:13.000 Dit alles om te sê: [br]kinders sal ’n kans vat. 0:05:13.000,0:05:16.000 As hulle nie weet nie, sal hulle probeer. 0:05:16.000,0:05:19.000 Is ek reg? Hulle's nie bang [br]om verkeerd te wees nie. 0:05:19.000,0:05:24.000 Ek bedoel nie dat verkeerd wees [br]en kreatief wees dieselfde is nie. 0:05:24.000,0:05:25.000 Maar as jy nie bereid is [br]om verkeerd te wees nie, 0:05:28.000,0:05:31.000 sal jy nooit iets oorspronklik uitdink nie -- 0:05:31.000,0:05:34.000 as jy nie verkeerd kan wees nie. 0:05:34.000,0:05:36.000 Teen die tyd wat hulle groot is,[br]het meeste kinders daai kapasiteit verloor. 0:05:36.000,0:05:39.000 Hulle het bang geword om verkeerd te wees. 0:05:39.000,0:05:41.000 En ons bestuur ons maatskappye so. 0:05:41.000,0:05:44.000 Ons stigmatiseer foute. 0:05:44.000,0:05:47.000 En nou bedryf ons [br]nasionale opvoedingstelsels 0:05:47.000,0:05:50.000 waar foute die ergste ding is [br]wat ’n mens kan maak. 0:05:50.000,0:05:53.000 En die gevolg is dat 0:05:53.000,0:05:56.000 ons mense uit [br]hulle kreatiewe kapasiteite uit opvoed. 0:05:56.000,0:05:59.000 Picasso het gesê dat alle kinders [br]gebore kunstenaars is. 0:05:59.000,0:06:03.000 Die probleem is om een te bly [br]soos ons grootword. 0:06:03.000,0:06:05.000 Ek glo vas: [br]ons groei nie in kreatiwiteit in nie, 0:06:05.000,0:06:06.000 ons groei uit dit uit. 0:06:06.000,0:06:08.000 Of ons word uit dit uit opgevoed. 0:06:08.000,0:06:10.000 So hoekom is dit so? 0:06:10.000,0:06:14.000 Ek't tot vyf jaar gelede [br]op Stratford-op-Avon gewoon. 0:06:14.000,0:06:16.000 Ons't van Stratford na Los Angeles getrek. 0:06:16.000,0:06:20.000 So julle kan julle indink [br]wat ’n seepgladde oorgang dit was. 0:06:20.000,0:06:22.000 (Gelag) 0:06:22.000,0:06:24.000 Eintlik het ons in Snitterfield gewoon, 0:06:24.000,0:06:26.000 net buite Stratford, 0:06:26.000,0:06:28.000 en dis waar Shakespeare se pa gebore is. 0:06:28.000,0:06:31.000 Is julle getref deur ’n nuwe gedagte? Ek is. 0:06:31.000,0:06:33.000 ’n Mens dink nie aan Shakespeare [br]as iemand met ’n pa nie. 0:06:33.000,0:06:35.000 Want ’n mens dink nie [br]aan Shakespeare as ’n kind nie. 0:06:35.000,0:06:37.000 Shakespeare op sewe? 0:06:37.000,0:06:40.000 Ek't nooit daaraan gedink nie. 0:06:40.000,0:06:42.000 Hy was tog op ’n kol sewe. 0:06:42.000,0:06:48.000 In iemand se Engelse klas. 0:06:48.000,0:06:49.000 (Gelag) 0:06:49.000,0:06:54.333 Hoe irriterend moet dit nie wees nie? 0:06:54.333,0:06:59.666 (Gelag) 0:06:59.666,0:07:02.000 "Moet harder probeer." 0:07:02.000,0:07:03.000 (Gelag) 0:07:03.000,0:07:05.000 Word bed toe gestuur deur sy pa, [br]"Klim in die bed, nou! 0:07:08.000,0:07:11.333 "Een sit neer daai potlood." 0:07:11.333,0:07:14.666 (Gelag) 0:07:14.666,0:07:15.666 "En hou op om so te praat." [br] 0:07:15.666,0:07:16.666 (Gelag) 0:07:16.666,0:07:18.000 "Dit verwar almal." 0:07:18.000,0:07:23.000 (Gelag) 0:07:23.000,0:07:26.000 In elk geval, ons't getrek [br]van Statford na Los Angeles, 0:07:26.000,0:07:30.000 en ek wil net iets sê oor die oorgang. 0:07:30.000,0:07:33.000 My seun wou nie kom nie. 0:07:33.000,0:07:36.000 Ek't twee kinders. [br]Hy's nou 21; my dogter is 16. 0:07:36.000,0:07:38.000 Hy wou nie Los Angeles toe kom nie. 0:07:38.000,0:07:40.000 Hy was mal daaroor, [br]maar hy't ’n meisie in Engeland gehad. 0:07:40.000,0:07:43.000 Die liefde van sy lewe, Sarah. 0:07:43.000,0:07:44.666 Hy't haar al ’n maand geken. 0:07:44.666,0:07:46.333 (Gelag) 0:07:46.333,0:07:48.000 Maar hulle't al vier herdenkings gevier, 0:07:48.000,0:07:52.000 want dis ’n lang tyd as jy 16 is. 0:07:52.000,0:07:54.000 Hy was rêrig ontsteld op die vliegtuig, 0:07:54.000,0:07:56.000 hy't gesê: "Ek sal nooit weer [br]’n meisie soos Sarah kry nie." 0:07:56.000,0:08:00.666 Ons was nogals opgemaak daaroor, [br]om die waarheid te sê -- 0:08:00.666,0:08:05.333 (Gelag) 0:08:05.333,0:08:10.000 Sy was die hoofrede hoekom ons landuit is. 0:08:10.000,0:08:13.000 (Gelag) 0:08:13.000,0:08:16.000 Maar iets tref jou [br]wanneer jy Amerika toe trek 0:08:16.000,0:08:18.000 en wanneer jy om die wêreld reis: 0:08:18.000,0:08:22.000 Elke opvoedingstelsel op aarde [br]het dieselfde hiërargie van vakke. 0:08:22.000,0:08:24.000 Elke een. Maak nie saak waar jy gaan nie. 0:08:24.000,0:08:26.000 ’n Mens sou dink dis anders, maar nee. 0:08:26.000,0:08:29.000 Heel bo is wiskunde en tale, 0:08:29.000,0:08:31.000 dan die wysbegeerte, [br]en heel onder is die kunste. 0:08:31.000,0:08:33.000 Orals op aarde. 0:08:33.000,0:08:36.000 En in min of meer elke stelsel[br]is daar ook ’n hiërargie binne die kunste 0:08:38.000,0:08:40.000 Kuns en musiek kry gewoonlik [br]’n hoër status in skole 0:08:40.000,0:08:41.000 as drama en dans. 0:08:41.000,0:08:43.000 Daar is nie ’n opvoedingstelsel 0:08:43.000,0:08:45.000 wat dans elke dag vir kinders leer 0:08:45.000,0:08:48.000 soos ons vir hulle wiskunde leer nie. [br]Hoekom? 0:08:48.000,0:08:50.000 Hoekom nie? Ek dink dis nogal belangrik. 0:08:50.000,0:08:53.000 Ek dink wiskunde is belangrik, [br]maar dans is ook. 0:08:53.000,0:08:56.000 Kinders dans heeltyd as hulle mag, [br]ons almal doen dit. 0:08:56.000,0:08:59.000 Ons het almal liggame, of hoe? [br]Het ek ’n vergadering misgeloop? 0:08:59.000,0:09:00.000 (Gelag) 0:09:00.000,0:09:03.000 Inderwaarheid, wat gebeur is,[br]soos kinders grootword 0:09:05.000,0:09:06.000 begin ons hulle geleidelik [br]van die middellyf af boontoe opvoed. 0:09:06.000,0:09:08.000 En dan fokus ons op hulle koppe. 0:09:08.000,0:09:10.000 En effens na een kant toe. 0:09:10.000,0:09:14.000 As jy opvoeding sou besoek, [br]as ’n ruimtewese, 0:09:14.000,0:09:17.000 en sê: "Waarvoor is openbare opvoeding?" 0:09:17.000,0:09:19.000 dink ek jy sou tot die gevolgtrekking moes kom [br]-- as jy kyk na die uitset, 0:09:19.000,0:09:21.000 wie behaal werklik sukses hierdeur, 0:09:21.000,0:09:23.000 wie doen alles wat hulle moet, 0:09:23.000,0:09:26.000 wie kry al die "brownie points", [br]wie is die wenners -- 0:09:26.000,0:09:29.000 sou jy tot die gevolgtrekking moes kom [br]dat die hele doel van openbare opvoeding 0:09:29.000,0:09:30.666 regoor die wêreld 0:09:32.333,0:09:33.555 is om universiteitsprofessors te lewer. 0:09:33.555,0:09:34.777 Of hoe? 0:09:34.777,0:09:36.000 Hulle is die mense wat bo uitkom. 0:09:37.000,0:09:38.000 En ek was een, so vat so. 0:09:38.000,0:09:40.000 (Gelag) 0:09:40.000,0:09:44.000 En ek hou van universiteitsprofessors, [br]maar julle weet, 0:09:44.000,0:09:45.000 ons moet hulle nie as die hoogtepunt 0:09:45.000,0:09:48.000 van alle menslike prestasie voorhou nie. 0:09:48.000,0:09:50.000 Hulle's net ’n vorm van lewe, 0:09:50.000,0:09:51.333 nog ’n vorm van lewe. 0:09:51.333,0:09:52.666 Maar hulle's nogal vreemd,[br]en ek sê dit uit toegeneentheid vir hulle. 0:09:54.000,0:09:57.000 Daar's iets vreemd omtrent professors [br]in my ervaring -- 0:09:57.000,0:10:00.000 nie almal van hulle nie, maar tipies, [br]lewe hulle in hul koppe. 0:10:00.000,0:10:02.000 Hulle lewe daar bo, [br]en effens na een kant toe. 0:10:02.000,0:10:06.000 Hulle's ontliggaam, julle weet, [br]op ’n soortvan letterlike manier. 0:10:06.000,0:10:08.000 Hulle kyk na hul liggame[br]as ’n vervoermiddel vir hul koppe. 0:10:08.000,0:10:14.000 (Gelag) 0:10:14.000,0:10:17.000 Of hoe? 0:10:17.000,0:10:21.000 Dis ’n manier om hul koppe [br]by vergaderings te kry. 0:10:21.000,0:10:24.000 (Gelag) 0:10:24.000,0:10:27.000 As julle ware bewys soek [br]van buiteliggaamlike ervarings, 0:10:27.000,0:10:30.000 besoek ’n residensiële konferensie[br]van senior akademici, 0:10:32.000,0:10:33.000 en maak ’n draai by die sokkie [br]op die laaste aand. 0:10:33.000,0:10:35.000 (Gelag) 0:10:35.000,0:10:36.000 En daar sal julle dit sien. 0:10:36.000,0:10:39.000 Volwasse mans en vroue[br]wat ritmeloos wriemel. 0:10:40.000,0:10:43.000 (Gelag) 0:10:43.000,0:10:44.000 Terwyl hulle wag vir dit om klaar te maak, [br]sodat hulle tuis ’n artikel daaroor kan gaan skryf. 0:10:44.000,0:10:47.000 (Gelag) 0:10:47.000,0:10:53.000 Ons opvoedingstelsel berus op die idee [br]van akademiese vaardigheid. 0:10:53.000,0:10:56.000 En daar's ’n rede daarvoor. 0:10:56.000,0:10:58.000 Regoor die wêreld was daar[br]geen openbare opvoedingstelsels 0:10:58.000,0:11:00.000 voor die 19de eeu nie. 0:11:00.000,0:11:03.000 Hulle't almal tot wording gekom om [br]in die behoeftes van industrialisme te voorsien. 0:11:04.000,0:11:07.000 So die hierargie is gewortel in twee idees. 0:11:07.000,0:11:11.000 Een, dat die mees nuttige vakke[br]vir werk heel bo is. 0:11:11.000,0:11:13.000 So op skool is jy waarskynlik [br]goedgunstiglik van 0:11:13.000,0:11:15.000 goed waarvan jy gehou het weggestuur, 0:11:15.000,0:11:17.000 op grond daarvan dat jy nooit[br]’n werk daardeur sou kry nie. Nie waar nie? 0:11:20.000,0:11:22.000 Moenie musiek neem nie, [br]jy gaan nie ’n musikant word nie; 0:11:22.000,0:11:24.000 moenie kuns neem nie, [br]jy gaan nie ’n kunstenaar word nie. 0:11:25.000,0:11:29.000 Goedgunstige advies -- [br]nou, uiters verkeerd. 0:11:29.000,0:11:30.000 Die hele wêreld is verswelg [br]in ’n rewolusie. 0:11:30.000,0:11:33.000 En die tweede is akademiese vaardigheid, 0:11:33.000,0:11:34.000 wat werklik ons idee [br]van intelligensie oorskadu, 0:11:34.000,0:11:37.000 omdat die universiteite die stelsel [br]na hul eie beeld ontwerp het. 0:11:37.000,0:11:39.000 As ’n mens daaroor dink, die hele stelsel [br]regoor die wêreld 0:11:39.000,0:11:41.000 is ’n uitgerekte proses[br]van universiteitstoelating. 0:11:43.000,0:11:46.000 En die gevolg is dat [br]baie uiters talentvolle, 0:11:46.000,0:11:48.000 briljante, kreatiewe mense [br]dink dat hulle nie is nie, 0:11:48.000,0:11:50.000 omdat die ding [br]waarin hulle goed was op skool 0:11:50.000,0:11:54.000 nie waardeer is nie, [br]of selfs gestigmatiseer is. 0:11:54.000,0:11:56.000 En ek dink nie ons kan bekostig [br]om so voort te gaan nie. 0:11:56.000,0:11:58.000 In die volgende 30 jaar, volgens UNESCO, 0:11:58.000,0:12:01.000 gaan meer mense wêreldwyd [br]deur opvoeding gradueer 0:12:01.000,0:12:03.000 as sedert die begin van geskiedenis. 0:12:03.000,0:12:05.000 En dis die kombinasie[br]van alles waaroor ons gepraat het -- 0:12:07.000,0:12:10.000 tegnologie en hoe dit [br]werk getransformeer het, 0:12:10.000,0:12:12.000 en demografie [br]en die massiewe bevolkingsontploffing. 0:12:12.000,0:12:13.000 Skielik is grade niks werd nie. 0:12:13.000,0:12:15.000 Nie waar nie? 0:12:15.000,0:12:19.000 Toe ek ’n student was, [br]het jy met ’n graad ’n werk gehad. 0:12:19.000,0:12:22.000 As jy nie ’n werk gehad het nie, [br]wou jy nie een hê nie. 0:12:22.000,0:12:25.000 En ek wou nie een hê nie, [br]om die waarheid te sê. (Gelag) 0:12:25.000,0:12:30.000 Maar deesdae is kinders met grade 0:12:30.000,0:12:31.000 gereeld oppad huis toe om verder [br]te gaan TV speletjies speel, 0:12:31.000,0:12:34.000 omdat jy ’n MA nodig het [br]waar die vorige posisie ’n BA vereis het, 0:12:34.000,0:12:37.000 en jy nou ’n PhD benodig vir die ander. 0:12:37.000,0:12:39.000 Dis ’n proses van akademiese inflasie. 0:12:39.000,0:12:41.000 En dit dui daarop [br]dat die hele struktuur van opvoeding 0:12:41.000,0:12:43.000 besig is om onder ons voete te skuif. 0:12:43.000,0:12:44.000 Ons moet drasties ons siening [br]van intelligensie hersien. 0:12:44.000,0:12:46.000 Ons weet drie dinge omtrent intelligensie. 0:12:46.000,0:12:47.000 Een, dis divers. 0:12:47.000,0:12:49.000 Ons dink oor die wêreld op al die maniere[br]wat ons dit ervaar. 0:12:51.000,0:12:54.000 Ons dink visueel, ons dink in klank, [br]ons dink kineties. 0:12:54.000,0:12:57.000 Ons dink in abstrakte terme, [br]ons dink in beweging. 0:12:57.000,0:12:59.000 Tweedens, intelligensie is dinamies. 0:12:59.000,0:13:02.000 As ’n mens kyk na die interaksies [br]van ’n menslike brein, 0:13:02.000,0:13:05.000 soos ons gister tydens [br]heelwat aanbiedings gehoor het, 0:13:05.000,0:13:07.000 is intelligensie wonderlik interaktief. 0:13:07.000,0:13:10.000 Die brein is nie opgedeel [br]in kompartemente nie. 0:13:10.000,0:13:13.000 Inderwaarheid, is kreatiwiteit -- 0:13:13.000,0:13:15.000 wat ek definieer as die proses[br]van oorspronklike idees met waarde hê -- 0:13:15.000,0:13:18.000 gewoonlik iets wat gebeur deur die interaksie 0:13:18.000,0:13:21.000 van verskillende maniere van dinge sien. 0:13:23.000,0:13:26.000 Daar's ’n senuweebundel [br]wat die twee helftes van die brein verbind, 0:13:26.000,0:13:27.333 genaamd die corpus callosum. 0:13:27.333,0:13:28.666 Dis dikker by vroue. 0:13:28.666,0:13:30.000 Om aan te sluit by Helen gister: 0:13:30.000,0:13:34.000 Dis waarskynlik hoekom vroue [br]beter is met "multi-tasking". 0:13:34.000,0:13:36.000 Want julle is mos, nè? 0:13:36.000,0:13:39.000 Daar's baie navorsing, [br]maar ek ervaar dit persoonlik. 0:13:39.000,0:13:41.000 As my vrou besig is om te kook --[br]nie gereeld nie, dankie tog. 0:13:41.000,0:13:45.000 (Gelag) 0:13:45.000,0:13:48.000 Nee, sy's goed met sommige dinge --[br]maar as sy kook, 0:13:50.000,0:13:52.000 hanteer sy foonoproepe, 0:13:52.000,0:13:55.000 praat sy met die kinders, [br]verf sy die plafon. 0:13:55.000,0:13:58.000 Sy doen ’n oophart-operasie hier. 0:13:58.000,0:14:01.000 As ek kook, is die deur toe, [br]die kinders is uit, 0:14:01.000,0:14:04.000 die foon is van die mikkie af, [br]as sy inkom raak ek geïrriteerd. 0:14:04.000,0:14:14.000 Ek sê: "Terry, asseblief, [br]ek probeer ’n eier bak hier." 0:14:14.000,0:14:15.000 (Gelag) 0:14:15.000,0:14:16.333 "Gee my tog ’n kans." 0:14:16.333,0:14:17.666 (Gelag) 0:14:17.666,0:14:19.000 Eintlik ken julle daai ou filosofiese ding, 0:14:19.000,0:14:22.000 as ’n boom in die bos val [br]en niemand hoor dit nie, het dit gebeur? 0:14:22.000,0:14:25.000 Onthou julle daai ou sê-ding? 0:14:25.000,0:14:28.000 Ek't onlangs ’n goeie T-hemp gesien: 0:14:28.000,0:14:31.000 "As ’n man homself uitspreek in ’n bos, [br]en geen vrou hoor hom nie, 0:14:31.000,0:14:37.000 is hy steeds verkeerd?" 0:14:37.000,0:14:40.000 (Gelag) 0:14:40.000,0:14:42.000 En die derde ding omtrent intelligensie is, 0:14:43.000,0:14:45.000 dis spesifiek. 0:14:45.000,0:14:47.000 Ek's skryf aan ’n nuwe boek [br]op die oomblik -- "Epiphany" -- 0:14:47.000,0:14:48.333 wat gebaseer is [br]op ’n reeks onderhoude met mense 0:14:48.333,0:14:49.666 oor hoe hulle hul talent ontdek het. 0:14:49.666,0:14:51.000 Dis fassinerend hoe mense daar uitgekom het. 0:14:51.000,0:14:54.000 Dis aangespoor deur ’n gesprek[br]met ’n wonderlike vrou, 0:14:56.000,0:14:58.000 wat meeste mense miskien nog nooit [br]van gehoor het nie, Gillian Lynne. 0:14:58.000,0:15:00.000 Al gehoor? Sommige het. 0:15:00.000,0:15:02.000 Sy's ’n choreograaf [br]en almal ken haar werk. 0:15:02.000,0:15:04.000 Sy't "Cats" en [br]"Phantom of the Opera" gedoen. 0:15:04.000,0:15:05.000 Sy's wonderlik. 0:15:05.000,0:15:08.000 Ek was van te vore raadslid [br]van die Koninklike Ballet, 0:15:08.000,0:15:10.000 soos julle kan sien. 0:15:10.000,0:15:12.000 Elk geval, ons't eendag saam geëet [br]en ek sê toe: 0:15:12.000,0:15:14.000 "Gillian, hoe't jy ’n danser geword?" 0:15:14.000,0:15:15.666 Dit was interessant. 0:15:15.666,0:15:17.333 Toe sy op skool was,[br]was sy rêrig hopeloos. 0:15:17.333,0:15:19.000 En die skool, in die 30's,[br]skryf toe vir haar ouers: 0:15:19.000,0:15:21.000 "Ons dink Gillian het ’n leerprobleem." 0:15:21.000,0:15:23.000 Sy kon nie konsentreer nie,[br]sy't gevroetel. 0:15:23.000,0:15:25.000 Ek dink deesdae sou hulle sê sy't AGHS. 0:15:25.000,0:15:29.000 Maar dit was die 1930's,[br]en aandagafleibaarheid was nog nie uitgedink nie. 0:15:32.000,0:15:33.000 Dit was nie ’n beskikbare kwaal nie. 0:15:33.000,0:15:35.000 (Gelag) 0:15:35.000,0:15:36.000 Mense was nie bewus hulle kon daaraan ly nie. 0:15:36.000,0:15:39.000 (Gelag) 0:15:39.000,0:15:43.000 In elk geval, sy gaan sien toe ’n spesialis. 0:15:43.000,0:15:46.000 So sy's in ’n eikepaneel kamer met haar ma 0:15:46.000,0:15:49.000 en sy't op ’n stoel se punt gaan sit, 0:15:49.000,0:15:51.000 op haar hande vir 20 minute terwyl[br]hierdie man met haar ma gepraat het 0:15:53.000,0:15:57.000 oor al die probleme [br]wat Gillian by die skool het. 0:15:57.000,0:15:59.000 Want sy't ander ontwrig; [br]haar huiswerk was altyd laat; ens. -- 0:15:59.000,0:16:01.000 kleine kind van agt. 0:16:01.000,0:16:04.000 Op die ou end, gaan sit die dokter[br]langs Gillian en sê: 0:16:04.000,0:16:06.000 "Gillian, ek't nou geluister [br]na al die dinge wat jou ma my vertel het, 0:16:06.000,0:16:08.000 nou moet ek privaat met haar gesels. 0:16:10.000,0:16:13.000 "Wag hier, ons is nou-nou terug." 0:16:13.000,0:16:15.000 En hulle't haar daar gelos. 0:16:15.000,0:16:17.000 Maar soos hulle uitgegaan het, 0:16:17.000,0:16:19.000 het hy die radio op sy lessenaar aangesit. 0:16:19.000,0:16:21.000 En toe hulle uit is, sê hy vir haar ma:[br]"Hou haar net dop." 0:16:21.000,0:16:24.000 En die oomblik toe hulle uit is, 0:16:24.000,0:16:28.000 was sy op haar voete, [br]besig om saam met die musiek te beweeg. 0:16:28.000,0:16:30.000 En hulle't vir ’n paar minute gekyk[br]en hy't na haar ma gedraai en gesê: 0:16:33.000,0:16:37.000 "Mev. Lynne, Gillian is nie siek nie; [br]sy's ’n danser. 0:16:37.000,0:16:39.000 "Neem haar na ’n dansskool toe." 0:16:39.000,0:16:41.000 Ek sê toe: "Wat het gebeur?" 0:16:41.000,0:16:44.000 En sy sê: "Sy het. Ek kannie vir jou sê [br]hoe wonderlik dit was nie. 0:16:44.000,0:16:46.000 "Ons't in hierdie kamer ingeloop [br]en dit was vol mense soos ek. 0:16:46.000,0:16:49.000 "Mense wat nie kon stilsit nie. 0:16:49.000,0:16:52.000 "Mense wat moes beweeg om te dink." [br]Wat moes beweeg om te dink. 0:16:52.000,0:16:54.000 Hulle't ballet gedoen, en tap, jazz [br]en moderne en kontemporêre dans. 0:16:56.000,0:16:59.000 Sy't eindelik vir die Koninklike Ballet [br]oudisie gedoen; 0:16:59.000,0:17:01.000 sy't ’n solois geword; [br]sy't ’n wonderlike loopbaan daar gehad. 0:17:01.000,0:17:03.000 Op die ou end het sy gegradueer[br]van die Koninklike Balletskool, 0:17:05.000,0:17:08.000 die Gillian Lynne Dance Company gestig, 0:17:08.000,0:17:11.000 en Andrew Lloyd Weber ontmoet. 0:17:11.000,0:17:13.000 Sy was al verantwoordelik 0:17:13.000,0:17:15.000 vir van die mees suksesvolle [br]musikale teater produksies ooit, 0:17:15.000,0:17:18.000 sy't al aan miljoene plesier gegee,[br]en sy's ’n multi-millionêr. 0:17:18.000,0:17:21.000 Iemand anders het haar dalk op medikasie gesit [br]en vir haar gesê om te kalmeer. 0:17:25.000,0:17:27.000 (Applous) 0:17:27.000,0:17:30.000 Waarop dit neerkom is dit: 0:17:30.000,0:17:32.000 Al Gore het die ander aand gepraat 0:17:32.000,0:17:35.000 oor ekologie en die rewolusie [br]wat ontketen is deur Rachel Carson. 0:17:35.000,0:17:39.000 Ek glo ons enigste hoop vir die toekoms 0:17:39.000,0:17:42.000 is om ’n nuwe idee van menslike ekologie [br]aan te neem, 0:17:42.000,0:17:46.000 een waarin ons begin om ons konsep 0:17:46.000,0:17:48.000 van die rykdom van [br]menslike kapasiteit te hersien. 0:17:48.000,0:17:52.000 Ons opvoedingstelsel het ons breine gemyn 0:17:52.000,0:17:54.000 op die manier wat ons die aarde stroopmyn: [br]vir ’n spesifieke kommoditeit. 0:17:54.000,0:17:57.000 En vir die toekoms, [br]sal dit ons nie dien nie. 0:17:57.000,0:18:00.000 Ons moet die fundamentele beginsels 0:18:00.000,0:18:02.000 waarmee ons ons kinders opvoed, heroorweeg. 0:18:02.000,0:18:06.000 Jonas Salk het gesê: 0:18:06.000,0:18:09.000 "As al die insekte [br]van die aarde af sou verdwyn, 0:18:09.000,0:18:12.000 sou alle lewe op aarde [br]binne 50 jaar uitsterf. 0:18:12.000,0:18:15.000 "As al die mense [br]van die aarde af sou verdwyn, 0:18:15.000,0:18:19.000 sou alle vorms van lewe [br]binne 50 jaar floreer." 0:18:19.000,0:18:21.000 En hy's reg. 0:18:21.000,0:18:24.000 Wat TED vier is die skat [br]van die menselike verbeeldingsin. 0:18:24.000,0:18:25.000 Ons moet nou versigtig wees 0:18:25.000,0:18:28.000 dat ons dit met wysheid gebruik 0:18:28.000,0:18:31.000 en dat ons van die senarios vermy [br]waaroor ons gepraat het. 0:18:35.000,0:18:38.000 En die enigste manier [br]is om ons kreatiewe kapasiteite te sien 0:18:38.000,0:18:40.000 vir die rykdom wat hulle is 0:18:40.000,0:18:43.000 en ons kinders te sien [br]vir die hoop wat hulle is. 0:18:43.000,0:18:44.000 En ons opdrag is om [br]hulle hele wese op te voed, 0:18:44.000,0:18:46.000 sodat hulle hierdie toekoms kan ingaan. 0:18:46.000,0:18:49.000 Terloops -- ons sal dalk nie [br]hierdie toekoms sien nie, 0:18:49.000,0:18:52.000 maar hulle sal. 0:18:52.000,0:18:54.000 En ons plig is om hulle te help [br]om iets daarvan te maak. 9:59:59.000,9:59:59.000 Baie dankie. 9:59:59.000,9:59:59.000 (Applous)