WEBVTT 00:00:02.050 --> 00:00:05.310 Goeie môre. Hoe gaan dit? 00:00:05.310 --> 00:00:06.280 (Gelag) NOTE Paragraph 00:00:06.280 --> 00:00:08.670 Dis fantasties sover, of hoe? 00:00:08.670 --> 00:00:11.000 Die hele ding het my stomgeslaan. 00:00:11.000 --> 00:00:12.680 Eintlik is ek op pad. 00:00:12.680 --> 00:00:14.880 (Gelag) NOTE Paragraph 00:00:18.150 --> 00:00:20.140 Daar was drie temas sover, 00:00:20.140 --> 00:00:23.810 deur die konferensie, wat betrekking het op my praatjie. 00:00:23.810 --> 00:00:28.460 Een is die ongelooflike bewyse van menslike kreatiwiteit 00:00:28.460 --> 00:00:31.130 in al die aanbiedings 00:00:31.130 --> 00:00:33.260 en in al die mense hier. 00:00:33.260 --> 00:00:36.400 Net die blote verskeidenheid en omvang daarvan. 00:00:36.400 --> 00:00:38.550 Tweedens is ons op ’n plek 00:00:38.550 --> 00:00:41.100 waar ons geen idee het wat gaan gebeur nie, 00:00:41.100 --> 00:00:42.520 ten opsigte van die toekoms. 00:00:42.520 --> 00:00:45.290 Geen idee hoe dinge dalk sal verloop nie. NOTE Paragraph 00:00:45.290 --> 00:00:47.410 Ek't ’n belang by opvoedkunde. 00:00:47.410 --> 00:00:51.430 Eintlik het ons almal ’n belang by opvoedkunde. 00:00:51.430 --> 00:00:52.666 Het julle nie? 00:00:52.666 --> 00:00:54.333 Dis baie interessant. 00:00:54.333 --> 00:00:56.000 As jy by ’n ete is, 00:00:56.000 --> 00:00:58.380 en jy sê jy werk in opvoedkunde -- 00:00:58.380 --> 00:01:03.000 eintlik, om die waarheid te sê, is jy nie gereeld by etes nie. 00:01:03.000 --> 00:01:04.990 (Gelag) 00:01:04.990 --> 00:01:08.290 As jy in opvoedkunde werk, word jy nie genooi nie. 00:01:08.290 --> 00:01:10.320 (Gelag) 00:01:10.320 --> 00:01:14.460 En jy word nooit teruggenooi nie, snaaks genoeg. Dis vir my vreemd. 00:01:14.460 --> 00:01:17.190 Maar as jy is, en iemand vra: 00:01:17.190 --> 00:01:18.350 "Wat doen jy vir ’n lewe?" 00:01:18.350 --> 00:01:20.000 en jy sê jy werk in opvoedkunde, 00:01:20.000 --> 00:01:21.680 sien jy hoe hulle verbleek. 00:01:21.680 --> 00:01:25.170 Hulle's soos: "Aggenee, hoekom ek?" 00:01:25.170 --> 00:01:26.280 (Gelag) 00:01:26.280 --> 00:01:29.111 "My een aand uit hierdie hele week." 00:01:29.111 --> 00:01:30.472 (Gelag) NOTE Paragraph 00:01:30.472 --> 00:01:33.696 Maar as jy iemand vra oor hulle opvoeding, druk hulle jou in ’n hoek vas. 00:01:33.696 --> 00:01:37.070 Want dis een van daai dinge wat mense na aan die hart lê, is ek reg? 00:01:37.070 --> 00:01:40.720 Soos geloof, en geld en ander dinge. 00:01:42.400 --> 00:01:45.480 Ek't ’n groot belang by opvoedkunde en ek dink ons almal het -- 00:01:45.480 --> 00:01:46.910 ’n groot persoonlike belang -- 00:01:46.910 --> 00:01:48.930 deels omdat dit opvoeding is 00:01:48.930 --> 00:01:51.930 wat ons in hierdie onbegryplike toekoms moet in neem. 00:01:51.930 --> 00:01:55.500 Dink net, kinders wat dié jaar skool begin 00:01:55.500 --> 00:02:00.240 tree af in 2065. 00:02:00.240 --> 00:02:01.990 Niemand het ’n idee -- 00:02:01.990 --> 00:02:05.720 ten spyte van al die kennis wat die laaste vier dae hier vertoon is -- 00:02:05.720 --> 00:02:07.860 hoe die wêreld gaan lyk oor vyf jaar nie. 00:02:07.860 --> 00:02:10.340 En tog moet ons hulle daarvoor opvoed. 00:02:10.340 --> 00:02:12.950 So die onvoorspelbaarheid is ongelooflik. NOTE Paragraph 00:02:12.950 --> 00:02:14.560 En die derde deel is dat 00:02:14.560 --> 00:02:17.510 ons almal nietemin saamgestem het 00:02:17.510 --> 00:02:21.980 oor die werklik buitengewone kapasiteite wat kinders het -- 00:02:21.980 --> 00:02:24.336 hulle kapasiteite vir innovasie. 00:02:24.336 --> 00:02:27.173 Sirena gisteraand was ongelooflik. 00:02:27.173 --> 00:02:29.070 Net om te sien wat sy kan doen. 00:02:29.070 --> 00:02:33.500 En sy's uitsonderlik, maar ek dink nie 00:02:33.500 --> 00:02:37.170 sy's uitsonderlik in die geheel van kindwees nie. 00:02:37.170 --> 00:02:39.190 Sy's ’n buitengewoon toegewyde persoon 00:02:39.190 --> 00:02:40.630 wat ’n talent gevind het. 00:02:40.630 --> 00:02:43.080 Ek voer aan dat alle kinders geweldige talente het. 00:02:43.080 --> 00:02:46.310 En ons vermors dit, nogal meedoënloos. NOTE Paragraph 00:02:46.310 --> 00:02:48.000 So ek wil praat oor opvoedkunde 00:02:48.000 --> 00:02:50.270 en ek wil praat oor kreatiwiteit. 00:02:50.270 --> 00:02:56.040 Kreatiwiteit is nou net so belangrik soos geletterheid in opvoeding 00:02:56.040 --> 00:02:59.730 en ons moet dit dieselfde status toeken. 00:02:59.730 --> 00:03:01.960 (Applous) Dankie. 00:03:01.960 --> 00:03:04.790 (Applous) NOTE Paragraph 00:03:05.560 --> 00:03:07.320 Dit was dit, terloops. 00:03:07.320 --> 00:03:08.386 Baie dankie. 00:03:08.386 --> 00:03:09.884 (Gelag) NOTE Paragraph 00:03:10.324 --> 00:03:12.444 So, nog 15 minute. 00:03:12.444 --> 00:03:14.822 (Gelag) NOTE Paragraph 00:03:14.822 --> 00:03:16.822 Wel, ek is gebore... nee. 00:03:16.822 --> 00:03:17.810 (Gelag) NOTE Paragraph 00:03:19.690 --> 00:03:22.490 Ek't onlangs ’n storie gehoor -- ek vertel dit graag -- 00:03:22.490 --> 00:03:25.220 van ’n dogtertjie in ’n tekenklas. 00:03:25.220 --> 00:03:27.000 Sy was ses, agter in die klas, aan't teken, 00:03:27.000 --> 00:03:29.850 en die juffrou het gesê dié kind het omtrent nooit aandag gegee nie, 00:03:29.850 --> 00:03:32.120 maar in dié tekenklas het sy. 00:03:32.120 --> 00:03:33.506 Die juffrou was gefassineerd. 00:03:33.506 --> 00:03:36.250 Sy't haar gaan vra: "Wat teken jy?" 00:03:36.250 --> 00:03:40.000 Die kind sê toe: "Ek teken ’n prentjie van God." 00:03:40.000 --> 00:03:43.190 En die juffrou sê: "Maar niemand weet hoe God lyk nie." 00:03:43.190 --> 00:03:46.460 En die dogtertjie sê toe: "Hulle sal nou-nou." 00:03:46.460 --> 00:03:52.890 (Gelag) NOTE Paragraph 00:03:56.750 --> 00:03:59.440 Toe my seun vier was in Engeland -- 00:03:59.440 --> 00:04:02.060 eintlik was hy eerlikwaar oral vier. 00:04:02.060 --> 00:04:03.380 (Gelag) 00:04:03.380 --> 00:04:06.470 Strenggesproke, waarookal hy gegaan het, was hy vier daai jaar. 00:04:06.470 --> 00:04:09.660 Hy was in die Kersspel. Onthou julle die storie? 00:04:09.660 --> 00:04:10.870 (Gelag) 00:04:10.870 --> 00:04:12.660 Dit was ’n grote. 00:04:12.660 --> 00:04:15.010 Mel Gibson het die opvolg gedoen. 00:04:15.010 --> 00:04:16.330 (Gelag) 00:04:16.330 --> 00:04:17.650 "Kersspel II." 00:04:19.190 --> 00:04:21.710 James was Josef; ons was in ons noppies. 00:04:21.710 --> 00:04:25.130 Een van die hoofrolle! 00:04:25.130 --> 00:04:27.080 Ons't agente met T-hemde gehad: 00:04:27.080 --> 00:04:29.910 "James Robinson IS Josef!" (Gelag) 00:04:29.910 --> 00:04:31.540 Hy moes niks sê nie, maar julle weet mos, 00:04:31.540 --> 00:04:33.590 wanneer die drie wyse manne inkom? 00:04:33.590 --> 00:04:36.130 Hulle bring goud, wierook [frankincense] en mirre. 00:04:36.130 --> 00:04:37.600 Dit het rêrig gebeur. 00:04:37.600 --> 00:04:40.000 Ek dink hulle't net uit beurt uit gegaan, 00:04:40.000 --> 00:04:41.860 want ons't die seuntjie later gevra: 00:04:41.860 --> 00:04:44.810 "Was jy OK daarmee?" En hy't gesê: "Ja. Was dit dan verkeerd?" 00:04:44.810 --> 00:04:45.840 Hulle't net geruil. 00:04:45.840 --> 00:04:47.000 Die drie seuns kom in -- 00:04:47.000 --> 00:04:49.200 vierjariges met vatdoeke om hulle koppe -- 00:04:49.200 --> 00:04:50.730 en hulle sit die bokse neer, 00:04:50.730 --> 00:04:53.390 en die eerste een sê: "Ek bring vir U goud." 00:04:53.390 --> 00:04:56.200 Die tweede een sê: "Ek bring vir U mirre." 00:04:56.200 --> 00:05:02.130 En die derde een sê: "Frank sent this." (Gelag) 00:05:02.600 --> 00:05:05.600 (Gelag) NOTE Paragraph 00:05:10.590 --> 00:05:14.090 Dit alles om te sê: kinders sal ’n kans vat. 00:05:14.090 --> 00:05:17.470 As hulle nie weet nie, sal hulle probeer. 00:05:17.470 --> 00:05:20.950 Nie waar nie? Hulle's nie bang om verkeerd te wees nie. 00:05:20.950 --> 00:05:25.020 Ek bedoel nie dat verkeerd wees en kreatief wees dieselfde is nie. 00:05:25.020 --> 00:05:28.010 Maar as jy nie bereid is om verkeerd te wees nie, 00:05:28.010 --> 00:05:30.610 sal jy nooit iets oorspronklik uitdink nie -- 00:05:30.610 --> 00:05:33.500 as jy nie bereid is om verkeerd te wees nie. 00:05:33.500 --> 00:05:37.810 Teen die tyd wat hulle groot is, het meeste kinders dié kapasiteit verloor. 00:05:37.810 --> 00:05:40.110 Hulle word bang om verkeerd te wees. 00:05:40.110 --> 00:05:41.770 En ons bestuur ons maatskappye so. 00:05:41.770 --> 00:05:43.390 Ons stigmatiseer foute. 00:05:43.390 --> 00:05:45.640 En nou bedryf ons nasionale opvoedingstelsels 00:05:45.640 --> 00:05:49.610 waar foute die ergste ding is wat ’n mens kan maak. 00:05:49.610 --> 00:05:51.020 En die gevolg is dat 00:05:51.020 --> 00:05:54.230 ons mense uit hulle kreatiewe kapasiteite uit opvoed. NOTE Paragraph 00:05:54.230 --> 00:05:58.760 Picasso het gesê dat alle kinders gebore kunstenaars is. 00:05:58.760 --> 00:06:02.190 Die probleem is om een te bly soos ons grootword. 00:06:02.190 --> 00:06:05.250 Ek glo vas: Ons groei nie in kreatiwiteit in nie, 00:06:05.250 --> 00:06:06.920 ons groei uit dit uit. 00:06:06.920 --> 00:06:09.710 Of ons word uit dit uit opgevoed. 00:06:09.710 --> 00:06:12.190 So hoekom is dit so? NOTE Paragraph 00:06:12.190 --> 00:06:15.010 Ek't tot vyf jaar gelede op Stratford-op-Avon gewoon. 00:06:15.010 --> 00:06:17.970 Ons't van Stratford na Los Angeles getrek. 00:06:17.970 --> 00:06:21.110 So julle kan julle indink wat ’n seepgladde oorgang dit was. 00:06:21.110 --> 00:06:21.980 (Gelag) 00:06:21.980 --> 00:06:24.000 Eintlik het ons in Snitterfield gewoon, 00:06:24.000 --> 00:06:25.540 net buite Stratford, 00:06:25.540 --> 00:06:28.340 en dis waar Shakespeare se pa gebore is. 00:06:28.340 --> 00:06:30.820 Is julle getref deur ’n nuwe gedagte? Ek is. 00:06:30.820 --> 00:06:34.560 Mens dink nie aan Shakespeare as iemand met ’n pa nie. 00:06:34.560 --> 00:06:37.200 Want mens dink nie aan Shakespeare as ’n kind nie. 00:06:37.200 --> 00:06:38.710 Shakespeare op sewe? 00:06:38.710 --> 00:06:40.050 Nooit nie. 00:06:40.050 --> 00:06:42.000 Hy was tog op ’n kol sewe. 00:06:42.000 --> 00:06:46.220 In iemand se Engelse klas. 00:06:46.220 --> 00:06:49.000 (Gelag) 00:06:50.900 --> 00:06:54.333 Hoe irriterend moet dit nie wees nie? 00:06:54.333 --> 00:06:56.976 (Gelag) 00:06:59.906 --> 00:07:02.000 "Moet harder probeer." 00:07:02.000 --> 00:07:03.200 (Gelag) 00:07:05.640 --> 00:07:09.690 Word bed toe gestuur deur sy pa, "Klim in die bed, nou! 00:07:09.690 --> 00:07:11.523 "Een sit neer daai potlood." 00:07:11.523 --> 00:07:12.026 (Gelag) 00:07:12.026 --> 00:07:14.976 "En hou op om so te praat." 00:07:14.976 --> 00:07:16.996 (Gelag) 00:07:17.496 --> 00:07:20.160 "Dit verwar almal." 00:07:20.160 --> 00:07:23.160 (Gelag) NOTE Paragraph 00:07:23.900 --> 00:07:29.550 In elk geval, ons't getrek van Statford na Los Angeles, 00:07:29.550 --> 00:07:31.750 en ek wil net iets sê oor die oorgang. 00:07:31.750 --> 00:07:33.000 My seun wou nie kom nie. 00:07:33.000 --> 00:07:35.900 Ek't twee kinders. Hy's nou 21; my dogter is 16. 00:07:35.900 --> 00:07:38.000 Hy wou nie Los Angeles toe kom nie. 00:07:38.000 --> 00:07:41.970 Hy was mal daaroor, maar hy't ’n meisie in Engeland gehad. 00:07:41.970 --> 00:07:44.820 Die liefde van sy lewe, Sarah. 00:07:44.820 --> 00:07:46.846 Hy't haar al ’n maand geken. 00:07:46.846 --> 00:07:47.763 (Gelag) 00:07:47.763 --> 00:07:50.990 Maar hulle't al vier herdenkings gevier, 00:07:50.990 --> 00:07:52.870 want dis ’n lang tyd op 16. 00:07:52.870 --> 00:07:54.210 Hy was ontsteld op die vlug, 00:07:54.210 --> 00:07:57.090 hy't gesê: "Ek sal nooit weer ’n meisie soos Sarah kry nie." 00:07:57.090 --> 00:08:00.666 Ons was nogals opgemaak daaroor, om die waarheid te sê -- 00:08:00.666 --> 00:08:05.333 (Gelag) 00:08:07.483 --> 00:08:10.800 Sy was die hoofrede hoekom ons landuit is. 00:08:10.800 --> 00:08:12.400 (Gelag) NOTE Paragraph 00:08:15.830 --> 00:08:18.080 Maar iets tref jou wanneer jy Amerika toe trek 00:08:18.080 --> 00:08:19.390 en om die wêreld reis: 00:08:19.390 --> 00:08:23.590 Elke opvoedingstelsel op aarde het dieselfde hiërargie van vakke. 00:08:23.590 --> 00:08:24.790 Elke een. 00:08:24.790 --> 00:08:26.490 Jy sou dink dis anders, maar nee. 00:08:26.490 --> 00:08:28.890 Heel bo is wiskunde en tale, 00:08:28.890 --> 00:08:31.250 dan die wysbegeerte, en heel onder is die kunste. 00:08:31.250 --> 00:08:32.790 Orals op aarde. 00:08:32.790 --> 00:08:37.600 En in min of meer elke stelsel is daar ook ’n hiërargie binne die kunste 00:08:37.600 --> 00:08:40.270 Kuns en musiek kry gewoonlik ’n hoër status in skole 00:08:40.270 --> 00:08:41.770 as drama en dans. 00:08:41.770 --> 00:08:43.930 Daar's geen opvoedingstelsel 00:08:43.930 --> 00:08:45.710 wat dans elke dag vir kinders leer 00:08:45.710 --> 00:08:48.430 soos ons vir hulle wiskunde leer nie. Hoekom? 00:08:48.430 --> 00:08:51.460 Hoekom nie? Ek dink dis nogal belangrik. 00:08:51.460 --> 00:08:53.460 Wiskunde is belangrik, maar dans is ook. 00:08:53.460 --> 00:08:55.920 Kinders dans baie as hulle mag, ons almal doen dit. 00:08:55.920 --> 00:09:00.200 Ons het almal liggame, of hoe? Het ek ’n vergadering misgeloop? 00:09:00.200 --> 00:09:01.440 (Gelag) NOTE Paragraph 00:09:02.200 --> 00:09:04.380 Wat waarlik gebeur is, soos kinders grootword, 00:09:04.380 --> 00:09:07.400 begin ons hulle geleidelik van die middellyf af boontoe opvoed. 00:09:07.400 --> 00:09:09.390 En dan fokus ons op hulle koppe. 00:09:09.390 --> 00:09:12.070 En effens na een kant toe. NOTE Paragraph 00:09:12.070 --> 00:09:14.260 As jy opvoeding sou besoek, as ’n ruimtewese, 00:09:14.260 --> 00:09:17.170 en sê: "Waarvoor is openbare opvoeding?" 00:09:17.170 --> 00:09:19.570 sou jy moes aflei -- as jy kyk na die uitset, 00:09:19.570 --> 00:09:21.110 wie behaal sukses hierdeur, 00:09:21.110 --> 00:09:23.000 wie doen alles wat hulle moet, 00:09:23.000 --> 00:09:26.000 wie kry al die "brownie points", wie is die wenners -- 00:09:26.000 --> 00:09:29.000 sou jy moes aflei dat die hele doel van openbare opvoeding 00:09:29.000 --> 00:09:30.143 regoor die wêreld 00:09:30.143 --> 00:09:32.825 is om universiteitsprofessors te lewer. 00:09:32.825 --> 00:09:33.637 Of hoe? 00:09:33.637 --> 00:09:35.240 Hulle's die mense wat bo uitkom. 00:09:35.240 --> 00:09:38.000 En ek was een, so vat so. 00:09:38.000 --> 00:09:40.000 (Gelag) 00:09:41.750 --> 00:09:43.710 En ek hou van hulle, maar julle weet, 00:09:43.710 --> 00:09:46.650 ons moet hulle nie as die hoogtepunt 00:09:46.650 --> 00:09:48.210 van alle prestasie voorhou nie. 00:09:48.210 --> 00:09:50.180 Hulle's net ’n vorm van lewe, 00:09:50.180 --> 00:09:51.653 nog ’n vorm van lewe. 00:09:51.653 --> 00:09:54.516 Maar hulle's nogal vreemd, en ek sê dit uit toegeneentheid. 00:09:54.516 --> 00:09:57.000 Daar's iets vreemd omtrent hulle in my ervaring -- 00:09:57.000 --> 00:10:00.000 nie almal nie, maar tipies, lewe hulle in hul koppe. 00:10:00.000 --> 00:10:03.770 Hulle lewe daar bo, en effens na een kant toe. 00:10:03.770 --> 00:10:07.090 Hulle's ontliggaam, julle weet, op ’n soortvan letterlike manier. 00:10:07.090 --> 00:10:12.010 Hulle sien hul liggame as ’n vervoermiddel vir hul koppe. 00:10:12.010 --> 00:10:14.000 (Gelag) 00:10:16.360 --> 00:10:17.650 Of hoe? 00:10:17.650 --> 00:10:21.440 Dis ’n manier om hulle koppe by vergaderings te kry. 00:10:21.440 --> 00:10:23.750 (Gelag) NOTE Paragraph 00:10:25.020 --> 00:10:28.990 As julle ware bewys soek van buiteliggaamlike ervarings, 00:10:28.990 --> 00:10:32.720 besoek ’n residensiële konferensie van senior akademici, 00:10:32.720 --> 00:10:35.650 en maak ’n draai by die sokkie op die laaste aand. 00:10:35.650 --> 00:10:37.470 (Gelag) 00:10:37.470 --> 00:10:38.940 En daar sal julle dit sien. 00:10:38.940 --> 00:10:43.280 Volwasse mans en vroue wat ritmeloos wriemel. 00:10:43.280 --> 00:10:44.580 (Gelag) 00:10:45.960 --> 00:10:49.840 In afwagting van die einde om tuis ’n artikel daaroor te gaan skryf. 00:10:49.840 --> 00:10:50.810 (Gelag) NOTE Paragraph 00:10:50.990 --> 00:10:55.090 Ons opvoedingstelsel berus op die idee van akademiese vaardigheid. 00:10:55.090 --> 00:10:56.430 En daar's ’n rede daarvoor. 00:10:56.430 --> 00:11:00.280 Regoor die wêreld was daar geen openbare opvoedingstelsels 00:11:00.280 --> 00:11:02.100 voor die 19de eeu nie. 00:11:02.100 --> 00:11:05.470 Hulle't almal moes in die behoeftes van industrialisme voorsien. 00:11:05.470 --> 00:11:07.730 Die hierargie is gewortel in twee idees. NOTE Paragraph 00:11:07.730 --> 00:11:12.230 Een, dat die mees nuttige vakke vir werk heel bo is. 00:11:12.230 --> 00:11:15.130 So op skool is jy waarskynlik goedgunstiglik van 00:11:15.130 --> 00:11:17.020 goed waarvan jy gehou het weggestuur, 00:11:17.020 --> 00:11:20.190 op grond daarvan dat jy nooit ’n werk daardeur sou kry nie. Nè? 00:11:20.190 --> 00:11:22.180 Nie musiek nie, jy sal nie ’n musikant word nie; 00:11:22.180 --> 00:11:24.490 nie kuns nie, jy sal nie ’n kunstenaar word nie. 00:11:24.490 --> 00:11:28.180 Goedgunstige advies -- nou, uiters verkeerd. 00:11:28.180 --> 00:11:30.370 Die hele wêreld is verswelg in ’n rewolusie. NOTE Paragraph 00:11:30.370 --> 00:11:32.570 En die tweede is akademiese vaardigheid, 00:11:32.570 --> 00:11:34.500 wat ons idee van intelligensie oorskadu, 00:11:34.500 --> 00:11:37.930 omdat die universiteite die stelsel na hul eie beeld ontwerp het. 00:11:37.930 --> 00:11:40.730 Die hele stelsel regoor die wêreld 00:11:40.730 --> 00:11:43.700 is ’n uitgerekte proses van universiteitstoelating. 00:11:43.700 --> 00:11:46.000 En die gevolg is dat baie uiters talentvolle, 00:11:46.000 --> 00:11:49.040 briljante, kreatiewe mense dink dat hulle nie is nie, 00:11:49.040 --> 00:11:50.970 omdat dit waarin hulle goed was op skool 00:11:50.970 --> 00:11:53.520 nie waardeer is nie, of selfs gestigmatiseer is. 00:11:53.520 --> 00:11:55.700 En ons kan bekostig om so voort te gaan nie. NOTE Paragraph 00:11:55.700 --> 00:11:58.000 In die volgende 30 jaar, volgens UNESCO, 00:11:58.000 --> 00:12:01.280 gaan meer mense wêreldwyd deur opvoeding gradueer 00:12:01.280 --> 00:12:04.730 as sedert die begin van geskiedenis. 00:12:04.730 --> 00:12:06.650 En dis die kombinasie van al ons temas -- 00:12:06.650 --> 00:12:09.050 tegnologie en hoe dit werk getransformeer het, 00:12:09.050 --> 00:12:12.340 en demografie en die massiewe bevolkingsontploffing. NOTE Paragraph 00:12:12.340 --> 00:12:15.220 Skielik is grade niks werd nie. 00:12:15.220 --> 00:12:16.940 Nie waar nie? 00:12:16.940 --> 00:12:20.120 Toe ek ’n student was, het jy met ’n graad ’n werk gehad. 00:12:20.120 --> 00:12:22.940 As jy nie ’n werk gehad het nie, wou jy nie een hê nie. 00:12:22.940 --> 00:12:26.630 En ek wou nie een hê nie, om die waarheid te sê. (Gelag) 00:12:26.630 --> 00:12:29.450 Maar deesdae is kinders met grade 00:12:29.450 --> 00:12:32.440 gereeld oppad huis toe om verder te gaan TV speletjies speel, 00:12:32.440 --> 00:12:35.350 omdat jy ’n MA nodig het waar ’n BA voorheen voldoende was, 00:12:35.350 --> 00:12:37.000 en ’n PhD vir die volgende een. 00:12:37.000 --> 00:12:39.000 Dis ’n proses van akademiese inflasie. 00:12:39.000 --> 00:12:40.730 Die hele struktuur van opvoeding 00:12:40.730 --> 00:12:42.380 is besig om onder ons te skuif. 00:12:42.380 --> 00:12:44.730 Ons moet ons siening van intelligensie hersien. NOTE Paragraph 00:12:44.730 --> 00:12:46.130 Ons weet drie dinge. 00:12:46.130 --> 00:12:47.790 Een, dis divers. 00:12:47.790 --> 00:12:50.700 Ons dink oor die wêreld op al die maniere wat ons dit ervaar. 00:12:50.700 --> 00:12:53.700 Ons dink visueel, ons dink in klank, ons dink kineties. 00:12:53.700 --> 00:12:56.600 Ons dink in abstrakte terme, ons dink in beweging. 00:12:56.600 --> 00:12:59.680 Tweedens, intelligensie is dinamies. 00:12:59.680 --> 00:13:02.000 Kyk na die interaksies van ’n menslike brein: 00:13:02.000 --> 00:13:05.000 soos ons gister tydens heelwat aanbiedings gehoor het, 00:13:05.000 --> 00:13:07.390 is intelligensie wonderlik interaktief. 00:13:07.390 --> 00:13:10.000 Die brein is nie opgedeel in kompartemente nie. 00:13:10.000 --> 00:13:11.680 Inderwaarheid, is kreatiwiteit -- 00:13:11.680 --> 00:13:15.710 wat ek definieer as die proses van oorspronklike idees met waarde hê -- 00:13:15.710 --> 00:13:18.900 gewoonlik iets wat gebeur deur die interaksie 00:13:18.900 --> 00:13:22.020 van verskillende maniere van dinge sien. NOTE Paragraph 00:13:22.020 --> 00:13:26.140 Daar's ’n senuweebundel wat die twee helftes van die brein verbind: 00:13:26.140 --> 00:13:27.443 die corpus callosum. 00:13:27.443 --> 00:13:29.666 Dis dikker by vroue. 00:13:29.666 --> 00:13:31.280 Om aan te sluit by Helen gister: 00:13:31.280 --> 00:13:34.350 Dis waarskynlik hoekom vroue beter is met "multi-tasking". 00:13:34.350 --> 00:13:36.440 Want julle is mos, nè? 00:13:36.440 --> 00:13:39.860 Daar's baie navorsing, maar ek ervaar dit persoonlik. 00:13:39.860 --> 00:13:46.150 As my vrou tuis iets kook -- nie gereeld nie, dankie tog. 00:13:46.150 --> 00:13:47.520 (Gelag) 00:13:48.310 --> 00:13:50.590 Nee, sy het talente -- maar as sy kook, 00:13:50.590 --> 00:13:52.170 hanteer sy foonoproepe, 00:13:52.170 --> 00:13:55.690 praat sy met die kinders, verf sy die plafon. 00:13:55.690 --> 00:13:58.180 Sy doen ’n oophart-operasie hier. 00:13:58.180 --> 00:14:01.480 As ek kook, is die deur toe, die kinders is uit, 00:14:01.480 --> 00:14:04.420 die foon is op die mik, as sy inkom raak ek geïrriteerd. 00:14:04.420 --> 00:14:10.210 Ek sê: "Terry, asseblief, ek probeer ’n eier bak hier." 00:14:10.210 --> 00:14:13.020 (Gelag) 00:14:14.520 --> 00:14:16.333 "Gee my tog ’n kans." 00:14:16.333 --> 00:14:17.526 (Gelag) NOTE Paragraph 00:14:17.526 --> 00:14:19.880 Ken julle daai ou filosofiese ding, 00:14:19.880 --> 00:14:23.390 as ’n boom in die bos val en niemand hoor dit nie, het dit gebeur? 00:14:23.390 --> 00:14:24.770 Onthou julle daai ou sê-ding? 00:14:24.770 --> 00:14:27.760 Ek't onlangs ’n goeie T-hemp gesien: 00:14:27.760 --> 00:14:31.130 "As ’n man homself uitspreek in ’n bos, en geen vrou hoor hom nie, 00:14:31.130 --> 00:14:35.590 is hy steeds verkeerd?" 00:14:35.590 --> 00:14:38.130 (Gelag) NOTE Paragraph 00:14:40.290 --> 00:14:42.350 En die derde ding omtrent intelligensie is, 00:14:42.350 --> 00:14:44.400 dis spesifiek. 00:14:44.400 --> 00:14:46.730 Ek skryf tans aan ’n nuwe boek -- "Epiphany" -- 00:14:46.730 --> 00:14:48.743 gebaseer op ’n reeks onderhoude met mense 00:14:48.743 --> 00:14:50.576 oor hoe hulle hul talent ontdek het. 00:14:50.576 --> 00:14:53.070 Dis fassinerend hoe mense daar uitgekom het. 00:14:53.070 --> 00:14:55.660 Dis aangespoor deur ’n gesprek met ’n wonderlike vrou 00:14:55.660 --> 00:14:58.000 wat baie mense nie ken nie, Gillian Lynne. 00:14:58.000 --> 00:15:00.350 Al gehoor? Sommige het. 00:15:00.350 --> 00:15:02.360 Sy's ’n choreograaf; almal ken haar werk. 00:15:02.360 --> 00:15:04.830 Sy't "Cats" en "Phantom of the Opera" gedoen. 00:15:04.830 --> 00:15:05.760 Sy's wonderlik. 00:15:05.760 --> 00:15:08.620 Ek was van te vore raadslid van die Koninklike Ballet, 00:15:08.620 --> 00:15:11.240 soos julle kan sien. 00:15:11.240 --> 00:15:12.560 Ek't haar eendag gevra: 00:15:12.560 --> 00:15:14.460 "Gillian, hoe't jy ’n danser geword?" 00:15:14.460 --> 00:15:15.446 Dit was interessant. 00:15:15.446 --> 00:15:17.673 Toe sy op skool was, was sy rêrig hopeloos. 00:15:17.673 --> 00:15:20.640 En die skool, in die 30's, skryf toe vir haar ouers: 00:15:20.640 --> 00:15:22.980 "Ons dink Gillian het ’n leerprobleem." 00:15:22.980 --> 00:15:24.980 Sy kon nie konsentreer nie, sy't gevroetel. 00:15:24.980 --> 00:15:28.610 Ek dink deesdae sou hulle sê sy't AGHS. Sou julle nie ook nie? 00:15:28.610 --> 00:15:33.020 Maar dit was die 1930's, en aandagafleibaarheid 00:15:33.020 --> 00:15:36.030 was nog nie ’n beskikbare kwaal nie. 00:15:36.030 --> 00:15:38.130 (Gelag) 00:15:38.130 --> 00:15:41.100 Mense was nie bewus hulle kon daaraan ly nie. 00:15:41.100 --> 00:15:42.500 (Gelag) NOTE Paragraph 00:15:42.500 --> 00:15:46.800 In elk geval, sy gaan sien toe ’n spesialis. 00:15:46.800 --> 00:15:50.000 So sy's in ’n eikepaneel kamer met haar ma 00:15:50.000 --> 00:15:52.710 en sy't op ’n stoel se punt gaan sit, 00:15:52.710 --> 00:15:55.770 op haar hande vir 20 minute, terwyl die man met haar ma praat 00:15:55.770 --> 00:15:59.250 oor al die probleme wat Gillian by die skool het. 00:15:59.250 --> 00:16:01.980 Want sy't ander ontwrig; huiswerk altyd laat; ens. -- 00:16:01.980 --> 00:16:03.000 kleine kind van agt. 00:16:03.000 --> 00:16:06.580 Op die ou end, gaan sit die dokter langs Gillian en sê: 00:16:06.580 --> 00:16:09.710 "Gillian, ek't nou geluister na alles wat jou ma my vertel het, 00:16:09.710 --> 00:16:12.400 nou moet ek privaat met haar gesels. 00:16:12.400 --> 00:16:14.810 "Wag hier, ons is nou-nou terug." 00:16:14.810 --> 00:16:16.260 En hulle't haar daar gelos. NOTE Paragraph 00:16:16.260 --> 00:16:17.730 Maar soos hulle uitgegaan het, 00:16:17.730 --> 00:16:20.820 het hy die radio op sy lessenaar aangesit. 00:16:20.820 --> 00:16:24.470 En toe hulle uit is, sê hy vir haar ma: "Hou haar net dop." 00:16:24.470 --> 00:16:27.210 En die oomblik toe hulle uit is, 00:16:27.210 --> 00:16:30.040 was sy op haar voete, bewegend op die maat van die musiek. 00:16:30.040 --> 00:16:32.910 Hulle't vir ’n paar minute gekyk en toe sê hy vir haar ma: 00:16:32.910 --> 00:16:38.490 "Mev. Lynne, Gillian is nie siek nie; sy's ’n danser. 00:16:38.490 --> 00:16:40.100 "Neem haar na ’n dansskool toe." NOTE Paragraph 00:16:40.100 --> 00:16:41.170 Ek vra: "En toe?" 00:16:41.170 --> 00:16:44.180 "Sy het. Ek kan nie vir jou sê hoe wonderlik dit was nie. 00:16:44.180 --> 00:16:46.920 "Ons't in ’n kamer ingeloop en dit was vol mense soos ek. 00:16:46.920 --> 00:16:49.270 "Mense wat nie kon stilsit nie. 00:16:49.270 --> 00:16:53.920 "Mense wat moes beweeg om te dink." 00:16:53.920 --> 00:16:57.490 Hulle't ballet gedoen, en tap, jazz en moderne en kontemporêre dans. 00:16:57.490 --> 00:17:00.000 Sy't vir die Koninklike Ballet oudisie gedoen; 00:17:00.000 --> 00:17:02.780 ’n solois geword; ’n wonderlike loopbaan daar gehad. 00:17:02.780 --> 00:17:05.180 Sy't gegradueer van die Koninklike Balletskool, 00:17:05.180 --> 00:17:07.870 die Gillian Lynne Dance Company gestig, 00:17:07.870 --> 00:17:09.310 en Andrew Lloyd Weber ontmoet. 00:17:09.310 --> 00:17:10.320 Sy's verantwoordelik 00:17:10.320 --> 00:17:13.070 vir van die suksesvolste musikale teater produksies ooit, 00:17:13.070 --> 00:17:16.040 sy't al aan miljoene plesier gegee, en sy's ’n multi-millionêr. 00:17:16.040 --> 00:17:21.520 Iemand anders het haar dalk op medikasie gesit en gesê om te kalmeer. 00:17:22.410 --> 00:17:25.150 (Applous) NOTE Paragraph 00:17:28.730 --> 00:17:30.110 Waarop dit neerkom is dit: 00:17:30.110 --> 00:17:31.930 Al Gore het die ander aand gepraat 00:17:31.930 --> 00:17:37.120 oor ekologie en die rewolusie wat ontketen is deur Rachel Carson. 00:17:37.120 --> 00:17:39.420 Ek glo ons enigste hoop vir die toekoms 00:17:39.420 --> 00:17:43.290 is om ’n nuwe idee van menslike ekologie aan te neem, 00:17:43.290 --> 00:17:45.770 een waarin ons begin om ons konsep 00:17:45.770 --> 00:17:48.120 van menslike kapasiteit se rykdom te hersien. 00:17:48.120 --> 00:17:51.730 Ons opvoedingstelsel het ons breine gemyn 00:17:51.730 --> 00:17:55.420 soos ons die aarde stroopmyn: vir ’n spesifieke kommoditeit. 00:17:55.420 --> 00:17:58.080 En vir die toekoms, sal dit ons nie dien nie. 00:17:58.080 --> 00:18:00.000 Ons moet die fundamentele beginsels 00:18:00.000 --> 00:18:02.390 waarmee ons ons kinders opvoed, heroorweeg. NOTE Paragraph 00:18:02.390 --> 00:18:05.160 Jonas Salk het gesê: 00:18:05.160 --> 00:18:09.900 "As al die insekte van die aarde af sou verdwyn, 00:18:09.900 --> 00:18:13.880 sou alle lewe op aarde binne 50 jaar uitsterf. 00:18:13.880 --> 00:18:17.130 "As al die mense van die aarde af sou verdwyn, 00:18:17.130 --> 00:18:20.370 sou alle vorms van lewe binne 50 jaar floreer." 00:18:20.370 --> 00:18:22.420 En hy's reg. NOTE Paragraph 00:18:22.420 --> 00:18:26.720 Wat TED vier is die skat van die menselike verbeeldingsin. 00:18:26.720 --> 00:18:28.530 Ons moet nou versigtig wees 00:18:28.530 --> 00:18:30.820 dat ons dit met wysheid gebruik 00:18:30.820 --> 00:18:34.340 en dat ons van die senarios vermy waaroor ons gepraat het. 00:18:34.340 --> 00:18:38.000 En die enigste manier is om ons kreatiewe kapasiteite te sien 00:18:38.000 --> 00:18:40.000 vir die rykdom wat hulle is 00:18:40.000 --> 00:18:43.000 en ons kinders te sien vir die hoop wat hulle is. 00:18:43.000 --> 00:18:45.240 Ons opdrag is om hulle hele wese op te voed, 00:18:45.240 --> 00:18:47.120 om hierdie toekoms te kan trotseer. 00:18:47.120 --> 00:18:49.000 Ons sien dalk nie hierdie toekoms nie, 00:18:49.000 --> 00:18:50.760 maar hulle sal. 00:18:50.760 --> 00:18:53.810 En ons plig is om hulle te help om iets daarvan te maak. NOTE Paragraph 00:18:53.810 --> 00:18:56.000 Baie dankie. NOTE Paragraph 00:18:56.700 --> 00:19:00.460 (Applous)