1 00:00:02,050 --> 00:00:05,310 Goeie môre. Hoe gaan dit? 2 00:00:05,310 --> 00:00:06,280 (Gelag) 3 00:00:06,280 --> 00:00:08,670 Dis fantasties sover, of hoe? 4 00:00:08,670 --> 00:00:11,000 Die hele ding het my stomgeslaan. 5 00:00:11,000 --> 00:00:12,680 Eintlik is ek op pad. 6 00:00:12,680 --> 00:00:14,880 (Gelag) 7 00:00:18,150 --> 00:00:20,140 Daar was drie temas sover, 8 00:00:20,140 --> 00:00:23,810 deur die konferensie, wat betrekking het op my praatjie. 9 00:00:23,810 --> 00:00:28,460 Een is die ongelooflike bewyse van menslike kreatiwiteit 10 00:00:28,460 --> 00:00:31,130 in al die aanbiedings 11 00:00:31,130 --> 00:00:33,260 en in al die mense hier. 12 00:00:33,260 --> 00:00:36,400 Net die blote verskeidenheid en omvang daarvan. 13 00:00:36,400 --> 00:00:38,550 Tweedens is ons op ’n plek 14 00:00:38,550 --> 00:00:41,100 waar ons geen idee het wat gaan gebeur nie, 15 00:00:41,100 --> 00:00:42,520 ten opsigte van die toekoms. 16 00:00:42,520 --> 00:00:45,290 Geen idee hoe dinge dalk sal verloop nie. 17 00:00:45,290 --> 00:00:47,410 Ek't ’n belang by opvoedkunde. 18 00:00:47,410 --> 00:00:51,430 Eintlik het ons almal ’n belang by opvoedkunde. 19 00:00:51,430 --> 00:00:52,666 Het julle nie? 20 00:00:52,666 --> 00:00:54,333 Dis baie interessant. 21 00:00:54,333 --> 00:00:56,000 As jy by ’n ete is, 22 00:00:56,000 --> 00:00:58,380 en jy sê jy werk in opvoedkunde -- 23 00:00:58,380 --> 00:01:03,000 eintlik, om die waarheid te sê, is jy nie gereeld by etes nie. 24 00:01:03,000 --> 00:01:04,990 (Gelag) 25 00:01:04,990 --> 00:01:08,290 As jy in opvoedkunde werk, word jy nie genooi nie. 26 00:01:08,290 --> 00:01:10,320 (Gelag) 27 00:01:10,320 --> 00:01:14,460 En jy word nooit teruggenooi nie, snaaks genoeg. Dis vir my vreemd. 28 00:01:14,460 --> 00:01:17,190 Maar as jy is, en iemand vra: 29 00:01:17,190 --> 00:01:18,350 "Wat doen jy vir ’n lewe?" 30 00:01:18,350 --> 00:01:20,000 en jy sê jy werk in opvoedkunde, 31 00:01:20,000 --> 00:01:21,680 sien jy hoe hulle verbleek. 32 00:01:21,680 --> 00:01:25,170 Hulle's soos: "Aggenee, hoekom ek?" 33 00:01:25,170 --> 00:01:26,280 (Gelag) 34 00:01:26,280 --> 00:01:29,111 "My een aand uit hierdie hele week." 35 00:01:29,111 --> 00:01:30,472 (Gelag) 36 00:01:30,472 --> 00:01:33,696 Maar as jy iemand vra oor hulle opvoeding, druk hulle jou in ’n hoek vas. 37 00:01:33,696 --> 00:01:37,070 Want dis een van daai dinge wat mense na aan die hart lê, is ek reg? 38 00:01:37,070 --> 00:01:40,720 Soos geloof, en geld en ander dinge. 39 00:01:42,400 --> 00:01:45,480 Ek't ’n groot belang by opvoedkunde en ek dink ons almal het -- 40 00:01:45,480 --> 00:01:46,910 ’n groot persoonlike belang -- 41 00:01:46,910 --> 00:01:48,930 deels omdat dit opvoeding is 42 00:01:48,930 --> 00:01:51,930 wat ons in hierdie onbegryplike toekoms moet in neem. 43 00:01:51,930 --> 00:01:55,500 Dink net, kinders wat dié jaar skool begin 44 00:01:55,500 --> 00:02:00,240 tree af in 2065. 45 00:02:00,240 --> 00:02:01,990 Niemand het ’n idee -- 46 00:02:01,990 --> 00:02:05,720 ten spyte van al die kennis wat die laaste vier dae hier vertoon is -- 47 00:02:05,720 --> 00:02:07,860 hoe die wêreld gaan lyk oor vyf jaar nie. 48 00:02:07,860 --> 00:02:10,340 En tog moet ons hulle daarvoor opvoed. 49 00:02:10,340 --> 00:02:12,950 So die onvoorspelbaarheid is ongelooflik. 50 00:02:12,950 --> 00:02:14,560 En die derde deel is dat 51 00:02:14,560 --> 00:02:17,510 ons almal nietemin saamgestem het 52 00:02:17,510 --> 00:02:21,980 oor die werklik buitengewone kapasiteite wat kinders het -- 53 00:02:21,980 --> 00:02:24,336 hulle kapasiteite vir innovasie. 54 00:02:24,336 --> 00:02:27,173 Sirena gisteraand was ongelooflik. 55 00:02:27,173 --> 00:02:29,070 Net om te sien wat sy kan doen. 56 00:02:29,070 --> 00:02:33,500 En sy's uitsonderlik, maar ek dink nie 57 00:02:33,500 --> 00:02:37,170 sy's uitsonderlik in die geheel van kindwees nie. 58 00:02:37,170 --> 00:02:39,190 Sy's ’n buitengewoon toegewyde persoon 59 00:02:39,190 --> 00:02:40,630 wat ’n talent gevind het. 60 00:02:40,630 --> 00:02:43,080 Ek voer aan dat alle kinders geweldige talente het. 61 00:02:43,080 --> 00:02:46,310 En ons vermors dit, nogal meedoënloos. 62 00:02:46,310 --> 00:02:48,000 So ek wil praat oor opvoedkunde 63 00:02:48,000 --> 00:02:50,270 en ek wil praat oor kreatiwiteit. 64 00:02:50,270 --> 00:02:56,040 Kreatiwiteit is nou net so belangrik soos geletterheid in opvoeding 65 00:02:56,040 --> 00:02:59,730 en ons moet dit dieselfde status toeken. 66 00:02:59,730 --> 00:03:01,960 (Applous) Dankie. 67 00:03:01,960 --> 00:03:04,790 (Applous) 68 00:03:05,560 --> 00:03:07,320 Dit was dit, terloops. 69 00:03:07,320 --> 00:03:08,386 Baie dankie. 70 00:03:08,386 --> 00:03:09,884 (Gelag) 71 00:03:10,324 --> 00:03:12,444 So, nog 15 minute. 72 00:03:12,444 --> 00:03:14,822 (Gelag) 73 00:03:14,822 --> 00:03:16,822 Wel, ek is gebore... nee. 74 00:03:16,822 --> 00:03:17,810 (Gelag) 75 00:03:19,690 --> 00:03:22,490 Ek't onlangs ’n storie gehoor -- ek vertel dit graag -- 76 00:03:22,490 --> 00:03:25,220 van ’n dogtertjie in ’n tekenklas. 77 00:03:25,220 --> 00:03:27,000 Sy was ses, agter in die klas, aan't teken, 78 00:03:27,000 --> 00:03:29,850 en die juffrou het gesê dié kind het omtrent nooit aandag gegee nie, 79 00:03:29,850 --> 00:03:32,120 maar in dié tekenklas het sy. 80 00:03:32,120 --> 00:03:33,506 Die juffrou was gefassineerd. 81 00:03:33,506 --> 00:03:36,250 Sy't haar gaan vra: "Wat teken jy?" 82 00:03:36,250 --> 00:03:40,000 Die kind sê toe: "Ek teken ’n prentjie van God." 83 00:03:40,000 --> 00:03:43,190 En die juffrou sê: "Maar niemand weet hoe God lyk nie." 84 00:03:43,190 --> 00:03:46,460 En die dogtertjie sê toe: "Hulle sal nou-nou." 85 00:03:46,460 --> 00:03:52,890 (Gelag) 86 00:03:56,750 --> 00:03:59,440 Toe my seun vier was in Engeland -- 87 00:03:59,440 --> 00:04:02,060 eintlik was hy eerlikwaar oral vier. 88 00:04:02,060 --> 00:04:03,380 (Gelag) 89 00:04:03,380 --> 00:04:06,470 Strenggesproke, waarookal hy gegaan het, was hy vier daai jaar. 90 00:04:06,470 --> 00:04:09,660 Hy was in die Kersspel. Onthou julle die storie? 91 00:04:09,660 --> 00:04:10,870 (Gelag) 92 00:04:10,870 --> 00:04:12,660 Dit was ’n grote. 93 00:04:12,660 --> 00:04:15,010 Mel Gibson het die opvolg gedoen. 94 00:04:15,010 --> 00:04:16,330 (Gelag) 95 00:04:16,330 --> 00:04:17,650 "Kersspel II." 96 00:04:19,190 --> 00:04:21,710 James was Josef; ons was in ons noppies. 97 00:04:21,710 --> 00:04:25,130 Een van die hoofrolle! 98 00:04:25,130 --> 00:04:27,080 Ons't agente met T-hemde gehad: 99 00:04:27,080 --> 00:04:29,910 "James Robinson IS Josef!" (Gelag) 100 00:04:29,910 --> 00:04:31,540 Hy moes niks sê nie, maar julle weet mos, 101 00:04:31,540 --> 00:04:33,590 wanneer die drie wyse manne inkom? 102 00:04:33,590 --> 00:04:36,130 Hulle bring goud, wierook [frankincense] en mirre. 103 00:04:36,130 --> 00:04:37,600 Dit het rêrig gebeur. 104 00:04:37,600 --> 00:04:40,000 Ek dink hulle't net uit beurt uit gegaan, 105 00:04:40,000 --> 00:04:41,860 want ons't die seuntjie later gevra: 106 00:04:41,860 --> 00:04:44,810 "Was jy OK daarmee?" En hy't gesê: "Ja. Was dit dan verkeerd?" 107 00:04:44,810 --> 00:04:45,840 Hulle't net geruil. 108 00:04:45,840 --> 00:04:47,000 Die drie seuns kom in -- 109 00:04:47,000 --> 00:04:49,200 vierjariges met vatdoeke om hulle koppe -- 110 00:04:49,200 --> 00:04:50,730 en hulle sit die bokse neer, 111 00:04:50,730 --> 00:04:53,390 en die eerste een sê: "Ek bring vir U goud." 112 00:04:53,390 --> 00:04:56,200 Die tweede een sê: "Ek bring vir U mirre." 113 00:04:56,200 --> 00:05:02,130 En die derde een sê: "Frank sent this." (Gelag) 114 00:05:02,600 --> 00:05:05,600 (Gelag) 115 00:05:10,590 --> 00:05:14,090 Dit alles om te sê: kinders sal ’n kans vat. 116 00:05:14,090 --> 00:05:17,470 As hulle nie weet nie, sal hulle probeer. 117 00:05:17,470 --> 00:05:20,950 Nie waar nie? Hulle's nie bang om verkeerd te wees nie. 118 00:05:20,950 --> 00:05:25,020 Ek bedoel nie dat verkeerd wees en kreatief wees dieselfde is nie. 119 00:05:25,020 --> 00:05:28,010 Maar as jy nie bereid is om verkeerd te wees nie, 120 00:05:28,010 --> 00:05:30,610 sal jy nooit iets oorspronklik uitdink nie -- 121 00:05:30,610 --> 00:05:33,500 as jy nie bereid is om verkeerd te wees nie. 122 00:05:33,500 --> 00:05:37,810 Teen die tyd wat hulle groot is, het meeste kinders dié kapasiteit verloor. 123 00:05:37,810 --> 00:05:40,110 Hulle word bang om verkeerd te wees. 124 00:05:40,110 --> 00:05:41,770 En ons bestuur ons maatskappye so. 125 00:05:41,770 --> 00:05:43,390 Ons stigmatiseer foute. 126 00:05:43,390 --> 00:05:45,640 En nou bedryf ons nasionale opvoedingstelsels 127 00:05:45,640 --> 00:05:49,610 waar foute die ergste ding is wat ’n mens kan maak. 128 00:05:49,610 --> 00:05:51,020 En die gevolg is dat 129 00:05:51,020 --> 00:05:54,230 ons mense uit hulle kreatiewe kapasiteite uit opvoed. 130 00:05:54,230 --> 00:05:58,760 Picasso het gesê dat alle kinders gebore kunstenaars is. 131 00:05:58,760 --> 00:06:02,190 Die probleem is om een te bly soos ons grootword. 132 00:06:02,190 --> 00:06:05,250 Ek glo vas: Ons groei nie in kreatiwiteit in nie, 133 00:06:05,250 --> 00:06:06,920 ons groei uit dit uit. 134 00:06:06,920 --> 00:06:09,710 Of ons word uit dit uit opgevoed. 135 00:06:09,710 --> 00:06:12,190 So hoekom is dit so? 136 00:06:12,190 --> 00:06:15,010 Ek't tot vyf jaar gelede op Stratford-op-Avon gewoon. 137 00:06:15,010 --> 00:06:17,970 Ons't van Stratford na Los Angeles getrek. 138 00:06:17,970 --> 00:06:21,110 So julle kan julle indink wat ’n seepgladde oorgang dit was. 139 00:06:21,110 --> 00:06:21,980 (Gelag) 140 00:06:21,980 --> 00:06:24,000 Eintlik het ons in Snitterfield gewoon, 141 00:06:24,000 --> 00:06:25,540 net buite Stratford, 142 00:06:25,540 --> 00:06:28,340 en dis waar Shakespeare se pa gebore is. 143 00:06:28,340 --> 00:06:30,820 Is julle getref deur ’n nuwe gedagte? Ek is. 144 00:06:30,820 --> 00:06:34,560 Mens dink nie aan Shakespeare as iemand met ’n pa nie. 145 00:06:34,560 --> 00:06:37,200 Want mens dink nie aan Shakespeare as ’n kind nie. 146 00:06:37,200 --> 00:06:38,710 Shakespeare op sewe? 147 00:06:38,710 --> 00:06:40,050 Nooit nie. 148 00:06:40,050 --> 00:06:42,000 Hy was tog op ’n kol sewe. 149 00:06:42,000 --> 00:06:46,220 In iemand se Engelse klas. 150 00:06:46,220 --> 00:06:49,000 (Gelag) 151 00:06:50,900 --> 00:06:54,333 Hoe irriterend moet dit nie wees nie? 152 00:06:54,333 --> 00:06:56,976 (Gelag) 153 00:06:59,906 --> 00:07:02,000 "Moet harder probeer." 154 00:07:02,000 --> 00:07:03,200 (Gelag) 155 00:07:05,640 --> 00:07:09,690 Word bed toe gestuur deur sy pa, "Klim in die bed, nou! 156 00:07:09,690 --> 00:07:11,523 "Een sit neer daai potlood." 157 00:07:11,523 --> 00:07:12,026 (Gelag) 158 00:07:12,026 --> 00:07:14,976 "En hou op om so te praat." 159 00:07:14,976 --> 00:07:16,996 (Gelag) 160 00:07:17,496 --> 00:07:20,160 "Dit verwar almal." 161 00:07:20,160 --> 00:07:23,160 (Gelag) 162 00:07:23,900 --> 00:07:29,550 In elk geval, ons't getrek van Statford na Los Angeles, 163 00:07:29,550 --> 00:07:31,750 en ek wil net iets sê oor die oorgang. 164 00:07:31,750 --> 00:07:33,000 My seun wou nie kom nie. 165 00:07:33,000 --> 00:07:35,900 Ek't twee kinders. Hy's nou 21; my dogter is 16. 166 00:07:35,900 --> 00:07:38,000 Hy wou nie Los Angeles toe kom nie. 167 00:07:38,000 --> 00:07:41,970 Hy was mal daaroor, maar hy't ’n meisie in Engeland gehad. 168 00:07:41,970 --> 00:07:44,820 Die liefde van sy lewe, Sarah. 169 00:07:44,820 --> 00:07:46,846 Hy't haar al ’n maand geken. 170 00:07:46,846 --> 00:07:47,763 (Gelag) 171 00:07:47,763 --> 00:07:50,990 Maar hulle't al vier herdenkings gevier, 172 00:07:50,990 --> 00:07:52,870 want dis ’n lang tyd op 16. 173 00:07:52,870 --> 00:07:54,210 Hy was ontsteld op die vlug, 174 00:07:54,210 --> 00:07:57,090 hy't gesê: "Ek sal nooit weer ’n meisie soos Sarah kry nie." 175 00:07:57,090 --> 00:08:00,666 Ons was nogals opgemaak daaroor, om die waarheid te sê -- 176 00:08:00,666 --> 00:08:05,333 (Gelag) 177 00:08:07,483 --> 00:08:10,800 Sy was die hoofrede hoekom ons landuit is. 178 00:08:10,800 --> 00:08:12,400 (Gelag) 179 00:08:15,830 --> 00:08:18,080 Maar iets tref jou wanneer jy Amerika toe trek 180 00:08:18,080 --> 00:08:19,390 en om die wêreld reis: 181 00:08:19,390 --> 00:08:23,590 Elke opvoedingstelsel op aarde het dieselfde hiërargie van vakke. 182 00:08:23,590 --> 00:08:24,790 Elke een. 183 00:08:24,790 --> 00:08:26,490 Jy sou dink dis anders, maar nee. 184 00:08:26,490 --> 00:08:28,890 Heel bo is wiskunde en tale, 185 00:08:28,890 --> 00:08:31,250 dan die wysbegeerte, en heel onder is die kunste. 186 00:08:31,250 --> 00:08:32,790 Orals op aarde. 187 00:08:32,790 --> 00:08:37,600 En in min of meer elke stelsel is daar ook ’n hiërargie binne die kunste 188 00:08:37,600 --> 00:08:40,270 Kuns en musiek kry gewoonlik ’n hoër status in skole 189 00:08:40,270 --> 00:08:41,770 as drama en dans. 190 00:08:41,770 --> 00:08:43,930 Daar's geen opvoedingstelsel 191 00:08:43,930 --> 00:08:45,710 wat dans elke dag vir kinders leer 192 00:08:45,710 --> 00:08:48,430 soos ons vir hulle wiskunde leer nie. Hoekom? 193 00:08:48,430 --> 00:08:51,460 Hoekom nie? Ek dink dis nogal belangrik. 194 00:08:51,460 --> 00:08:53,460 Wiskunde is belangrik, maar dans is ook. 195 00:08:53,460 --> 00:08:55,920 Kinders dans baie as hulle mag, ons almal doen dit. 196 00:08:55,920 --> 00:09:00,200 Ons het almal liggame, of hoe? Het ek ’n vergadering misgeloop? 197 00:09:00,200 --> 00:09:01,440 (Gelag) 198 00:09:02,200 --> 00:09:04,380 Wat waarlik gebeur is, soos kinders grootword, 199 00:09:04,380 --> 00:09:07,400 begin ons hulle geleidelik van die middellyf af boontoe opvoed. 200 00:09:07,400 --> 00:09:09,390 En dan fokus ons op hulle koppe. 201 00:09:09,390 --> 00:09:12,070 En effens na een kant toe. 202 00:09:12,070 --> 00:09:14,260 As jy opvoeding sou besoek, as ’n ruimtewese, 203 00:09:14,260 --> 00:09:17,170 en sê: "Waarvoor is openbare opvoeding?" 204 00:09:17,170 --> 00:09:19,570 sou jy moes aflei -- as jy kyk na die uitset, 205 00:09:19,570 --> 00:09:21,110 wie behaal sukses hierdeur, 206 00:09:21,110 --> 00:09:23,000 wie doen alles wat hulle moet, 207 00:09:23,000 --> 00:09:26,000 wie kry al die "brownie points", wie is die wenners -- 208 00:09:26,000 --> 00:09:29,000 sou jy moes aflei dat die hele doel van openbare opvoeding 209 00:09:29,000 --> 00:09:30,143 regoor die wêreld 210 00:09:30,143 --> 00:09:32,825 is om universiteitsprofessors te lewer. 211 00:09:32,825 --> 00:09:33,637 Of hoe? 212 00:09:33,637 --> 00:09:35,240 Hulle's die mense wat bo uitkom. 213 00:09:35,240 --> 00:09:38,000 En ek was een, so vat so. 214 00:09:38,000 --> 00:09:40,000 (Gelag) 215 00:09:41,750 --> 00:09:43,710 En ek hou van hulle, maar julle weet, 216 00:09:43,710 --> 00:09:46,650 ons moet hulle nie as die hoogtepunt 217 00:09:46,650 --> 00:09:48,210 van alle prestasie voorhou nie. 218 00:09:48,210 --> 00:09:50,180 Hulle's net ’n vorm van lewe, 219 00:09:50,180 --> 00:09:51,653 nog ’n vorm van lewe. 220 00:09:51,653 --> 00:09:54,516 Maar hulle's nogal vreemd, en ek sê dit uit toegeneentheid. 221 00:09:54,516 --> 00:09:57,000 Daar's iets vreemd omtrent hulle in my ervaring -- 222 00:09:57,000 --> 00:10:00,000 nie almal nie, maar tipies, lewe hulle in hul koppe. 223 00:10:00,000 --> 00:10:03,770 Hulle lewe daar bo, en effens na een kant toe. 224 00:10:03,770 --> 00:10:07,090 Hulle's ontliggaam, julle weet, op ’n soortvan letterlike manier. 225 00:10:07,090 --> 00:10:12,010 Hulle sien hul liggame as ’n vervoermiddel vir hul koppe. 226 00:10:12,010 --> 00:10:14,000 (Gelag) 227 00:10:16,360 --> 00:10:17,650 Of hoe? 228 00:10:17,650 --> 00:10:21,440 Dis ’n manier om hulle koppe by vergaderings te kry. 229 00:10:21,440 --> 00:10:23,750 (Gelag) 230 00:10:25,020 --> 00:10:28,990 As julle ware bewys soek van buiteliggaamlike ervarings, 231 00:10:28,990 --> 00:10:32,720 besoek ’n residensiële konferensie van senior akademici, 232 00:10:32,720 --> 00:10:35,650 en maak ’n draai by die sokkie op die laaste aand. 233 00:10:35,650 --> 00:10:37,470 (Gelag) 234 00:10:37,470 --> 00:10:38,940 En daar sal julle dit sien. 235 00:10:38,940 --> 00:10:43,280 Volwasse mans en vroue wat ritmeloos wriemel. 236 00:10:43,280 --> 00:10:44,580 (Gelag) 237 00:10:45,960 --> 00:10:49,840 In afwagting van die einde om tuis ’n artikel daaroor te gaan skryf. 238 00:10:49,840 --> 00:10:50,810 (Gelag) 239 00:10:50,990 --> 00:10:55,090 Ons opvoedingstelsel berus op die idee van akademiese vaardigheid. 240 00:10:55,090 --> 00:10:56,430 En daar's ’n rede daarvoor. 241 00:10:56,430 --> 00:11:00,280 Regoor die wêreld was daar geen openbare opvoedingstelsels 242 00:11:00,280 --> 00:11:02,100 voor die 19de eeu nie. 243 00:11:02,100 --> 00:11:05,470 Hulle't almal moes in die behoeftes van industrialisme voorsien. 244 00:11:05,470 --> 00:11:07,730 Die hierargie is gewortel in twee idees. 245 00:11:07,730 --> 00:11:12,230 Een, dat die mees nuttige vakke vir werk heel bo is. 246 00:11:12,230 --> 00:11:15,130 So op skool is jy waarskynlik goedgunstiglik van 247 00:11:15,130 --> 00:11:17,020 goed waarvan jy gehou het weggestuur, 248 00:11:17,020 --> 00:11:20,190 op grond daarvan dat jy nooit ’n werk daardeur sou kry nie. Nè? 249 00:11:20,190 --> 00:11:22,180 Nie musiek nie, jy sal nie ’n musikant word nie; 250 00:11:22,180 --> 00:11:24,490 nie kuns nie, jy sal nie ’n kunstenaar word nie. 251 00:11:24,490 --> 00:11:28,180 Goedgunstige advies -- nou, uiters verkeerd. 252 00:11:28,180 --> 00:11:30,370 Die hele wêreld is verswelg in ’n rewolusie. 253 00:11:30,370 --> 00:11:32,570 En die tweede is akademiese vaardigheid, 254 00:11:32,570 --> 00:11:34,500 wat ons idee van intelligensie oorskadu, 255 00:11:34,500 --> 00:11:37,930 omdat die universiteite die stelsel na hul eie beeld ontwerp het. 256 00:11:37,930 --> 00:11:40,730 Die hele stelsel regoor die wêreld 257 00:11:40,730 --> 00:11:43,700 is ’n uitgerekte proses van universiteitstoelating. 258 00:11:43,700 --> 00:11:46,000 En die gevolg is dat baie uiters talentvolle, 259 00:11:46,000 --> 00:11:49,040 briljante, kreatiewe mense dink dat hulle nie is nie, 260 00:11:49,040 --> 00:11:50,970 omdat dit waarin hulle goed was op skool 261 00:11:50,970 --> 00:11:53,520 nie waardeer is nie, of selfs gestigmatiseer is. 262 00:11:53,520 --> 00:11:55,700 En ons kan bekostig om so voort te gaan nie. 263 00:11:55,700 --> 00:11:58,000 In die volgende 30 jaar, volgens UNESCO, 264 00:11:58,000 --> 00:12:01,280 gaan meer mense wêreldwyd deur opvoeding gradueer 265 00:12:01,280 --> 00:12:04,730 as sedert die begin van geskiedenis. 266 00:12:04,730 --> 00:12:06,650 En dis die kombinasie van al ons temas -- 267 00:12:06,650 --> 00:12:09,050 tegnologie en hoe dit werk getransformeer het, 268 00:12:09,050 --> 00:12:12,340 en demografie en die massiewe bevolkingsontploffing. 269 00:12:12,340 --> 00:12:15,220 Skielik is grade niks werd nie. 270 00:12:15,220 --> 00:12:16,940 Nie waar nie? 271 00:12:16,940 --> 00:12:20,120 Toe ek ’n student was, het jy met ’n graad ’n werk gehad. 272 00:12:20,120 --> 00:12:22,940 As jy nie ’n werk gehad het nie, wou jy nie een hê nie. 273 00:12:22,940 --> 00:12:26,630 En ek wou nie een hê nie, om die waarheid te sê. (Gelag) 274 00:12:26,630 --> 00:12:29,450 Maar deesdae is kinders met grade 275 00:12:29,450 --> 00:12:32,440 gereeld oppad huis toe om verder te gaan TV speletjies speel, 276 00:12:32,440 --> 00:12:35,350 omdat jy ’n MA nodig het waar ’n BA voorheen voldoende was, 277 00:12:35,350 --> 00:12:37,000 en ’n PhD vir die volgende een. 278 00:12:37,000 --> 00:12:39,000 Dis ’n proses van akademiese inflasie. 279 00:12:39,000 --> 00:12:40,730 Die hele struktuur van opvoeding 280 00:12:40,730 --> 00:12:42,380 is besig om onder ons te skuif. 281 00:12:42,380 --> 00:12:44,730 Ons moet ons siening van intelligensie hersien. 282 00:12:44,730 --> 00:12:46,130 Ons weet drie dinge. 283 00:12:46,130 --> 00:12:47,790 Een, dis divers. 284 00:12:47,790 --> 00:12:50,700 Ons dink oor die wêreld op al die maniere wat ons dit ervaar. 285 00:12:50,700 --> 00:12:53,700 Ons dink visueel, ons dink in klank, ons dink kineties. 286 00:12:53,700 --> 00:12:56,600 Ons dink in abstrakte terme, ons dink in beweging. 287 00:12:56,600 --> 00:12:59,680 Tweedens, intelligensie is dinamies. 288 00:12:59,680 --> 00:13:02,000 Kyk na die interaksies van ’n menslike brein: 289 00:13:02,000 --> 00:13:05,000 soos ons gister tydens heelwat aanbiedings gehoor het, 290 00:13:05,000 --> 00:13:07,390 is intelligensie wonderlik interaktief. 291 00:13:07,390 --> 00:13:10,000 Die brein is nie opgedeel in kompartemente nie. 292 00:13:10,000 --> 00:13:11,680 Inderwaarheid, is kreatiwiteit -- 293 00:13:11,680 --> 00:13:15,710 wat ek definieer as die proses van oorspronklike idees met waarde hê -- 294 00:13:15,710 --> 00:13:18,900 gewoonlik iets wat gebeur deur die interaksie 295 00:13:18,900 --> 00:13:22,020 van verskillende maniere van dinge sien. 296 00:13:22,020 --> 00:13:26,140 Daar's ’n senuweebundel wat die twee helftes van die brein verbind: 297 00:13:26,140 --> 00:13:27,443 die corpus callosum. 298 00:13:27,443 --> 00:13:29,666 Dis dikker by vroue. 299 00:13:29,666 --> 00:13:31,280 Om aan te sluit by Helen gister: 300 00:13:31,280 --> 00:13:34,350 Dis waarskynlik hoekom vroue beter is met "multi-tasking". 301 00:13:34,350 --> 00:13:36,440 Want julle is mos, nè? 302 00:13:36,440 --> 00:13:39,860 Daar's baie navorsing, maar ek ervaar dit persoonlik. 303 00:13:39,860 --> 00:13:46,150 As my vrou tuis iets kook -- nie gereeld nie, dankie tog. 304 00:13:46,150 --> 00:13:47,520 (Gelag) 305 00:13:48,310 --> 00:13:50,590 Nee, sy het talente -- maar as sy kook, 306 00:13:50,590 --> 00:13:52,170 hanteer sy foonoproepe, 307 00:13:52,170 --> 00:13:55,690 praat sy met die kinders, verf sy die plafon. 308 00:13:55,690 --> 00:13:58,180 Sy doen ’n oophart-operasie hier. 309 00:13:58,180 --> 00:14:01,480 As ek kook, is die deur toe, die kinders is uit, 310 00:14:01,480 --> 00:14:04,420 die foon is op die mik, as sy inkom raak ek geïrriteerd. 311 00:14:04,420 --> 00:14:10,210 Ek sê: "Terry, asseblief, ek probeer ’n eier bak hier." 312 00:14:10,210 --> 00:14:13,020 (Gelag) 313 00:14:14,520 --> 00:14:16,333 "Gee my tog ’n kans." 314 00:14:16,333 --> 00:14:17,526 (Gelag) 315 00:14:17,526 --> 00:14:19,880 Ken julle daai ou filosofiese ding, 316 00:14:19,880 --> 00:14:23,390 as ’n boom in die bos val en niemand hoor dit nie, het dit gebeur? 317 00:14:23,390 --> 00:14:24,770 Onthou julle daai ou sê-ding? 318 00:14:24,770 --> 00:14:27,760 Ek't onlangs ’n goeie T-hemp gesien: 319 00:14:27,760 --> 00:14:31,130 "As ’n man homself uitspreek in ’n bos, en geen vrou hoor hom nie, 320 00:14:31,130 --> 00:14:35,590 is hy steeds verkeerd?" 321 00:14:35,590 --> 00:14:38,130 (Gelag) 322 00:14:40,290 --> 00:14:42,350 En die derde ding omtrent intelligensie is, 323 00:14:42,350 --> 00:14:44,400 dis spesifiek. 324 00:14:44,400 --> 00:14:46,730 Ek skryf tans aan ’n nuwe boek -- "Epiphany" -- 325 00:14:46,730 --> 00:14:48,743 gebaseer op ’n reeks onderhoude met mense 326 00:14:48,743 --> 00:14:50,576 oor hoe hulle hul talent ontdek het. 327 00:14:50,576 --> 00:14:53,070 Dis fassinerend hoe mense daar uitgekom het. 328 00:14:53,070 --> 00:14:55,660 Dis aangespoor deur ’n gesprek met ’n wonderlike vrou 329 00:14:55,660 --> 00:14:58,000 wat baie mense nie ken nie, Gillian Lynne. 330 00:14:58,000 --> 00:15:00,350 Al gehoor? Sommige het. 331 00:15:00,350 --> 00:15:02,360 Sy's ’n choreograaf; almal ken haar werk. 332 00:15:02,360 --> 00:15:04,830 Sy't "Cats" en "Phantom of the Opera" gedoen. 333 00:15:04,830 --> 00:15:05,760 Sy's wonderlik. 334 00:15:05,760 --> 00:15:08,620 Ek was van te vore raadslid van die Koninklike Ballet, 335 00:15:08,620 --> 00:15:11,240 soos julle kan sien. 336 00:15:11,240 --> 00:15:12,560 Ek't haar eendag gevra: 337 00:15:12,560 --> 00:15:14,460 "Gillian, hoe't jy ’n danser geword?" 338 00:15:14,460 --> 00:15:15,446 Dit was interessant. 339 00:15:15,446 --> 00:15:17,673 Toe sy op skool was, was sy rêrig hopeloos. 340 00:15:17,673 --> 00:15:20,640 En die skool, in die 30's, skryf toe vir haar ouers: 341 00:15:20,640 --> 00:15:22,980 "Ons dink Gillian het ’n leerprobleem." 342 00:15:22,980 --> 00:15:24,980 Sy kon nie konsentreer nie, sy't gevroetel. 343 00:15:24,980 --> 00:15:28,610 Ek dink deesdae sou hulle sê sy't AGHS. Sou julle nie ook nie? 344 00:15:28,610 --> 00:15:33,020 Maar dit was die 1930's, en aandagafleibaarheid 345 00:15:33,020 --> 00:15:36,030 was nog nie ’n beskikbare kwaal nie. 346 00:15:36,030 --> 00:15:38,130 (Gelag) 347 00:15:38,130 --> 00:15:41,100 Mense was nie bewus hulle kon daaraan ly nie. 348 00:15:41,100 --> 00:15:42,500 (Gelag) 349 00:15:42,500 --> 00:15:46,800 In elk geval, sy gaan sien toe ’n spesialis. 350 00:15:46,800 --> 00:15:50,000 So sy's in ’n eikepaneel kamer met haar ma 351 00:15:50,000 --> 00:15:52,710 en sy't op ’n stoel se punt gaan sit, 352 00:15:52,710 --> 00:15:55,770 op haar hande vir 20 minute, terwyl die man met haar ma praat 353 00:15:55,770 --> 00:15:59,250 oor al die probleme wat Gillian by die skool het. 354 00:15:59,250 --> 00:16:01,980 Want sy't ander ontwrig; huiswerk altyd laat; ens. -- 355 00:16:01,980 --> 00:16:03,000 kleine kind van agt. 356 00:16:03,000 --> 00:16:06,580 Op die ou end, gaan sit die dokter langs Gillian en sê: 357 00:16:06,580 --> 00:16:09,710 "Gillian, ek't nou geluister na alles wat jou ma my vertel het, 358 00:16:09,710 --> 00:16:12,400 nou moet ek privaat met haar gesels. 359 00:16:12,400 --> 00:16:14,810 "Wag hier, ons is nou-nou terug." 360 00:16:14,810 --> 00:16:16,260 En hulle't haar daar gelos. 361 00:16:16,260 --> 00:16:17,730 Maar soos hulle uitgegaan het, 362 00:16:17,730 --> 00:16:20,820 het hy die radio op sy lessenaar aangesit. 363 00:16:20,820 --> 00:16:24,470 En toe hulle uit is, sê hy vir haar ma: "Hou haar net dop." 364 00:16:24,470 --> 00:16:27,210 En die oomblik toe hulle uit is, 365 00:16:27,210 --> 00:16:30,040 was sy op haar voete, bewegend op die maat van die musiek. 366 00:16:30,040 --> 00:16:32,910 Hulle't vir ’n paar minute gekyk en toe sê hy vir haar ma: 367 00:16:32,910 --> 00:16:38,490 "Mev. Lynne, Gillian is nie siek nie; sy's ’n danser. 368 00:16:38,490 --> 00:16:40,100 "Neem haar na ’n dansskool toe." 369 00:16:40,100 --> 00:16:41,170 Ek vra: "En toe?" 370 00:16:41,170 --> 00:16:44,180 "Sy het. Ek kan nie vir jou sê hoe wonderlik dit was nie. 371 00:16:44,180 --> 00:16:46,920 "Ons't in ’n kamer ingeloop en dit was vol mense soos ek. 372 00:16:46,920 --> 00:16:49,270 "Mense wat nie kon stilsit nie. 373 00:16:49,270 --> 00:16:53,920 "Mense wat moes beweeg om te dink." 374 00:16:53,920 --> 00:16:57,490 Hulle't ballet gedoen, en tap, jazz en moderne en kontemporêre dans. 375 00:16:57,490 --> 00:17:00,000 Sy't vir die Koninklike Ballet oudisie gedoen; 376 00:17:00,000 --> 00:17:02,780 ’n solois geword; ’n wonderlike loopbaan daar gehad. 377 00:17:02,780 --> 00:17:05,180 Sy't gegradueer van die Koninklike Balletskool, 378 00:17:05,180 --> 00:17:07,870 die Gillian Lynne Dance Company gestig, 379 00:17:07,870 --> 00:17:09,310 en Andrew Lloyd Weber ontmoet. 380 00:17:09,310 --> 00:17:10,320 Sy's verantwoordelik 381 00:17:10,320 --> 00:17:13,070 vir van die suksesvolste musikale teater produksies ooit, 382 00:17:13,070 --> 00:17:16,040 sy't al aan miljoene plesier gegee, en sy's ’n multi-millionêr. 383 00:17:16,040 --> 00:17:21,520 Iemand anders het haar dalk op medikasie gesit en gesê om te kalmeer. 384 00:17:22,410 --> 00:17:25,150 (Applous) 385 00:17:28,730 --> 00:17:30,110 Waarop dit neerkom is dit: 386 00:17:30,110 --> 00:17:31,930 Al Gore het die ander aand gepraat 387 00:17:31,930 --> 00:17:37,120 oor ekologie en die rewolusie wat ontketen is deur Rachel Carson. 388 00:17:37,120 --> 00:17:39,420 Ek glo ons enigste hoop vir die toekoms 389 00:17:39,420 --> 00:17:43,290 is om ’n nuwe idee van menslike ekologie aan te neem, 390 00:17:43,290 --> 00:17:45,770 een waarin ons begin om ons konsep 391 00:17:45,770 --> 00:17:48,120 van menslike kapasiteit se rykdom te hersien. 392 00:17:48,120 --> 00:17:51,730 Ons opvoedingstelsel het ons breine gemyn 393 00:17:51,730 --> 00:17:55,420 soos ons die aarde stroopmyn: vir ’n spesifieke kommoditeit. 394 00:17:55,420 --> 00:17:58,080 En vir die toekoms, sal dit ons nie dien nie. 395 00:17:58,080 --> 00:18:00,000 Ons moet die fundamentele beginsels 396 00:18:00,000 --> 00:18:02,390 waarmee ons ons kinders opvoed, heroorweeg. 397 00:18:02,390 --> 00:18:05,160 Jonas Salk het gesê: 398 00:18:05,160 --> 00:18:09,900 "As al die insekte van die aarde af sou verdwyn, 399 00:18:09,900 --> 00:18:13,880 sou alle lewe op aarde binne 50 jaar uitsterf. 400 00:18:13,880 --> 00:18:17,130 "As al die mense van die aarde af sou verdwyn, 401 00:18:17,130 --> 00:18:20,370 sou alle vorms van lewe binne 50 jaar floreer." 402 00:18:20,370 --> 00:18:22,420 En hy's reg. 403 00:18:22,420 --> 00:18:26,720 Wat TED vier is die skat van die menselike verbeeldingsin. 404 00:18:26,720 --> 00:18:28,530 Ons moet nou versigtig wees 405 00:18:28,530 --> 00:18:30,820 dat ons dit met wysheid gebruik 406 00:18:30,820 --> 00:18:34,340 en dat ons van die senarios vermy waaroor ons gepraat het. 407 00:18:34,340 --> 00:18:38,000 En die enigste manier is om ons kreatiewe kapasiteite te sien 408 00:18:38,000 --> 00:18:40,000 vir die rykdom wat hulle is 409 00:18:40,000 --> 00:18:43,000 en ons kinders te sien vir die hoop wat hulle is. 410 00:18:43,000 --> 00:18:45,240 Ons opdrag is om hulle hele wese op te voed, 411 00:18:45,240 --> 00:18:47,120 om hierdie toekoms te kan trotseer. 412 00:18:47,120 --> 00:18:49,000 Ons sien dalk nie hierdie toekoms nie, 413 00:18:49,000 --> 00:18:50,760 maar hulle sal. 414 00:18:50,760 --> 00:18:53,810 En ons plig is om hulle te help om iets daarvan te maak. 415 00:18:53,810 --> 00:18:56,000 Baie dankie. 416 00:18:56,700 --> 00:19:00,460 (Applous)