0:00:02.050,0:00:05.310 Goeie môre. Hoe gaan dit? 0:00:05.310,0:00:06.280 (Gelag) 0:00:06.280,0:00:08.670 Dis fantasties sover, of hoe? 0:00:08.670,0:00:11.000 Die hele ding het my stomgeslaan. 0:00:11.000,0:00:12.680 Eintlik is ek op pad. 0:00:12.680,0:00:14.880 (Gelag) 0:00:18.150,0:00:20.140 Daar was drie temas sover, 0:00:20.140,0:00:23.810 deur die konferensie, [br]wat betrekking het op my praatjie. 0:00:23.810,0:00:28.460 Een is die ongelooflike bewyse [br]van menslike kreatiwiteit 0:00:28.460,0:00:31.130 in al die aanbiedings 0:00:31.130,0:00:33.260 en in al die mense hier. 0:00:33.260,0:00:36.400 Net die blote verskeidenheid [br]en omvang daarvan. 0:00:36.400,0:00:38.550 Tweedens is ons op ’n plek 0:00:38.550,0:00:41.100 waar ons geen idee het [br]wat gaan gebeur nie, 0:00:41.100,0:00:42.520 ten opsigte van die toekoms. 0:00:42.520,0:00:45.290 Geen idee hoe dinge dalk sal verloop nie. 0:00:45.290,0:00:47.410 Ek't ’n belang by opvoedkunde. 0:00:47.410,0:00:51.430 Eintlik het ons almal [br]’n belang by opvoedkunde. 0:00:51.430,0:00:52.666 Het julle nie? 0:00:52.666,0:00:54.333 Dis baie interessant. 0:00:54.333,0:00:56.000 As jy by ’n ete is, 0:00:56.000,0:00:58.380 en jy sê jy werk in opvoedkunde -- 0:00:58.380,0:01:03.000 eintlik, om die waarheid te sê, [br]is jy nie gereeld by etes nie. 0:01:03.000,0:01:04.990 (Gelag) 0:01:04.990,0:01:08.290 As jy in opvoedkunde werk,[br]word jy nie genooi nie. 0:01:08.290,0:01:10.320 (Gelag) 0:01:10.320,0:01:14.460 En jy word nooit teruggenooi nie, [br]snaaks genoeg. Dis vir my vreemd. 0:01:14.460,0:01:17.190 Maar as jy is, en iemand vra: 0:01:17.190,0:01:18.350 "Wat doen jy vir ’n lewe?" 0:01:18.350,0:01:20.000 en jy sê jy werk in opvoedkunde, 0:01:20.000,0:01:21.680 sien jy hoe hulle verbleek. 0:01:21.680,0:01:25.170 Hulle's soos: "Aggenee, hoekom ek?" 0:01:25.170,0:01:26.280 (Gelag) 0:01:26.280,0:01:29.111 "My een aand uit hierdie hele week." 0:01:29.111,0:01:30.472 (Gelag) 0:01:30.472,0:01:33.696 Maar as jy iemand vra oor hulle opvoeding,[br]druk hulle jou in ’n hoek vas. 0:01:33.696,0:01:37.070 Want dis een van daai dinge[br]wat mense na aan die hart lê, is ek reg? 0:01:37.070,0:01:40.720 Soos geloof, en geld en ander dinge. 0:01:42.400,0:01:45.480 Ek't ’n groot belang by opvoedkunde [br]en ek dink ons almal het -- 0:01:45.480,0:01:46.910 ’n groot persoonlike belang -- 0:01:46.910,0:01:48.930 deels omdat dit opvoeding is 0:01:48.930,0:01:51.930 wat ons in hierdie [br]onbegryplike toekoms moet in neem. 0:01:51.930,0:01:55.500 Dink net, [br]kinders wat dié jaar skool begin 0:01:55.500,0:02:00.240 tree af in 2065. 0:02:00.240,0:02:01.990 Niemand het ’n idee -- 0:02:01.990,0:02:05.720 ten spyte van al die kennis [br]wat die laaste vier dae hier vertoon is -- 0:02:05.720,0:02:07.860 hoe die wêreld gaan lyk[br]oor vyf jaar nie. 0:02:07.860,0:02:10.340 En tog moet ons [br]hulle daarvoor opvoed. 0:02:10.340,0:02:12.950 So die onvoorspelbaarheid[br]is ongelooflik. 0:02:12.950,0:02:14.560 En die derde deel is dat 0:02:14.560,0:02:17.510 ons almal nietemin saamgestem het 0:02:17.510,0:02:21.980 oor die werklik buitengewone kapasiteite [br]wat kinders het -- 0:02:21.980,0:02:24.336 hulle kapasiteite vir innovasie. 0:02:24.336,0:02:27.173 Sirena gisteraand was ongelooflik. 0:02:27.173,0:02:29.070 Net om te sien wat sy kan doen. 0:02:29.070,0:02:33.500 En sy's uitsonderlik, maar ek dink nie 0:02:33.500,0:02:37.170 sy's uitsonderlik [br]in die geheel van kindwees nie. 0:02:37.170,0:02:39.190 Sy's ’n buitengewoon toegewyde persoon 0:02:39.190,0:02:40.630 wat ’n talent gevind het. 0:02:40.630,0:02:43.080 Ek voer aan dat alle kinders [br]geweldige talente het. 0:02:43.080,0:02:46.310 En ons vermors dit, nogal meedoënloos. 0:02:46.310,0:02:48.000 So ek wil praat oor opvoedkunde 0:02:48.000,0:02:50.270 en ek wil praat oor kreatiwiteit. 0:02:50.270,0:02:56.040 Kreatiwiteit is nou net so belangrik [br]soos geletterheid in opvoeding 0:02:56.040,0:02:59.730 en ons moet dit dieselfde status toeken. 0:02:59.730,0:03:01.960 (Applous) Dankie. 0:03:01.960,0:03:04.790 (Applous) 0:03:05.560,0:03:07.320 Dit was dit, terloops. 0:03:07.320,0:03:08.386 Baie dankie. 0:03:08.386,0:03:09.884 (Gelag) 0:03:10.324,0:03:12.444 So, nog 15 minute. 0:03:12.444,0:03:14.822 (Gelag) 0:03:14.822,0:03:16.822 Wel, ek is gebore... nee. 0:03:16.822,0:03:17.810 (Gelag) 0:03:19.690,0:03:22.490 Ek't onlangs ’n storie gehoor --[br]ek vertel dit graag -- 0:03:22.490,0:03:25.220 van ’n dogtertjie in ’n tekenklas. 0:03:25.220,0:03:27.000 Sy was ses, agter in die klas, [br]aan't teken, 0:03:27.000,0:03:29.850 en die juffrou het gesê [br]dié kind het omtrent nooit aandag gegee nie, 0:03:29.850,0:03:32.120 maar in dié tekenklas het sy. 0:03:32.120,0:03:33.506 Die juffrou was gefassineerd. 0:03:33.506,0:03:36.250 Sy't haar gaan vra:[br]"Wat teken jy?" 0:03:36.250,0:03:40.000 Die kind sê toe: [br]"Ek teken ’n prentjie van God." 0:03:40.000,0:03:43.190 En die juffrou sê: [br]"Maar niemand weet hoe God lyk nie." 0:03:43.190,0:03:46.460 En die dogtertjie sê toe: [br]"Hulle sal nou-nou." 0:03:46.460,0:03:52.890 (Gelag) 0:03:56.750,0:03:59.440 Toe my seun vier was in Engeland -- 0:03:59.440,0:04:02.060 eintlik was hy eerlikwaar oral vier. 0:04:02.060,0:04:03.380 (Gelag) 0:04:03.380,0:04:06.470 Strenggesproke, waarookal hy gegaan het, [br]was hy vier daai jaar. 0:04:06.470,0:04:09.660 Hy was in die Kersspel.[br]Onthou julle die storie? 0:04:09.660,0:04:10.870 (Gelag) 0:04:10.870,0:04:12.660 Dit was ’n grote. 0:04:12.660,0:04:15.010 Mel Gibson het die opvolg gedoen. 0:04:15.010,0:04:16.330 (Gelag) 0:04:16.330,0:04:17.650 "Kersspel II." 0:04:19.190,0:04:21.710 James was Josef;[br]ons was in ons noppies. 0:04:21.710,0:04:25.130 Een van die hoofrolle! 0:04:25.130,0:04:27.080 Ons't agente met T-hemde gehad: 0:04:27.080,0:04:29.910 "James Robinson IS Josef!" (Gelag) 0:04:29.910,0:04:31.540 Hy moes niks sê nie, [br]maar julle weet mos, 0:04:31.540,0:04:33.590 wanneer die drie wyse manne inkom? 0:04:33.590,0:04:36.130 Hulle bring goud, [br]wierook [frankincense] en mirre. 0:04:36.130,0:04:37.600 Dit het rêrig gebeur. 0:04:37.600,0:04:40.000 Ek dink hulle't net uit beurt uit gegaan, 0:04:40.000,0:04:41.860 want ons't die seuntjie later gevra: 0:04:41.860,0:04:44.810 "Was jy OK daarmee?" En hy't gesê: [br]"Ja. Was dit dan verkeerd?" 0:04:44.810,0:04:45.840 Hulle't net geruil. 0:04:45.840,0:04:47.000 Die drie seuns kom in -- 0:04:47.000,0:04:49.200 vierjariges met vatdoeke om hulle koppe -- 0:04:49.200,0:04:50.730 en hulle sit die bokse neer, 0:04:50.730,0:04:53.390 en die eerste een sê: [br]"Ek bring vir U goud." 0:04:53.390,0:04:56.200 Die tweede een sê: [br]"Ek bring vir U mirre." 0:04:56.200,0:05:02.130 En die derde een sê: [br]"Frank sent this." (Gelag) 0:05:02.600,0:05:05.600 (Gelag) 0:05:10.590,0:05:14.090 Dit alles om te sê: [br]kinders sal ’n kans vat. 0:05:14.090,0:05:17.470 As hulle nie weet nie, sal hulle probeer. 0:05:17.470,0:05:20.950 Nie waar nie? Hulle's nie bang [br]om verkeerd te wees nie. 0:05:20.950,0:05:25.020 Ek bedoel nie dat verkeerd wees [br]en kreatief wees dieselfde is nie. 0:05:25.020,0:05:28.010 Maar as jy nie bereid is [br]om verkeerd te wees nie, 0:05:28.010,0:05:30.610 sal jy nooit [br]iets oorspronklik uitdink nie -- 0:05:30.610,0:05:33.500 as jy nie bereid is[br]om verkeerd te wees nie. 0:05:33.500,0:05:37.810 Teen die tyd wat hulle groot is,[br]het meeste kinders dié kapasiteit verloor. 0:05:37.810,0:05:40.110 Hulle word bang om verkeerd te wees. 0:05:40.110,0:05:41.770 En ons bestuur ons maatskappye so. 0:05:41.770,0:05:43.390 Ons stigmatiseer foute. 0:05:43.390,0:05:45.640 En nou bedryf ons [br]nasionale opvoedingstelsels 0:05:45.640,0:05:49.610 waar foute die ergste ding is [br]wat ’n mens kan maak. 0:05:49.610,0:05:51.020 En die gevolg is dat 0:05:51.020,0:05:54.230 ons mense uit [br]hulle kreatiewe kapasiteite uit opvoed. 0:05:54.230,0:05:58.760 Picasso het gesê dat alle kinders [br]gebore kunstenaars is. 0:05:58.760,0:06:02.190 Die probleem is om een te bly [br]soos ons grootword. 0:06:02.190,0:06:05.250 Ek glo vas: [br]Ons groei nie in kreatiwiteit in nie, 0:06:05.250,0:06:06.920 ons groei uit dit uit. 0:06:06.920,0:06:09.710 Of ons word uit dit uit opgevoed. 0:06:09.710,0:06:12.190 So hoekom is dit so? 0:06:12.190,0:06:15.010 Ek't tot vyf jaar gelede [br]op Stratford-op-Avon gewoon. 0:06:15.010,0:06:17.970 Ons't van Stratford na Los Angeles getrek. 0:06:17.970,0:06:21.110 So julle kan julle indink [br]wat ’n seepgladde oorgang dit was. 0:06:21.110,0:06:21.980 (Gelag) 0:06:21.980,0:06:24.000 Eintlik het ons in Snitterfield gewoon, 0:06:24.000,0:06:25.540 net buite Stratford, 0:06:25.540,0:06:28.340 en dis waar Shakespeare se pa gebore is. 0:06:28.340,0:06:30.820 Is julle getref deur ’n nuwe gedagte? [br]Ek is. 0:06:30.820,0:06:34.560 Mens dink nie aan Shakespeare [br]as iemand met ’n pa nie. 0:06:34.560,0:06:37.200 Want mens dink nie [br]aan Shakespeare as ’n kind nie. 0:06:37.200,0:06:38.710 Shakespeare op sewe? 0:06:38.710,0:06:40.050 Nooit nie. 0:06:40.050,0:06:42.000 Hy was tog op ’n kol sewe. 0:06:42.000,0:06:46.220 In iemand se Engelse klas. 0:06:46.220,0:06:49.000 (Gelag) 0:06:50.900,0:06:54.333 Hoe irriterend moet dit nie wees nie? 0:06:54.333,0:06:56.976 (Gelag) 0:06:59.906,0:07:02.000 "Moet harder probeer." 0:07:02.000,0:07:03.200 (Gelag) 0:07:05.640,0:07:09.690 Word bed toe gestuur deur sy pa, [br]"Klim in die bed, nou! 0:07:09.690,0:07:11.523 "Een sit neer daai potlood." 0:07:11.523,0:07:12.026 (Gelag) 0:07:12.026,0:07:14.976 "En hou op om so te praat." [br] 0:07:14.976,0:07:16.996 (Gelag) 0:07:17.496,0:07:20.160 "Dit verwar almal." 0:07:20.160,0:07:23.160 (Gelag) 0:07:23.900,0:07:29.550 In elk geval, ons't getrek [br]van Statford na Los Angeles, 0:07:29.550,0:07:31.750 en ek wil net iets sê oor die oorgang. 0:07:31.750,0:07:33.000 My seun wou nie kom nie. 0:07:33.000,0:07:35.900 Ek't twee kinders. [br]Hy's nou 21; my dogter is 16. 0:07:35.900,0:07:38.000 Hy wou nie Los Angeles toe kom nie. 0:07:38.000,0:07:41.970 Hy was mal daaroor, [br]maar hy't ’n meisie in Engeland gehad. 0:07:41.970,0:07:44.820 Die liefde van sy lewe, Sarah. 0:07:44.820,0:07:46.846 Hy't haar al ’n maand geken. 0:07:46.846,0:07:47.763 (Gelag) 0:07:47.763,0:07:50.990 Maar hulle't al vier herdenkings gevier, 0:07:50.990,0:07:52.870 want dis ’n lang tyd op 16. 0:07:52.870,0:07:54.210 Hy was ontsteld op die vlug, 0:07:54.210,0:07:57.090 hy't gesê: "Ek sal nooit weer [br]’n meisie soos Sarah kry nie." 0:07:57.090,0:08:00.666 Ons was nogals opgemaak daaroor, [br]om die waarheid te sê -- 0:08:00.666,0:08:05.333 (Gelag) 0:08:07.483,0:08:10.800 Sy was die hoofrede hoekom ons landuit is. 0:08:10.800,0:08:12.400 (Gelag) 0:08:15.830,0:08:18.080 Maar iets tref jou [br]wanneer jy Amerika toe trek 0:08:18.080,0:08:19.390 en om die wêreld reis: 0:08:19.390,0:08:23.590 Elke opvoedingstelsel op aarde [br]het dieselfde hiërargie van vakke. 0:08:23.590,0:08:24.790 Elke een. 0:08:24.790,0:08:26.490 Jy sou dink dis anders, maar nee. 0:08:26.490,0:08:28.890 Heel bo is wiskunde en tale, 0:08:28.890,0:08:31.250 dan die wysbegeerte, [br]en heel onder is die kunste. 0:08:31.250,0:08:32.790 Orals op aarde. 0:08:32.790,0:08:37.600 En in min of meer elke stelsel[br]is daar ook ’n hiërargie binne die kunste 0:08:37.600,0:08:40.270 Kuns en musiek kry gewoonlik [br]’n hoër status in skole 0:08:40.270,0:08:41.770 as drama en dans. 0:08:41.770,0:08:43.930 Daar's geen opvoedingstelsel 0:08:43.930,0:08:45.710 wat dans elke dag vir kinders leer 0:08:45.710,0:08:48.430 soos ons vir hulle wiskunde leer nie. [br]Hoekom? 0:08:48.430,0:08:51.460 Hoekom nie? Ek dink dis nogal belangrik. 0:08:51.460,0:08:53.460 Wiskunde is belangrik, [br]maar dans is ook. 0:08:53.460,0:08:55.920 Kinders dans baie as hulle mag, [br]ons almal doen dit. 0:08:55.920,0:09:00.200 Ons het almal liggame, of hoe? [br]Het ek ’n vergadering misgeloop? 0:09:00.200,0:09:01.440 (Gelag) 0:09:02.200,0:09:04.380 Wat waarlik gebeur is,[br]soos kinders grootword, 0:09:04.380,0:09:07.400 begin ons hulle geleidelik [br]van die middellyf af boontoe opvoed. 0:09:07.400,0:09:09.390 En dan fokus ons op hulle koppe. 0:09:09.390,0:09:12.070 En effens na een kant toe. 0:09:12.070,0:09:14.260 As jy opvoeding sou besoek, [br]as ’n ruimtewese, 0:09:14.260,0:09:17.170 en sê: "Waarvoor is openbare opvoeding?" 0:09:17.170,0:09:19.570 sou jy moes aflei [br]-- as jy kyk na die uitset, 0:09:19.570,0:09:21.110 wie behaal sukses hierdeur, 0:09:21.110,0:09:23.000 wie doen alles wat hulle moet, 0:09:23.000,0:09:26.000 wie kry al die "brownie points", [br]wie is die wenners -- 0:09:26.000,0:09:29.000 sou jy moes aflei [br]dat die hele doel van openbare opvoeding 0:09:29.000,0:09:30.143 regoor die wêreld 0:09:30.143,0:09:32.825 is om universiteitsprofessors te lewer. 0:09:32.825,0:09:33.637 Of hoe? 0:09:33.637,0:09:35.240 Hulle's die mense wat bo uitkom. 0:09:35.240,0:09:38.000 En ek was een, so vat so. 0:09:38.000,0:09:40.000 (Gelag) 0:09:41.750,0:09:43.710 En ek hou van hulle, [br]maar julle weet, 0:09:43.710,0:09:46.650 ons moet hulle nie as die hoogtepunt 0:09:46.650,0:09:48.210 van alle prestasie voorhou nie. 0:09:48.210,0:09:50.180 Hulle's net ’n vorm van lewe, 0:09:50.180,0:09:51.653 nog ’n vorm van lewe. 0:09:51.653,0:09:54.516 Maar hulle's nogal vreemd,[br]en ek sê dit uit toegeneentheid. 0:09:54.516,0:09:57.000 Daar's iets vreemd omtrent hulle [br]in my ervaring -- 0:09:57.000,0:10:00.000 nie almal nie, maar tipies, [br]lewe hulle in hul koppe. 0:10:00.000,0:10:03.770 Hulle lewe daar bo, [br]en effens na een kant toe. 0:10:03.770,0:10:07.090 Hulle's ontliggaam, julle weet, [br]op ’n soortvan letterlike manier. 0:10:07.090,0:10:12.010 Hulle sien hul liggame[br]as ’n vervoermiddel vir hul koppe. 0:10:12.010,0:10:14.000 (Gelag) 0:10:16.360,0:10:17.650 Of hoe? 0:10:17.650,0:10:21.440 Dis ’n manier om hulle koppe [br]by vergaderings te kry. 0:10:21.440,0:10:23.750 (Gelag) 0:10:25.020,0:10:28.990 As julle ware bewys soek [br]van buiteliggaamlike ervarings, 0:10:28.990,0:10:32.720 besoek ’n residensiële konferensie[br]van senior akademici, 0:10:32.720,0:10:35.650 en maak ’n draai by die sokkie [br]op die laaste aand. 0:10:35.650,0:10:37.470 (Gelag) 0:10:37.470,0:10:38.940 En daar sal julle dit sien. 0:10:38.940,0:10:43.280 Volwasse mans en vroue[br]wat ritmeloos wriemel. 0:10:43.280,0:10:44.580 (Gelag) 0:10:45.960,0:10:49.840 In afwagting van die einde[br]om tuis ’n artikel daaroor te gaan skryf. 0:10:49.840,0:10:50.810 (Gelag) 0:10:50.990,0:10:55.090 Ons opvoedingstelsel berus op die idee [br]van akademiese vaardigheid. 0:10:55.090,0:10:56.430 En daar's ’n rede daarvoor. 0:10:56.430,0:11:00.280 Regoor die wêreld was daar[br]geen openbare opvoedingstelsels 0:11:00.280,0:11:02.100 voor die 19de eeu nie. 0:11:02.100,0:11:05.470 Hulle't almal moes in die behoeftes[br]van industrialisme voorsien. 0:11:05.470,0:11:07.730 Die hierargie is gewortel in twee idees. 0:11:07.730,0:11:12.230 Een, dat die mees nuttige vakke[br]vir werk heel bo is. 0:11:12.230,0:11:15.130 So op skool is jy waarskynlik [br]goedgunstiglik van 0:11:15.130,0:11:17.020 goed waarvan jy gehou het weggestuur, 0:11:17.020,0:11:20.190 op grond daarvan dat jy nooit[br]’n werk daardeur sou kry nie. Nè? 0:11:20.190,0:11:22.180 Nie musiek nie, [br]jy sal nie ’n musikant word nie; 0:11:22.180,0:11:24.490 nie kuns nie, [br]jy sal nie ’n kunstenaar word nie. 0:11:24.490,0:11:28.180 Goedgunstige advies -- [br]nou, uiters verkeerd. 0:11:28.180,0:11:30.370 Die hele wêreld is verswelg [br]in ’n rewolusie. 0:11:30.370,0:11:32.570 En die tweede is akademiese vaardigheid, 0:11:32.570,0:11:34.500 wat ons idee [br]van intelligensie oorskadu, 0:11:34.500,0:11:37.930 omdat die universiteite die stelsel [br]na hul eie beeld ontwerp het. 0:11:37.930,0:11:40.730 Die hele stelsel regoor die wêreld 0:11:40.730,0:11:43.700 is ’n uitgerekte proses[br]van universiteitstoelating. 0:11:43.700,0:11:46.000 En die gevolg is dat [br]baie uiters talentvolle, 0:11:46.000,0:11:49.040 briljante, kreatiewe mense [br]dink dat hulle nie is nie, 0:11:49.040,0:11:50.970 omdat dit waarin [br]hulle goed was op skool 0:11:50.970,0:11:53.520 nie waardeer is nie, [br]of selfs gestigmatiseer is. 0:11:53.520,0:11:55.700 En ons kan bekostig [br]om so voort te gaan nie. 0:11:55.700,0:11:58.000 In die volgende 30 jaar, volgens UNESCO, 0:11:58.000,0:12:01.280 gaan meer mense wêreldwyd [br]deur opvoeding gradueer 0:12:01.280,0:12:04.730 as sedert die begin van geskiedenis. 0:12:04.730,0:12:06.650 En dis die kombinasie[br]van al ons temas -- 0:12:06.650,0:12:09.050 tegnologie en hoe dit [br]werk getransformeer het, 0:12:09.050,0:12:12.340 en demografie [br]en die massiewe bevolkingsontploffing. 0:12:12.340,0:12:15.220 Skielik is grade niks werd nie. 0:12:15.220,0:12:16.940 Nie waar nie? 0:12:16.940,0:12:20.120 Toe ek ’n student was, [br]het jy met ’n graad ’n werk gehad. 0:12:20.120,0:12:22.940 As jy nie ’n werk gehad het nie, [br]wou jy nie een hê nie. 0:12:22.940,0:12:26.630 En ek wou nie een hê nie, [br]om die waarheid te sê. (Gelag) 0:12:26.630,0:12:29.450 Maar deesdae is kinders met grade 0:12:29.450,0:12:32.440 gereeld oppad huis toe om verder [br]te gaan TV speletjies speel, 0:12:32.440,0:12:35.350 omdat jy ’n MA nodig het [br]waar ’n BA voorheen voldoende was, 0:12:35.350,0:12:37.000 en ’n PhD vir die volgende een. 0:12:37.000,0:12:39.000 Dis ’n proses van akademiese inflasie. 0:12:39.000,0:12:40.730 Die hele struktuur van opvoeding 0:12:40.730,0:12:42.380 is besig om onder ons te skuif. 0:12:42.380,0:12:44.730 Ons moet ons siening [br]van intelligensie hersien. 0:12:44.730,0:12:46.130 Ons weet drie dinge. 0:12:46.130,0:12:47.790 Een, dis divers. 0:12:47.790,0:12:50.700 Ons dink oor die wêreld op al die maniere[br]wat ons dit ervaar. 0:12:50.700,0:12:53.700 Ons dink visueel, ons dink in klank, [br]ons dink kineties. 0:12:53.700,0:12:56.600 Ons dink in abstrakte terme, [br]ons dink in beweging. 0:12:56.600,0:12:59.680 Tweedens, intelligensie is dinamies. 0:12:59.680,0:13:02.000 Kyk na die interaksies [br]van ’n menslike brein: 0:13:02.000,0:13:05.000 soos ons gister tydens [br]heelwat aanbiedings gehoor het, 0:13:05.000,0:13:07.390 is intelligensie wonderlik interaktief. 0:13:07.390,0:13:10.000 Die brein is nie opgedeel [br]in kompartemente nie. 0:13:10.000,0:13:11.680 Inderwaarheid, is kreatiwiteit -- 0:13:11.680,0:13:15.710 wat ek definieer as die proses[br]van oorspronklike idees met waarde hê -- 0:13:15.710,0:13:18.900 gewoonlik iets wat gebeur [br]deur die interaksie 0:13:18.900,0:13:22.020 van verskillende maniere van dinge sien. 0:13:22.020,0:13:26.140 Daar's ’n senuweebundel wat [br]die twee helftes van die brein verbind: 0:13:26.140,0:13:27.443 die corpus callosum. 0:13:27.443,0:13:29.666 Dis dikker by vroue. 0:13:29.666,0:13:31.280 Om aan te sluit by Helen gister: 0:13:31.280,0:13:34.350 Dis waarskynlik hoekom vroue [br]beter is met "multi-tasking". 0:13:34.350,0:13:36.440 Want julle is mos, nè? 0:13:36.440,0:13:39.860 Daar's baie navorsing, [br]maar ek ervaar dit persoonlik. 0:13:39.860,0:13:46.150 As my vrou tuis iets kook --[br]nie gereeld nie, dankie tog. 0:13:46.150,0:13:47.520 (Gelag) 0:13:48.310,0:13:50.590 Nee, sy het talente --[br]maar as sy kook, 0:13:50.590,0:13:52.170 hanteer sy foonoproepe, 0:13:52.170,0:13:55.690 praat sy met die kinders, [br]verf sy die plafon. 0:13:55.690,0:13:58.180 Sy doen ’n oophart-operasie hier. 0:13:58.180,0:14:01.480 As ek kook, is die deur toe, [br]die kinders is uit, 0:14:01.480,0:14:04.420 die foon is op die mik, [br]as sy inkom raak ek geïrriteerd. 0:14:04.420,0:14:10.210 Ek sê: "Terry, asseblief, [br]ek probeer ’n eier bak hier." 0:14:10.210,0:14:13.020 (Gelag) 0:14:14.520,0:14:16.333 "Gee my tog ’n kans." 0:14:16.333,0:14:17.526 (Gelag) 0:14:17.526,0:14:19.880 Ken julle daai ou filosofiese ding, 0:14:19.880,0:14:23.390 as ’n boom in die bos val [br]en niemand hoor dit nie, het dit gebeur? 0:14:23.390,0:14:24.770 Onthou julle daai ou sê-ding? 0:14:24.770,0:14:27.760 Ek't onlangs ’n goeie T-hemp gesien: 0:14:27.760,0:14:31.130 "As ’n man homself uitspreek in ’n bos, [br]en geen vrou hoor hom nie, 0:14:31.130,0:14:35.590 is hy steeds verkeerd?" 0:14:35.590,0:14:38.130 (Gelag) 0:14:40.290,0:14:42.350 En die derde ding omtrent intelligensie is, 0:14:42.350,0:14:44.400 dis spesifiek. 0:14:44.400,0:14:46.730 Ek skryf tans aan ’n nuwe boek [br]-- "Epiphany" -- 0:14:46.730,0:14:48.743 gebaseer op ’n reeks onderhoude met mense 0:14:48.743,0:14:50.576 oor hoe hulle hul talent ontdek het. 0:14:50.576,0:14:53.070 Dis fassinerend hoe mense [br]daar uitgekom het. 0:14:53.070,0:14:55.660 Dis aangespoor deur ’n gesprek[br]met ’n wonderlike vrou 0:14:55.660,0:14:58.000 wat baie mense nie ken nie, [br]Gillian Lynne. 0:14:58.000,0:15:00.350 Al gehoor? Sommige het. 0:15:00.350,0:15:02.360 Sy's ’n choreograaf; [br]almal ken haar werk. 0:15:02.360,0:15:04.830 Sy't "Cats" en [br]"Phantom of the Opera" gedoen. 0:15:04.830,0:15:05.760 Sy's wonderlik. 0:15:05.760,0:15:08.620 Ek was van te vore raadslid [br]van die Koninklike Ballet, 0:15:08.620,0:15:11.240 soos julle kan sien. 0:15:11.240,0:15:12.560 Ek't haar eendag gevra: 0:15:12.560,0:15:14.460 "Gillian, hoe't jy ’n danser geword?" 0:15:14.460,0:15:15.446 Dit was interessant. 0:15:15.446,0:15:17.673 Toe sy op skool was,[br]was sy rêrig hopeloos. 0:15:17.673,0:15:20.640 En die skool, in die 30's,[br]skryf toe vir haar ouers: 0:15:20.640,0:15:22.980 "Ons dink Gillian het ’n leerprobleem." 0:15:22.980,0:15:24.980 Sy kon nie konsentreer nie,[br]sy't gevroetel. 0:15:24.980,0:15:28.610 Ek dink deesdae sou hulle sê sy't AGHS.[br]Sou julle nie ook nie? 0:15:28.610,0:15:33.020 Maar dit was die 1930's,[br]en aandagafleibaarheid 0:15:33.020,0:15:36.030 was nog nie ’n beskikbare kwaal nie. 0:15:36.030,0:15:38.130 (Gelag) 0:15:38.130,0:15:41.100 Mense was nie bewus [br]hulle kon daaraan ly nie. 0:15:41.100,0:15:42.500 (Gelag) 0:15:42.500,0:15:46.800 In elk geval, [br]sy gaan sien toe ’n spesialis. 0:15:46.800,0:15:50.000 So sy's in ’n eikepaneel kamer met haar ma 0:15:50.000,0:15:52.710 en sy't op ’n stoel se punt gaan sit, 0:15:52.710,0:15:55.770 op haar hande vir 20 minute, [br]terwyl die man met haar ma praat 0:15:55.770,0:15:59.250 oor al die probleme [br]wat Gillian by die skool het. 0:15:59.250,0:16:01.980 Want sy't ander ontwrig; [br]huiswerk altyd laat; ens. -- 0:16:01.980,0:16:03.000 kleine kind van agt. 0:16:03.000,0:16:06.580 Op die ou end, gaan sit die dokter[br]langs Gillian en sê: 0:16:06.580,0:16:09.710 "Gillian, ek't nou geluister [br]na alles wat jou ma my vertel het, 0:16:09.710,0:16:12.400 nou moet ek privaat met haar gesels. 0:16:12.400,0:16:14.810 "Wag hier, ons is nou-nou terug." 0:16:14.810,0:16:16.260 En hulle't haar daar gelos. 0:16:16.260,0:16:17.730 Maar soos hulle uitgegaan het, 0:16:17.730,0:16:20.820 het hy die radio op sy lessenaar aangesit. 0:16:20.820,0:16:24.470 En toe hulle uit is, sê hy vir haar ma:[br]"Hou haar net dop." 0:16:24.470,0:16:27.210 En die oomblik toe hulle uit is, 0:16:27.210,0:16:30.040 was sy op haar voete, [br]bewegend op die maat van die musiek. 0:16:30.040,0:16:32.910 Hulle't vir ’n paar minute gekyk[br]en toe sê hy vir haar ma: 0:16:32.910,0:16:38.490 "Mev. Lynne, Gillian is nie siek nie; [br]sy's ’n danser. 0:16:38.490,0:16:40.100 "Neem haar na ’n dansskool toe." 0:16:40.100,0:16:41.170 Ek vra: "En toe?" 0:16:41.170,0:16:44.180 "Sy het. Ek kan nie vir jou sê [br]hoe wonderlik dit was nie. 0:16:44.180,0:16:46.920 "Ons't in ’n kamer ingeloop [br]en dit was vol mense soos ek. 0:16:46.920,0:16:49.270 "Mense wat nie kon stilsit nie. 0:16:49.270,0:16:53.920 "Mense wat moes beweeg om te dink." 0:16:53.920,0:16:57.490 Hulle't ballet gedoen, en tap, jazz [br]en moderne en kontemporêre dans. 0:16:57.490,0:17:00.000 Sy't vir die Koninklike Ballet [br]oudisie gedoen; 0:17:00.000,0:17:02.780 ’n solois geword; [br]’n wonderlike loopbaan daar gehad. 0:17:02.780,0:17:05.180 Sy't gegradueer[br]van die Koninklike Balletskool, 0:17:05.180,0:17:07.870 die Gillian Lynne Dance Company gestig, 0:17:07.870,0:17:09.310 en Andrew Lloyd Weber ontmoet. 0:17:09.310,0:17:10.320 Sy's verantwoordelik 0:17:10.320,0:17:13.070 vir van die suksesvolste [br]musikale teater produksies ooit, 0:17:13.070,0:17:16.040 sy't al aan miljoene plesier gegee,[br]en sy's ’n multi-millionêr. 0:17:16.040,0:17:21.520 Iemand anders het haar dalk [br]op medikasie gesit en gesê om te kalmeer. 0:17:22.410,0:17:25.150 (Applous) 0:17:28.730,0:17:30.110 Waarop dit neerkom is dit: 0:17:30.110,0:17:31.930 Al Gore het die ander aand gepraat 0:17:31.930,0:17:37.120 oor ekologie en die rewolusie [br]wat ontketen is deur Rachel Carson. 0:17:37.120,0:17:39.420 Ek glo ons enigste hoop vir die toekoms 0:17:39.420,0:17:43.290 is om ’n nuwe idee van menslike ekologie [br]aan te neem, 0:17:43.290,0:17:45.770 een waarin ons begin om ons konsep 0:17:45.770,0:17:48.120 van menslike kapasiteit[br]se rykdom te hersien. 0:17:48.120,0:17:51.730 Ons opvoedingstelsel het ons breine gemyn 0:17:51.730,0:17:55.420 soos ons die aarde stroopmyn: [br]vir ’n spesifieke kommoditeit. 0:17:55.420,0:17:58.080 En vir die toekoms, [br]sal dit ons nie dien nie. 0:17:58.080,0:18:00.000 Ons moet die fundamentele beginsels 0:18:00.000,0:18:02.390 waarmee ons ons kinders opvoed, [br]heroorweeg. 0:18:02.390,0:18:05.160 Jonas Salk het gesê: 0:18:05.160,0:18:09.900 "As al die insekte [br]van die aarde af sou verdwyn, 0:18:09.900,0:18:13.880 sou alle lewe op aarde [br]binne 50 jaar uitsterf. 0:18:13.880,0:18:17.130 "As al die mense [br]van die aarde af sou verdwyn, 0:18:17.130,0:18:20.370 sou alle vorms van lewe [br]binne 50 jaar floreer." 0:18:20.370,0:18:22.420 En hy's reg. 0:18:22.420,0:18:26.720 Wat TED vier is die skat [br]van die menselike verbeeldingsin. 0:18:26.720,0:18:28.530 Ons moet nou versigtig wees 0:18:28.530,0:18:30.820 dat ons dit met wysheid gebruik 0:18:30.820,0:18:34.340 en dat ons van die senarios vermy [br]waaroor ons gepraat het. 0:18:34.340,0:18:38.000 En die enigste manier [br]is om ons kreatiewe kapasiteite te sien 0:18:38.000,0:18:40.000 vir die rykdom wat hulle is 0:18:40.000,0:18:43.000 en ons kinders te sien [br]vir die hoop wat hulle is. 0:18:43.000,0:18:45.240 Ons opdrag is om [br]hulle hele wese op te voed, 0:18:45.240,0:18:47.120 om hierdie toekoms te kan trotseer. 0:18:47.120,0:18:49.000 Ons sien dalk nie [br]hierdie toekoms nie, 0:18:49.000,0:18:50.760 maar hulle sal. 0:18:50.760,0:18:53.810 En ons plig is om hulle te help [br]om iets daarvan te maak. 0:18:53.810,0:18:56.000 Baie dankie. 0:18:56.700,0:19:00.460 (Applous)