WEBVTT 00:00:00.000 --> 00:00:07.000 Goeie môre. Hoe gaan dit? Dis fantasties sover, of hoe? 00:00:07.000 --> 00:00:11.000 Die hele ding het my stomgeslaan. 00:00:11.000 --> 00:00:15.000 Eintlik is ek oppad. (Gelag) 00:00:15.000 --> 00:00:19.000 Daar was drie temas sover, of hoe, 00:00:19.000 --> 00:00:23.000 wat deur die konferensie loop, wat relevant is 00:00:23.000 --> 00:00:25.000 vir waaroor ek wil praat. 00:00:25.000 --> 00:00:29.000 Een is die ongelooflike bewyse van menslike kreatiwiteit 00:00:29.000 --> 00:00:32.000 in al die aanbiedings wat ons gesien het 00:00:32.000 --> 00:00:35.000 en in al die mense hier. Net die blote verskeidenheid daarvan 00:00:35.000 --> 00:00:38.000 en die omvang daarvan. Die tweede is dat 00:00:38.000 --> 00:00:41.000 dit ons op ’n plek gesit het waar ons geen idee het wat gaan gebeur nie, 00:00:41.000 --> 00:00:43.000 ten opsigte van die toekoms. Geen idee 00:00:43.000 --> 00:00:45.000 hoe dinge dalk kan verloop nie. NOTE Paragraph 00:00:45.000 --> 00:00:48.000 Ek het ’n belang by opvoedkunde -- 00:00:48.000 --> 00:00:51.000 eintlik, wat ek vind is dat almal ’n belang by opvoedkunde het. 00:00:51.000 --> 00:00:53.000 Het julle nie? Ek vind dit baie interessant. 00:00:53.000 --> 00:00:56.000 As jy by ’n ete is, en jy sê 00:00:56.000 --> 00:00:59.000 jy werk in opvoedkunde -- 00:00:59.000 --> 00:01:06.000 eintlik, om die waarheid te sê, is jy nie gereeld by etes as jy in opvoedkunde werk nie. 00:01:06.000 --> 00:01:09.000 (Gelag) Jy word nie genooi nie. 00:01:09.000 --> 00:01:14.000 En jy word nooit teruggenooi nie, snaaks genoeg. Dis vir my vreemd. 00:01:14.000 --> 00:01:16.000 Maar as jy is, en jy sê vir iemand, 00:01:16.000 --> 00:01:18.000 jy weet, hulle sê: "Wat doen jy vir ’n lewe?" 00:01:18.000 --> 00:01:20.000 en jy sê jy werk in opvoedkunde, 00:01:20.000 --> 00:01:24.000 kan jy sien hoe die bloed uit hulle gesig vloei. Hulle's soos: 00:01:24.000 --> 00:01:30.000 "Aggenee," jy weet, "Hoekom ek? My een aand uit hierdie hele week." (Gelag) 00:01:30.000 --> 00:01:32.000 Maar as jy iemand vra oor hulle opvoeding, 00:01:32.000 --> 00:01:34.000 druk hulle jou in ’n hoek vas. Want dis een van daai dinge 00:01:34.000 --> 00:01:37.000 wat mense na aan die hart lê, is ek reg? 00:01:37.000 --> 00:01:40.000 Soos geloof, en geld en ander dinge. 00:01:40.000 --> 00:01:44.000 Ek het ’n groot belang by opvoedkunde en ek dink ons almal het. 00:01:44.000 --> 00:01:46.000 Ons het 'n groot persoonlike belang daarby, 00:01:46.000 --> 00:01:49.000 deels omdat dit opvoeding is wat veronderstel is om 00:01:49.000 --> 00:01:52.000 ons in hierdie toekoms wat ons nie kan begryp nie in te neem. 00:01:52.000 --> 00:01:55.000 As jy daaroor dink, kinders wat hierdie jaar skool begin 00:01:55.000 --> 00:02:01.000 tree af in 2065. Niemand het ’n idee -- 00:02:01.000 --> 00:02:04.000 ten spyte van al die kennis wat die laaste vier dae hier op vertoon was -- 00:02:04.000 --> 00:02:06.000 hoe die wêreld gaan lyk 00:02:06.000 --> 00:02:08.000 oor vyf jaar nie. En tog is ons veronderstel 00:02:08.000 --> 00:02:11.000 om hulle daarvoor op te voed. So die onvoorspelbaarheid, dink ek, 00:02:11.000 --> 00:02:13.000 is ongelooflik. NOTE Paragraph 00:02:13.000 --> 00:02:15.000 En die derde deel hiervan is dat 00:02:15.000 --> 00:02:20.000 ons almal nietemin saamgestem het oor die 00:02:20.000 --> 00:02:23.000 werklik buitengewone kapasiteite wat kinders het -- 00:02:23.000 --> 00:02:25.000 hulle kapasiteite vir innovasie. Ek bedoel, Sirena gisteraand was ongelooflik, 00:02:25.000 --> 00:02:28.000 of hoe? Net om te sien wat sy kan doen. 00:02:28.000 --> 00:02:33.000 En sy's uitsonderlik, maar ek dink nie sy's, soos hulle sou sê, 00:02:33.000 --> 00:02:36.000 uitsonderlik in die geheel van kindwees nie. 00:02:36.000 --> 00:02:39.000 Wat ’n mens daar het is ’n persoon van ongelooflike toewyding 00:02:39.000 --> 00:02:41.000 wat ’n talent gevind het. En ek voer aan dat 00:02:41.000 --> 00:02:43.000 alle kinders geweldige talente het. 00:02:43.000 --> 00:02:45.000 En ons vermors dit, nogal meedoënloos. 00:02:45.000 --> 00:02:48.000 So ek wil praat oor opvoedkunde en 00:02:48.000 --> 00:02:51.000 ek wil praat oor kreatiwiteit. Ek voer aan dat 00:02:51.000 --> 00:02:54.000 kreatiwiteit nou so belangrik soos geletterheid in opvoeding is 00:02:54.000 --> 00:02:58.000 en dat ons dit dieselfde status moet toeken. 00:02:58.000 --> 00:03:06.000 (Applous) Dankie. Dit was dit, terloops. 00:03:06.000 --> 00:03:10.000 Baie dankie. (Applous) So, nog 15 minute. 00:03:10.000 --> 00:03:17.000 Wel, ek is gebore... nee. (Gelag) NOTE Paragraph 00:03:17.000 --> 00:03:21.000 Ek het onlangs ’n goeie storie gehoor -- ek geniet om dit te vertel -- 00:03:21.000 --> 00:03:25.000 van ’n klein dogtertjie in 'n tekenklas. Sy was ses 00:03:25.000 --> 00:03:27.000 en sy was agter in die klas, aan die teken, 00:03:27.000 --> 00:03:29.000 en die juffrou het gesê die dogtertjie het omtrent nooit 00:03:29.000 --> 00:03:33.000 aandag geskenk nie, maar in hierdie tekenklas het sy. 00:03:33.000 --> 00:03:35.000 Die juffrou was gefassineerd en sy het na haar toe gegaan 00:03:35.000 --> 00:03:38.000 en gesê: "Wat teken jy?" 00:03:38.000 --> 00:03:41.000 En die dogtertjie het gesê: "Ek teken ’n prentjie van God." 00:03:41.000 --> 00:03:44.000 En die juffrou het gesê: "Maar niemand weet hoe God lyk nie." 00:03:44.000 --> 00:03:51.000 En die dogtertjie sê toe: "Hulle sal nou-nou." 00:03:51.000 --> 00:03:52.000 (Gelag) NOTE Paragraph 00:03:52.000 --> 00:03:57.000 Toe my seun vier was in Engeland -- 00:03:57.000 --> 00:04:00.000 eintlik was hy oral vier, om eerlik te wees. (Gelag) 00:04:00.000 --> 00:04:06.000 Strenggesproke, waarookal hy gegaan het, was hy vier daai jaar. 00:04:06.000 --> 00:04:08.000 Hy was in die Kersspel. 00:04:08.000 --> 00:04:11.000 Onthou julle die storie? Nee, dit was groot. 00:04:11.000 --> 00:04:14.000 Dit was ’n groot storie. Mel Gibson het die opvolg gedoen. 00:04:14.000 --> 00:04:19.000 Julle't dit dalk gesien: "Kersspel II." Maar James het die rol van Josef gekry, 00:04:19.000 --> 00:04:22.000 en ons was in ons noppies daaroor. 00:04:22.000 --> 00:04:24.000 Ons het dit as een van die hoofrolle beskou. 00:04:24.000 --> 00:04:26.000 Ons het die plek vol agente met T-hempde gehad: 00:04:26.000 --> 00:04:29.000 "James Robinson IS Josef!" (Gelag) 00:04:29.000 --> 00:04:31.000 Hy hoef nie te gepraat het nie, maar julle ken die deel 00:04:31.000 --> 00:04:34.000 waar die drie wyse manne inkom. Hulle bring geskenke, 00:04:34.000 --> 00:04:36.000 en hulle bring goud, wierook (frankincense) en mirre. 00:04:36.000 --> 00:04:38.000 Dit het rêrig gebeur. Ons sit toe daar 00:04:38.000 --> 00:04:40.000 en ek dink hulle't net uit beurt uit gegaan, 00:04:40.000 --> 00:04:42.000 want ons het na die tyd met die seuntjie gepraat en gesê: 00:04:42.000 --> 00:04:44.000 "Was jy OK daarmee?" En hy't gesê: "Ja, hoekom? Was dit verkeerd?" 00:04:44.000 --> 00:04:46.000 Hulle't net geruil, dit was dit. 00:04:46.000 --> 00:04:47.000 In elk geval, die drie seuntjies kom in -- 00:04:47.000 --> 00:04:49.000 vierjariges met vatdoeke om hulle koppe -- 00:04:49.000 --> 00:04:52.000 en hulle sit hierdie bokse neer, 00:04:52.000 --> 00:04:54.000 en die eerste seuntjie sê: "Ek bring vir U goud." 00:04:54.000 --> 00:04:57.000 En die tweede een sê: "Ek bring vir U mirre." 00:04:57.000 --> 00:05:11.000 En die derde een sê: "Frank sent this." (Gelag) NOTE Paragraph 00:05:11.000 --> 00:05:13.000 Wat hierdie goed in gemeen het, is dat kinders ’n kans sal vat. 00:05:13.000 --> 00:05:16.000 As hulle nie weet nie, sal hulle probeer. 00:05:16.000 --> 00:05:19.000 Is ek reg? Hulle's nie bang om verkeerd te wees nie. 00:05:19.000 --> 00:05:24.000 Nou, ek bedoel nie dat verkeerd wees en kreatief wees dieselfde ding is nie. 00:05:24.000 --> 00:05:25.000 Wat ons wel weet is, 00:05:25.000 --> 00:05:28.000 as jy nie bereid is om verkeerd te wees nie, 00:05:28.000 --> 00:05:31.000 sal jy nooit iets oorspronklik uitdink nie. 00:05:31.000 --> 00:05:34.000 As jy nie bereid is om verkeerd te wees nie. En teen die tyd wat hulle grootmense is, 00:05:34.000 --> 00:05:36.000 het meeste kinders daai kapasiteit verloor. 00:05:36.000 --> 00:05:39.000 Hulle het bang geword om verkeerd te wees. 00:05:39.000 --> 00:05:41.000 En ons bestuur ons maatskappye so, terloops. 00:05:41.000 --> 00:05:44.000 Ons stigmatiseer foute. En nou bedryf ons 00:05:44.000 --> 00:05:47.000 nasionale opvoedingstelsels waar 00:05:47.000 --> 00:05:50.000 foute die ergste ding is wat ’n mens kan maak. 00:05:50.000 --> 00:05:53.000 En die gevolg is dat ons mense uit hulle kreatiewe 00:05:53.000 --> 00:05:56.000 kapasiteite uit opvoed. Picasso het dit gesê. 00:05:56.000 --> 00:05:59.000 Hy't gesê dat alle kinders gebore kunstenaars is. 00:05:59.000 --> 00:06:03.000 Die probleem is om een te bly soos ons grootword. Ek glo dit vas: 00:06:03.000 --> 00:06:05.000 ons groei nie in kreatiwiteit in nie, 00:06:05.000 --> 00:06:08.000 ons groei uit dit uit. Of eerder, ons word uit dit uit opgevoed. 00:06:08.000 --> 00:06:10.000 So hoekom is dit so? NOTE Paragraph 00:06:10.000 --> 00:06:14.000 Ek het tot vyf jaar gelede op Stratford-op-Avon gewoon. 00:06:14.000 --> 00:06:16.000 Ons het van Stratford na Los Angeles getrek. 00:06:16.000 --> 00:06:20.000 So julle kan julle indink wat ’n seepgladde oorgang dit was. 00:06:20.000 --> 00:06:22.000 (Gelag) Eintlik, 00:06:22.000 --> 00:06:24.000 het ons in ’n plek genaamd Snitterfield gewoon, 00:06:24.000 --> 00:06:26.000 net buite Stratford, en dit is waar 00:06:26.000 --> 00:06:31.000 Shakespeare se pa gebore is. Is julle getref deur ’n nuwe gedagte? Ek is. 00:06:31.000 --> 00:06:33.000 ’n Mens dink nie aan Shakespeare as iemand met ’n pa nie, dink mens? 00:06:33.000 --> 00:06:35.000 Dink mens? Want ’n mens dink nie aan 00:06:35.000 --> 00:06:37.000 Shakespeare as ’n kind nie, of hoe? 00:06:37.000 --> 00:06:40.000 Shakespeare op sewe? Ek't nooit daaraan gedink nie. Ek bedoel, hy was 00:06:40.000 --> 00:06:42.000 sewe op een of ander stadium. Hy was in 00:06:42.000 --> 00:06:51.000 iemand se Engelse klas, ne? Hoe irriterend moet dit nie wees nie? 00:06:51.000 --> 00:07:05.000 (Gelag) "Moet harder probeer." Word bed toe gestuur deur sy pa, jy weet, 00:07:05.000 --> 00:07:08.000 aan Shakespeare: "Gaan slaap, nou," 00:07:08.000 --> 00:07:10.000 aan William Shakespeare: "en sit neer die potlood. 00:07:10.000 --> 00:07:18.000 En hou op om so te praat. Dit verwar almal." 00:07:18.000 --> 00:07:23.000 (Gelag) NOTE Paragraph 00:07:23.000 --> 00:07:26.000 In elk geval, ons't getrek van Statford na Los Angeles, 00:07:26.000 --> 00:07:30.000 en ek wil net iets sê oor die oorgang, eintlik. 00:07:30.000 --> 00:07:33.000 My seun wou nie kom nie. 00:07:33.000 --> 00:07:36.000 Ek het twee kinders. Hy's nou 21; my dogter is 16. 00:07:36.000 --> 00:07:38.000 Hy wou nie Los Angeles toe kom nie. Hy was mal daaroor, 00:07:38.000 --> 00:07:43.000 maar hy't ’n meisie in Engeland gehad. Die liefde van sy lewe, Sarah. 00:07:43.000 --> 00:07:45.000 Hy't haar al ’n maand geken. 00:07:45.000 --> 00:07:48.000 Maar sien, hulle't al hulle vierde herdenking gevier, 00:07:48.000 --> 00:07:52.000 want dis ’n lang tyd as jy 16 is. 00:07:52.000 --> 00:07:54.000 In elk geval, hy was rêrig ontsteld op die vliegtuig, 00:07:54.000 --> 00:07:56.000 en hy't gesê: "Ek sal nooit weer ’n meisie soos Sarah kry nie." 00:07:56.000 --> 00:07:58.000 Ons was nogals opgemaak daaroor, om die waarheid te sê, 00:07:58.000 --> 00:08:10.000 want sy was die hoofrede hoekom ons landuit is. 00:08:10.000 --> 00:08:13.000 (Gelag) NOTE Paragraph 00:08:13.000 --> 00:08:16.000 Maar iets tref jou wanneer jy Amerika toe trek 00:08:16.000 --> 00:08:18.000 en wanneer jy om die wêreld reis: 00:08:18.000 --> 00:08:22.000 Elke opvoedingstelsel op aarde het dieselfde hierargie van vakke. 00:08:22.000 --> 00:08:24.000 Elke een. Maak nie saak waar jy gaan nie. 00:08:24.000 --> 00:08:26.000 ’n Mens sou dink dis anders, maar dit is nie. 00:08:26.000 --> 00:08:29.000 Heel bo is wiskunde en tale, 00:08:29.000 --> 00:08:31.000 dan die wysbegeerte, en heel onder is die kunste. 00:08:31.000 --> 00:08:33.000 Orals op aarde. 00:08:33.000 --> 00:08:36.000 En in min of meer elke stelsel 00:08:36.000 --> 00:08:38.000 is daar ook ’n hierargie binne die kunste. 00:08:38.000 --> 00:08:40.000 Kuns en musiek kry gewoonlik ’n hoër status in skole 00:08:40.000 --> 00:08:43.000 as drama en dans. Daar is nie ’n opvoedingstelsel op die planeet 00:08:43.000 --> 00:08:45.000 wat dans elke dag vir kinders leer 00:08:45.000 --> 00:08:48.000 soos ons vir hulle wiskunde leer nie. Hoekom? 00:08:48.000 --> 00:08:50.000 Hoekom nie? Ek dink dis nogal belangrik. 00:08:50.000 --> 00:08:53.000 Ek dink wiskunde is belangrik, maar dans is ook. 00:08:53.000 --> 00:08:56.000 Kinders dans heeltyd as hulle mag, ons almal doen dit. 00:08:56.000 --> 00:08:59.000 Ons het almal liggame, of hoe? Het ek ’n vergadering misgeloop? 00:08:59.000 --> 00:09:03.000 (Gelag) Inderwaarheid, wat gebeur is, 00:09:03.000 --> 00:09:05.000 soos kinders grootword, begin ons hulle geleidelik 00:09:05.000 --> 00:09:08.000 van die middellyf af boontoe opvoed. En dan fokus ons op hulle koppe. 00:09:08.000 --> 00:09:10.000 En effens na een kant toe. NOTE Paragraph 00:09:10.000 --> 00:09:14.000 As jy opvoeding sou besoek, as 'n ruimtewese, 00:09:14.000 --> 00:09:17.000 en sê: "Waarvoor is dit, openbare opvoeding?" 00:09:17.000 --> 00:09:19.000 dink ek jy sou tot die gevolgtrekking moes kom -- as jy kyk na die uitset, 00:09:19.000 --> 00:09:21.000 wie behaal werklik sukses hierdeur, 00:09:21.000 --> 00:09:23.000 wie doen alles wat hulle moet, 00:09:23.000 --> 00:09:26.000 wie kry al die "brownie points", wie is die wenners -- 00:09:26.000 --> 00:09:29.000 dink ek jy sou tot die gevolgtrekking moes kom dat die hele doel van openbare opvoeding 00:09:29.000 --> 00:09:30.000 regoor die wêreld 00:09:30.000 --> 00:09:34.000 is om universiteitsprofessors te lewer. Of hoe? 00:09:34.000 --> 00:09:36.000 Hulle is die mense wat bo uitkom. 00:09:37.000 --> 00:09:40.000 En ek was een, so vat so. (Gelag) 00:09:40.000 --> 00:09:44.000 En ek hou van universiteitsprofessors, maar julle weet, 00:09:44.000 --> 00:09:48.000 ons moet hulle nie as die hoogtepunt van alle menslike prestasie voorhou nie. 00:09:48.000 --> 00:09:50.000 Hulle is net ’n vorm van lewe, 00:09:50.000 --> 00:09:52.000 nog ’n vorm van lewe. Maar hulle's nogal vreemd, 00:09:52.000 --> 00:09:54.000 en ek sê dit uit toegeneentheid vir hulle. 00:09:54.000 --> 00:09:57.000 Daar's iets vreemd omtrent professors in my ervaring -- 00:09:57.000 --> 00:10:00.000 nie almal van hulle nie, maar tipies -- lewe hulle in hul koppe. 00:10:00.000 --> 00:10:02.000 Hulle lewe daar bo, en effens na een kant toe. 00:10:02.000 --> 00:10:06.000 Hulle's ontliggaam, julle weet, op ’n soortvan letterlike manier. 00:10:06.000 --> 00:10:08.000 Hulle kyk na hul liggame 00:10:08.000 --> 00:10:17.000 as ’n vervoermiddel vir hul koppe, of hoe? 00:10:17.000 --> 00:10:24.000 (Gelag) Dis ’n manier om hul koppe by vergaderings te kry. 00:10:24.000 --> 00:10:27.000 As julle ware bewys soek van buiteliggaamlike ervarings, 00:10:27.000 --> 00:10:30.000 terloops, besoek ’n residensiële konferensie 00:10:30.000 --> 00:10:32.000 van senior akademici, 00:10:32.000 --> 00:10:35.000 en maak ’n draai by die sokkie op die laaste aand. 00:10:35.000 --> 00:10:39.000 (Gelag) En daar sal julle dit sien -- volwasse mans en vroue 00:10:39.000 --> 00:10:43.000 wat ritmeloos wriemel, terwyl hulle wag 00:10:43.000 --> 00:10:47.000 vir dit om klaar te maak sodat hulle tuis ’n artikel daaroor kan gaan skryf. NOTE Paragraph 00:10:47.000 --> 00:10:53.000 Nou, ons opvoedingstelsel berus op die idee van akademiese vaardigheid. 00:10:53.000 --> 00:10:56.000 En daar's ’n rede daarvoor. 00:10:56.000 --> 00:10:58.000 Die hele stelsel is uitgedink -- regoor die wêreld, was daar, in werklikheid, 00:10:58.000 --> 00:11:00.000 geen openbare opvoedingstelsels voor die 19de eeu nie. 00:11:00.000 --> 00:11:03.000 Hulle het almal tot wording gekom 00:11:03.000 --> 00:11:04.000 om in die behoeftes van industrialisme te voorsien. 00:11:04.000 --> 00:11:07.000 So die hierargie is gewortel in twee idees. 00:11:07.000 --> 00:11:11.000 Een, dat die mees nuttige vakke vir werk 00:11:11.000 --> 00:11:13.000 heel bo is. So op skool is jy waarskynlik goedgunstiglik van 00:11:13.000 --> 00:11:15.000 goed waarvan jy gehou het weggestuur, 00:11:15.000 --> 00:11:17.000 op grond daarvan dat jy nooit 00:11:17.000 --> 00:11:20.000 ’n werk daardeur sou kry nie. Is dit reg? 00:11:20.000 --> 00:11:22.000 Moenie musiek neem nie, jy gaan nie ’n musikant word nie; 00:11:22.000 --> 00:11:24.000 moenie kuns neem nie, jy gaan nie ’n kunstenaar word nie. 00:11:25.000 --> 00:11:29.000 Goedgunstige advies -- nou, uiters verkeerd. Die hele wêreld 00:11:29.000 --> 00:11:30.000 is verswelg in ’n rewolusie. 00:11:30.000 --> 00:11:33.000 En die tweede is akademiese vaardigheid, wat werklik ons idee 00:11:33.000 --> 00:11:34.000 van intelligensie oorskadu, 00:11:34.000 --> 00:11:37.000 omdat die universiteite die stelsel na hul eie beeld ontwerp het. 00:11:37.000 --> 00:11:39.000 As ’n mens daaroor dink, die hele stelsel 00:11:39.000 --> 00:11:41.000 van openbare opvoeding regoor die wêreld is ’n uitgerekte proses 00:11:41.000 --> 00:11:43.000 van universiteitstoelating. 00:11:43.000 --> 00:11:46.000 En die gevolg is dat baie hoogs talentvolle, 00:11:46.000 --> 00:11:48.000 briljante, kreatiewe mense dink dat hulle nie is nie, 00:11:48.000 --> 00:11:50.000 omdat die ding waarin hulle goed was op skool 00:11:50.000 --> 00:11:54.000 nie waardeer is nie, of selfs gestigmatiseer is. 00:11:54.000 --> 00:11:56.000 En ek dink nie ons kan bekostig om so voort te gaan nie. NOTE Paragraph 00:11:56.000 --> 00:11:58.000 In die volgende 30 jaar, volgens UNESCO, 00:11:58.000 --> 00:12:01.000 gaan meer mense wêreldwyd deur 00:12:01.000 --> 00:12:03.000 opvoeding gradueer as sedert die begin van geskiedenis. 00:12:03.000 --> 00:12:05.000 Meer mense, en dis die kombinasie 00:12:05.000 --> 00:12:07.000 van al die dinge waaroor ons gepraat het -- 00:12:07.000 --> 00:12:10.000 tegnologie en hoe dit werk getransformeer het, en demografie 00:12:10.000 --> 00:12:12.000 en die massiewe bevolkingsontploffing. 00:12:12.000 --> 00:12:15.000 Skielik is grade niks werd nie. Nie waar nie? 00:12:15.000 --> 00:12:19.000 Toe ek ’n student was, as jy ’n graad gehad het, het jy ’n werk gehad. 00:12:19.000 --> 00:12:22.000 As jy nie ’n werk gehad het nie wou jy nie een hê nie. 00:12:22.000 --> 00:12:25.000 En ek wou nie een hê nie, om die waarheid te sê. (Gelag) 00:12:25.000 --> 00:12:30.000 Maar deesdae is kinders met grade gereeld 00:12:30.000 --> 00:12:31.000 oppad huis toe om verder te gaan TV speletjies speel, 00:12:31.000 --> 00:12:34.000 omdat jy ’n MA nodig het waar die vorige posisie ’n BA vereis het, 00:12:34.000 --> 00:12:37.000 en jy nou ’n PhD benodig vir die ander. 00:12:37.000 --> 00:12:39.000 Dis ’n proses van akademiese inflasie. 00:12:39.000 --> 00:12:41.000 En dit dui daarop dat die hele struktuur van opvoeding 00:12:41.000 --> 00:12:43.000 besig is om onder ons voete te skuif. Ons moet drasties ons 00:12:43.000 --> 00:12:44.000 siening van intelligensie hersien. NOTE Paragraph 00:12:44.000 --> 00:12:46.000 Ons weet drie dinge omtrent intelligensie. 00:12:46.000 --> 00:12:49.000 Een, dis divers. Ons dink oor die wêreld op al die maniere 00:12:49.000 --> 00:12:51.000 wat ons dit ervaar. Ons dink visueel, 00:12:51.000 --> 00:12:54.000 ons dink in klank, ons dink kineties. 00:12:54.000 --> 00:12:57.000 Ons dink in abstrakte terme, ons dink in beweging. 00:12:57.000 --> 00:12:59.000 Tweedens, intelligensie is dinamies. 00:12:59.000 --> 00:13:02.000 As ’n mens kyk na die interaksies van ’n menslike brein, soos ons gister 00:13:02.000 --> 00:13:05.000 tydens heelwat aanbiedings gehoor het, 00:13:05.000 --> 00:13:07.000 is intelligensie wonderlik interaktief. 00:13:07.000 --> 00:13:10.000 Die brein is nie opgedeel in kompartemente nie. 00:13:10.000 --> 00:13:13.000 Inderwaarheid, is kreatiwiteit -- wat ek definieer as die proses 00:13:13.000 --> 00:13:15.000 van oorspronklike idees met waarde hê -- 00:13:15.000 --> 00:13:18.000 gewoonlik iets wat gebeur deur die interaksie 00:13:18.000 --> 00:13:21.000 van verskillende dissiplinêre maniere van dinge sien. NOTE Paragraph 00:13:21.000 --> 00:13:23.000 Die brein is doelbewus -- terloops, 00:13:23.000 --> 00:13:26.000 daar is ’n senuweebundel wat die twee helftes van die brein verbind, 00:13:26.000 --> 00:13:28.000 genaamd die corpus callosum. Dis dikker by vrouens. 00:13:28.000 --> 00:13:30.000 Om aan te sluit by Helen gister, dink ek 00:13:30.000 --> 00:13:34.000 dis waarskynlik hoekom vrouens beter is met "multi-tasking". 00:13:34.000 --> 00:13:36.000 Want julle is mos, ne? 00:13:36.000 --> 00:13:39.000 Daar's baie navorsing, maar ek weet dit uit persoonlike ervaring. 00:13:39.000 --> 00:13:41.000 As my vrou besig is om te kook by die huis -- 00:13:41.000 --> 00:13:45.000 wat nie baie is nie, dankie tog. (Gelag) 00:13:45.000 --> 00:13:48.000 Maar julle weet, sy's besig -- nee, sy's goed met sommige dinge -- 00:13:48.000 --> 00:13:50.000 maar as sy kook, julle weet, 00:13:50.000 --> 00:13:52.000 hanteer sy foonoproepe, 00:13:52.000 --> 00:13:55.000 praat sy met die kinders, verf sy die plafon. 00:13:55.000 --> 00:13:58.000 Sy doen 'n oophart-operasie hier. 00:13:58.000 --> 00:14:01.000 As ek kook, is die deur toe, die kinders is uit, 00:14:01.000 --> 00:14:04.000 die foon is van die mikkie af, as sy inkom raak ek geïrriteerd. 00:14:04.000 --> 00:14:17.000 Ek sê: "Terry, asseblief, ek probeer ’n eier bak hier. Gee my ’n kans." (Gelag) 00:14:17.000 --> 00:14:19.000 Eintlik ken julle daai ou filosofiese ding, 00:14:19.000 --> 00:14:22.000 as ’n boom in die bos val en niemand hoor dit nie, 00:14:22.000 --> 00:14:25.000 het dit gebeur? Onthou julle daai ou sê-ding? 00:14:25.000 --> 00:14:28.000 Ek het onlangs ’n goeie T-hemp gesien wat gesê het: "As ’n man homself uitspreek 00:14:28.000 --> 00:14:31.000 in ’n bos, en geen vrou hoor hom nie, 00:14:31.000 --> 00:14:40.000 is hy steeds verkeerd?" (Gelag) NOTE Paragraph 00:14:40.000 --> 00:14:42.000 En die derde ding omtrent intelligensie is, 00:14:43.000 --> 00:14:45.000 dis spesifiek. Ek is besig met ’n nuwe boek op die oomblik, 00:14:45.000 --> 00:14:47.000 met die naam "Epiphany," wat gebaseer is op ’n reeks 00:14:47.000 --> 00:14:49.000 onderhoude met mense oor hoe hulle hul talent 00:14:49.000 --> 00:14:51.000 ontdek het. Ek vind hoe mense daar uitgekom het fassinerend. 00:14:51.000 --> 00:14:54.000 Dit is aangespoor deur ’n gesprek wat ek gehad het 00:14:54.000 --> 00:14:56.000 met ’n wonderlike vrou wat meeste mense miskien 00:14:56.000 --> 00:14:58.000 nog nooit van gehoor het nie, haar naam is Gillian Lynne, 00:14:58.000 --> 00:15:00.000 al van haar gehoor? Sommige het. Sy's ’n choreograaf 00:15:00.000 --> 00:15:02.000 en almal ken haar werk. 00:15:02.000 --> 00:15:04.000 Sy het "Cats," en "Phantom of the Opera" gedoen. 00:15:04.000 --> 00:15:08.000 Sy's wonderlik. Ek was van te vore op die raad van die Koninklike Ballet, in Engeland, 00:15:08.000 --> 00:15:10.000 soos julle kan sien. 00:15:10.000 --> 00:15:12.000 In elk geval, Gillian en ek het eendag saam geëet en ek sê toe: 00:15:12.000 --> 00:15:14.000 "Gillian, hoe het jy ’n danser geword?" En sy sê toe 00:15:14.000 --> 00:15:16.000 dit was interessant, toe sy op skool was, 00:15:16.000 --> 00:15:19.000 was sy rêrig hopeloos. En die skool, in die 30's, 00:15:19.000 --> 00:15:21.000 skryf toe vir haar ouers en sê: "Ons dink 00:15:21.000 --> 00:15:23.000 Gillian het ’n leerprobleem." Sy kon nie konsentreer nie, 00:15:23.000 --> 00:15:25.000 sy het gevroetel. Ek dink deesdae sou hulle sê 00:15:25.000 --> 00:15:29.000 sy't aandagafleibaarheid. Sou julle nie ook nie? Maar hierdie was die 1930's, 00:15:29.000 --> 00:15:32.000 en aandagafleibaarheid was nog nie toe al uitgedink nie. 00:15:32.000 --> 00:15:35.000 Dit was nie ’n beskikbare kwaal nie. (Gelag) 00:15:35.000 --> 00:15:39.000 Mense was nie bewus hulle kon daaraan ly nie. NOTE Paragraph 00:15:39.000 --> 00:15:43.000 In elk geval, sy gaan sien toe hierdie spesialis. So, hierdie eikepaneel kamer, 00:15:43.000 --> 00:15:46.000 en sy's daar saam met haar ma, 00:15:46.000 --> 00:15:49.000 en sy's ingelei en sy't op ’n stoel op die punt gesit, 00:15:49.000 --> 00:15:51.000 en op haar hande gesit vir 20 minute terwyl 00:15:51.000 --> 00:15:53.000 hierdie man met haar ma gepraat het oor al 00:15:53.000 --> 00:15:57.000 die probleme wat Gillian by die skool het. En na dit -- 00:15:57.000 --> 00:15:59.000 want sien sy het ander ontwrig, 00:15:59.000 --> 00:16:01.000 haar huiswerk was altyd laat, ensovoorts, 00:16:01.000 --> 00:16:04.000 klein kind van agt -- op die ou end, gaan sit die dokter 00:16:04.000 --> 00:16:06.000 langs Gillian en sê: "Gillian, 00:16:06.000 --> 00:16:08.000 ek't nou geluister na al die dinge wat jou ma 00:16:08.000 --> 00:16:10.000 my vertel het, en ek moet nou privaat met haar gesels." 00:16:10.000 --> 00:16:13.000 Hy sê toe: "Wag hier, ons is nou terug, ons sal nie lank wees nie." 00:16:13.000 --> 00:16:15.000 en hulle't haar daar gelos. 00:16:15.000 --> 00:16:17.000 Maar soos hulle uitgegaan het, het hy die radio wat op sy 00:16:17.000 --> 00:16:19.000 lessenaar was aangesit. En toe hulle 00:16:19.000 --> 00:16:21.000 uit die kamer is, sê hy vir haar ma, 00:16:21.000 --> 00:16:24.000 "Hou haar net dop." En die oomblik toe hulle uit die kamer is, 00:16:24.000 --> 00:16:28.000 sê sy, was sy op haar voete, besig om saam met die musiek te beweeg. 00:16:28.000 --> 00:16:30.000 En hulle't vir ’n paar minute gekyk 00:16:30.000 --> 00:16:33.000 en hy't na haar ma gedraai en gesê: 00:16:33.000 --> 00:16:37.000 "Mev. Lynne, Gillian is nie siek nie, sy's 'n danser. 00:16:37.000 --> 00:16:39.000 Neem haar na 'n dansskool." NOTE Paragraph 00:16:39.000 --> 00:16:41.000 Ek sê toe: "Wat het gebeur?" 00:16:41.000 --> 00:16:44.000 En sy sê: "Sy het. Ek kannie vir jou sê hoe wonderlik dit was nie. 00:16:44.000 --> 00:16:46.000 Ons't in hierdie kamer ingeloop en dit was vol 00:16:46.000 --> 00:16:49.000 mense soos ek. Mense wat nie kon stilsit nie. 00:16:49.000 --> 00:16:52.000 Mense wat moes beweeg om te dink." Wat moes beweeg om te dink. 00:16:52.000 --> 00:16:54.000 Hulle het ballet gedoen, tap gedoen, jazz gedoen, 00:16:54.000 --> 00:16:56.000 hulle het moderne en kontemporêre dans gedoen. 00:16:56.000 --> 00:16:59.000 Sy het eindelik vir die Koninklike Ballet oudisie gedoen, 00:16:59.000 --> 00:17:01.000 sy het ’n solois geword, sy het ’n wonderlike loopbaan gehad 00:17:01.000 --> 00:17:03.000 by die Koninklike Ballet. Op die ou end het sy gegradueer 00:17:03.000 --> 00:17:05.000 van die Koninklike Balletskool en 00:17:05.000 --> 00:17:08.000 haar eie geselskap gestig -- die Gillian Lynne Dance Company -- 00:17:08.000 --> 00:17:11.000 en Andrew Lloyd Weber ontmoet. Sy was al vir van die mees 00:17:11.000 --> 00:17:13.000 suksesvolle musikale teater produksies in die 00:17:13.000 --> 00:17:18.000 geskiedenis verantwoordelik, sy't al aan miljoene plesier gegee, 00:17:18.000 --> 00:17:21.000 en sy's ’n multi-millionêr. Iemand anders 00:17:21.000 --> 00:17:25.000 sou haar dalk op medikasie gesit het en vir haar gesê het 00:17:25.000 --> 00:17:27.000 om te kalmeer. NOTE Paragraph 00:17:27.000 --> 00:17:30.000 Nou, ek dink ... (Applous) Waarop dit neerkom is dit: 00:17:30.000 --> 00:17:32.000 Al Gore het die ander aand gepraat 00:17:32.000 --> 00:17:35.000 oor ekologie en die rewolusie wat ontketen is deur Rachel Carson. 00:17:35.000 --> 00:17:39.000 Ek glo ons enigste hoop vir die toekoms 00:17:39.000 --> 00:17:42.000 is om ’n nuwe idee van menslike ekologie aan te neem, 00:17:42.000 --> 00:17:46.000 een waarin ons begin om ons konsep 00:17:46.000 --> 00:17:48.000 van die rykdom van menslike kapasiteit te hersien. 00:17:48.000 --> 00:17:52.000 Ons opvoedingstelsel het ons breine gemyn op die manier 00:17:52.000 --> 00:17:54.000 wat ons die aarde stroopmyn: vir ’n spesifieke kommoditeit. 00:17:54.000 --> 00:17:57.000 En vir die toekoms, sal dit ons nie dien nie. 00:17:57.000 --> 00:18:00.000 Ons moet die fundamentele beginsels waarmee 00:18:00.000 --> 00:18:02.000 ons ons kinders opvoed heroorweeg. Daar was 00:18:02.000 --> 00:18:06.000 ’n wonderlike aanhaling van Jonas Salk, wat gesê het: "As al die insekte 00:18:06.000 --> 00:18:09.000 van die aarde af sou verdwyn, 00:18:09.000 --> 00:18:12.000 sou alle lewe op aarde binne 50 jaar uitsterf. 00:18:12.000 --> 00:18:15.000 As al die mense van die aarde af sou verdwyn, 00:18:15.000 --> 00:18:19.000 sou alle vorms van lewe binne 50 jaar floreer." 00:18:19.000 --> 00:18:21.000 En hy's reg. NOTE Paragraph 00:18:21.000 --> 00:18:24.000 Wat TED vier is die skat van die menselike verbeeldingsin. 00:18:24.000 --> 00:18:28.000 Ons moet nou versigtig wees dat ons dit met wysheid 00:18:28.000 --> 00:18:31.000 gebruik, en dat ons van die senarios vermy 00:18:31.000 --> 00:18:34.000 senarios waaroor ons gepraat het. En die enigste manier 00:18:35.000 --> 00:18:38.000 wat ons dit kan doen is deur ons kreatiewe kapasiteite 00:18:38.000 --> 00:18:40.000 te sien vir die rykdom wat hulle is, en ons kinders 00:18:40.000 --> 00:18:43.000 te sien vir die hoop wat hulle is. En ons opdrag 00:18:43.000 --> 00:18:46.000 is om hul hele wese op te voed, sodat hulle hierdie toekoms kan ingaan. 00:18:46.000 --> 00:18:49.000 Terloops -- ons sal dalk nie hierdie toekoms sien nie, 00:18:49.000 --> 00:18:52.000 maar hulle sal. En ons plig is om hulle 00:18:52.000 --> 00:18:54.000 te help om iets daarvan te maak. Baie dankie.