Ek's ’n toerisme-entrepreneur
en 'n vredebouer,
maar dis nie hoe ek begin het nie.
Ek onthou hoe,
toe ek sewe was, ek TV gekyk het,
gesien het hoe mense klippe gooi
en gedink het:
"Dís mos pret."
Ek gaan toe uit straat toe
en gooi klippe,
sonder om te besef dat ek eintlik
Israeliese karre moes bestook.
Ek stenig toe ons bure se karre. (Gelag)
Hulle was nie opgewonde
oor my patriotisme nie.
Dis ’n foto saam met my broer.
Ek is die kleintjie
en ek weet wat julle dink:
"Jy was so oulik,
wat op aarde het skeefgeloop?"
Maar my ouer broer
is op 18 gearresteer
en op aanklag van klipgooi opgesluit.
Hy is aangerand toe hy weier om te bieg
dat hy klippe gegooi het
en het gevolglik
interne beserings opgedoen
wat sy dood veroorsaak het,
kort na sy vrylating.
Ek was kwaad, verbitter;
ek wou wraak neem.
Maar dit het verander toe ek 18 was.
Ek't besluit dat ek Hebreeus nodig het
om ’n werk te vind,
en in my Hebreeuse klas
was dit die eerste keer
wat ek Jode ontmoet het
wat nie soldate was nie.
Ons kon oor klein dinge
aansluiting by mekaar vind,
soos my voorliefde vir countrymusiek,
nogal raar vir Palestyne.
Maar ek het toe ook besef
dat ’n muur van kwaad,
van haat en onkunde, ons skei.
Ek't besluit dat dit nie saak maak
wát met my gebeur nie;
dis hóé ek dit hanteer.
Dus het ek besluit
om my lewe daaraan te wy
om mure wat mense skei, af te breek.
Ek doen dit op baie maniere:
toerisme, maar ook media en opvoeding.
Julle wonder dalk:
kan toerisme rêrig dinge verander?
Kan dit mure laat val? Ja.
Dis die beste volhoubare manier
om daai mure af te breek,
om ’n volhoubare soort omgang
met mekaar te ontwikkel
en om vriendskappe te skep.
In 2009 was ek ’n medestigter
van Mejdi Tours,
’n sosiale onderneming
wat mense wil verbind,
saam met twee Joodse vriende, terloops.
Ons model,
byvoorbeeld in Jerusalem,
is om twee toergidse te hê,
een Israeli en een Palestyn,
wat die toere saam lei
en geskiedenis, verhale,
argeologie en konflik
uit verskillende perspektiewe vertel.
Ek't ’n toer saam met
my vriend Kobi gelei --
vir ’n Joodse gemeente
uit Chicago, in Jerusalem --
en ons vat hulle toe na
’n Palestynse vlugtelingkamp toe
en eet daar hierdie uitsonderlike kos.
Dis my ma, terloops. Sy's cool.
En dié Palestynse dis is "maqluba."
Dit beteken "onderstebo."
Mens kook dit met rys en hoender
en draai dit onderstebo.
Dis die beste maaltyd ooit.
Ons eet toe saam.
Met ’n gesamentlike orkes,
Israeli en Palestynse musikante,
was daar bietjie buikdansery.
Ek wys julle later meer, nè?
Toe ons moes gaan
was beide kante aan't huil,
want hulle wou nie gaan nie.
Drie jaar later bly die
verhoudings voortbestaan.
Stel julle voor, die een miljard mense
wat jaarliks internasionaal reis, reis só,
nié aangery in ’n bus,
van een kant na die ander,
van een hotel na die volgende,
terwyl hulle deur busvensters foto's neem
van mense en kulture nie;
nee, hulle het
daadwerklike kontak met mense.
Ek het ’n Moslemgroep uit die VK gehad
wat ’n Ortodokse Joodse familie
se huis besoek het
en by die Vrydag se Sabatsaandete
eet hulle toe saam hamin,
’n Joodse bredie,
en ná 'n ruk ontdek hulle
die verbinding:
’n honderd jaar gelede het hulle families
uit dieselfde plek uit Noord-Afrika gekom.
Dis nie ’n profielfoto
vir jou Facebook nie.
Dis nie ramptoerisme nie.
Dis die toekoms van reis
en ek nooi julle uit om saam met my
julle reiswyse te verander.
Ons doen dit al oraloor,
van Ierland tot Iran en Turkye,
en ons vooruitsig is om oral te gaan
om die wêreld te verander.
Dankie.
(Applous)