WEBVTT 00:00:00.882 --> 00:00:03.482 Net na Kersfees verlede jaar 00:00:03.482 --> 00:00:07.320 het 132 kinders in Kalifornië masels gekry 00:00:07.320 --> 00:00:09.333 deur Disneyland te besoek 00:00:09.333 --> 00:00:12.442 of blootgestel te word aan iemand wat daar was. 00:00:12.442 --> 00:00:15.486 Die virus het toe die Kanadese grens oorgesteek 00:00:15.486 --> 00:00:18.922 en meer as 100 kinders in Quebec is aangesteek. NOTE Paragraph 00:00:18.922 --> 00:00:21.871 Een van die tragiese dinge van hierdie uitbraak 00:00:21.871 --> 00:00:27.490 is dat masels, wat dodelik kan wees vir 'n kind met 'n verswakte immuunstelsel, 00:00:27.490 --> 00:00:31.275 een van die maklikste voorkombare siektes in die wêreld is. 00:00:31.275 --> 00:00:33.272 'n Effektiewe entstof 00:00:33.272 --> 00:00:36.638 is al meer as 'n halfeeu beskikbaar, 00:00:36.638 --> 00:00:40.012 maar baie kinders wat deur die Disneyland-uitbraak geraak is, 00:00:40.012 --> 00:00:41.886 was nie ingeënt nie, 00:00:41.886 --> 00:00:44.138 omdat hulle ouers bang was 00:00:44.138 --> 00:00:47.157 vir iets wat na bewering erger kan wees: 00:00:47.157 --> 00:00:48.875 outisme. NOTE Paragraph 00:00:48.875 --> 00:00:50.138 Maar wag 'n bietjie -- 00:00:50.138 --> 00:00:54.981 is die artikel wat die kontroversie oor outisme en entstowwe uitgelok het 00:00:54.981 --> 00:00:56.978 nie vals bewys, teruggetrek en 00:00:56.978 --> 00:00:59.320 as opsetlike bedrog uitgemaak 00:00:59.320 --> 00:01:01.158 deur die British Medical Journal nie? 00:01:01.158 --> 00:01:03.531 Weet die meeste wat wetenskap volg nie 00:01:03.531 --> 00:01:07.520 dat die teorie oor inenting en outisme nonsens is nie? 00:01:07.520 --> 00:01:09.587 Ek dink meeste van julle weet, 00:01:09.587 --> 00:01:11.955 maar miljoene ouers regoor die wêreld 00:01:11.955 --> 00:01:16.803 vrees steeds dat inentings 'n risiko van outisme vir hulle kinders inhou. NOTE Paragraph 00:01:16.923 --> 00:01:18.047 Waarom? 00:01:18.587 --> 00:01:19.890 Dis waarom. 00:01:20.290 --> 00:01:25.375 Dié grafiek wys die toename in die geskatte outisme voorkomssyfer oor tyd. 00:01:25.375 --> 00:01:27.688 Vir die grootste deel van die 20ste eeu 00:01:27.688 --> 00:01:31.180 is outisme beskou as 'n baie seldsame toestand. 00:01:31.180 --> 00:01:34.500 Die handvol sielkundiges en pediaters wat al daarvan gehoor het, 00:01:34.500 --> 00:01:37.377 het gereken dat hulle hul loopbane sou voltooi 00:01:37.377 --> 00:01:39.954 sonder om 'n enkele geval teë te kom. 00:01:40.364 --> 00:01:43.892 Beramings van die voorkomssyfer het vir dekades stabiel gebly 00:01:43.892 --> 00:01:46.853 op net drie of vier kinders uit 10 000. 00:01:46.853 --> 00:01:48.919 Maar toe, in die 1990's, 00:01:48.919 --> 00:01:51.380 het die syfers die hoogte ingeskiet. 00:01:51.380 --> 00:01:54.608 Fondsinsamelingsorganisasies soos Autism Speaks 00:01:54.608 --> 00:01:57.856 verwys gereeld na outisme as 'n epidemie -- 00:01:57.856 --> 00:02:01.365 asof jy dit by 'n ander kind by Disneyland kon kry. NOTE Paragraph 00:02:01.365 --> 00:02:02.967 So wat gaan aan? 00:02:02.967 --> 00:02:06.194 As dit nie entstowwe is nie, wat is dit? 00:02:06.194 --> 00:02:08.065 As jy die mense by 00:02:08.065 --> 00:02:11.670 die Centers for Disease Control in Atlanta vra, 00:02:11.670 --> 00:02:16.330 maak hulle staat op frases soos "breër diagnostiese kriteria" 00:02:16.330 --> 00:02:18.374 en "beter aantekening van gevalle" 00:02:18.374 --> 00:02:20.711 om die stygende getalle te verklaar. 00:02:20.711 --> 00:02:22.731 Maar hierdie soort woorde 00:02:22.731 --> 00:02:25.680 doen min om 'n jong ma gerus te stel 00:02:25.680 --> 00:02:30.324 terwyl sy haar tweejarige se gesig vir oogkontak bestudeer. 00:02:30.324 --> 00:02:33.319 As dit nodig was om die diagnostiese kriteria te verbreed, 00:02:33.319 --> 00:02:36.152 waarom was dit in die eerste plek so eng? 00:02:36.152 --> 00:02:39.147 Waarom was dit so moeilik om outismegevalle te vind 00:02:39.147 --> 00:02:41.607 voor die 1990's? NOTE Paragraph 00:02:41.607 --> 00:02:47.172 Ek het vyf jaar gelede besluit om die antwoorde op hierdie vrae te ontbloot. 00:02:47.172 --> 00:02:49.216 Ek het agtergekom dat dít wat gebeur het 00:02:49.216 --> 00:02:53.116 minder met trae en versigtige vooruitgang in wetenskap te doen het 00:02:53.116 --> 00:02:56.354 as met die verloklike krag van stories. 00:02:56.544 --> 00:02:58.750 Vir die grootste deel van die 20ste eeu 00:02:58.750 --> 00:03:01.211 het klinici één storie vertel 00:03:01.211 --> 00:03:04.763 oor wat outisme is en hoe dit ontdek is, 00:03:04.763 --> 00:03:07.573 maar daardie storie was toe verkeerd. 00:03:07.573 --> 00:03:09.384 Die nagevolge hiervan 00:03:09.384 --> 00:03:13.285 het wêreldwyd 'n vernietigende uitwerking op openbare gesondheid. 00:03:13.285 --> 00:03:16.814 Daar was 'n tweede, akkurater storie van outisme 00:03:16.814 --> 00:03:19.430 wat verlore en vergete geraak het 00:03:19.430 --> 00:03:22.410 in die duister hoekies van kliniese literatuur. 00:03:22.410 --> 00:03:26.427 Dié tweede storie vertel ons alles oor hoe ons hier gekom het 00:03:26.427 --> 00:03:29.032 en waarheen ons volgende moet gaan. NOTE Paragraph 00:03:29.352 --> 00:03:34.236 Eerste het ons 'n kinderpsigiater by Johns Hopkins-Hospitaal, 00:03:34.236 --> 00:03:35.946 Leo Kanner. 00:03:35.946 --> 00:03:39.499 Kanner het in 1943 'n artikel gepubliseer 00:03:39.499 --> 00:03:42.382 waarin hy 11 jong pasiënte beskryf wat gelyk het of hulle 00:03:42.382 --> 00:03:46.302 in hulle eie wêrelde leef en diegene om hulle, 00:03:46.302 --> 00:03:48.462 selfs hul eie ouers, ignoreer. 00:03:48.462 --> 00:03:50.737 Hulle kon hulself vir ure vermaak 00:03:50.737 --> 00:03:53.384 deur hulle hande voor hulle gesigte te waai, 00:03:53.384 --> 00:03:55.358 maar klein dingetjies het hulle ontstel, 00:03:55.358 --> 00:03:58.970 soos 'n gunstelingspeelding wat uit sy gewone plek geskuif is 00:03:58.970 --> 00:04:00.977 sonder hulle medewete. 00:04:00.977 --> 00:04:03.693 Gebaseer op die pasiënte wat na Kanner toe gebring is, 00:04:03.693 --> 00:04:07.269 het hy uitgereken dat outisme baie skaars is. 00:04:07.269 --> 00:04:11.727 Teen die 1950's het hy, as die wêreld se grootste kenner op dié gebied, 00:04:11.727 --> 00:04:17.500 verklaar dat hy minder as 150 ware gevalle van hierdie sindroom gesien het, 00:04:17.500 --> 00:04:21.513 terwyl hy verwysings van plekke so ver as Suid-Afrika hanteer het. 00:04:21.513 --> 00:04:23.754 Dis nie so verbasend nie, 00:04:23.754 --> 00:04:27.130 want Kanner se kriteria vir die diagnosering van outisme 00:04:27.130 --> 00:04:29.443 was ongelooflik selektief. 00:04:29.443 --> 00:04:34.621 Hy het dit bv. ontmoedig om kinders te diagnoseer wat aanvalle gekry het, 00:04:34.621 --> 00:04:38.382 maar nou weet ons dat epilepsie algemeen voorkom by outistiese pasiënte. 00:04:38.382 --> 00:04:41.664 Hy het een keer gespog dat hy nege uit tien kinders 00:04:41.664 --> 00:04:45.255 wat deur ander klinici as outistiese gevalle na hom verwys is, 00:04:45.255 --> 00:04:48.233 weggestuur het sonder 'n outismediagnose. NOTE Paragraph 00:04:48.503 --> 00:04:50.614 Kanner was 'n slim man, 00:04:50.614 --> 00:04:53.113 maar van sy teorieë het nie sin gemaak nie. 00:04:53.113 --> 00:04:56.888 Hy het outisme as 'n vorm van kinderpsigose geklassifiseer 00:04:56.888 --> 00:05:00.858 wat deur koue en liefdelose ouers veroorsaak word. 00:05:00.858 --> 00:05:02.995 "Hierdie kinders," het hy gesê, 00:05:02.995 --> 00:05:07.313 "is in 'n yskas grootgemaak wat nooit ontvries nie." 00:05:07.313 --> 00:05:10.104 Terselftertyd het Kanner egter waargeneem 00:05:10.104 --> 00:05:12.189 dat sommige van sy jong pasiënte 00:05:12.189 --> 00:05:15.782 spesiale vaardighede gehad het wat op sekere gebiede voorgekom het, 00:05:15.782 --> 00:05:18.853 soos musiek, wiskunde en geheue. 00:05:18.853 --> 00:05:20.734 Een seuntjie in sy kliniek 00:05:20.734 --> 00:05:25.608 kon 18 verskillende simfonieë onderskei voor hy twee was. 00:05:25.796 --> 00:05:28.443 As sy ma een van sy gunsteling-opnames gespeel het, 00:05:28.443 --> 00:05:31.809 sou hy korrek uitroep: "Beethoven!" 00:05:31.809 --> 00:05:34.665 Maar Kanner het nie belanggestel in hierdie talente nie 00:05:34.665 --> 00:05:38.242 en het gemeen dat die kinders bloot herhaal het 00:05:38.242 --> 00:05:40.865 wat hulle by hulle aanstellerige ouers gehoor het -- 00:05:40.865 --> 00:05:43.465 desperaat vir dié se goedkeuring. 00:05:43.465 --> 00:05:48.829 Gevolglik het outisme 'n bron van verleentheid en stigma geword 00:05:48.829 --> 00:05:51.406 en twee generasies outistiese kinders 00:05:51.406 --> 00:05:54.889 is weggestuur na inrigtings, vir hulle eie beswil. 00:05:54.889 --> 00:05:58.163 Sodoende het hulle onsigbaar geword vir die meeste mense. NOTE Paragraph 00:05:58.163 --> 00:06:02.400 Glo dit of nie, navorsers het eers in die 1970's 00:06:02.400 --> 00:06:07.567 begin om Kanner se teorie dat outisme skaars is, te toets. 00:06:07.567 --> 00:06:11.305 Lorna Wing was 'n kognitiewe sielkundige in Londen 00:06:11.305 --> 00:06:14.509 wat gedink het Kanner se teorie oor yskasouerskap 00:06:14.509 --> 00:06:17.728 "loutere onsin" is, soos sy vir my gesê het. 00:06:17.728 --> 00:06:21.707 Sy en haar man John was warm en liefdevolle mense 00:06:21.707 --> 00:06:24.750 en hulle dogter Susie was erg outisties. 00:06:25.110 --> 00:06:29.822 Lorna en John het geweet hoe moeilik dit was om 'n kind soos Susie groot te maak 00:06:29.822 --> 00:06:31.784 sonder ondersteuningsdienste, 00:06:31.784 --> 00:06:33.386 spesiale onderrig, 00:06:33.386 --> 00:06:37.635 en die ander hulpbronne wat buite bereik is sonder 'n diagnose. NOTE Paragraph 00:06:37.635 --> 00:06:40.259 Om hulle saak by die National Health Service te stel, 00:06:40.259 --> 00:06:45.507 dat meer hulpbronne nodig was vir outistiese kinders en hulle gesinne, 00:06:45.507 --> 00:06:47.763 het Lorna en haar kollega Judith Gould 00:06:47.763 --> 00:06:52.193 besluit om te doen wat 30 jaar tevore nodig was: 00:06:52.193 --> 00:06:57.139 'n studie oor die voorkoms van outisme onder die algemene bevolking. 00:06:57.139 --> 00:07:01.475 Hulle het die strate van Camberwell, 'n Londense voorstad, deurkruis 00:07:01.475 --> 00:07:05.100 om outistiese kinders in die gemeenskap op te spoor. 00:07:05.100 --> 00:07:10.197 Wat hulle gesien het, het Kanner se model as veels te eng bewys 00:07:10.197 --> 00:07:14.573 en dat outisme in werklikheid baie meer kleurvol en divers was. 00:07:14.663 --> 00:07:16.806 Sommige kinders kon glad nie praat nie, 00:07:16.806 --> 00:07:22.022 terwyl ander aangegaan het oor hulle aangetrokkenheid tot astrofisika, 00:07:22.022 --> 00:07:25.836 dinosourusse of koninklikes se stambome. 00:07:25.836 --> 00:07:30.176 Hierdie kinders het nie in netjiese bokse ingepas nie, 00:07:30.176 --> 00:07:31.951 soos Judith dit gestel het. 00:07:31.951 --> 00:07:33.752 En hulle het baie gesien: 00:07:33.752 --> 00:07:37.537 baie meer as wat Kanner se monolitiese model voorspel het. NOTE Paragraph 00:07:37.537 --> 00:07:41.462 Aanvanklik het hulle nie geweet hoe om die data te interpreteer nie. 00:07:41.462 --> 00:07:44.380 Hoe het niemand ooit dié kinders gesien nie? 00:07:44.380 --> 00:07:46.969 Maar toe kom Lorna af op 'n verwysing na 'n artikel 00:07:46.969 --> 00:07:50.554 wat in 1944 in Duits gepubliseer is -- 00:07:50.554 --> 00:07:52.899 die jaar na Kanner se artikel -- 00:07:52.899 --> 00:07:54.877 en toe vergeet en begrawe is 00:07:54.877 --> 00:07:57.194 saam met die bomskerwe van 'n vreeslike tyd 00:07:57.194 --> 00:08:00.445 wat niemand wou onthou of aan dink nie. 00:08:00.445 --> 00:08:03.115 Kanner het geweet van dié mededingende artikel, 00:08:03.115 --> 00:08:07.340 maar het dit versigtig vermy in sy eie werk. 00:08:07.340 --> 00:08:10.322 Dis nooit eers in Engels vertaal nie, 00:08:10.322 --> 00:08:13.285 maar gelukkig het Lorna se man Duits gepraat 00:08:13.285 --> 00:08:15.932 en hy het dit vir haar vertaal. NOTE Paragraph 00:08:15.932 --> 00:08:19.624 Die artikel het 'n ander storie oor outisme gebied. 00:08:19.624 --> 00:08:22.317 Die outeur was Hans Asperger, 00:08:22.317 --> 00:08:25.821 wat 'n gekombineerde kliniek en kosskool 00:08:25.821 --> 00:08:28.331 in Wene in die 1930's bedryf het. 00:08:28.331 --> 00:08:33.082 Asperger se idees oor die onderrig van kinders met leerverskille was progressief, 00:08:33.082 --> 00:08:35.436 selfs gemeet teen hedendaagse standaarde. 00:08:35.436 --> 00:08:39.848 Die oggende by sy kliniek het begin met oefenklasse met musiek, 00:08:39.848 --> 00:08:43.354 en op Sondaemiddae het die kinders konsert gehou. 00:08:43.354 --> 00:08:46.349 In plaas daarvan om ouers die skuld vir outisme te gee, 00:08:46.349 --> 00:08:51.202 het Asperger dit as 'n lewenslange, poligenetiese gestremdheid beskryf 00:08:51.202 --> 00:08:55.373 wat deernisvolle vorms van ondersteuning en aanpassing 00:08:55.373 --> 00:08:58.420 oor 'n persoon se hele lewe vereis. 00:08:58.420 --> 00:09:01.525 Eerder as om die kinders as pasiënte te behandel, 00:09:01.525 --> 00:09:04.460 het Asperger hulle sy "klein professors" genoem 00:09:04.460 --> 00:09:08.245 en hulle hulp gevra om onderrigmetodes te ontwikkel 00:09:08.245 --> 00:09:11.169 wat besonderlik vir hulle geskik was. 00:09:11.169 --> 00:09:16.460 Die belangrikste is dat Asperger outisme as 'n diverse kontinuum beskou het 00:09:16.460 --> 00:09:21.364 wat oor 'n ongelooflike spektrum van begaafdheid en gestremdheid strek. 00:09:21.584 --> 00:09:24.666 Hy het geglo dat outisme en outistiese karaktertrekke 00:09:24.666 --> 00:09:26.982 algemeen is en nog altyd was, 00:09:26.982 --> 00:09:32.276 met aspekte daarvan wat gesien word in bekende popkultuur argetipes, 00:09:32.276 --> 00:09:34.872 soos die sosiaal onbeholpe wetenskaplike 00:09:34.872 --> 00:09:37.306 en die verstrooide professor. 00:09:37.306 --> 00:09:39.609 Hy het so ver gegaan om te sê 00:09:39.609 --> 00:09:42.856 dat om suksesvol in wetenskap en die kunste te wees 00:09:42.856 --> 00:09:45.922 'n tikkie outisme vereis. NOTE Paragraph 00:09:46.292 --> 00:09:48.964 Lorna en Judith het besef dat Kanner 00:09:48.964 --> 00:09:54.207 net so verkeerd was oor die raarheid van outisme as oor dat ouers dit veroorsaak het. 00:09:54.207 --> 00:09:55.951 Oor die volgende jare 00:09:55.951 --> 00:09:59.624 het hulle saam met die American Psychiatric Association gewerk 00:09:59.624 --> 00:10:02.144 om die kriteria vir diagnose te verbreed 00:10:02.144 --> 00:10:05.981 om die diversiteit van die "outismespektrum" te weerspieël. 00:10:05.981 --> 00:10:08.559 In die laat 1980's en vroeë 90's 00:10:08.559 --> 00:10:10.857 is hulle veranderinge in werking gestel: 00:10:10.857 --> 00:10:13.496 Kanner se eng model is vervang 00:10:13.496 --> 00:10:16.801 met Asperger se breë en inklusiewe een. NOTE Paragraph 00:10:16.801 --> 00:10:19.792 Dié veranderinge het nie afgesonderd plaasgevind nie. 00:10:19.792 --> 00:10:23.326 Toevallig, soos Lorna en Judith agter die skerms aan die werk was 00:10:23.326 --> 00:10:25.420 om die kriteria aan te pas, 00:10:25.420 --> 00:10:30.366 het die wêreld die eerste keer 'n outistiese grootmens gesien. 00:10:30.366 --> 00:10:33.550 Voor "Rain Man" in 1988 uitgekom het, 00:10:33.550 --> 00:10:38.269 het net 'n klein, geslote groepie kundiges geweet hoe outisme lyk, 00:10:38.269 --> 00:10:42.969 maar na Dustin Hoffman se onvergeetlike optrede as Raymond Babbitt 00:10:42.969 --> 00:10:46.304 vier Oscars vir "Rain Man" ingepalm het, 00:10:46.304 --> 00:10:51.584 het pediaters, sielkundiges, onderwysers en ouers wêreldwyd 00:10:51.584 --> 00:10:53.834 geweet hoe outisme lyk. NOTE Paragraph 00:10:53.834 --> 00:10:56.679 En op dieselfde tyd 00:10:56.679 --> 00:11:01.949 is die eerste maklike kliniese toetse vir die diagnose van outisme bekendgestel. 00:11:01.949 --> 00:11:06.689 Dit was nie meer nodig om iemand in die kringetjie kundiges te ken 00:11:06.689 --> 00:11:09.207 om jou kind te laat evalueer nie. NOTE Paragraph 00:11:09.207 --> 00:11:11.320 Die kombinasie van "Rain Man", 00:11:11.320 --> 00:11:15.659 die veranderinge aan die kriteria en die ingebruikneming van hierdie toetse 00:11:15.659 --> 00:11:17.774 het 'n netwerk-effek geskep -- 00:11:17.774 --> 00:11:21.304 die perfekte kombinasie van faktore vir outisme-bewusmaking. 00:11:21.304 --> 00:11:24.322 Die aantal diagnoses het begin klim, 00:11:24.322 --> 00:11:29.690 net soos Lorna en Judith voorspel het en gehoop het dit sou, 00:11:29.690 --> 00:11:32.536 wat outistiese mense en hulle gesinne in staat gestel het 00:11:32.536 --> 00:11:35.798 om eindelik die ondersteuning en dienste te kry wat hulle verdien. NOTE Paragraph 00:11:35.798 --> 00:11:38.074 Toe kom Andrew Wakefield 00:11:38.074 --> 00:11:41.719 en blameer entstowwe vir die styging in diagnoses -- 00:11:41.719 --> 00:11:44.052 'n eenvoudige, kragtige, 00:11:44.052 --> 00:11:46.828 en verleidelik geloofbare storie 00:11:46.828 --> 00:11:48.986 wat net so verkeerd was soos 00:11:48.986 --> 00:11:51.599 Kanner se teorie dat outisme skaars was. NOTE Paragraph 00:11:51.599 --> 00:11:54.710 As die Centers for Disease Control se huidige skatting, 00:11:54.710 --> 00:11:59.253 dat een uit 68 kinders in Amerika op die spektrum is, korrek is, 00:11:59.253 --> 00:12:03.340 is outistiese mense een van die grootste minderheidsgroepe in die wêreld. 00:12:03.340 --> 00:12:07.437 Outistiese mense het in die laaste jare bymekaargekom op die internet 00:12:07.437 --> 00:12:10.812 om die idee te verwerp dat hulle raaisels is wat opgelos moet word 00:12:10.812 --> 00:12:12.995 deur die volgende mediese deurbraak, 00:12:12.995 --> 00:12:15.456 en hulle het die term "neurodiversiteit" geskep 00:12:15.456 --> 00:12:19.084 om hulle trots oor die veelsydigheid van menslike kognisie te toon. NOTE Paragraph 00:12:19.264 --> 00:12:21.655 'n Manier om neurodiversiteit te verstaan, 00:12:21.655 --> 00:12:25.324 is om in terme van menslike bedryfstelsels te dink. 00:12:25.324 --> 00:12:30.240 As 'n rekenaar nie met Windows loop nie, is dit nie noodwendig stukkend nie. 00:12:30.240 --> 00:12:33.869 Volgens outistiese standaarde, is die normale menslike brein 00:12:33.869 --> 00:12:35.889 maklik afleibaar, 00:12:35.889 --> 00:12:37.677 obsessief oor sosiale aspekte 00:12:37.677 --> 00:12:40.997 en skiet dit tekort by aandag aan klein besonderhede. 00:12:40.997 --> 00:12:43.992 Dis moeilik vir outistiese mense om in 'n wêreld te leef 00:12:43.992 --> 00:12:46.268 wat nie vir hulle gemaak is nie. 00:12:46.268 --> 00:12:50.520 [Sewentig] jaar later probeer ons steeds vir Asperger inhaal, 00:12:50.520 --> 00:12:54.793 wat geglo het dat die "genesing" vir die moeilikste aspekte van outisme 00:12:54.793 --> 00:12:57.529 gevind kan word in onderwysers met begrip, 00:12:57.529 --> 00:12:59.665 toegeeflike werkgewers, 00:12:59.665 --> 00:13:01.522 ondersteunende gemeenskappe 00:13:01.522 --> 00:13:04.866 en ouers wat glo in hulle kinders se potensiaal. NOTE Paragraph 00:13:04.866 --> 00:13:07.908 'n Outistiese [man], Zosia Zaks, het gesê: 00:13:07.908 --> 00:13:13.211 "Ons het almal aan dek nodig om die skip van medemenslikheid op koers te hou." 00:13:13.211 --> 00:13:15.764 Soos ons 'n onseker toekoms invaar, 00:13:15.764 --> 00:13:19.502 het ons elke vorm van menslike intelligensie nodig 00:13:19.502 --> 00:13:25.469 om saam te werk om die probleme op te los wat ons samelewing in die gesig staar. 00:13:25.469 --> 00:13:28.041 Ons kan nie bekostig om 'n brein te mors nie. NOTE Paragraph 00:13:28.041 --> 00:13:30.136 Dankie. NOTE Paragraph 00:13:30.136 --> 00:13:34.136 (Applous)